SO ISSIT PATATS


SO ISSIT PATATS
Hierdie resep is my eie, sommer iets anders vir braaivleis of bykos. Ek “love” die oranje patats.1 patat, per persoon, medium grootte, goed skoon gewas.
Kook of bak die patats met skil, tot sag.
Maak ‘n dik kaaswitsous met knoffel.
Sny die gaar patats oorkruis, druk op en oop.
Plaas 5 Dorito “sweet chili” skyfies in die patat en skep witsous oor. Plaas weer 5 skyfies bo-op en skep weer witsous. Eindig met ekstra kaas bo-oor en verbruin die kaas onder die rooster element van die stoof.
Almal eet hulle gedaan, en die manne soek nog, so maak maar eksta.
Nota – Ek het dit ook al vir ‘n enkel gereg gemaak. Braai ook gekapte spek bruin, vou dit by die witsous en bedien soos bo.
Resep: Floraine Wasserman Venter








