PAMPOENKOEKIES SONDER SOUS

PAMPOENKOEKIES SONDER SOUS
1 koppie gaar fyn pampoen
1 eier
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knip sout
olie vir diep braai

Meng alles
Bak teelepels vol in taamlike diep en warm olie tot mooi bruin. Kry so 30 poffertjies.
RESEP GEPLAAS: Meisie van der Colff
Foto: Juanita Vermeulen‎
Nota: Ek het 60 ml melk bygegooi om die beslag bietjie meer slap te maak om dit soos ‘n plaat koekie te maak en het dit nie diepgebraai in olie nie. Het lepels vol in pan gebraai wat net gespray en cook was. Dit was regtig baie lekker. Baie dankie vir die resep




GIDEON SE AARTAPPELKOEKIES (HASH BROWNS)

GIDEON SE AARTAPPELKOEKIES (HASH BROWNS)
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
4 medium grootte aartappels, geskil en gerasper en gespoel tot die water skoon is
1 medium ui, fyngekerf
1 koppie koekmeel
1 teelepel knoffelvlokkies
2 geklitste eiers
sout en peper na smaak
olie om in te bak

Meng die aartappels, meel en eiers saam met die sout en peper en ander bestanddele tot ‘n beslag nie te droog nie.
Verhit die olie in ‘n pan op die kole of op die stoof en skep groterige lepels vol en druk effens plat. Bak aan beide kante tot goudbruin.




LEMON ROAST POTATOES


LEMON ROAST POTATOES
Serves 4 – 6
6 potatoes, peeled and sliced thickly
juice of 2 lemons
salt and pepper
1/2 cup Extra Virgin Olive Oil
3/4 cup water
1 tablespoon semolina
1 teaspoon dried oregano

Heat oven to 180°C.
Toss potatoes in a pan with lemon juice, salt, pepper, olive oil and water. Sprinkle with semolina and roast 30 minutes. Turn potatoes, sprinkle with oregano and roast 30-40 minutes more until crisp.
Photo: Melissa Ann Vermeulen




AARTAPPELSKYFIES IN DIE OOND

AARTAPPELSKYFIES IN DIE OOND
Sny 3 aartappels in skyfies en kook in water tot dit sag is en laat dit koud word. Sprei ‘n oond pan uit met spray and cook en giet klein bietjie olie daarin. Plaas die aartappels in die bak en sprinkel nog bietjie olie bo oor. Ek het Aromat, bietjie gedroogte knoffel en bietjie cayenne pepper oorgestrooi. Bak dit by 200°C in die oond en skud net kort kort dat dit nie vasbrand nie tot dit lekker bruin is. Was regtig baie lekker gewees .
Resep geplaas deur Bianca Smit.
Foto: Bianca Smit




CHINESE RYS MET EIER


CHINESE RYS MET EIER
Chinese rys met eier heerlik saam met soet suur vark (resep onderaan)
Basmati rys, gaar gekook
½ ui, fyngekap
gemengde groente (pakkie of ‘n blikkie)
gekapte sprietuie
2 eiers
1 eetlepel sojasous
1 eetlepel rysasyn
sout en peper na smaak

Maak roereiers en laat afkoel.
Braai uie in ‘n bietjie grondboontjie- of gewone kookolie.
Voeg rys by.
Meng goed met uie.
Voeg blikkie gemengde groente, gekapte spriet uie, 1 eetlepel sojasous, sout en peper na smaak asook 1 eetlepel rysasyn by.
Meng goed oor lae hitte.
Voeg roer eier by en meng.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld
Vir die Soetsuur Vark gebruik hierdie resep:
http://www.foodloversrecipes.com/2013/07/soet-suur-vark/




KASERIGE KAPOKAARTAPPELKOLWYNTJIES

KASERIGE KAPOKAARTAPPELKOLWYNTJIES
Kook die aartappels in soutwater met bietjie olyfolie in tot sag. Dreineer die aartappels en maak dit goed fyn met ‘n aartappeldrukker.
Voeg aromat, aartappelspeserye en gemengde kruie by na smaak. Voeg ‘n knypie bakpoeier, klontjie botter en druppel melk by en meng deur tot lig en donsig.
Voeg gerasperde kaas by en meng deur. Skep die mengsel in ‘n gespuite kolwyntjiepannetjie, garneer met kaas en sprietuie. Bak die kolwyntjies in ‘n warm oond tot die kaas en randjies goudbruin verkleur, verwyder van die oond en laat afkoel.
Sny liggies met ‘n mes die kante van die kolwyntjies los, keer die pannetjies om en laat staan dit so tot afgekoel.
Kap die pannetjie op die bodem en lig dit stadig op om die kolwyntjies uit te dop.
Foto en resep: Lelane Van Der Walt




IDEES VIR LEKKER BABA AARTAPPELS

IDEES VIR LEKKER BABA AARTAPPELS
Hazel Strydom Petersen:
Garlic and real butter with chopped parsley still my favourite – nothing better

Liz Terblanche:
Gooi in checkers sak en sit in mikrogolfoond so 7 min. Sny ster op elkeen, druk effens om oop te maak. Vat pakkie wit uie soppoeier, meng met 250 ml mayonnaise, gooi oor aartappels en bak tot bruin in oond.

