PAMPOENGEREG MET BOERPAMPOEN

pampoentested

PAMPOENGEREG MET BOERPAMPOEN

Hier is nog ‘n heerlike pampoendis:

1 boerpampoen
1 witbrood, in snye
1 koppie kaneelsuiker
1 koppie melk

Metode:

Pak die snye brood onder in vuurvaste gesmeerde bak.
Maak klam met melk.
Strooi 1 tot 2 teelepels kaneelsuiker oor.
Skil die pampoen en sny in skywe so dik soos ‘n sny brood.
Pak bo-op die brood.
Herhaal die proses
Jy kan soveel kaneelsuiker soos wat jy wil byvoeg, dit hang af van jou smaak.
Dit is belangrik dat jy nie teveel melk bygooi nie.

Bak in oond vir 30 minute of tot pampoenskywe sag is teen 180 grade

Resep ontvang vanaf Pauline Olivier

 




GEBRAAIDE KOOL EN FETA

tuna koekies meyer

GEBRAAIDE KOOL EN FETA
Sny n halwe kool in repies.
Sny n halwe geel soetpeper in repies.
Smelt eetlepel margarine in pan, met paar druppels olyfolie by.
Blitsbraai die kool en pepper vir 5-7 min.
Moet nog crunch in hê, maar nie heeltemal rou nie.
Verwyder van hitte, en roer nog vir ±1min.
Krummel 1 wiel feta bo-oor.
Resep en foto: Meyer Combrinck




SPINASIE IN SKILFERKORS

spinasie in skilferkors martietested

SPINASIE IN SKILFERKORS
1 ui, gekap
15 ml olie
1 kg spinasie, gewas
250 ml Cheddar kaas, gerasper
2 ronde skywe feta kaas gekrummel
3 eiers, geskei
bietjie neutmuskaat
sout en vars gemaalde swartpeper
1 x 40 g klaar bereide skilferkorsdeeg
ekstra eiergeel, om deeg mee te smeer

Soteer die ui tot sag in die olie.
Sny alle harde gedeeltes uit die spinasieblare en sny in repe.
Plaas spinasie in klein bietjie kokende water en roer deur tot spinasie net sag is. Dit sal sowat 3 min neem.
Dreineer spinasie goed en druk alle vloeistof met jou hande uit. Laat afkoel.
Voeg ui, Cheddar, Feta, geklitste eiergele en neutmuskaat by spinasie. Geur na smaak.
Rol skilferkorsdeeg oop. Klits eierwitte tot styf en roer by spinasiemengsel.
Skep vulsel in middel van deeg en vou een helfte deeg bo-oor vulsel, bestryk met water en vou die ander helfte bo-oor.
Druk liggies vas. Vou kort ente binnetoe nadat jy dit ook met water bestryk het.
Plaas in die yskas vir sowat 15 min en bestryk met geklitste eiergeel. Bak in voorverhitte oond by 220°C vir 20 min of tot ligbruin. Verlaag temperatuur tot 180°C en bak nog 10 – 15min.
Sny in skywe en dien op. Heerlik warm of koud.
Variasie: Voeg geroosterde amandels by, of bros gebraaide spekvleis.

Foto: Martie Fourie Moolman




PAMPOENMOUSSE TERT

2013-09-08-pampoenmoestert
PAMPOENMOUSSE TERT
Room saam :
175 ml botter
3 eiers
200 ml suiker
Voeg by :
30 ml maizena
15 ml bakpoeier
4 eetlepel hoogvol gaar afgekoelde butternut (mash dit)
klein bietjie sout
Smeer n tertbak met botter of Spray-Cook.
Skep die hele beslag in die gespuite bak, en bak vir ongeveer 40 min by 180 ºC.
Strooi skoon kaneel bo-oor sodra dit uit die oond kom. Dit is heerlik.
Resep: Rounel Siecker




BROCCOLI MET KAASSOUS

1236530_601067353287084_1767312582_n
BROCCOLI MET KAASSOUS
1 pak broccoli
500 ml Of meer witsous
Gerasperde cheddar en mozarella kaas vir bo op

Kook die broccoli tot sag in water met bietjie sout.
Maak ‘n witsous volgens resep hier onder,  skep groente in ‘n bak en skep die witsous oor, bedek dan die sous met kaas en bak op 200ºC tot die kaas goudbruin is

