NUTTY CRACKERS (Gluten Free)

nutty crackers gluten freetested

Aangesien ek so min as moontlik BROOD eet, het ek vir ‘n alternatief gesoek en die volgende gevind:

NUTTY CRAKERS (GF – Gluten Free)
200 g sunflower seeds
60 g flax seeds
100 g sesame seeds
30 ml psyllium husks (do NOT use more)
500 ml water
5 ml salt

Preheat oven to 320 degrees F (160 degrees C) – do not make it any warmer.
Combine all ingredients in mixing bowl – I use 500 ml glass measuring cup – and leave the mixture to stand until it is thick and pliable – about 10 minutes
Spread the mixture out as thinly as possible onto a silicone mat on a baking tray (I used 2 baking trays). If you do not have a silicone mat, use the dull side of tinfoil but be sure to use a lot of spray and cook on it otherwise it will stick to the tinfoil.
Once spread it should have no holes in it.
Bake for 30-40minutes.

Take out and lightly make indentations with a knife (breaking lines) and return to oven and bake till around the 1 hour mark.
If outer edges pretty dry and hard, break them off and spread open the remainder and return to oven.
You can continue to bake them till all nicely and seriously crisp and dried out.
It took me approximately 1 to 1½ hours to get to this stage – depending on your oven.
Once all done remove from the oven and leave to cool.
Once cooled, break them into the sizes cut and store in airtight container.
Nice to use with any pates or dips or use as bread with any topping you would have used on bread.
It stores well and I bake this at least once a week.
Resep geplaas deur – Esme Slabbert‎
Foto:  Marietjie van der Merwe




GLUTENVRYE PIZZA

images

GLUTENVRYE PIZZA
Weet nie of enige iemand al gluten vrye pizza deeg probeer maak het nie
Ek het gisteraand hierdie deeg aan mekaar geslaan en Bytjie het dit so geniet dat sy vanaand weer pizza wil he
Vir 2 pizzas (wel 2 vir ons) het ek die volgende gebruik:

2 koppies Health Connection Wholefoods se Gluten-free flour mix
2 teelepels bakpoeier
2 eetlepels olyfolie
½ koppie water
Meng the droë bestanddele in ‘n bak.
Maak ‘n gatjie in die middel en gooi die olie en bietjie water by.
Meng die deeg, voeg water by tot dit ‘n stywe balletjie vorm.
Deel die deeg in twee.
Rol uit soos benodig.
Jy kan besluit wat jy op die pizza wil sit (ek sit goedjies wat ons kan eet).
Bak die pizza by 140 ºC, tot lig bruin.
Ek het myne bietjie van bo gebraai nadat die deeg gaar was, net om die kaas bietjie bruik te maak…

Bron:  Tobias Jansen van Noordwyk




GLUTENVRYE BROODJIE

10155327_622862077803371_8284291497645159607_ntested
GLUTENVRYE BROODJIE
380 g meel (natures choice gluten vry sandwich loaf)
15 ml droëgis die pakkies
30 ml suiker
2 eiers
300 ml water
100 ml olie

Meng die droë bestanddele saam en meng al die nat bestanddele saam, voeg bymekaar en meng.
Skep in ‘n voorbereide pannetjie en bak by 180ºC.
Sy bak dit in haar broodmasjien vir 1 uur 55 min. Maar in jou gewone oond  so 1 uur 30 min, moet hom maar toets.
Bron en foto: Elmarie Snyman




EIERVRUG ROOIPEPER EN UIE WONDER QUICHE-GLUTEN FREE

2014-05-16-eiervrug,rooipeperenuiewonderquicheglutenfreetested

EIERVRUG ROOIPEPER EN UIE WONDER QUICHE-GLUTEN FREE
Hoekom ‘n “Wonder Quiche”? Al die bestanddele word op een slag gebak, en as jy dit uithaal wonder jy hoe dit gebeur het. ‘n Kors met ‘n vulsel, amper soos ‘n paptert! Goeie alternatief in die plek van ‘n paptert saam met braaivleis of lekker geroosterde skaap tjoppies.
1 eiervrug, geskil en in blokkies gesny
1 middelslag ui, grof gekap
1 rooipeper, grofgekap (of groen of geel soos jy verkies)
2 tot 3 grasuie, opgekap
knoffel
pietersielie
paprika
2 eetlepels olyfolie
½ koppie gluten free bruismeel
¾ koppie melk of plaasvervanger (ek het Parmalat lactose free gebruik)
2 eiers
1 koppie bokmelk cheddar, grof gerasper
sout en peper
3 tamaties, dun ringe gesny

