BOTTERSKORSIE MET KRUMMELS

 butternut met krummels

BOTTERSKORSIE MET KRUMMELS
Kyk wat het ek vanaand met my “butternut” gemaak, ek het dit amper sag gekook in bietjie water met sout en toe dit amper droog gekook het toe giet ek mango sap(net genoeg dat die pampoen nie onder die sap toe is nie) en kaneel suiker (zylitol) oor en laat dit lekker stadig kook tot die sousie lekker dik is,
Ek het sulke lekker gesondheidsbeskuit krummels, toe sprinkel ek ‘n lekker lagie daarvan oor die butternut, maak toe en laat net baie stadig kook vir so 10 min laat die krummels net so effens sag word.
Dit was nou regtig lekker en iets anders vir soet pampoen

Resep en foto:  Rina Kleinhans




KORPORAAL KOOL

 

2013-11-17-kentuckyhoender

KORPORAAL KOOL
Ek het resep helfte gemaak.
BRON- Marie Dumas Jennings
FOOD LOVERS RECIPES
1 middelslag kopkool
100 g botter/margarien ek het olie gebruik
400 – 500 g spek
2 ml karwysaad, opsioneel
sout en peper

Kerf kool fyn, smelt bietjie smeer in swaarboompot oor hoë hitte en braai bietjie kool op ‘n slag tot alles net sag is.
Skep uit en braai gesnipperde spek in dieselfde pot tot gaar.
Skep kool en karwysaad by, geur met sout en peper en laat braai nog ‘n rukkie tot goed warm is.
Lewer 8 – 10 porsies.
Shame die arme korporaal was ‘n sjef in army, almal het koolpot verby gehou tot hy die resep by huisgenoot gekry het. Dit is lekker.




GEGEURDE RYS

gegeurde rys



Ek braai fyn gesnyde uie, fyn knoffel (as jy dit wil bysit) grof gerasperde wortel en klein blokkies rooi en groen pepper in bietjie olie tot uie deurskynend is, gooi dan die rou rys by om bietjie te braai en voeg dan groente of hoender ekstrak in kookwater by en kook tot rys gaar is.
Jy kan ook robertsons se rys speserye bysit in plaas van die ekstrak asook borrie as jy van die dieper geel kleur hou.
Gebruik 1 koppie tastic rys vir 4 mense – as ‘n bykos porsie maar as dit oorwegend ‘n rys gereg is dan 1 koppie vir 2 mense.

Foto:  Deon Rossouw
resep:  Elsabie Templeton




EASY ROASTED ASPARAGUS


EASY ROASTED ASPARAGUS

1 lb asparagus, ends trimmed
Juice of half a lemon
Olive oil
1/2 T garlic powder
Salt and pepper
1/4 C shredded parmesan

Preheat oven to 350.  Lay asparagus in a single layer on a sheet pan.  Drizzle with olive oil, lemon juice, and season with garlic powder and salt and pepper.  Mix around with your hands and put back in a single layer.
Bake 20 minutes.

When they are tender, sprinkle parmesan cheese over them and cover with foil.  Let sit five minutes to melt the cheese.
Photo: Frances Smith

Source: – Bacon, Butter, Cheese & Garlic




MIELIEKOEKIES

Mieliekoekies brineel

MIELIEKOEKIES
100 g meel
5 ml bakpoeier
1 ml sout
1 eier, geklits
150 ml laevet melk
1 blik pitmielies, gedreineer
3 sprietuie, gesny

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Klits die eier en melk saam en voeg by die droë bestanddele. Klits goed om klonte te verhinder. Voeg die mielies en sprietuie by en meng goed. Verhit ’n kleefvrye pan en spuit goed met nie-kleefmiddel. Die beslag is effens loperig – gebruik dus ’n metaalkoekiedrukker in die pan om die koekies rond te hou. Spuit die koekiedrukker ook met die nie-kleefmiddel en plaas in die warm pan. Skep ’n groot lepelvol van die mengsel in die middel van die uitdrukker. Laat staan tot effens gestol en lig dan die uitdrukker af. Braai die koekie tot jy dit kan omdraai en braai dan aan die ander kant tot gaar. Hou warm en herhaal met die res van die mengsel. Sit voor saam met tamatie-rissiekonfyt.
Foto:  Brineel du Toit




BAKED VEGETABLE WITH TOMATO DRESSING

baked veggiestested

BAKED VEGETABLE WITH TOMATO DRESSING
Serves 4-6
This baked veggie with tomato dressing is perfect to serve with a braai or with a oven roasted chichen.
1 red sweet pepper
1 butternut
1 onion, coarsely chopped
2 garlic cloves, finely chopped
60 ml chopped parsley
30 ml chopped oreganum
250 g brown onion, finely chopped
Olive oil
Salt and pepper
Zest and juice of 1 lemon
115 g Rhodes Tomato Paste
10ml soft brown sugar
Preheat the oven to 180°C and grease one large oven dishes with butter or oil. Chop all the vegetables and herbs and arrange in one of the prepared dishes. Mix the olive oil, salt and pepper, the lemon juice and zest, tomato paste and sugar and drizzle some of it over the veggies. Roast for about 30-45 minutes or until cooked. Serve with extra tomato dressing.