Verdubbel hierdie resep vir die witsous in hierdie resep, hang af hoeveel broccoli jy gebruik.
http://www.foodloversrecipes.com/2015/01/mikrogolf-witsous/#more-76961

Ressep en foto:  Micaela van der Merwe




BOTTERSKORSIE GEBAK MET LEMOEN SHERRY

baked butternut

BOTTERSKORSIE GEBAK MET LEMOEN SHERRY
500 g botterskorsie, geskil en in skywe gesny
45 ml lemoensap
15 ml sherry
45 ml bruinsuiker
30 ml botter of margarien
knypie fyn kaneel en knypie sout

Rangskik die botterskorsieskywe in ‘n vlak oondvaste bak. Sprinkel die
lemoensap, sherrie en bruinsuiker eweredig oor. Stip met die botter of
margarien. Geur met kaneel en sout.
Bedek met foelie (blink kant na binne) en bak ‘n uur lank in ‘n voorverhitte oond by 180ºC
Verwyder die foelie en bak oop vir nog 20 minute tot effens bruin. Sit dadelik voor.




FLIPPEN LEKKA GEBRAAIDE AARTAPPELS

2013-09-01-flippenlekkeraartappels-tested
FLIPPEN LEKKA GEBRAAIDE AARTAPPELS

750 ml kookolie
750 ml koue water
8 tot 12 medium grootte aartappels, geskil en halveer

Plaas koue olie en koue water bymekaar in pot.
Voeg die heel aartappels by en plaas deksel op.
Plaas op stoofplaat op hoogste stelling.
Kook vir sowat 45 minute.
Verwyder deksel en braai vir nog sowat 15 minute.
Op hierdie stadium het al die water reeds verdamp.
MOET NOOIT ROER NIE.
Verwyder uit olie en besprinkel met Flippen Lekka Spice.
Die aartappels sal vir ten minste nog ‘n uur lank “crispy” bly.
Moenie bang wees dat die storie sal vlamvat nie. Slegs wanneer jy koue water by warm olie gooi sal dit brand slaan.

Marisa Vosloo

Foto: Natalie Jessica Koekemoer-Groot

Foto 2:  Barbara Vermeulen
2 bottels kookolie
1 bottel water
Plaas in swart pot op vuur. Sit geskilde aartappel in koue olie en wanneer dit kook, sit deksel effens skeef, wanneer die aartappels ‘crispy’ is, haal uit, dreineer op handdoekrol en gooi dadelik braaisout oor. Moenie roer nie, behalwe as aartappels al redelik crispy is.




MAKLIKE MIELIETERT

1378172_587616314609530_1076898550_n

MAKLIKE MIELIETERT
4 eiers
1 koppie bruismeel
4 eetlepels suiker
4 eetlepels gesmelte botter
1 teelepel vanilla geursel
1 blikkie roommielies
Meng alles saam en sit in voorbereide oondvaste bak.
Bak by 180 ºC vir ongeveer 1 uur tot goudbruin en gestol.
Resep:  Mariana Cassie Carosini



AARTAPPELS VIR BRAAI

braai aartappels
AARTAPPELS VIR BRAAI
Klein ongeskilde aartappeltjies
Klein uitjies in skil nie groter as die aartappels nie
1 pak knoppie Sampioene
Knoffel botter

Sit alles in ‘n pan, smelt botter as dit gekoopte knoffelbotter is. Of maak jou eie met botter, knoffel, sout en pepper en ‘n spuit suurlemoensap.
Skep die botter oor die aartappels en uie, maak toe met foelie en bak in die oond op 220 ºC vir ‘n uur of tot bruin.




GROENTEROERBRAAI

FLR BB Anything goes

GROENTEROERBRAAI
Lewer 4 porsies.
40 ml olie
1 groot ui, in ringe gesny
1 rooi soetrissie, in repe gesny
2 wortels, in repies gesny
3 stingels seldery, in ringe gesny
300 g broccoli, in klein blommetjies gebreek
300 g (500 ml) stampmielies, gaar
7 ml sout
varsgemaalde swartpeper

Verhit die olie, voeg die groente by en roerbraai die groente moet bros wees. Voeg die stampmielies en geurmiddels by en laat deurwarm word.
WENK: Blokkies vleis kan bygevoeg word en as ‘n noenmaalgereg voorgesit word.