MURGPAMPOENTJIES MET FETA EN SAMPIOENE

MURGPAMPOENTJIES MET FETA EN SAMPIOENE
Ons gesin se gunsteling babymarrows en feta met sampioene.
Sny babymarrows in dun skyfies. Hoeveelheid na gelang van hoeveel mense gaan eet.
Verhit olyf olie en diep pan. Voeg ringetjies babymarrows by. Voeg Ina Paarman se Rosemary and herb spesery by ook na jou smaak. Opsioneel sny sampioene by. Braai in die pan tot gaar maar nie pap gekook nie. Voeg feta kaas na smaak by. Ek het die herb feta kaas bygevoeg. Roer deur en skep op.
Foto en resep: Elizma Engelbrecht Olivier




BUTTERNUT TERT VIR GROOT OONDBAK

BUTTERNUT TERT VIR GROOT OONDBAK
5 koppies rou gerasperde butternut
5 eetlepels meel
1 koppie suiker
4 eiers
5 eetlepels margarine
5 teelepels bakpoeier
knippie sout
5 ml vanilla essense

Room margarine en suiker.
Voeg eiers by en meng baie goed. Dit skif maar moenie bekommer nie.
Voeg meel by pampoen en roer deur. Voeg dan pampoen en meel mengsel by eier mengsel. Voeg vanilla essense, bak poeier en sout by. Meng alles goed saam.
Gooi in gesmeerde tert bord.
Bak vir ±30 minute by 180°C.
Strooi kaneelsuiker oor.
Bron : Charlene Du Plessis Jordaan
Foto: Marlize Willams




KAPOKAARTAPPELGEREG

KAPOKAARTAPPELGEREG
6 aartappels, gekook en fyngemaak
1 koppie suurroom
1 houer roomkaas
½ koppie melk
1 teelepel sout
1 teelepel fyn knoffel
2 teelepels pietersielie
1 koppie gerasperde kaas
250 g gaar spek (bacon) stukkies
Room alles behalwe spek (bacon) en kaas saam.
Plaas in oondvaste bak.
Strooi kaas en spek (bacon) oor.
Bak teen 180°C vir 30 min.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




HONEY BALSAMIC ROASTED BRUSSELS SPROUTS


HONEY BALSAMIC ROASTED BRUSSELS SPROUTS
These Honey Balsamic Roasted Brussels Sprouts are not only beyond easy to prepare, but I guarantee they will be gone in no time so make plenty!
500-600 grams brussels sprouts
3 tbsp olive oil, separated
3/4 tsp salt
1/2 tsp ground black pepper
2 tbsp balsamic vinegar
2 tsp honey

Preheat oven to 200°C.
Line a baking sheet with aluminum foil or use a silicone baking mat.
Trim off the outer, dry leaves, cut the bottom off and slice sprouts lengthwise.
In a large bowl, toss brussels sprouts with 2 tablespoons of olive oil, salt and freshly cracked black pepper to coat thoroughly.
Transfer the brussels sprouts to baking sheet and roast until tender and caramelized, about 20 minutes.
Place brussels sprouts back in bowl.
Add remaining tablespoon olive oil, balsamic vinegar and honey and toss to coat evenly.
Taste and season with kosher salt if necessary and serve.
Recipe and photo: Elize de Kock




MARYLAND CHICKEN WITH ROASTED VEGETABLES AND CHAMPS


MARYLAND CHICKEN WITH ROASTED VEGETABLES AND CHAMPS
2 chicken maryland
1 green pepper, cut into chunks
1 large onion, cut into wedges
4 cloves garlic, crushed
1 tsp dried thyme
Fresh rosemary, to garnish
For the marinade:
1/2 cup balsamic vinegar
3 tbsp extra virgin olive oil
3 tsp soft brown sugar

Champs mash:
2 large potatoes, peeled and chopped into chunks
30 g butter, chopped
4 spring onions, snipped with scissors
Salt and freshly ground pepper, to taste
1 tsp milk

Firstly, make the marinade. Whisk the balsamic vinegar, oil and sugar in a bowl until the sugar has dissolved. Arrange the chicken in a large roasting pan and drizzle half the marinade onto the chicken. Marinate for at least 1 hour before cooking or preferably overnight.
Preheat oven to 200°C.
Place the onion and garlic in the roasting pan with the chicken, and sprinkle the thyme over the top of the chicken. Drizzle about 1 tbsp of marinade on the onion. Bake for 25 minutes.
Add the capsicums and drizzle the rest of the marinade over chicken and vegetables and bake for a further 10 minutes. Serve immediately with the champ mash and sauce, along with the roasted vegetables.
For the champ, boil potatoes in a saucepan of salted water over high heat until tender, about 15 minutes. Using a ricer, mash the potatoes until smooth. Add butter and spring onion, and mix well. Season with salt and pepper.
Served with champ, and roasted brussel sprouts and honey glazed baby carrots.
Photo and recipe: Elize de Kock




HONEY GLAZED BABY CARROTS


HONEY GLAZED BABY CARROTS
Honey brings in such a pleasant sweetness to these baby carrots.
2 tablespoons unsalted butter
1 bag baby carrots
2 tablespoons honey
2 tablespoons brown sugar, packed
2 teaspoons fresh dill
2 teaspoons fresh thyme leaves

