HEERLIKE BROS AARTAPPELS

HEERLIKE BROS AARTAPPELS
Skil aartappels sny in grote wat jy wil hê …. kook in ligte sout water tot sag . Water goed af sit terug op warm plaat tot aartappels droog is …. en al die tyd skud jy dit baie liggies ( ek laat my aartappels ook af koel voor ek dit bak ) Dan verwarm ek olie in n groot pot tot goed warm maar nie rookwarm nie en bak tot mooi bros en goudbruin , olie moenie te warm wees nie aartappels met lekker stadig braai.
Idee geplaas deur Petro van Genderen
Foto: Petro van Genderen




BLOMKOOL EN FETA “MASH”

BLOMKOOL EN FETA “MASH”
250 gr blomkool gaar gemaak in mikrogolf
Fyngedruk met bietjie botter en druppel melk.
Toe ‘n stukkie swart pepper feta kaas fyn gemaak en ingewerk.
Dis is heerlik.
Foto van resep: Leon Boetiekie Hartman‎




VINNIGE GROENTE KOEKIES

VINNIGE GROENTE KOEKIES
2 k fyngemaakte geroosterde groente
1/4 k meel
2 eiers geklits
1/2 t bakpoeier
1/2 t pickle masala
1 k gekapte engelse spinasie blare
Olie vir vlakbraai

Meng alles saam en braai skeplepels vol in vlak olie. Draai na 4-5 min tot goudbruin.
Bedien met blatjang.
Foto: Wian Swart




ZANI SE AIR FRYER AARTAPPELS

ZANI SE AIR FRYER AARTAPPELS
My eerste keer wat ek my air fryer gebruik en eks baie beindruk met hom.
Ek het dit 30 minute op 200 grade C gebak.
Aartappels was met sout, eetlepel olyfolie en 1 stukkie knoffel gemeng.
Foto en Resep: Zani de Beer




VLEISLOSE EIERVRUG EN AARTAPPEL PASTEI

VLEISLOSE EIERVRUG EN AARTAPPEL PASTEI
2 groterige eievrugte in skywe gesny
6 medium grootte aartappels
3 blikkies kerkerertjies (chickpeas)
2 koppies ontpitte olywe, opsioneel
2 eiers
1 koppie plein jogurt
¼ koppie melk
1 pakkie potato bake
sout en peper na smaak

Skil en kook die aartappels tot net gaar maar nog styf en sny dit in dikkerige skywe.
Sny die eiervrugte in skywe en braai dit in klein bietjie olie tot dit begin sag word.
Dreineer die kerkerertjies en maak dit fyn, maar dit moet net gebreek wees en nog stukkiesrig.
Pak ‘n laag aartappels in ‘n groterige oondbak en sprinkel baie liggies met sout. Volg op met ‘n laag eiervrug skywe en dan ‘n lagie olywe. Herhaal die proses en eindig met aartappelskywe.
Meng die eiers, joghurt, melk en potato bake deeglik en giet oor die inhoud van die bak. Wikkel ‘n mes langs die kante in om van die sous te laat afloop na die bodem van die bak. Sprinkel ‘n klompie olywe bo-oor en bak by 180ºC vir ongeveer 30 tot 35 minute tot dit gestol het.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




SPESERY RYS

SPESERY RYS
Kook rys tot gaar, spoel af.
Gooi by na afgespoel:
½ teelepel vars borrie
½ teelepel gemmer
½ teelepel garlic
¼ teelepel vars chillie en roer deur
Braai saam in botter:
1 ui
1 klein rooi en geel pepper

Sit die volgende na smaak by:
heel mieliepitte
mushrooms, gekap
sundried tomatoes
Braai lekker deur tot sampioene ook reg is.
Meng rys en groentemengsels alles saam en bedien.
Resep en foto: Marian van Deventer