Braai op medium tot lae hitte die eiervrug, uie, rooipeper, knoffel en grasuie tot amper sag.
Gooi pietersielie en paprika by en laat nog saam uitbraai tot die eiervrug sag maar nie pap is nie.
As mengsel reg is, gooi in ‘n klein metaal oondpannetjie of metaal flan pan. Maak seker die bodem en kante van die pan is goed gesmeer met olie of botter.
Meng in ‘n mengbak die bruismeel, melk, eiers, sout, peper en helfte vd bokmelk kaas. Moenie die eiers oorwerk nie, anders gaan die kors nie lekker verbruin nie.
Giet die eier-deeg oor die groentemengsel in die pan en versprei egalig.
Pak die ringetjies tamaties eweredig bo-op en gooi die ander helfte van die bokkaas bo-oor.
Vir garnering strooi bietjie paprika en pietersielie oor.
Bak by 210°C (thermofan oond 200°C) vir 20 – 30 minute tot goudbruin en die middel goed geset is.
As jy dit wil uitkeer, laat staan quiche vir tenminste 5 minute eers so in die pan en keer dan baie versigtig uit.
Nota: Onthou dat GF meel baie smaakloos is en 100% bokkaas cheddar gewoonlik nie ‘n sout ondertoon soos gewone Cheddar het nie, maak dus seker die deeg-mengsel het genoeg seasoning in. Ek het ‘n reghoekige bak gebruik en sal volgende keer bietjie meer van die groentemengsel maak, dink dit gaan perfek werk vir ‘n ronde pan.
FOTO:  Lindi Erasmus




APPEL-EN-LEMOEN TERT (Gluten en suiwel vry)

2014-05-11-appel-en-lemoenterttested

APPEL-EN-LEMOEN TERT (Gluten en suiwel vry)
Karamelsous:
2 koppies organise bruinsuiker
1 teelepel fyn gemmer
¼ teelepel fyn naeltjies
2 teelepels fyn kaneel
Fyn skil van twee groot lemoene
Sap van twee groot lemoene
3 eetlepels suurlemoensap
1 koppie gemengde koekvrugte of rosyne
1 teelepel no-dairy margarien

Ek hou van sterk spicy smaak saam appels, pas spices aan soos jy dit verkies.

Sit alles behalwe die margarien in ‘n swaarboom pot en bring oor matige hitte tot net net begin borrel. Draai op lae hitte en laat stadig kook tot ‘n loperige karamel. (suiker heeltemal opgelos en rosyne lekker vet opgepof)
Haal van hitte af en roer die margarien vinnig in.
Terwyl dit nog warm en loperig is, gooi dit in ‘n medium grote oondbak

Pak 1-2 blikkies tertappels op die karamelsous.
Maak ‘n pak Pre-Mix Gluten free vanilla cake (ek het ipv water in die mengsel lactose free melk gebruik) en gooi koekmengsel oor die karamel en appel lae.
Bak vir 35-45 minute, of tot koek gaar is en van die kante af trek, in ‘n voorverhitte oond van 180C.
Laat staan vir so 5 minute en keer dan onderstebo, lig net die bak effens op dat die karamel losgaan, maar moet nie afhaal dat die sous uitloop nie. Laat sak weer die bak en laat staan vir 10 minute dat die sous lekker in die koek intrek.
Sit voor saam met gluten free/lactose free vla of geniet dit sommer net so.
BRON- Lindi Erasmus
Dis baie eenvoudig, eks seker die no-freeB’s sal hom kan maak met gewone koekmengsel ook. My seun seg dis lekker saam roomys ook.




HETTA SE GLUTENVRYE BROODJIE

tested

HETTA SE GLUTENVRYE BROODJIE

Maklike broodjie om in mikrogolf te maak:
½ koppie amandelmeel
1 eier
knippie sout
½ teelepel bakpoeier

Meng goed saam. Skep in ‘n koppie.
Bak 90 sekondes in doe mikrogolf op hoog.

Baie lekker!!! Voeg bietjie melk by om slapper deeg te maak en bak bietjie in botter in pan vir plaatkoekie.
Kan ook klapper fynmaak vir meel, meng met amandelmeel. Lg baie duur.

