LUI HUISVROU KLAPPERYS

lui huisvrou klapperystested
LUI HUISVROU KLAPPERYS

Neem ‘n mengbak, en plaas 500 g versiersuiker,
400 g klapper, 5 ml vanilla geursel en ‘n blik kondensmelk daar in.

Meng goed deur met ‘n houtlepel, die mengsels sal lekker styf wees.

Verdeel in twee, druk die een gedeelte in ‘n gesmeerde houer
(‘n glas oondbak werk altyd lekker) en voeg ‘n paar klein druppels
voedselkleursel by die ander mengsel.

Meng deur, en druk die gekleurde gedeelte bo-op die wit vas,
sny in blokke, en bedien

Geplaas deur Elsa du Plessis
Foto:  Doreen J Visser‎




TAAITOFFIE-EN-RYSVLOKKIE-BLOKKIES

lemoenkoek Marie Groblertested

TAAITOFFIE-EN-RYSVLOKKIE-BLOKKIES

Lewer 30 blokkies
227 g taaitoffies en/of karameltoffies
125 g botter 200 g malvalekkers, kleiner gesny
200 g rysvlokkies
Smeer ’n koekpan van 30 x 20 cm 1 plaas die toffies in ’n glasbak en mikrogolf 2 minute op hoog. Roer goed tot dietoffies gesmelt het.
Voeg die botter en gesnyde malvalekkers by en mikrogolf nog 1½ minute op hoog. Roer met ’n houtlepel tot die mengsel gesmelt het
Voeg die rysvlokkies by en meng goed tot die vlokkies goed met die toffiemengsel bedek is.
Skep die mengsel in die pan. Maak dit bo-op gelyk met die agterkant van ’n natgemaakte lepel en laatafkoel. Sny in netjies blokkies.

Foto:  Marie Grobler




RED HOT CANDY APPLES

2014-05-23-redhotcandyapples
RED HOT CANDY APPLES

3 Cups Sugar
1 Cup Water
1/2 Cup Light Corn Syrup
1/2 Cup Cinnamon Red Hot Candies
1/4 teaspoon red food coloring
8 wooden ice cream sticks
8 small apples

In saucepan combine the sugar, corn syrup, candies, red food coloring, and 1 cup of water. Place over medium heat and bring to a boil without stirring. Set a candy thermometer on the side of the pot, making sure the tip doesn’t touch the bottom and continue cooking, without stirring, until the temperature reaches 300F.
Grease a cookie sheet. Remove stems from apples and insert a popsicle stick partway through each apple. When candy is ready, remove pan from heat and remove thermometer. Dip apples in candy. Place candied apples on a cookie sheet to cool. Let apples cool to set and enjoy!!




BETS SE KLAPPERYS

tested

BETS SE KLAPPERYS

Wit Onderlaag:
3 koppies suiker
1 koppie melk
1 koppie klapper
1 teelepel vanilla geursel
en knippie sout.

Pienk Bolaag: Soos Wit Onderlaag, maar gooi rooi voedselkleursel by.

Smeer ‘n bak van 25 x 15 x 5 cm goed. Maak eers die wit onderlaag! Roer suiker en melk oor lae hitte tot suiker gesmelt het. Verhit verder tot kookpunt en laat 10 minute kook SONDER om te ROER!! Verwyder van hitte en voeg klapper, geursel en sout by. Plaas kastrol in koue water en klop mengsel met houtlepel totdat dit begin dik word. Giet mengel in gesmeerde bak en maak gelyk. Doen nou dieselfde met Pienk Bolaag.
Sodra klapper ingegooi is, voeg dan rooi kleursel by om pienk te kleur. Giet dit dan bo-op die wit laag en maak gelyk. Sny in blokkies sodra dit effens afgekoel het. Plaas in yskas om heeltemal styf te word en verwyder dan uit bak. (Lewer +- 60 blokkies). Geniet!!!

BRON- Bets Lourens




BAR ONE TREATS

barone
BAR ONE TREATS

4 klein Bar One sjokoladestafies gesmelt
375 g margarine, kamertemperatuur
500 ml Post Toasties fyn gebreek.
Meng alles saam.
Druk in gesmeerde pan.
Verkoel oornag en sny vlg dag in vingers…
Geniet!!!

