KOOLGEREG

kool2
KOOLGEREG
My man is mal oor kool en ons het hierdie al baie gemaak en dis regtig lekker, maar baie ryk. Sit ‘n heel kopkool op foelie in ‘n oondpan. Smeer die hele kool dik met regte botter, strooi Aromat oor dat dit sommer so geel is. Pak dit toe met repies spek, en vou dit toe in die foelie. Bak vir so ‘n paar uur by 18ºC.
Dis heerlik, en mens het nie regtig nog iets saam met dit nodig nie.

BRON- Jane Burger Perkins




OM FYNGEMAAKTE AARTAPPELS TE VRIES DUCHESSE-AARTAPPELS

 


OM FYNGEMAAKTE AARTAPPELS TE VRIES DUCHESSE-AARTAPPELS

Skil 1 kg aartappels, sny dit in stukke op en kook dit in soutwater tot sag. Maak fyn en roer dit oor lae hitte heeltemal droog. Klits ‘n eier en voeg dit saam met 50g botter of margarien en 15ml room by die aartappels. Sout en peper na smaak. Laat heeltemal afkoel. Spuit rosette op ‘n bakplaat en bevries dit oop. Pak dit in vries sakkies sodra dit hard is en plaas dit terug in die vrieskas.
OM VOOR TE SIT
Plaas die bevrore rosetet op ‘n gesmeerde bakplaat. Klits 1 eiergeel en 30ml melk of room saam. Bestryk elke roset baie versigtig met die mengsel. Bak die rosette ongeveer 30min lank by 190°C totdat dit begin verbruin.




KOOL- EN SPEKGEREG

2014-03-01-koolbacongereg

KOOL- EN SPEKGEREG
Ek het ‘n halwe kool gebruik, dik met regte botter gesmeer en toe geel gegooi met Aromoat en n pak ‘streaky bacon’ gebruik om dit toe te pak. Toegemaak in foelie en so 2 uur by 180 ºc gebak en so paar minute gegrill om bietjie kleur te gee. Dis regtig baie lekker, maar baie ryk. My dogter se dit lyk soos n skilpad!!

Resep en foto: Jane Burger Perkins




WARM AARTAPPELS

tested

WARM AARTAPPELS
Ek het daai “Hot potato” gemaak wat erens gestaan het dat dit ‘n Aussie gereg is. Ek het so gemaak:
6 medium groot aartappels
6 repies spek
4 – 6 spring onions
150 g botter
4 knoffelhuisies
genoeg gerasperde cheddar kaas
sout, peper en hoenderspeserye na smaak
vars pietersielie Kook aartappels, skil en al tot gaar.
Smelt botter en druk die knoffel daarby fyn gemaak.
Smeer solank jou bakplaat met ‘n lagie knoffelbotter en bak DIE spek tot crispy. (sommer terwyl jou oond op 180°C kom)
Sny die uie in ringetjies.
As aartappels gaar is, sit hulle versprei op die plaat bo-op die lagie botter en spekvet.
Druk nou die aartappel met ‘n masher plat, maar nie te hard druk nie, net sodat die skil mooi oop is.
Strooi nou die gesnipperde spek en uie ringe bo-oor, skep dan die res van die gesmelte knoffelbotter bo-oor.
Strooi sout, peper en speserye na smaak oor. (die flippen lekka spice lyk my ook lekker hier)
Strooi dan die kaas en pietersielie bo-oor.
Bak tot die aartappels lekker crispy en die kaas bruin is!

Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot




Jeailine se OMAJOVA (Sampioen) Stingels en roomsous

 

miershoop sampioenetestedmiershoop sampioene 2

Vat een van die Miershoop Sampioens se STINGELS, en TREEEEEK dit in sulke DUN repies af, dit lyk amper soos Spaghetti.
Gooi dit in n pan met VLEISLAND se BRAAI speserye oor, of BBQ spererye, en bietjie swart peper, en suurlemoensap.
Gooi dan so 200 ml room oor, en sit op die rooster terwyl die Ribbetjie so langsaan lekker stadig braai….roer gereeld totdat die room weggebraai het en dit lekker bruin begin raak..
Maak dan sommer n noedel en tamatiesous slaaitjie, en eet wanneer die ribbetjie gaar en sag is..

Stefaans Blaaw – Vleisland




IDEES VIR GEBRAAIDE RYS

 FLR BB be the first to give us a photo!!tested

IDEES VIR GEBRAAIDE RYS
Mara Van Zyl
1 Eetl Olie;
1Pakkie Sampioene gesnipper.
1 Ui gekap;
1 Beesstert Blokkie;
1 Koppie Rys.
Braai ui in olie tot glanserig. Verwyder braai nou sampioene in dieselfde olie en verwyder wanneer sag. Voeg nog ‘n bietjie olie by (indien nodig). Gooi nou jou koppie rys in die olie en braai tot lekker bruin, as van die korrels pof is dit ook reg so. Terwyl die rys braai los die sousblokkie op in een koppie kookwater en gooi oor die rys. Laat stadig prut en vul dei water gereeld aan wanneer die rys droog is. Net voor opdiening roer die uie en sampioene by en roer ‘n bietjie botter by. Jy kan meer sout byvoeg maar ek vind die sousblokkie maak die rys sout genoeg.
Resep gekryby Skoonsus Betta, sy het gereeld in die Hotel op Aus bedien.

