AARTAPEL TERRIEN

AARTAPEL TERRIEN
By n vriendin gekry. Dis heerlik.
1 kg aartappels
1 klein groen appel met skil in blokkies geny
1 rooi soetrissie in blokkies gesny
1 medium wortel grof gerasper
1 ui gerasper
2 seldery stingels dun skyfies gesny
¼ koppie mayonnaise
45 ml fyn maaskaas
200 ml plain jogurt
sout en pepper
Aartapel skryfies om bo op te sit

Kook helfte van aartappels sag en maak fyn.
Sny ander helfte in blokkies en kook net tot sag.
Voeg appel, soetrissie, wortel, ui, seldery (alles moet in blokkies gesny wees) by blokkies aartapel.
Meng maaskaas, jogurt, mayonnaise, sout en peper by fyn aartappels en meng goed deur.
Voeg fyn aartappels by blokkies aartappels en roer versigtig deur tot goed gemeng.
Voer klein brood pannetjie met kleef plastiek uit.
Skep mengel in pannetjie en laat oor nag in yskas.
Keer uit op mooi bord.
Bak aartapel skyfies in warm olie tot bruin laat afkoel en plaas bo op aartappel.
Foto en resep: Poppie Naude




BABY MARROW BAKE


BABY MARROW BAKE
Crust:
125 gm butter or margarine melted
250 ml cheddar cheese grated
250 ml cake flour

Mix together and spread over the base of a 20cm square dish or large tart plate (My Pyrex in photo is 26 cm dia x 6 cm height). Spray the sides with non-stick spray.
*I added cayenne pepper & smoked paprika to my dough for the crust.

Filling:
350 g baby marrows grated coarsely
1 onion grated
Tablespoon margarine
Fry the above for 10-15 minutes and allow to cool.
Mix the following together:
250 ml Ideal Milk or cream (I used the whole can of Ideal Milk)
1 packet of white onion soup powder
3 eggs

Add this to the baby marrow mix and pour on top of the crust.
Sprinkle with half a cup of mature Cheddar cheese and bake in preheated oven at 180°C for 40 minutes or till set and golden brown.
In my Solardom oven I preheat oven and bake on Speed Combi 5 at 200°C + M/W 360W for 20 minutes.
Variations:
I would love to try this with corn kernels & bacon bits or even broccoli pieces & bacon bits. Cut asparagus & cheese would also work well. Actually the combinations are as endless as your creative mind.
Photo and recipe posted by Elsabie Templeton




BLOMKOOLRYS MET SAMPIOENE

BLOMKOOLRYS MET SAMPIOENE
Die hoeveelheid van die bestanddele is na eie keuse en ook afhangende van hoeveel gaste bedien word.
2 pakke blomkool (reeds opgesny)
olyfolie
rooiui opgekerf
knoffel fyngekap
sampioene opgesny
rooi soetrissie
vars pietersielie opgekap
sout en peper na smaak
daniablare opgekap vir garnering
Rasper die blomkool (ek het nie ‘n voedsel verwerker nie en ek wil die blomkool nie te fyn hê nie)
Plaas die fyn blomkool in ‘n oondpan en meng met bietjie olyfolie.
Plaas die bak in ‘n voorverhitte oond teen 200°C en braai die blomkool vir ongeveer 20 minute of bietjie langer.
Roer een of twee keer gedurende die braai porses, net tot dit begin liggies bruin verkleur onder.
Verhit olyfolie in ‘n pot op die stoof en braai die ui en knoffel tot sag, voeg die sampioene, soetrissie en pietersielie by. Braai tot dit gaar (nie oorgaar nie) en droog is. Voeg sout en peper na smaak by.
Meng die sampioenmengsel met die  blomkool en voeg nog sout of peper by na smaak.
Strooi die gekapte dania bo-oor die gereg.
Bedien saam met geroosterde hoender of enige ander vleis, bredie, kerrie of vis en ‘n groen slaai. GENIET!
Nota:
Verskillende groente van eie keuse kan met die blomkool gemeng word. Ek hou ook van geroosterde pampoen of botterskorsie daarby.
Resep en foto: Glenda Diane Emmerson




VEGETABLE CAKE

VEGETABLE CAKE
370 g Grated baby marrow
150 g Grated carrots
140 g Grated onion
130 g Grated potato
80 g (1 cup) of your favourite grated cheese
5 eggs, lightly beaten
90 g (3/4 cup) flour
1 tsp dried parsley
2 tsp dried basil
1/4 tsp chili powder
Large pinch salt
Preheat oven to 180 degree C
Grease a 20 x 20cm dish
In large bowl mix the vegetables together then add the cheese, eggs and seasonings
Finally fold in the flour
Pour into prepared dish and bake 30-40 mins until golden brown and firm in the centre. Keep checking it after 30 mins.
Let cool slightly and serve with a salad
Foto: Angela Landsberg




GEBRAAIDE PLAT BABA-AARTAPPELTJIES

GEBRAAIDE PLAT BABA-AARTAPPELTJIES
Maak klein aartappels gaar en laat afkoel. Maak botter warm in ‘n kleefvrye pan en plaas aartappeltjies in die pan. Druk elkeen plat met ‘n vurk. Versigtig. Braai bruin aan albei kante en bedien. Jy sal nie dieselfde goudbruin resultaat kry as jy margarien gebruik nie. Sprinkel sout oor. Ek het Ina Paarman se Chilli en Garlic geursel gebruik.
Dis ‘n lekker vinnige metode om aartappels net voor opdiening te berei. Dit lyk of jy ure daaraan spandeer het
Dieselfde metode werk net so goed met groter aartappels.
Resep geplaas deur Louise Groenewald
Foto: Louise Groenewald en Koos van der Merwe

