PATAT-SPINASIE EN SPEKTERT

2013-06-12-249125_10151682184382489_1115729194_n

PATAT-SPINASIE EN SPEKTERT
Foto en resep deur Annelie Van Wyk
FOOD LOVERS RECIPES
4 medium of 3 groot rooi soet patats
1 groot uit of 2 medium uie
1 bos spinasie
1 pakkie baconbits (die stukkies wat gekerf is nie die repe met vet nie)
1 koppie plein jogurt
1 eetlepel bruinsuiker
2 groot eiers
1 teelepel suurlemoensap
1 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel maizena
Suurlemoenpeper en olyolie vir braai van patat

Sny patat in dun skywe en braai in bietjie olyfolie en suurlemoenpeper dit halfsag. Dreineer en pak jou bak se onderkant en rand met die patat. Hou so paar sny vir garnering
Kerf die spinasie in repies en plaas in ‘n bakplaat in die oond vir so 10 min teen 150 ºC sodat dit droog en krakerig bak
Pak die krakerige spinasie nou bo-oor die patat (onderkant en kante van bak). Hou genoeg oor om die bokant te bedek.
Braai jou uie en spek met bruinsuiker tot goudbruin en skep dit as vulsel bo-oor die spinasie.
Klits eiers, jogurt, suurlemoensap, maizena en mosterdpoeier tot romerig en giet egalig oor die spek
Pak die boonste laag toe met die oorblywende spinasie, garneer met oorblywende patat.
Bak in oond teen 160 ºC vir so 25 min
Heerlik met ‘n lekker griekse slaaitjie. Indien jy nie spek wil gebruik nie, opgekerfte hoender werk net so goed.




HEERLIKE KOOLBREDIE

koolbredie adamtested

HEERLIKE KOOLBREDIE
Resep geplaas en foto:  Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Daar is twee geheime wanneer jy koolbredie maak: Die kool moet in kookwater lê en die vleis moet baie bruin gebraai word. Hoe bruiner die vleis, hoe bruiner is die kool.
(6 – 8 porsies – sowat 3 uur)
2 middelslag-kopkole
30 ml olyfolie
1,5 kg lam-stowevleis (stewing lamb)
sowat 500 ml warm water
1 groot ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
4 aartappels, geskil en gehalveer

Kerf die kool fyn. Plaas in ‘n groot bak en gooi kookwater oor tot dit bedek is. Laat staan terwyl jy die vleis braai. Verhit olie in ‘n groot kastrol. Voeg die vleis by en braai oor hoë hitte. Hou aan met roer. Die vleis moet lekker bruin braai. Jy sal sien dat daar donker dele onder in jou kastrol vorm. Gooi ‘n baie klein bietjie van die water in die kastrol en roer die donker stukkies los. (Die vleis vorm iets wat soos Marmite lyk en ruik – dis die sous wat die bredie mooi bruin maak.) Hou so aan tot die vleis baie bruin is. Voeg die ui en knoffel by. Braai verder vir sowat 10 minute. Geur met sout en peper. Verlaag die hitte en sit die deksel op wanneer die vleis baie bruin is.
Onthou, jy moet die water bietjies-bietjies byvoeg om te sorg dat die bredie nie brand nie. Die proses kan maklik 1½ uur neem. Voeg die kool by. Dit gaan na ‘n klomp kool lyk, maar dit kook baie af.
Roer die kool deur en sit die deksel op. Laat stowe vir sowat 30 minute voor jy die aartappels byvoeg. Voeg die aartappels by en druk hulle onder die kool in. Laat die bredie verder stowe vir sowat 30 – 45 minute tot die aartappels sag is.




MACARONI EN KAAS MET SPEK

mac en chese louisetestedMAC EN CHEESE LOUISE

MACARONI EN KAAS MET SPEK
Resep en foto: Louise Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak macaroni, gaargemaak
spek gesnipper na smaak
2 uie gekerf
knoffel fun gekap na smaak
tamaties in ringetjies gesny
1 koppie melk
4 eiers
kaas gerasper
sout, peper, Aromat, na smaak

Braai die uie tot sag, voeg gekapte spek en knoffel by, roer en braai vir so 5 minute. Skep gaar macaroni in die bak, skep die spekmengsel bo-oor. Roer effens.
Giet die eier/melk mengsel oor, rangskik gesnyde tamatie bo-op en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. In die foto het ek Mozzarella-kaas gebruik.
Bak vir omtrent 30 min, 180°C.  Rooster bietjie bo-op vir ‘n mooi kleur en crispy laag.

 




TUNA EN LENSIE BOBOTIE

TUNA EN LENSIE BOBOTIE
4 snye brood, korsies verwyder
250 ml melk
45 ml olie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
10 ml sout
10 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
5 ml droë brandrissies
5 ml masala
5 ml koljander
5 ml komyn
3 x 170 g blikkies tuna
500 ml gaar lensies (sien wenk)
45 ml suurlemoensap
Vars gemaalde swartpeper na smaak
Bolaag
Lourierblare
2 eiers
80 ml melk

Voorverhit die oond tot 180 °C. Breek die brood in stukke en giet die melk bo-oor. Laat staan tot heeltemal geabsorbeer. Verhit intussen die olie in ‘n groot pan en braai die ui en knoffel daarin tot sag.
Voeg die sout en speserye by en braai vir twee minute, tot geurig. Voeg die tuna en lensies by en braai tot geurig en deurwarm. Voeg die suurlemoensap, brood-en-melkmengsel, asook swartpeper na smaak by en braai tot goed gemeng en deurwarm. Skep in ‘n gesmeerde oondbak.
Bak vir 30 minute. Verwyder uit die oond en druk ‘n paar lourierblare in die bobotie. Klits die eiers en melk saam en giet bo-oor die bobotie. Bak vir ‘n verdere 10 minute, tot ferm en goudbruin. Sit voor met rys. Lewer agt porsies.

