POTATO BALLS – AARTAPPEL BALLETJIES

 

2014-01-24-potatoballstested
POTATO BALLS – AARTAPPEL BALLETJIES

Oorskiet mash potatoes
Aromat
Pepper
Gebraaide bacon of ham baie fyn gesny
Fyn gerasperde kaas
Fyn gekapte pietersielie
Eiers geklits met bietjie melk
Droe brood krummels

(Mash moet baie koud wees voor jy dit rol)
Rol klein bolletjies met mash, doop in eier dan in meel. “BAIE BELANGRIK” Bere in deep freeze vir n half uur of langer om weer koud te word. Braai vinnig bruin in warm olie (moenie te veel op n slag braai)
Kan warm of koud geeet word. Ook lekker as n snack.
BRON: Peggy Devine




LEMOENPAMPOENTJIES MET EIERVRUG EN TAMATIEVULSEL

LEMOENPAMPOENTJIES MET EIERVRUG EN TAMATIEVULSEL
3 lemoenpampoentjies
300 g eiervrug
15 ml olie
1 blik heel tamaties
5 ml gedroogde oreganum, of 15 ml vars
sout en varsgemaalde swartpeper
40 g fetakaas
15 ml broodkrummels
10 ml olyfolie

Halveer die lemoenpampoentjies en haal die binnegoed met ‘n teelepel uit.
Plaas in ‘n kastrol en gooi water by sodat dit tot ongeveer in die helfte van die lemoenpampoentjie kom.
Kook vir 20 minute tot sag.

Intussen kan jy met die vulsel begin.
Sny die eiervrug in blokkies van ongeveer 1 cm. Gooi sout oor en laat dit vir ten minste ‘n kwartier in ‘n vergiettes staan.
Na die tyd verstreke is, kan jy die eiervrug onder lopende water afspoel en effens met ‘n vadoek droogdruk.

Verhit die olie in ‘n pan en braai die eiervrugblokkies totdat dit begin sag word, so 10 minute.

Kap die heel geblikte tamaties in blokkies en voeg dit saam met al die sousigheid in die blikkie by. Kook dit vir nog ongeveer 5 minute. Voeg die oreganum by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Verwyder van die hitte. Krummel die fetakaas in en voeg die broodkrummels by.
Skep die lemoenpampoentjies hoogvol met die vulsel en bak in die oond by 180 °C vir 15 minute.

Foto:  Elize Grobbelaar




Kerrie madumbies.

 

madumbiestested


5 madumbies skil dun.
Sny in skyfies.
Teelepel kerriepoeier en half teeleoel sout. Meng dit.
Rol madumbies daarin tot bedek. Skud bietjie af
Olie in pan.
Roerbraai in warm olie tot sag.
Bedien saam ander kos. Dit is n groente dis.

Alletta Strydom




RYSPAPIER GROENTEPAKKIES

2014-01-17-ryspapiergroentepakkiestested
RYSPAPIER GROENTEPAKKIES
Resep en foto: Annette V Rensburg Westermann
FOOD LOVERS RECIPE
Gebruik gaar roer braai groente. Groente moet fyn gekerf wees.
Vat 1 vel ryspapier en week vir ‘n sekonde of 2 in sterk lou water.
Ek gebruik ‘n ronde bak en sit ‘n druppel olie in die water. Sodra ryspapier kan buig haal dit uit en plaas dit op ‘n bord. Skep ‘n hoogvol eetlepel groente op ryspapier en vou toe soos ‘n koevertjie.  Plaas pakkie groente op ‘n gesmeerde silikon mat wat in ‘n plat oondpan le. Smeer bietjie olie op die pakkies en bak in oond 180ºC tot bruin en hard.

Sous:
1 teelepel fyn gemmer
½ teelepel fyn knoffel
½ teelepel fyn rissies  (ek gebruik John West produk)
2 eetlepels rou heuning
¾ koppie lemoensap
Verdikkingsmengsel:
3 eetlepels lemoensap
1 teelepel Tapioka meel(of Maizena)

Plaas die sousbestanddele in ‘n potjie op stoof en bring tot kookpunt. Sit plaat af, meng die lemoensap en meel/maizena en roer by, roer tot verdik. Bedien saam met die groentepakkie.

