GROENTE TERT

 
GROENTE TERT
2 uie gekap
250 g blomkool
2 knoffelhuisies gekap
125 ml ingedampte melk of room
1 rooirissie gekerf (soetrissie)
125 ml melk
250g sampioene gekerf
41 g Potato Bake
250 g broccoli
250 ml gerasperde cheddarkaas

Braai uie en knoffel saam. Voeg rissie en sampioene by, braai nog 4 min. Voeg broccoli en blomkool by.
Plaas deksel op en stoom vir 5 minute.
Plaas in gesmeerde oondbak, meng melk, ingedampte melk/of room met Potato Bake en gooi bo-oor.
Strooi gerasperde cheddarkaas oor en bak 30 minute by 180°C.
Lewer 8-10 porsies. (ander groente kan ook gebruik word indien verkies)
Die wit en groen met rooi spatsels lyk (en smaak lekker) pragtig op ‘n bord.
Resep: Retha-Jane Duvenhage Buys



BRIGETTES GREENBEANS

FLR BB be the first to give us a photo!!tested
BRIGETTES GREENBEANS
INGREDIENTS
2 cups cook greenbeans
1 onion, finely chopped
1T flour
1 container sour cream
1 cup cheddar cheese
1 packet sour cream & onion chips, crumbled
METHOD
Sautee onion in butter till soft.
Add flour and mix well.
Add sour cream & a teeny bit of milk.
Mix well, add greenbeans & mix very well.
Mix cheese into greenbean mixture.
Pour mixture into a dish
Sprinkle crumbled chips over greenbeans & bake in oven until thoroughly warmed & browned.**Sometimes I add sliced mushrooms when I add the greenbeans.
Brigette Storey



MARMELADE PAMPOEN

tested
MARMELADE PAMPOEN
Hierdie resep kom uit Clocolaan, Vrystaat. Dit is van my grootouma al 5 geslagte in die familie, die resep gee ek nou vir die heel eerste keer uit. Geniet!
500 ml gaar pampoenblokkies
125 ml marmelade
5 ml kaneel
2 ml gemmer
125 ml suiker
3 eiers
250 ml room
5 ml karamelgeursel
5 ml vanillageursel
sout en peper na smaak
gekapte amandels vir garnering
Voer ‘n bakskottel met enige broskors van eie keuse uit.
Plaas die pampoen op die deeg, sprinkel bietjie sout en peper oor die pampoen en skep die marmelade oor.
Meng die kaneel, gemmer en suiker en strooi dit oor die pampoen en marmelade.
Klop die eiers, room en geursels saam en giet dit oor die pampoen.
Bak die gereg in ‘n voorverhitte oond by 180ºC tot gaar en ligbruin, ongeveer 20 – 30 minute.
Strooi gekapte amandel oor voor opdiening.
Wag vir die komplimente!
Resep: Floraine Wasserman Venter




HEINER SE GEGEURDE RYS

heiner se rys. jamestested
HEINER SE GEGEURDE RYS
90 g margarien
250 ml rou rys
750 ml kookwater
5 ml geuropwekker (aromat)
30 ml tamatiesous
10 ml vrugteblatjang
5 ml droë pietersielie
3 ml gemengde kruieSmelt die margarien in ‘n kastrol en voeg die rys by.
Braai die rys oor matige hitte totdat minstens 75 % van die rys gepof is.
Giet die kookwater oor en roer die res van die bestanddele by.
Sit die deksel op en kook die rys 15 minute lank.
Verwyder die deksel en kook tot die rys droog is.
Sit warm voor.
Resep:  Heiner Lange
Foto:  James Gillespie

 




WARM AARTAPPELSLAAI

tested
WARM AARTAPPELSLAAI
Ek maak die mees amazingste warm aartappel slaai met dit.
Al wat jy doen is, jy koop:
1 pakkie spek
1 bottel Ina Paarman se Honey en Mustard sous
1 pak klein aartappels
Jy sny jou klein aartappels in die helfte, kook op in water en sout, as dit gaar is, dreineer, braai die spek in pan. As dit crispy en lekker is, gooi dit by die aartappels….dan gooi jy so halwe bottel Ina Paarman Honey en Mustard sousie oor dit… en siedaar !! dit is hemels, maar let wel jy moet van Honey en Mustard sousie hou !!! geniet., sjoe dis lip lekker!
Marisa Olivier