BRON- Wima Josey Venter




HEATHER SE BESTE FUDGE

2013-12-10-fudgeheathertested
HEATHER SE BESTE FUDGE
1 kg suiker
1 koppie vars melk nie ultra mel
5 teelepels goue stroop
¼ teelepel sout
125 g stork bake
1 blikkie kondensmelk

Smelt als baie stadig op die stoof, ek stel wekker elke 5 minute en dan roer ek deeglik. Ek werk op gas, ken nie elektriese stoof, maar op gas sit ek so plaat in wat ek onder pot sit om hitte te verminder, smeltproses moet omtrent 30 minute neem!
As begin prut, haal ek die plaat onder pot uit (sal ongeveer 100 grade c wees)en dan prut mengsel rustig vir 6 minute sonder om te roer,
Na 6 minute roer die blikkie kondensmelk lekker in, dan word dit nie weer geroer vir die volgende 17 minute nie……baie belangrik.(grade gaan dan 110 sagtebalstadium wees)
Dan gooi ek die kokende mengsel in my kenwood se mengbak in en laat staan vir 3 minute, dan gooi ek vanilla by en klits tot begin fudge word(Nie meer toffee)1 minuut of so op hoog met kenwood.
Gooi dan uit in pannetjie met Spesiale waspapier (koop by pick en pay)Gewone waspapier werk nie!!!!!!
Druk drukker in na 7 minute in die fudge in. Ek het Panneman se fudge pannetjie. Ek het na hom toe gery op Reddersburg en my eie pannetjie laat maak. Die Heather pannetjie. Bietjie groter as sy pannetjie. Sy pannetjie werk ook,maar baie vol.
kontak my gerus as jul sukkel,want ek maak letterlik honderde fudge en dis heerlik.

Heather Strumpher
Vir sjokolade fudge, roer 3t kakao aangemaak met 100 ml kookmelk ‘n minuut voor fudge moet afkom, in die fudgemengsel in,maar moet asb nie die bodem roer nie,jy wil nie aanbrandsel losroer….

Nota:
Kan jy asb die volgende verander op my fudge resep: die regte grade waarop fudge van stoof af verwyder moet word om geklits te word is 110grade C op die koper candy thermometer!
Niemand hoef ooooit weer te sukkel om hul fudge reg te maak nie…. ek hoop dit help letterlik duisende mense en dat almal hierdie week Fudge gaan maak. Laat weet my asb gerus😜 dan ook die volgende tips.
1. Maak fudge in koel tye in somer soos vroegoggend. In winter enige tyd.
2. Suiker MOET smelt voor dit kook.
3. Gooi stroop saam met kondensmelk in fudgemengsel.
4. Klits tot nie meer “blink” nie. As jy lank klits, kan jy n harder fudge verwag.
5. As jy fudge lank wil laat hou, gooi 1 t asyn by voor klits saam met vanilla.
Fudge groete uit Botswana

BRON- HEATHER STRUMPHER




KERSFEES VRUGTEKOEK MET RUM TRUFFELS

1425560_10151956655238614_747159774_ntested

KERSFEES VRUGTEKOEK MET RUM TRUFFELS
1 kg vrugtekoek
3 x 180 g donker sjokolade
80 ml Rum
klapper en sjokolade vermicelli om in te rol
Smeer 2 panne of spuit met Spray ‘n Cook

Krummel vrugtekoek en sprinkel Rum oor, meng deur.
Mikrogolf gekapte sjokolade tot gesmelt, roer af en toe.
Voeg sjokolade by vrugtekoekmengsel en meng goed deur.
Vorm eetlepelsvol van die mengsel in balletjies en rol in klapper, sjokolade, neute ens.
Heerlik!

Resep en foto: Carol Elliott Claassen




MIKROGOLF ‘POPCORN’ KARAMELSTROOP

MIKROGOLF ‘POPCORN’ KARAMELSTROOP
250 ml suiker (1 koppie)
62,5 ml Water (1/4 koppie)
12.5 Stork margarien (1 eetlepel)
2 ml kremetart (Knippie)
5 ml karamelessens (1 teelepel)
2 ml sout ( knippie)
2.5 ml asyn (1/2 teelepel)

Kook vir 7 minute saam in mikrogolf op hoog, roer ‘n paar keer.
Gooi Karamelessens in.
Roer springmielies by sous in.

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie




SLIME BUG CUPS WITH SWEETS

2013-11-03-slimebugcupswithsweets

KINDERS SAL DIT GENIET
4 x 135g packs lime jelly
a selection of animal and bug sweets
2 x 154g packs Oreo biscuits

Make up the jelly following pack instructions. Pour a third of the mixture into 12 small glasses or plastic pots. Add a couple of bugs to each pot, then leave to set in the fridge, keeping remaining jelly at room temperature.
Once set, add more bugs to each container (lean some against edges, so they stick out the top). Pour over a third of the jelly and leave to set in the fridge. Repeat with remaining bugs and jelly.

Place the cookies in a blender en add on top of the jelly after it has set.

 




HEIDI SE DADELBOLLETJIES

602954_10152230314473012_1932684641_ntested

HEIDI SE DADELBOLLETJIES
450 g gesnipperde dadels
¾ koppie suiker
113 g margarien
3 koppies Rice Krispies
1 eier
klapper om bolletjies in te rol

Smelt margarien en suiker, voeg die geklitste eier by.
Sny dadels fyn, meng in en laat sag stoom.
As dit sag is, haal af van stoof en laat koud word.
Voeg Rice Krispies by en roer goed deurmekaar.
Maak ronde, lang of vierkantige bolletjies.
Rol in klapper.

Heidi Rowe