Useful Tips
Use the veggies to make a vegetarian lasagne.
Make the lasagne the night before you want to serve it, as it’s easier to slice once it’s stood for a while.
Use leftover vegetables to make this dish.

Photo: Anita Steyn

 




VRIES VAN GAAR GEKOOKTE RYS

2013-10-27-gaargekookterysregvirvriestested

VRIES VAN GAAR GEKOOKTE RYS

My gaar gekookte rys reg vir vries, dit werk so lekker, as ek by die huis kom, ontvries ek my rys en dit werk soos ‘n bom.

Marie Rheeder Troskie
Ek kook die rys normaal weg met een telepel sout met een koppie rys afgespoel soos normaalweg. dan as dit koud is, sit dit in die plastieksakkies soos per porsie, ek sit drie groot eetlepels rys in ‘n sakkie, want ons net twee persone. Sodra jy dit uithaal, sit net dieselfde sakkie in mikrogolf en ontvries.

Rina Kleinhans
Mens kook jou rys eers ‘n bietjie dan gooi jy die water af, was die rys lekker tot die water nie meer melkerig is nie, sit skoon water op sit jou sout in en kook dit dan stadig tot al die water opgedroog is.

Bron en foto: Marie Rheeder Troskie




GROENTEPASTEI


GROENTEPASTEI
Ons was gisteraand lus vir groente op ‘n ongewone manier voorberei.
250 g gevriesde gemengde groentestukke
12 spinasieblare (stingels verwyder)
½ pakkie sampioenroomsoppoeier
200 ml water
½ teelepel fyngemaakte knoffel
½ koppie gerasperde cheddarkaas

Kook die gemengde groente vir 10 minute en skep uit kastrol.
Stoom die spinasie vir 10 minute, droog af en versnipper.
Maak die soppoeier met die water aan.
Meng die groente en spinasie en knoffel in ‘n oondbak. Giet die sopmengsel oor. Strooi die kaas oor. Giet die deeg oor. Bak teen 180°C vir 20 minute of totdat die kors ligbruin is.

Deeg vir kors:
200 ml koekmeel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
½ koppie melk
½ koppie olie
1 eier
Meng die droë bestanddele. Klits die melk, olie en eier saam. Meng met meelmengsel.
Resep:  Adri van Staden




AARTAPPEL BOLLE

2013-10-22-aartappelbolle

Ek het so gemaak – ek het heel aartappels in mikrogolf gesit op bord – net afgewas – op hoog gesit vir so 6 min – afhangende hoeveel aartappels jy het – ek net eers 2 ingesit want dit was net ‘n toets – bietjie laat afkoel – toe sny ek hul in die helfte deur – vat ‘n teelepel en haal die aartappel uit die skil uit – so die skil moet heel bly- soos wat jy ‘n skorsie uit sy dop uitskep – toe mash ek die aartappel fyn – meng bietjie botter by en cheese arromat en growwe peper – meng so 2 eetlepels sweetcorn by en meng – skep dan die mengsel terug in die aartappel bakkies – gooi bietjie paprika oor – pietersielie en fyn gerasperde kaas indien verkies – bak in oond – regtig lekker – die sweetcorn maak dit so effens soet

BRON- Marietjie Nel




PATATS IN DIE MIKROGOLF

MIKROGOLFOOND

PATAT IN DIE MIKROGOLF

Glo dit as julle wil, maar ek sit my patats (nadat ek al die knoetse en vuilheid verwyder het) in ‘n winkelsak (natgemaak onder die kraan afgespoel met skil aan) en strooi bruinsuiker oor en so 1 eetlepel botter gemeng met 1 eetlepel heuning in die sak.
Knoop sak liggies toe en plaas in mikrogolfoond.
So 3-4 minute per patat (mediumgrootte).
Heerlik sag en ek gooi die sak weg. ‘n Moet saam met snoek op die kole

Bron- Lorraine Weitz Brand