SUURROOM AARTAPPELTJIES


SUURROOM AARTAPPELTJIES
18 vars klein aartappeltjies
200 ml suurroom
25 ml gekapte grasuieWas die aartappeltjies goed af en plaas dit met skil en al in kokende soutwater. Kook dit totdat dit net sag is. Dreineer die water af. Spoel die aartappeltjies vinnig af in koue water en trek die skille af.  Plaas die aartappeltjies in ‘n oondskottel, giet die suurroom oor en strooi die grasuie bo-oor. Bak dit 10 minute lank in ‘n voorafverhitte oond van 180ºC.
Resep: Heiner Lange




JONG KRUISEMENT AARTAPPELS MET KOMKOMMER


JONG KRUISEMENT AARTAPPELS MET KOMKOMMER
450 g klein, jong, aartappeltjies gewas en geskraap ‘n paar takkies kruisement
sout en peper ½ groot komkommer, geskil
50 g botter 10ml gekapte vars kruisement
150 ml dun room

Kook die aartappels met die takkies kruisement 10-15 minute lank in gesoute kookwater tot net efffens sag. Sny die komkommer in die lengte in kwarte en dan in blokkies. Smelt die botter in ‘n pan en soteer die komkommer 5 minute lank. Voeg die gedreineerde gekookte aartappels en gekapte pietersielie by. Geur en meng goed. Voeg die room by, en verhit tot kookpunt. Bedien.

Bedien 4-6 porsies.
Resep: Heiner Lange




DUITSE WARM AARTAPPELSLAAI

tested

DUITSE WARM AARTAPPELSLAAI
5 – 6 aartappels, gekook in skil
½ koolkop, gekook tot gaar maar nie pap
1 ui, gerasper
fyn spek, gebraai
sout, peper en asyn, na smaak

Skil aartappels en sny in blokke.
Meng dan die kool en gerasperde ui hierby in.
Daarna die gebraaide spek.
Voeg jou sout, peper en asyn by na smaak.

Resep geplaas deur Lena Smit




MOLSHOPE

molshope - Jacquestested

MOLSHOPE
3 tot 4 lekker groot aartappels
Groterige klont margarien
2 – 3 ml bakpoeier
Sout na smaak
250 ml room
125 ml gerasperde Cheddar kaas

Skil en kook die aartappels gewoonweg tot sag.
Dreineer en druk fyn.
Voeg die margarien, bakpoeier, sout en ‘n bietjie van die room by en klits dit met ‘n vurk tot lig.
Smeer ‘n oondvaste bak en skep lepelsvol van die aartappels daarin.
Gooi die res van die room bo-oor.
Strooi die kaas dan bo-oor.[ Bloukaas is net so lekker by halveer net die soorte kaas]
Bak dit 20 – 25 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180 °C.

Foto: Jacques Marianne Van Niekerk

Florrie van Heerden
Hi almal, ek maak molshope met n twist…dit is sommer ‘n ete op sigself.
Ek braai spek, uie, tamaties en groenrissie saam en voeg dit dan by die aartapels, gebruik n roomys lepel om mooi ronde balle te vorm




GEBAKTE KOOL

gebakte kool Charlenetested

GEBAKTE KOOL
Ongeveer koolkop, grof gekerf
1 groterige ui
2 groterige aartappels
ham / viennas / kaasworsies / spek na keuse
1 pakkie “Potato Bake” (Bacon and Cheese)
Gerasperde Kaas
Kook kool op in bietjie soutwater tot net bros. Dreineer goed en skep in gesmeerde oondbak.
Kerf ui en soteer in botter. Skep oor kool.
Skil aartappels en sny in klein blokkies. Kook in mikrogolf tot net-net gaar. Dreineer en braai in botter tot ligbruin. Skep oor kool en uie.
Braai ham, viennas, kaasworsies of spek in botterpan. Skep oor kool-mengsel.
Meng alles liggies met ‘n groot vurk.
Meng “Potato Bake” volgens aanwysings en gooi bo-oor koolmengsel.
Rasper kaas bo-oor en bak in oond (180°C) vir ongeveer 20 minute tot gestol.

Foto:  Charlene Lienkie Dames en Adam Cloete