 




CHEESY CAULIFLOWER PANCAKES

1013417_298188413651595_1243419916_ntested

CHEESY CAULIFLOWER PANCAKES
1 head cauliflower (or a 16 oz bag of frozen cauliflower)
2 large eggs
½- ¾ cup shredded Cheddar cheese (I love cheese, so use closer to ¾ cup)
¼ cup diced green onions
½-1 cup bread crumbs (I usually need closer to 1 cup)
½ tsp Cayenne pepper (more of less to taste)
salt
olive oil
light Sour cream (optional) Cut the cauliflower into florets and steam until tender, about 10 minutes.
Drain and mash the cauliflower while it is still warm.
Add the cheese, eggs, green onions, bread crumbs, cayenne pepper & salt to taste to the mashed cauliflower.
Coat the bottom of a skillet with olive oil over medium-high heat.
Form the cauliflower mixture into patties about 3 inches across and place into the hot pan.
Cook until golden brown and cooked through, about 3 minutes per side.
Enjoy with some light sour cream!
Recipe tested and photo: Charmaine van der Merwe




GROENTE-PAMPOEN

1016405_10202075727187151_127172781_ntested
GROENTE-PAMPOEN
As jy gaste oornooi vir ‘n potjie braai en daar is iemand wat nie van groente in die pot hou nie, hier is ‘n baie goeie idee.
Neem ‘n ysterpampoen en sny ‘n deksel in.
Hol al die pampoen uit totdat die wand ongeveer 2 cm dik is. (Oortollige pampoen kan vir Sondag ete gebruik word).
Neem 1 kg Country Mix growwe groente en meng met 2 koppies gerasperde kaas.
Baba aartappels en heel klein uitjies kan ook ingegooi word.
Plaas binne in die pampoen. Neem genoeg room om die groente te bedek en meng met Ina Paarmans groente spesery en kaas spesery. Skep saam met die groente in die pampoen.
Sprinkel gerasperde kaas bo oor. Sit pampoen se “deksel” op. Draai die hele pampoen toe in foelie.
Neem ‘n swart platboom pot en plaas pampoen binne in. Sit op die kole. Word so geleidelik saam jou vleispotjie gaar. As jy ‘n mes in die wand van die pampoen kan druk is jou groente pampoen gereed. Lekker eet.
Resep en foto: Charmaine Faulds



BABA AARTAPPELS MET FETA EN TAMATIE

1538707_10202384749534138_1085049567_ntested
BABA AARTAPPELS MET FETA EN TAMATIE
Kook aartappeltjies sommer in skil tot net sag. Sit in oondbak, en druk effens plat tot lekker oopgebars.(nie pap nie – sien Marian se foto )
Sit baba tamaties heel, of in helfte gesny, by. Lekker sout en swartpeper, en n paar basilie blare as jy het. Krummel feta oor. Bietjie knoffel of n paar ontpitte olywe is ook lekker . Sprinkel met olyfolie ,en bak totdat tamaties lekker warm is en net begin oopbars. Lekker saam met enige vleis of selfs vis, en gaan vinnig.
Resep:  Rita du Toit
Foto: Marian van Deventer




GEVULDE MURGPAMPOENTJIES

 

2014-01-11-gevuldemurgpampoentjiestested
GEVULDE MURGPAMPOENTJIES

Hier in die midde ooste stop die mense dit met rys en maalvleis. Ek het bietjie brijani rys oor gehad en net d maalvleis gebraai. Toe gemeng met rys en bietjie speserye en toein oond gebak nadat ek dit gestop het. Kan nie sê hoe lank d moet bak want dit hang af van grootte v pampoentjie. Ek hou van dit want die pampoentjie is redelik smaakloos op sy eie. Hou vd tamatie en uie idee!

Bron- Mariaan van Taak




Pampoen en appelkoos yougurt tert met vla kombersie.

pampoen vla terttested

1kg pampoen
5 appelkose
500ml plein yougurt
1 k Suiker
3 E botter
2 eiers
Halwe k meel

Vla laag

1k melk
1k water
1k suiker
3E vlapoeier

Kook pampoen en appelkose in water tot sag. Voeg suiker en botter by. Kook amper droog. Haal van plaat af en meng die res. Sit in oond op 180ºc en bak vir tussen n halfuur en driekwartuur. Haal uit oond.

Maak vla in microgolf oond. Kook melk,water,suiker tot kookpunt. Gooi vlapoeier by en kook tot stuif.

Gooi bo oor pampoentert en laat n ruk staan om te set voor jy opskep.

Marian van Deventer




BUTTERNUT GEREG

 

2014-01-08-butternutgeregtested

Bestandele:
Half butternut
Groot ui
8 X Groot sampioene
Pakkie wit uie sop
250 ml Room of yogurt.
Sny die groente in blokkies op en meng goed. Vleis/hoender/bacon as jy wil bysit. Half koppie. Sny bestandele in blokkies.
Meng 250 ml Room of Yogurt, effe opgewarm in die Microgolf met die droë ui sop. Meng dit apart Meng al die groente blokkies goed en gooi room en uie-sop mensel oor. en begin met bak proses. Oop met geen deksels nie. Bak @ 180 C vir een en n half uur. Roer deur groente mengsel elke 15 min. Die laaste halfuur laat net bak sonder om te roer Hier teen die einde se kant sal daai mooi kors vorm.

Ek gebruik my glas konveksie oondjie, maar n gewone oond kan ook gebruik word.

BRON- EASTWOOD LOFTUS NEL