KOOLKAPOKAARTAPPELS

cabbage


4 groot aartappels – geskil en in blokke gesny
2,5 ml sout (½ tl)
klont botter
1 ui – fyngekap
1 ml knoffelsout
knypie droë pietersielie
½ kool – fyngekerf
60 ml volroommelk (4 el)
knypie rooipeper

Kook aartappels in kookwater tot net sag, dreineer.
Smelt botter in kastrol en braai ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is.
Voeg kool by en soteer tot kool sag is.
Voeg gekookte aartappels by kool in kastrol, asook melk en rooipeper.
Druk aartappels en kool redelik fyn met aartappeldrukker.

Heiner Lange




LEKKER KOOLGEREG

cabbage

Kerf kool. (Ek sny dit sommer “skywe” dan is dit lekker repies kool).
Vat n groot pan en gooi bietjie olie en margarien in.
Braai stukkies spek (as jy wil) en gooi dan die kool by.
Roer af en toe.
Gooi sout en swartpeper oor.
Roerbraai dit tot party stukkies lekker donker raak en gaar is. Dis heerlik!

Dan het ek hier die tip gekry om bietjie feta kaas ook op einde by te smelt vir romerige tekstuur.
Baie lekker!

Heiner Lange
Erna Vd Merwe




MEXIKAANSE DISSE

mexikaanse disse - elsa

MEXIKAANSE DISSE
Hoendervlerkies
1 Pakkie Chili Bite Mix
Kook hoendervlerkies vir 5 min in soutwater
Laat effens afkoel en skud in Chili bite mengsel
Diepbraai tot goudbruin

Refried Beans
Blikkie Bone in Tamatiesous
1 ui, fyngekap
Vars tiemie takkie
Lourier blaar
1 rooi brandrissie, pitte verwder en fyn gekap
3 eetlepels Olyfolie
2 teelepels fyn komyn
85 g cheddar gerasper

Verhit olie in swaarboompad en braai 10 min
Voeg komyn by en braai 2 min en roer
Voeg bone, lourierblaar en tiemietakkie by en prut tot dik
Voeg kaas by en roer

Guacamole
2 ryp avos, geskil en fyngemaak
1 tamatie, fyn gekap
2 eetlepels fyn koljanderblare
1 eetlepe grasui, fyn gekap
1/2 brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
Sap van 1/2 suurlemoen
1 teelepel sout

Meng alles saam

Salsa
1 blikkie pitmielies gedreineer
1 rooi soetrissie in klein blokkies
1 huisie knoffel, fyn gesny
1 – 2 fyngekapte gebottelde jalapeno rissie
4 grasuie, fyn gekap
1 eetlepel olyfolie
1 eetlepel fyngekapte koljanderblare
Sout

Meng alles goed saam

Doen alle voorbereidings en bak Enchilladas net voor opdiening, diepbraai hoendervlerkies en braai Quesadillas…
Skep ook suurroom in ‘n bakkie om saam te bedien

Hoop julle geniet dit !!!

ELSA VAN ASTWERPEN KLEINHANS




KRAKERIGE GEBRAAIDE AARTAPPELS

gebraaide aartappels

Kook die aartappels, dreineer die water en gooi die olie in die pot en sit nou eers die stoofplaat aan… skil die warm aartapelles en sny die aartappel net effens met die mes en breek dit dan verder oop met ‘n vurk, sit die warm aartappels in die koue olie, die hitte van die aartappels sal die olie geleidelik laat warm word en dis hoe jy die lekkerste, krakerige aartappel met die sagte binnekante kry



SPINASIETERT MET PROVITA KORS

spinasietert ceclilia
SPINASIETERT MET PROVITA KORS
Genoeg vir 8 tot 10 persone
Kors:
60 ml (60 g) botter gesmelt
170 ml (90 g) provita beskuitjies gekrummel
100 ml cheddarkaas gerasper
Vulsel:
125 g gesnipperde swoerdlose spek
2 preie in dun skyfies gesny
600 g vars spinasie wit stingel gedeeltes verwyder
250 g roomkaas
6 groot eiers geklits
250 ml suurroom
1½ sirkel feta kaas gekrummel
125 ml parmesaan kaas gerasper
Sout en peper na smaak
Maak die kors:
Meng die botter, koekiekrummels en chedarskaas in n mengbak. Voer n pan uit met die mengsel en sit in die yskas tot benodig.
Maak die vulsel:
Braai die spek in hulle eie vet tot net voordit begin bros raak. Skep uit en dreineer op kombuispapier. Braai die preie in dieselfde pan oor matige hitte tot sag, Voeg bietjie botter by indien nodig. Meng die preie en spek en laat die mengsel afkoel.
Was die spinasie goed en dreineer dit. Sit die een helfte van die spinasie net so in n groot kastrol oor magite hitte en roer totdat dit begin sag word. Herhaal met die res van die spinasie. Dreineer die gaar spinasie en druk die oortollige vog met jou hande uit sodra dit afgekoel het. Kap dit fyn.
Klits die roomkaas, eiers en suurrom tot glad, roer die feta kaas by. Gooi die spinasie, spek en preimengsel en die helfte van die parmesaan by. Geur met sout en peper.
Skep die mengsel in die voorbereider kors en bak tot goudbruin en gaar. Laat die tert vir 10 min staan voordat jy dit sny. Strooi die oorblywende parmesaan kaas oor en sit voor!!

