GEBRAAIDE UIERINGE

BAIE MAKLIKE GEBRAAIDE UIERINGE
Skil 1 groot ui en dikkerige ringe en plaas in yswater in yskas.
Laat ten minste ‘n uur in die yswater staan.
Vat 1 koppie koekmeelblom en gooi en plastiek sakkie.
Meng 1 koppie selfraising met 1 koppie water.
Dreineer die uieringe van die water.
Gooi eers in sakkie met koekmeel en doop dan in die bruismeel/water mengsel.
Gooi dan in warm kookolie tot mooi bruin.

 




HEUNINGSOUS AARTAPPELTJIES

HEUNINGSOUS AARTAPPELTJIES
Kook ‘n pot klein aartappeltjies tot sag, skilletjies aan, gooi water af.
Gooi die volgende by:
20 ml heuning
10 ml vars roosmarynblaartjies
4 vars knoffelhuisies, gekap
growwe sout
growwe swart peper
Meng liggies deur met ‘n vurk, maak pot toe, laat staan 10 minute en smul!
Ek bedien altyd hierdie saam met volstruissosaties dis heerlik.
Resep:  Floraine Wasserman Venter



PATATS MET GEMMERKOEKIES

patats met marshmallows
PATATS MET GEMMERKOEKIES
6 patats
150g bruinsuiker
50ml stroop
½ pak Marshmellows – gesnipper
250ml room
Pakkie gemmerkoekies – fyn gedruk.
Kook patats in soutwater tot amper gaar.
Meng suiker, stroop en room.
Pak lae patats en koekies, gooi suikermengsel oor.
Bak in matige oond tot sous dik word
Foto:  Marian van Deventer

 




VLEISLOSE SPINASIEGEBAK

VLEISLOSE SPINASIEGEBAK
Meatless Monday resep.
1 pak (400 g) Cream Crackers
VULSEL:
100 ml botter
1 bossie spriet uie, gekap tot helfte van groen stingels
90 ml koemeel
375 ml melk
400 g gaar gekapte spinasie (druk al die vog uit)
sout en peper
200 g feta kaas, gekrummel
750 ml chedderkaas, gerasper
5 eiers, geklits
3 ml gemaalde neutmuskaat
30 ml vars kruisement, gekap
botter

Smeer vierkantige bak met botter. Pak laag beskuitjies. Smelt botter (100 ml) Sorteer uie tot sag. Roer meel by en meng. Roer melk by en kook tot dik. Roer spinasie by. Geur. Roer kaas, eiers, neut en kruisement by.
Sprei spinasievulsel oor beskuitjies. Pak nog laag beskuitjies. Herhaal lae. Eindig met laag spinasie.
Strooi gerasperde kaas oor en bak by 180°C vir 25 – 30 min.
Resep: Martie Fourie Moolman
Foto:  Liezl Louw




PAMPOENTERT VAN ENIGE PAMPOEN

pampoentert Wilna

PAMPOENTERT VAN ENIGE PAMPOEN
Foto:  Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
3 kopiies pampoen
1 kaneelstok
1 eetlepel suiker
1 koppie koekmeel
4 teelepels bakpoeier
1 koppie suiker
4 eetlepels gesmelte botter
2 eiers
1 teelepel sout
1 koppie room
kaneelsuiker vir strooi
Kook die pampoen met die kaneelstok en suiker, tot dit sag is en droog gekook het.
Druk die pampoen fyn. Roer die meel, bakpoeier, suiker, botter en sout by.
Laastens kom die room by.
Meng goed, skep in ‘n gesmeerde oondskottel en strooi kaneelsuiker oor.
Bak vir 30 minute teen 180º C.
ns. Ek het myne so 45 min gebak- baie lekker –

 




DUIWELSVURK SAMPIOENE

sampioene

DUIWELSVURK SAMPIOENE
(Baie lekker saam met braaivleis of as voorgereg)
500 g groterige knopie-sampioene
10 ml suurlemoensap
10 ml fyn knoffel (crushed garlic)
100 ml olie
50 ml sojasous
5 ml mosterdpoeier
5 ml rooipeper
5 ml gemengde kruie
5 ml sout
5 ml peper

Sny stingeltjies gelyk. Meng al die marinade-bestanddele saam en marineer sampioene daarin vir ½ uur. Ryg 6 sampioene op ‘n devil’s fork of sosatiestokkie (die metaal soort werk die beste).
Braai op kole  pasop net vir brand, eintlik moet die sampioene net goed warm gemaak word. Bedien met ‘n sous van jou keuse (‘n suurroom- of jogurtsous is die lekkerste). Dit moet dadelik geëet word.
Verduiwels lekker!

Resep geplaas deur Louise Groenewald

 

 




BUTTERNUT AND CHAKALAKA DISH

BUTTERNUT AND CHAKALAKA DISH
Recipe posted by Trudi Mclachlan
Photo: Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
500 g butternut, cubed
3 tablespoons brown sugar
1 tin mild chakalaka (or strength of you choice)
250 ml cream (plain yogurt as alternative)

Put the butternut in an ovenproof dish and sprinkle the brown sugar over it.
Mix the chakalaka and the cream and pour over butternut.
Bake at 180ºC until the butternut is cooked and tender.




SKORSIE TERT

skorsie terttestedskorsie tert 2

SKORSIE TERT

5 gaar skorsies
2 eetl meel
1 teel bakpoeier
1 eetl margarine
1/2 kop suiker
3 geklitste eiers
1 kop melk

Meng als goed in ‘n diep glasbak.
Bak @ 180° tot gestol.
Gooi kaneel bo-oor en geniet.
1ste foto:  Annelie van der Merwe-Kruger
2de foto:  Maritza Moolman




PAMPOENKOEKIES IN DIE OOND

pampoenkoekies in die oond 2

PAMPOENKOEKIES IN DIE OOND
125 g sagte botter/margarien
200 ml suiker
3 eiers
1 koppie (250 ml) koekmeelblom
15 ml bakpoeier
2 ml sout
3 koppies (750 ml) gaar fyn pampoen
5 ml vanieljegeursel
fyn kaneel

Sous
4 eiers
1 koppie (250 ml) water
1 koppie (250 ml) suiker
knippie sout
1 opgehoopte eetlepel maizena
½ koppie (125 ml) suurlemoensap

Verhit oond tot 180°C. Klits botter, suiker en eiers saam. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Meng dit by die eiermengsel. Voeg fyn pampoen (koud of warm) en vanieljegeursel by. Meng goed deur. Skep mengsel in gesmeerde muffinpannetjies. Bak tot gaar. Laat staan om af te koel. Meng al die bestanddele van die sous saam. Kook die sous oor matige hitte en roer gedurig tot dikkerig. Skep lepelsvol oor die gaar pampoenkoekies en besprinkel met kaneelsuiker. Die pampoenkoekies vries baie goed. Die sous kan in yskas gebêre word om weer te gebruik.
Marie Rheeder Troskie




MIELIETERT MET VARIASIE

mielietert

MIELIETERT MET VARIASIE
2 blikkies suikermielies
4 eiers
60 ml koekmeel
60 ml gesmelte botter
60 ml suiker
knippie sout
1 teelepel bakpoeier

Meng alles saam in glasbak en bak teen 180°C tot goudbruin. Ek het gerasperde kaas ook ingesit en volgende keer sal ek gebraaide spek ook bysit.
Resep en foto:  Sonja Bredenhann