Loryne Maria Johanna Styger
hi ek braai my rys in margerien hou aan roer vir vasbrand laat oppof dan gooi ek water by en braai spices greenpeppers opgesny ui opgesny en tamaties blokkies gesny ek ken hom as vuilrys baie lekker

Anton Fourie
Ek gooi net so twee eetlepels olyfolie in die pot met n koppie rys en spice wst pas by jou vleis. Maw as jy hoender saam eet gebruik hoender spice. Dan gooi ek ina paarman green onion spice by en brasi dit tot die rys lyk soos rice chrispies op n lae hitte. Roer die heeltyd. Sodra dit reg is gooi versigtig kook water in. Dit kook op en kook maklik oor. Laat kook tot water op is of rys sag is. Moenie afspoel nie. As die rys nog nie sag is nie gooi weer water by. Net voor hy gaar is gooi ek n koppie stirfry groente by. Geniet

 




SWEETCORN FRITTERS

tested

SWEETCORN FRITTERS

Today’s recipe for sweetcorn fritters is from Isa Uys. It’s so easy and delicious.

All you need is:
1 tin of KOO sweetcorn
1 cup Golden Cloud flour
1 teaspoon baking powder
1 egg

Mix the ingredients well.
Drop spoonfuls in deep or shallow oil.
When crispy and golden brown on both sides, drain on kitchen paper.
Season with caster sugar for a sweet treat, or salt and cayenne pepper with a spicy bite.




NEDERIGE KOOLGEREG

 

tested

NEDERIGE KOOLGEREG
Neem een pakkie bacon ek verkies streaky en braai dit in een telelepe olie tot lekker bros.
Verwyder bacon en braai ‘n baie fyn gekerfde ui in die olie, as die ui glanserig is voeg baie fyn gerkerfde kool by en hou aan met roerbraai.
‘n Mens moet maar baie roer want die geheim is dat die gereg so min as moonlik vloeistof moet bykry.
Hou aan met braai tot die kool begin verbruin, indien jy vind dat jou kool aanbrand druk jou hand in water en hou oor die pan.
Slegs druppels water moet bygevoeg word.
As jy vind dat jou kool gaar maar darem nog effens krakerig is voeg die bacon by en geur met sout en peper.
Dit is regtig lekker.

Resep: : Mara Van Zyl




GESTOPTE GEBAKTE BOTTERSKORSIE (BUTTERNUT)

1922486_640568186009249_250326190_n
GESTOPTE GEBAKTE BOTTERSKORSIE (BUTTERNUT)
1 groot botterskorsie
1 fyngekapte ui
1 gekapte soetrissie
250 g sampioene in skyfies gesny
125 ml melk
1 pakkie romerige veggie bake
250 ml gekrummelde Fetakaas

Kook die hele, ongeskilde botterskorsie in water vir 25 minute sodat dit gedeeltelik gekook is of stoom dit in die groentestomer. Verwyder versigtig van die water, sny dit in die helfte deur en skep die pitte uit. Skep nou van die vlees uit om die holtes dieper te maak en hou die uitgeskepte pampoen eenkant. Plaas die uitgeskepte helftes in ‘n oondbak met die uitgeholde kante na bo.

Verhit bietjie olie in ‘n pan en braai die ui en soetrissie tot sag. Voeg die sampioene en uitgeskepte pampoen by. Meng die melk en die inhoud van die pakkie Veggie bake en giet dit by die res in die pan. Roer goed deurmekaar en laat prut vir 5 minute by ‘n lae hitte. Verwyder van die hitte en meng die Fetakaas daarin. Stop die holtes van die pampoenhelftes styf met die vulsel en bak by 180ºC vir 25 minute tot goudbruin. Maak seker dat die pampoen deeglik sag gekook is deur ‘n skerp mes in die dikste deel van die vlees te druk. As dit sonder moeite ingaan, is die pampoen gaar. Sprinkel nog bietjie Fetakaas en gesnipperde Chives bo-oor en bedien.
Foto en resep:  ADAM CLOETE




SOET WORTELS MET ‘N TWIST


SOET WORTELS MET ‘N TWIST

Julle gaan nou seker vir my lag, maar hier kom dit – Kook wortels gaar, maar nie pap nie. Meng die volgende in aparte bakkie en roer deur die gekookte wortels :
Halwe tot driekwart koppie Mayonnaise;
3 eetlepels Mrs Balls blatjang of appelkooskonfyt;
1 tl matige kerriepoeier;
1 tl suiker.
[Vermeerder hierdie bestanddele, afhangende van die hoeveelheid wortels].
Foto:  Frances Smith