Resep: Cecilia Woest Hunwick




OONDGEBAKTE GROENTE

oondegbakte groente

Patat, geskil en gehalveer, aartappel gewas en halveer, dik rooi uieringe, pampoenskywe, wortel in kwarte gesny, eiervrug in ringe of kwarte, heel knoffelhuisies. Goed met suurlemoen olyfolie bedruip, genoeg sout, peper en in oond oop gebak. 10 min voor uithaal rasper bietjie kaas oor en laat net smelt op warm groente

Annetjie van Huyssteen




KERRIEVINKEL EN KOPKOOL

2013-07-14-vinkelkoolkerrie
KERRIEVINKEL EN KOPKOOL

1 middelslag kopkool
1 middelslag vinkelbol
2 uie, fyngekap
2 groot knoffelhuisies, gekap
500 ml suiker
15 ml kerriepoeier
15 ml mosterdpoeier
30 ml mielieblom
625 ml asyn
3 ml sout

Sny kool en vinkel in dun repe. Kook vinnig in klein bietjie kookwater, met toe deksel en 10 ml botter, 5-10 minute.
Braai uie en knoffel vinnig ligbruin in bietjie botter, meng res van die bestanddele by en kook 8-10 minute op matige hitte.
Gooi oor gedreineerde groente en kook stadig saam vir 5 minute.

Jy kan ook sampioene by resep inwerk, dis regtig lekker. ENJOY!
Ek gaan vanaand weer die resep maak en sal dan die foto opsit. Dis heerlik!

Resep en foto: Floraine Wasserman Venter




Vegetable Tian (thinly sliced veggies topped with cheese)

Thinly sliced veggies topped with cheese and then roasted.
1 tablespoon olive oil
1 medium yellow onion
1 teaspoon minced garlic
1 medium zucchini
1 medium yellow squash
1 medium potato
1 medium tomato
1 teaspoon dried thyme
salt and pepper to taste
1 cup shredded Italian cheesePreheat the oven to 180ºC / 400ºF.
Finely dice the onion and mince the garlic. Sauté both in a skillet with olive oil until softened, about 5 minutes.
While the onion and garlic are sautéing, thinly slice the rest of the vegetables.
Spray the inside of an 8 x 8 inch square or round baking dish with non-stick spray. Spread the softened onion and garlic on the bottom of the dish. Place the thinly sliced vegetables vertically in the baking dish, in an alternating pattern. Sprinkle generously with salt, pepper and thyme.
Cover the dish with foil and bake for 30 minutes. Remove the foil, top with cheese and bake for another 15 – 20 minutes or until the cheese is golden brown.
Recipe: Elmarie van Breda



WARM AARTAPPELSLAAI MET SPEK

Warm aartappelslaai rina

WARM AARTAPPELSLAAI MET SPEK
Ek het sommer my eie warm aartappelslaai gemaak en dit was heerlik
Hoeveelhede na gelang van hoeveelheid porsies.
Kook klein aartappeltjies sag in water met sout. Braai fyn gekapte spek lekker bros, hou eenkant, braai jou fyn gekerfte ui in dieselfde pan lekker bruin.
Skil jou aartappels(of los die skil aan) sny net in halwes, gooi die aartappels en spek terug by die uie. Roer lekker deur en haal van die plaat af maar los so rukkie in die warm pan.

Vir opdiening, sit slaai in opdien bord.
Meng korrel mostert, appelasyn, olyf olie en bietjie kondensmelk lekker en gooi oor die slaai, kerf vars pietersielie en sprinkel oor die slaai voor opdiening
Foto en idee:  Rina Kleinhans




HEINER SE GROENBOONTJIES

tested

HEINER SE GROENBOONTJIES

Die is die resep waarvoor ek wou weet wat se spesery savory is.

600 g groen boontjies
Sout
1 tl Savory of Tiemie (gedroog)
½ ui
40 g botter of kookolie
40 g meel
Peper
1 tl asyn
125 ml suur room
Pietersielie

Spoel die boontjies af en sny of breek hulle in 2-3 cm lang stukke. Kook in sout water met savory tot gaar. (20-30 minute) en gooi die water af. Kap die uie fyn en soteer in die botter. Roer die meel by en braai goed deur. Gooi 250 ml van die kook sap by en prut vir 10 minute. Geur die sous met sout, peper en asyn en roer die suur room by. Voeg die boontjies by en laat dit vir n tyd saam opwarm, skep in n warm opskepskottel, strooi gekapte vars pietersielie oor en bedien.

BRON- HEINER LANGE