POTGEBRAAIDE SOETPATATS


POTGEBRAAIDE SOETPATATS
50 ml botter of margarine
80 ml suiker (ek het xylitol gebruik)
sout na smaak
klein stukkie vars gemmer (1.5 cm)
4 teelepels heuning
Skottel met bietjie suurlemoenwater, genoeg om patats te bedek
2 heel groot patats of genoeg vir jou aantal gaste

Spoel die patats mooi skoon af onder water, borsel bietjie met ‘n borseltjie om seker te maak die skil is mooi skoon. Sny in die helfte en laat lê in suurlemoen water tot jy dit nodig het.
Gebruik ‘n dikboom pot en plaas dit op die stoof met die botter en suiker daarin. Sit die plaat eers op hoog dat alles smelt, draai nou af na so no 3. Pasop dat die botter/suiker mengels nie verkleur nie dan is jou plaat te warm.
Sny die gemmer in klein stukkies en sit in die warm botter/suiker mengsel. Sit nou die halwe patats, gesnyde kant onder in die mengsel, gooi bietjie sout op die skil kant. Sit deksel op en laat stadig prut tot patats sag is, so half pad deur die proses, kan jy die patats vir ‘n rukkie omdraai, en dan weer met die snykant onder toe sit.
As die mengsel droog raak gooi klein bietjie water by dat dit net weer stoom tot patats sag is. Wanneer die patats deur sag is, gooi bietjie heuning oor elke patat (skil kant)en laat hulle net lekker stadig braai tot goud bruin. Moenie dat die botter suiker mengsel brand nie, dan sal jou patat bitter smaak. Geniet dit..
Nota: Jy kan opgesnyde patats ook so doen.
Resep en foto: Rina Kleinhans
2de foto: Adam Cloete




MARITZA SE AARTAPPEL GEBAK

MARITZA SE AARTAPPEL GEBAK
4 tot 6 groot aartappels
250 ml room
1 pakkie  spek
1 blikkie sampioene
Ina Paarman se Potato spice en knoffel na smaak
kaas

Stoom aartappels tot halfgaar, sny in blokkies.
Gebruik ‘n kleinerige bak en pak een laag, strooi dan die spek en sampioene oor en pak die volgende laag.
Meng die room, knoffel en Potato spice in beker en voeg dit by die aartappels.
Bak in oond van 180°C tot die room lekker ingetrek het en sprinkel kaas oor om te smelt net voor etenstyd.
Resep: Maritza Steenkamp




SAMANTHA’S POTATO BAKE

SAMANTHA’S POTATO BAKE
I make an awesome potato bake.
5 – 6 large potatoes
1 large onion
1 packet brown onion soup
1 punnet mushrooms
2 cups fresh cream
1 tablespoon crushed garlic
1 packet potato bake mix
1 ½ cups milk
2 cups grated cheddar cheese
1 packet of diced bacon

Peel and slice potatoes thinly, grease oven pan with either margarine or spray and cook.
Fry onions until brown in a hot pan with cooking oil, as well as the bacon.
Layer raw potatoes in the bottom of the pan, sprinkle diced onion on top then mushrooms, bacon, cheese and garlic and sprinkle brown onion soup.
Continue layering like that and end with the cheddar cheese.
Pour the cream over, mix the potato bake the milk and pour that over too.
Bake for approximately 30 – 45 min on 180°C.
Recipe: Samantha Lottering




HEERLIKE GROENERTJIES

HEERLIKE GROENERTJIES MET VLASOUSIE
Resep geplaas deur Ronell Muller Boshoff
Foto: Ronell Muller Boshoff
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies gevriesde ertjies
1 eetlepel vlapoeier
2 teelepels suiker en knippie sout
1 eetlepel Rama of Stork

Kook ertjies vanaf begin kook, vir 5 min in klein bietjie kookwater met botter.
Maak vla, suiker aan met eetlepel water en roer goed.
Voeg by die ertjies en prut, maar roer deur. As suiker kort, voeg by.