GLUTEN FREE VANILLA KOLWYNTJIES

GLUTEN FREE VANILLA KOLWYNTJIES
Bedien 8 kolwyntjies
125 g sagte botter
125 g strooisuiker
2 eiers
125 g gluteenvry bruismeel
2 teelepels vanilla geursel
3 eetlepels melk
Verhit die oond tot 180 °C.
Room botter en suiker tot lig en donsig.
Voeg die eiers een vir een by en meng.
Meng melk en vanielje saam in ‘n beker.
Vou in die melk mengsel en meel en meng tot glad en gekombineerde.
Vul kolwyntjie houertjies half pad.
Bak vir 20 minute tot goudbruin in kleur.
Botterversiersel:
200 g sagte botter
200 g versiersuiker
60 ml melk
Klits die botter baie goed tot die kleur van room. Klits die res saam tot lig en donsig.




GLUTEN FREE ZUCCHINI PATTIES WITH CURRY SAUCE

baby marrow patties

GLUTEN FREE ZUCCHINI PATTIES WITH CURRY SAUCE
These patties turned out to be a great way to use up the leftover zucchini from yesterday. You can easily double this recipe if desired.
I served these zucchini patties with the creamy curry sauce for lunch.
(2 servings)
2 packed cups grated zucchini, about 14oz
1 teaspoon salt
2 large eggs
2-3 tablespoons rice flour
2-3 tablepspoons coconut flour
1 green onion, sliced
1 small clove garlic, minced
1 teaspoon minced ginger
freshly cracked pepper

2 tablespoons sour cream
2 tablespoons plain yoghurt
1 teaspoon curry powder, or to taste
1 tablespoon olive or coconut oil

Toss together the zucchini and salt and set aside for about an hour.
Wring out as much liquid as you can from the zucchini.

Whisk together the eggs and 2 tablespoons each of the rice flour and coconut flour. Add the zucchini, green onion, garlic, ginger and cracked pepper. Stir until well combined. If the mixture seems too wet then sprinkle the remaining rice and coconut flour over the mixture and stir again. I used all six tablespoons of the combined flour. The mixture should have some substance but it will still be on the wet side. Set aside.

Heat the oil in a large skillet over medium heat.
While the oil is heating up stir together the sour cream, yogurt and curry powder. Set aside.
Divide the zucchini mixture to form 4 patties, scoop up and drop onto the hot skillet. Use a spoon to shape them, if needed. Fry for about 2 minutes on each side until they are golden brown.

Serve with the curry sauce.
Posted by Heiner Lange

 

 




MAASKAASTERT MET KLAPPERKORS

MAASKAASTERT MET KLAPPERKORS
(SONDER EIERS) GLUTEN VRY
KORS
30 ml fyn klapper
30 ml margarine of botter gesmelt
VULSEL
125 ml kondesmelk
25 ml suurlemoensap
250 ml gladde laevetmaaskaas
125 ml vars room styfgeklits
GLANSLAAG
5 ml gelatien
25 ml koue water
125 ml fyn appelkooskonfyt
25 ml witsuiker

Berei die kors deur die klapper liggies in ‘n pan te rooster. Meng die klapper met die gesmelte botter. Voer ‘n 22cm tertbord met die kappermengsel Verkoel tot benodig. Meng die kondensmelk, suurlemoensap en maaskaas tot glad. Vou die room by die kaasmengsel in. Skep die mengsel in die klapperkors en maak gelyk. Verkoel tot benodig. Meng die glanslaag deur die gelatien in die koue water te week. Verhit die konfyt en suiker tot kookpunt oor lae hitte. Verwyder van die hitte en roer die geweekte gelatien by. Roer tot die gelatien opgelos is. Giet die appelkoossous oor die maaskaasvulsel. Plaas in die koelkas tot gestol.