Annelien Bierman Fourie:
Kook 1 kg baba aartappels in soutwater tot sag. Giet die water af en braai die aartappels in bietjie botter en knoffel vir so paar minute in die pot of pan. Voeg ‘n klein bottel soetrissiesous en 250 ml room by. Prut vir 10 min.

Zelda Ellis:
Cook baby potatoes until soft. Place in caserole dish either whole or slice in half – fry onions – add to potatoes – pour over bottle of honey and mustard salad dressing – top with grated cheese – bake in oven for about 20 minutes.

SUENELLE SE OPGEDOLLIEDE BABA AARTAPPELS
1 pak baba aartappels met knoffel en kruie, met die hoeke afgesny van die pak en 8 min in mikrogolf gestoom.
In pan geplaas met bietjie olyf olie.
sout en pepper
gerookte paprika so teelepel vol
tiemie ook so teelepel vol
oorgestrooi en gemeng.
Plaas in voorverhitte oond van 200ºC.
Bak tot begin bruin raak, meng aartappels dat oral bruin kan bak.
Sodra dit uit die oond kom gooi 1-2 eetlepels heuning en ‘n 1 eetlepel volgraan mosterd oor, en meng goed.
Bron en foto: Suenelle Liebenberg




NATANIA SE VARK TJOPPIE EN MIELIEKOEKIES

NATANIA SE VARK TJOPPIE
So lees ek vanmiddag deur al die lekker resepte vir vark tjoppies. Besef toe sommer ook dadelik ek het ‘n hele paar bestanddele kort. So tussen die merk van vraestelle en die brongitis was ek mos nou glad nie lus vir skoene en die dorp nie.
Knyp toe maar oë toe en ‘create’ my eie resep en was dit nou lekker.
Meng die volgende saam na smaak en afhangende van hoeveel tjoppies jy wil gaarmaak.
sweet chili sous
tamatiesous
mayonaise
balsamiese asyn
Illovo se golden syrup
gemengde kruie
sout
peper
bietjie duim vashou

Ek het sommer die hoeveelhede so met die oog geskat.
Die vark tjoppies vir ‘n uur lank in die sousie laat lê en toe in die oond gesit by 180°C.
Net voor gaar, het ek die oorblywende sousie oor gegooi en gebak tot gaar.

MIELIEKOEKIE
1 blikkie mielies (nie room)
2 eiers
½ koppie self raising flour
3/4 koppie wit Cheddar kaas
sout
swart peper
rooi peper

Dreineer mielies.
Klits 2 eiers en meel saam tot glad.
Voeg speserye saam met die eier-mengsel.
Meng mielies en kaas saam met eier-mengsel.
Ek het dit sommer op die stoof in vlak olie gebraai tot gaar.
Foto en resep: Natania Tanna Lourens




BRAAI ONIONS AND POTATOES

BRAAI ONIONS AND POTATOES
tin foil for roasting
30 ml olive oil
750 g baby potatoes
250 g baby onions in their skins
5 ml thyme
5 ml origanum
sea salt
black pepper

Brush the tin foil with some olive oil and toss the potatoes and onions in the remaining oil, thyme and origanum.
Season with sea salt and black pepper.
Place the potatoes and onions into the foil to make one large parcel and fold the edges in twice so as not to allow any steam to escape.
Cook over coals for about 40 minutes or until the potatoes are tender.
Recipe posted by : Elena Kaminaridou Prins




MIELIEPOFFERTJIES

MIELIEPOFFERTJIES
Sif alles saam:
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel aromat

Maak holte in middel.
Klits saam
1 ½ koppie melk
2 eiers
2 eetlepels olie
1 blik roommielies, (gewone grote)

Voeg alles saam in meel, meng goed.
Redelike slap degie, voeg nog geurmiddels by indien verkies.
Bak lepelsvol in warm, diep olie tot bruin en gaar.
Dreineer op handdoek papier.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk‎