Resep: Hetta van der Merwe




RINA SE PIESANG EN NEUTMUFFINS

10154544_10153139702484460_9181591428918549140_ntested
RINA SE PIESANG EN NEUTMUFFINS
350 ml bruismeel ( ek het gluten vrye meel gebruik)
50 ml semels
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
125 ml hawermout
3 ryp piesangs fyngemaak as hulle klein is sit een gerasperde appel by
1 groot eier geklits
75 g fyngekapte neute
50 ml klapper
75 g margarien/botter gesmelt en afgekoel
10 ml asyn
2.5ml sout
Opsioneel – 50 ml suiker of versoeter – proe aan jou deeg

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Sif die meel, bakpoeier en koeksoda saam, meng met die neute, klapper, suiker en hawermout.
Maak die piesangs fyn, klits die eier en meng die piesang, eier en botter, gooi die asyn daarby.
Gooi nou die twee mengsels bymekaar en meng goed, indien te droog gooi bietjie melk by, maar ek het nie nodig gehad nie.
Sit papiervorms in jou groot muffin pan, en skep die deeg in die 6 vorms, of 12 kleintjies.
Bak vir 25 min of tot gaar.
Hulle is op hulle lekkersrte wanneer hulle warm geeet word.
Met die glutenvrye meel het dit amper die tekstuur van ‘n skon.
Geniet dit
RESEP EN FOTO: Rina Kleinhans




AVOCADO CHOCOLATE BREAD

2014-04-13-avochocolatebreadtested
AVOCADO CHOCOLATE BREAD
(Gluten and Grain Free, Dairy Free)
1½ cup avocado, mashed
3 tablespoons coconut oil, melted or canola oil
1 teaspoon vanilla extract
2½ tablespoons coconut cream (cream that forms on the top of a can of coconut milk when can is left in the fridge overnight)
3 tablespoons raw honey
2 eggs
½ cup pecans or cashew nuts
2 cups almond flour
1 teaspoon baking soda
¼ cup raw cacao powder
½ teaspoon salt
⅓ cup chocolate chips
Instructions
add the avocado to a food processor and pulse until creamy
add the coconut oil, vanilla, coconut cream, honey and eggs to the avocado and pulse to combine ingredients
chop the pecans and mix with the almond flour, baking soda, cacao powder, salt and chocolate chips in a large bowl
combine wet and dry ingredients and mix gently with a rubber spatula. Do not over mix.
spoon batter into a medium loaf pan lined with parchment paper and sprinkle top with chocolate chips. Note: the batter will be very thick and you will need to spread it across the pan with a spatula.
preheat oven at 180°C and bake until a toothpick inserted into the center of the loaf comes out clean, approximately 45 minutes
let it cool on a wire rack and serve.
to preserve freshness, place inside an airtight container and store in refrigerator

FOTO- Lindi Erasmus

Nota van Lindi:  Veranderinge wat ek gemaak het: Canola Oil in plek van Coconut Oil. Dairy Free Dark Cocolate Disks gekap ingesit en nie choc chips nie en Cashew neute ipv pecans gebruik. Volgende keer gaan ek hom maak met n fudge frosting bo-laag, gaan perfek werk saam die bietjie bitter van die dark cocolate. Maar heerlik, beslis n resep wat ek gereeld vir n bederf sal maak.




GLUTENVRYE WENK

chickpeas
GLUTENVRYE WENK

 Kyk as die blikkies kekerertjies weer op special is by die winkels. Ek stock sommer so rak vol op, gebruik dit (veral puree) om souse. kerries en stews te verdik ipv meel of om bietjie tekstuur te gee aan bakgoed met die gf mele wat so ‘glad’ is (gril)… groente muffins en broodjies ens ens. Is altyd handig om te he en baie minder moeite (en ietwat goedkoper) as die gedroogtes.

Lindi Erasmus




FLOURLESS 3 MINUTE COCONUT AND CHICKPEA BREAD

3 min glutenvrye broodjietested

FLOURLESS 3 MINUTE COCONUT AND CHICKPEA BREAD
(ek weet ongelukkig nie waar ek aan die resep kom nie)
⅓ koppie fyngemaakte chick peas
⅓ koppie klapper
½ teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
1 eier
Meng alles behalwe die eier saam. Meng laaste die eier goed deur. Skep dit in ‘n klein koppie en mikrogolf op hoog vir 3 minute. Geniet saam vulsel/smeer van jou keuse.

Resep en foto:  Lindi Erasmus

Wenke:
Corne Liebenberg
Jy kan daai selfde mengsel in ‘n platter houer in die mikrogolf bak en gebruik ipv ‘n bun vir ‘n hamburger, mens kan dit selfs rooster ook.
As jy lus is vir ‘n snack, dan maak jy die mengsel aan en smeer dit op waspapier op ‘n bakplaat, dan sprei jy dit dun uit en bak dit in die stoof se oond tot dit begin crisp raak en strooi toelaatbare geurmiddels oor, breek dit in stukkies en gebruik dit met ‘n toelaatbare dip.