 

 

 




LEMOENPOEDING

LEMOENPOEDING
(Vry van koring, gluten, melk en soja)
50 ml melkvrye margarien
100 ml suiker
2 ml gerasperde lemoenskil
1 medium eier
250 ml rysmeel (kan vervang met ongeveer 280 ml koekmeel, maar dan nie meer gluten vry)
3 ml koeksoda
6 ml kremetart
1 ml sout
100 ml lemoensap
5 ml suiker
½ teelepel fyn kaneel

Stroop:
100 ml suiker
250 ml lemoensap
5 ml gerasperde lemoenskil
12,5 ml melkvrye margarien

Room die margarien, suiker en lemoenskil tot goed gemeng. Klop die eier by.
Sif die meel, koeksoda, kremetart en sout saam.
Voeg om die beurt met die lemoensap by die geroomde mengsel.
Skep die beslag in ‘n gesmeerde tertbak, maak gelyk en strooi kaneel bo-oor.
Bak 20 – 25 min by 180°C tot goudbruin en gaar.
Stroop:
Berei die lemoenstroop terwyl die poeding bak.
Verhit die suiker, lemoensap en margarien tot kookpunt.
Roer en kook oor lae hitte totdat suiker gesmelt is.
Giet warm stroop oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
Sit louwarm voor.




GEMMERKOEKIES MET SPESIALE MEEL

gemmerkoekies Diane

GEMMERKOEKIES MET SPESIALE MEEL
100 ml aartappelmeel
100 ml rysmeel
50 ml mielieblom
50 ml sojameel
100 ml fyn mieliemeel
7 ml koeksoda
2 ml kremetart
10 ml fyn gemmer
100 ml suiker
50 ml melkvrye margarien
25 ml gouestroop
1 medium eier, geklits
Sif droë bestanddele goed saam.
Smelt margarien en stroop saam en laat afkoel tot lou.
Voeg margarienmengsel en eier by meelmengsel en meng tot sagte effens klewerige deeg.
Rol 36 okkerneutgrootte en plaas 20 mm uitmekaar op die plaat.
Bak 15 – 20 min by 180ºC tot bruin en gaar. Laat afkoel.

Resep geplaas deur Dalene Brits

 




KORINGVRYE BROOD

koringvrye broodjietested

KORINGVRYE BROOD IN DIE BROODMASJIEN
Sien ek het nie genoeg meel gehad nie. So ek het maar ‘n konkoksie gemaak om die 450 g meel wat die resep vereis het op te maak. Ek het 230 g hawermout fyn gemaal in my voedselverwerker. Om die orige 220 g op te maak het ek ‘n bietjie rogmeel, koekmeel (glutenvry), maizena, growwe mieliemeel, maltabella meel en klapper gemeng (moet eerder nie vra hoeveel van wat nie! As ek met die oog moet skat ongeveer gelyke gedeeltes).
Wonder bo wonder het die brood heerlik uitgekom. Proe baie soos ‘n bruinbrood (iets wat ek in jare nie geëet het nie). Die brood is bietjie bros, maar dan het ons ook nie die geduld gehad om dit eers te laat afkoel voor ons in dit in gevaar het nie.
Die resep wat ek gebruik het:
320 g melk
1 teelepel asyn
6 eetlepels olie (ek het olyfolie gebruik)
2 eiers
450 g glutenvrye meel
1 teelepel sout
2 eetlepels suiker
2 teelepels gis
Meng melk, olie, eiers en asyn saam en gooi in die broodmasjien pan.
Voeg die meel, sout en suiker by en meng met ‘n lepel.
Sprinkel die gis bo-op.
Sit die masjien op die basiese/normale brood program. Ek het die 1.5 pond funksies gebruik.
Na dit vir ‘n paar minute gemeng het skraap die kante van die pan.
Ek het nie die mengspaan verwyder na die meng nie (gluten-vrye resepte rys glo beter as jy dit inlos en eers uit die gaar brood haal)
Laat die masjien verder die res doen.
Variasie soos foto: Tina Botha
Meng die volgende .
2 koppies tapiokameel
2 koppies rysmeel
2 koppies aartappelmeel
1 koppie Kekerertjiemeel.
Voeg die helfte daarvan, Maizena by. Gebruik ongeveer
90 g klapper
100 g growwe mieliemeel
60 g sorghummeel en
200 g van die meelmengsel en voeg 2 teelepels Xantum gum by. Laat rys en bak teen 190ºC vir ongeveer 30 min, of tot gaar
Resep: Berie Smith
Foto: Tina Botha