 




GROENTETERT MET MURGPAMPOENTJIES

GROENTETERT MET MURGPAMPOENTJIES
Ek bedien dit altyd saam met braaivleis of as groente by kookkos of ligte maaltyd saam met ‘n slaai.
1 koppie koekmeel
1 koppie gerasperde Cheddar
125 ml sagte margarien
Meng deeglik en druk in ‘n gesmeerde tertpan.
Bak kors tot vir ‘n rukkie in oond van 180°C. VULSEL
2 uie
2 klein pakkies murgpampoentjies
4 eiers
225 ml melk
1 ml rooipeper
1 koppie gerasperde cheddar of meer
2 eetlepels Parmesan kaas
1 pakkie wit uiesoppoeier (pakkie sampioene, opsioneel)
Skil uie en sny in klein blokkies.
Rasper murgpampoentjies en braai saam met uie in botter.
Ek braai ‘n pakkie sampioene ook by.
Laat afkoel, voeg res van bestanddele by en skep in gebakte tertdop. Bak in oond van 180°C vir 30 – 35 min. Laat effens afkoel voor jy dit sny.
Heerlik – geniet!
Resep geplaas deur Annemarie Badenhorst
Foto: Benhet Nieuwenhuis




STOWE BEESVLEIS MET BOTTERSKORSIE EN GEROOMDE SPINASIE

STOWE BEESVLEIS MET BOTTERSKORSIE EN GEROOMDE SPINASIE
Resep en foto: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg bees bors skywe (brisket), in kleiner stukke gesny
1 groot ui, opgekap
olyfolie vir braai
baba aartappeltjies, middeldeur gesny
½ koppie droë witwyn
1 koppie kookwater
1 klein bottersskorsie, middeldeur gesny en pitte verwyder
2 eetlepels bruinuiesop poeier in ½ koppie water aangemaak

Braai ui en vleis stukkies tot ui begin verbruin op hoë hitte in stoompot.
Voeg die wyn by en laat weer tot kookpunt kom.
Voeg die kookwater by en rangskik die aartappeltjies en botterskorsie bo-op.
Stowe onder druk vir halfuur.
Laat pot se stoom ontsnap en roer die bruinuiesop poeier in water by.
Laat prut vir 8 min.

Geroomde spinasie
Groot pak jong spinasie blare, afgespoel
1 koppie vars room
3 eetlepels sampioenroomsop poeier
suurlemoensap na smaak

Kook die spinasie blare vinnig op in net die water wat aan die blare vassit na dit gewas is.
Meng intussen die sampioenroomsop by die vars room in voeg suurlemoensap by en roer deur die spinasie sodra al die water weggekook het.
Roer terwyl dit tot by prut kom en bedien warm.




VARS GROEN ASPERSIES MET SPEK


VARS GROEN ASPERSIES MET SPEK
2 pakke vars groen aspersies
500 g spek
Olyfolie
Growwe sout en peper
Sny agterpunt van aspersie af. Skil buitekant af met groenteskiller. Net sodat die harde velletjies af is. Maak bondeltjies van twee aspersies, draai spek om en steek vas met tandestokkies. Pak in n bak, sprinkel olyfolie oor, en geur met sout en peper. Moenie te veel sout oorgooi nie want die spek se sout trek lekker in die aspersies in. Plaas op braai rooster, oor matige kole en braai vir ongeveer 15 – 20 minute. Draai gereeld. Heerlik as n bykos vir braai of net so op sy eie.
Resep bron en foto: Charleen Nieuwenhuizen




PAMPOENKOEKIES MET APPEL TWIST 

PAMPOENKOEKIES MET APPEL TWIST
Ek het so bietjie gaar pampoen gehad en wou pampoenkoekies maak, toe probeer ek hierdie en dit is regtig heerlik en ek het 8 koekies gemaak uit my bietjie pampoen.
1 klein wortel opgesny en sag gekook net in water met bietjie sout, druk fyn wanneer gaar.
ongeveer ‘n ¾ koppie gaar soet pampoen (met gemmer in)
halwe klein appeltjie geskil en gerasper
1 eier
ongeveer ½ tot 1 koppie bruismeel om ‘n redelike stywe deeg te maak
Kaneel suiker na smaak
knippie sout
Meng al die bestanddele en bak lepels vol in vlak olie tot gaar.
Pak op kombuispapier om die olie bietjie te absorbeer.
Mens kan dit ook in ’n muffin pannetjie skep en in die oond bak by 180 grade C tot gaar, ongeveer 15-20 min.
Regtig baie lekker…
Foto en resep: Rina Kleinhans




PATAT PASTEI MET APPELSOUS EN KANEEL

PATAT PASTEI MET APPELSOUS EN KANEEL
Kook patat tot sag, mash en voeg klein bietjie botter, kaneel, neut, sout en peper by. En dan applesauce – gemaak of gekoop, selfde as jou gewone melk hoeveelheid. Meng goed deur. Laat afkoel. Sny puff pastry in sirkels. Verf kante met eier mengsel. Vou toe en druk met vurk vas. Verf pastei bo met eiermengsel. Sprinkel growwe sout oor. Bak tot goudbruin op 180°C.
Foto en resep deur Lelane Van Der Walt‎