UIEFRITTERS


UIEFRITTERS
3 groot uie
25 g botter
¾ koppie koekmeel (185 ml)
1 groot eier
125 ml melk
knippie sout
olie vir diepbraai
Skil en kap die uie in groterige stukke.
Smelt die botter in ‘n groot pan en braai die uie liggies tot net sag, nie bruin nie. Sif die meel en sout saam, voeg die eier en melk by en klits goed deur. Voeg die uie by die meelmengsel en roer deur. Skep lepels vol van die beslag in warm olie. Braai ongeveer 3 minute aan elke kant tot goudbruin. Dreineer op handdoekpapier. Bedien dadelik.
Resep: Retha van So maak mens