HOMEMADE TERIYAKI SAUCE

Teriyaki-Sauce
HOMEMADE TERIYAKI SAUCE
2 cloves fresh garlic, smashed, peeled and roughly chopped
1 tablespoon to 2 tablespoons fresh ginger, peeled and roughly chopped
¼ cups dark brown sugar
½ cups tamari or soy sauce
½ tablespoons dry mustard
¼ teaspoons white pepper
2 cups pineapple juice

Place the chopped garlic and ginger in a blender or food processor and pulse to mince.
Add the brown sugar, soy sauce, dry mustard and white pepper into the food processor with the garlic and ginger and pulse until combined and the sugar is dissolved.
Pour the soya/garlic/ginger mixture into a large jar and add in the juice. Shake and store in the fridge for a month (maybe longer)!
NOTE: Use tamari instead of soy sauce to keep this gluten free. Also white grape juice can be substituted for the pineapple juice if in a pinch!

Plasing: Rista Greyvenstein




SAMPIOEN EN HAM QUICHE

sampioen ham quichetested

SAMPIOEN EN HAM QUICHE
Spek en Sampioene Quiche met Tamatie, uie, vars sampioene en beesbiltong slaai -aangepas vir riverside se spens.
Jy kan die koekmeel in die resep met glutenvryemeel vervang. Dit werk net so goed, en jy kan nie ‘n verskil in smaak agterkom nie. As jy net gemengde sampioene vir die vulsel gebruik, is die quiche ook geskik vir vegetariars. Dis nogal die moeite werd om ‘n voedselverwerker te kry as jy dikwels quiche maak. Dis net soveel makliker om die kors te maak. Jy sit al die korsbestanddele in die voedselverwerker en pols dit tot dit ‘n deeg vorm. As jy nie ‘n voedselverwerker gebruik nie, moet jy eers die droë bestanddele saam sif, die margarien invryf en dan die nat bestanddele bymeng tot dit die regte tekstuur vorm.
(6 porsies)
Kors:
125 ml koekmeel (of glutenvrye meel)
190 ml hawermout
20 g parmesaankaas, gerasper
2 ml sout
45 g sagte laevet-margarien
45 ml koue karringmelk
Vla:
375 ml warm vetvrye melk
45 ml koekmeel (of glutenvrye meel)
3 eiers
2 eierwitte
1 ml fyn witpeper
2,5 ml sout
15 ml vars tiemie, gekap (of 5 ml gedroogde tiemie)
Vulsel:
20 ml olyfolie
1 ui, gekap
450 g gemengde sampioene, gesny (knopie-, oester-, shitake-, portabellini of bruin sampioene)
100 g maer ham, gesny
sout en peper na smaak
5 ml heelkorrelmosterd
75 g gruyère-kaas, gerasper
25 g parmesaankaas, gerasper

Kors:
Plaas meel, hawermout, parmesaan en sout in ‘n voedselverwerker en meng tot fyn. Voeg margarien by en pols tot mengsel soos growwe broodkrummels lyk. Voeg karringmelk by en pols tot ‘n sagte deeg. Plaas in yskas vir 15 minute. Spuit ‘n vlak 30 cm-quiche-pan goed met kleefwerende kossproei en druk die deeg egalig daarin uit. Verkoel vir 10 minute.
Vla:
Klits al die bestanddele saam en laat eenkant staan tot benodig.
Vulsel:
Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg ham by. Verwyder van hitte en geur met mosterd, sout en peper. Laat afkoel. Skep afgekoelde sampioenmengsel in bereide tertkors. Strooi gruyere oor en plaas quiche-pan in oond. Giet die vla versigtig in die oond oor die quiche (indien die vla buite die oond ingegooi word, kan die vla uitloop wanneer jy die pan beweeg). Bak vir 30 minute, tot quiche ligbruin en gestol is. Haal uit oond, sprinkel parmesaankaas oor en plaas terug in oond tot die kaas gesmelt is.
** dit is die oorspronklike resep, maar as jy nie alles in die koskas/yskas het pas jy aan.
Spek ipv ham
Gewone vars knoppie sampioene
Cheddar ipv gruyere

Foto: Rene Turter Wessels
2de Foto:  Rina Kleinhans – ek het geen vleis ingesit nie en  2 bossie spinasie gestoom, al die water uitgedruk en by die mengsel ingesit, ek het dan ook Feta kaas in gekrummel en parmasan en cheddar kaas bo-oor gerasper.