Melt butter in a large skillet over medium heat.
Add carrots, honey, brown sugar, dill and thyme and gently toss to combine. Cook, stirring occasionally, until carrots are tender, about 15 minutes.
Serve immediately.
Recipe and photo:  Elize de Kock
2nd Photo:  Kirsty Jooste




ELIZMA SE ROOM-SPINASIE


ELIZMA SE ROOM-SPINASIE
Spinasie blansjeer tot gaar seker 300 g.
Smelt 2 eetlepels botter en gooi meel by tot ‘n loperige pasta, nie te styf nie.
Voeg melk bietjies bietjies by en kook oor lae hitte. Die sous sal verdik, voeg melk by tot die sous effe dik is.
Rasper ‘n koppie kaas in. Ek gooi Ina Paarman se Italian cheese spice by.
Voeg die gaar spinasie by en roer deur. Krummel feta kaas na smaak oor en roer deur.
Lekker eet.
Foto: Elizma Engelbrecht Olivier




SUSANNA SE AARTAPPEL-POFFERS


SUSANNA SE AARTAPPEL-POFFERS
3 koppies aartappels, fyn gemaak
2 eiers
2 eetlepels chives of pietersielie
2 eetlepels Cheddar kaas
2 eetlepels Parmesan kaas (ek het die fyn Parmesan kaas gebruik)
sout en peper na smaak.
⅓ koppie suurroom
Meng eiers, room, chives en kase alles saam en meng met fyn aartappels tot goed gemeng. Skep in gesmeerde muffin pan en bak op 180°C vir 30 minute.
Bedien saam met suurroom en wat jy ookal wil bysit.
Foto: Susanna Kruger
Resep geplaas deur Susanna Kruger




KOOK DIE PERFEKTE RYS

KOOK DIE PERFEKTE RYS
Ek vind die beste manier om rys te kook is….neem ‘n kastrol waarin die rys gekook word en plaas op die stoofplaat. Sit ook terselfde tyd jou ketel aan.
As jy uie in jou rys wil voeg vir geur, sny een ui op in klein blokkies. Gooi bietjie olie in die pan en braai die uie eers. Hierdie stap kan uitgelaat word.
1 koppie / 250 ml rys, benodig 2 keer die hoeveelheid water, maw 2 koppies / 500 ml water.
Verhit 1 – 2 eetlepels olie in die pot en voeg die rys in die pot by die olie, maak seker die rys is met die olie gemeng. Giet die kokende water by die rys (dit sal spat, wees versigtig).
Roer tot net gemeng en plaas die deksel op.
Verlaag onmiddelik die hitte tot laag. Moenie die deksel oplig nie en kook vir 20 min. Lig die deksel op na 20 min. Die water behoort nou al te verdwyn het. Flok die rys met ‘n vurk en voeg sout of geursel by na eie keuse. As die rys nog klam is, plaas die deksel terug en los op ‘n baie lae hitte. Gebruik soos verkies.
Dit stoor baie goed in die yskas en die rys is nie klewerig nie.
Voorspoed, ek hoop hierdie help. Dis ‘n tegniek wat ek van Delia Smith geleer het en dit was nog altyd net ‘n sukses vir my.
Resep geplaas deur Wilanda Räsänen

Corrie Hildebrandt
Ek werk bietjie meer hardhandig met rys. Ek gebruik dieselfde hoeveelhede soos in die resep hier bo, plaas al die bestanddele in ‘n glasbak met eers kombuispapier oor en dan ‘n deksel bo op. Kook vir 20 of 25 minute op hoog in mikrogolf. Laat staan so 20 tot 30 minute. Heerlik los en sag.

Elsabie Templeton
Ek doen nog die ou manier van was stysel goed af, week 15 min, spoel af, kook in kookwater vir 15 min, gooi uit en stoom in die bietjie water wat oorbly tot sag. Vlok die rys met ‘n vurk.

Evelyn Donough
Ek week rys vir 20 minute in koue water terwyl ek ‘n pot water op die stoof laat kook (so 10 minute na ek die rys in water week) voeg die rys in die kokende water en roer deur met ‘n vurk. Laat dit kook vir 10 of 15 minute terwyl ek ‘n ketel water aansit. Giet die rys in ‘n kolander en was die stysel goed af. Giet die ketel water oor die rys en laat staan.

 




BUTTERNUT EN FETA GEBAK EN HOENDER BORSIES

BUTTERNUT EN FETA GEBAK EN HOENDER BORSIES
Butternut / pampoen
Feta kaas
250 ml melk
2 eier
Ina Paarman Garlic and Herb spice

Kook butternut half gaar.
Skep in oondbak.
Meng melk en spice saam met die eiers.
Gooi oor die butternut, dit moet die butternut bedek.
Krummel feta kaas oor.
Bak teen 180°C vir 30 min.

HOENDERBORSIES
4 hoender borsies ontbeen
4 snye ham
12 vars basil blare
Feta of Mozerella kaas
Speserye na eie smaak

Sny die borsie en vul met kaas en 3 basil blare elk
Geur die hoender met speserye
Draai toe in die ham en hou in plek met tandestokkie
Bak in die oond teen 180 grade C vir 30 min.
Foto en resep: Elizma Engelbrecht Olivier