Wenk: Om tyd te bespaar, gebruik 2 x 410 g blikke gaar lensies vir die resep. Spoel dit net vooraf baie goed af en dreineer goed.

Foto: Sandra Schreuder-de Klerk




HOENDERLASAGNE

HOENDERLASAGNE
(12 ruim porsies)
Hierdie gereg vries baie goed, en is eers lekker na ‘n dag of 2 in die koelkas.
2 gaar hoenders, ontbeen en in stukke gesny
½ pak groen lintnoedels
2 gekapte uie
350 g knopies sampioene, gekerf
2 gekapte groen soetrissies
2 geskilde gekapte tamaties
250 g gerasperde kaas
250 g streepspek, gesnipper
2 pakkies room van hoendersop, aangemaak met 3 – 4 koppies hoenderaftreksel
2 vingers knoffel, gekap
sout, peper, kruie en mostert na smaak

Kook noedels gaar in kookwater.
Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies.
Roer aangemaakte sop by en kook goed deur. Geur na smaak.
Meng die vloeistof met die vleis en noedels.
Skep in plat gesmeerde oondskottel en strooi kaas bo-oor.
Bak by 180°C vir 45 min.
Bedien saam met slaai en lekker vars broodjies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




EENVOUDIGE MACARONI EN KAAS

 tested
EENVOUDIGE MACARONI EN KAAS
1 liter melk
1 koppie macaronistukkies (sal meer insit)
15 ml margarien of botter
2 koppie gerasperde cheddarkaas
15 ml maizena
10 ml mosterdpoeier
5 ml sout
knippie peper
4 eiers

Verhit oond 160°C. Kook melk, macaroni en botter in ‘n groot kastrol oor matige hitte tot macaroni sag is. Roer gereeld dat dit nie oorkook. Sit bietjie van die kaas eenkant om bo-op te sit. Voeg die maizina, mosterdpoeier, sout en peper en die res van die kaas by en meng liggies. Klits die eiers effens en voeg dit ook by die kaasmengsel. Meng die kaas en macaronimengsel. Giet in ‘n oondvaste bak met volume van 1,25 lt. Strooi die kaas wat opsygesit is bo-oor. Bak ongeveer uur lank tot goudbruin en gaar.

 Resep:  Rynette van Vuuren



RIVERSIDE SE MOUSAKA

mousaka renetested

RIVERSIDE SE MOUSAKA
Riverside se manier
750 g bees maalvleis
3 eiervrug [so gemiddelde grootte]
6 middel/groot aartappels
2 uie baie fyn gekap
2 fyn gekapte huisies knoffel
125 ml goeie rooiwyn
¼ koppie vars gekapte pietersielie
1 koppie tamatie puree / of fyn gesnipperde tamaties [ se die resep] ek het my tamatiesous resep gebruik wat ek vir krummelpap maak,gebruik]
2 eetlepels tamatie paste
1 eetlepel fyn kaneel

1 teelepel all spice
1 eetlepel bruin suiker
Sout en peper na smaak
2 koppies broodkrummels
6 eierwit, geklits [ gebruik geel by Bechamel sous]1 koppie kefalotyri of parmesan kaas[wat jy nie op die dorp kry nie, cheddar gebruik]
Bechamel sous
1 koppie gesoute botter [ dis omtrent 250 g]
1 koppie koekmeelblom
4 koppies warm melk
6 eiergele
Knippie nutmeg

Met groenteskiller skil eiervrug, los strepies skil aan vir mooigeid- sny die eiervrug in skywe van omtrent 5cm dik. Plaas op n bakplaat en strooi beide kante sout – nie minder 20 minute, verkieslik n uur, die sout help om die bitter vd eiervrug minder te maak en onttrek die vog.
Skil die aartappels en kook tot amper gaar, moet nog ferm wees. Dreineer en laat afkoel. Sny in 5cm dik skywe
Klits die eierwit met n klein bietjie water tot lig
Spoel die eiervrug af met water en maak droog met papierhanddoekie. Dip in die eierwit en dan in die broodkrummels. Pak op n bakplaat en bak tot gaar[ die AGA het nie Celsius stelling nie, in redelike matige oond gebak]
Vleisvulsel
Roerbraai die beesmaalvleis tot pienk, voeg uie by en roerbraai tot uie deurskynend is ± 5 minute.
Voeg die knoffel by en braai 1 minuut lank.
Voeg die wyn by en prut tot die vloeistof effens afgekook is, voeg dan eers die pietersielie, kaneel en all spice by. Dan die tamatiepaste en die fyn gaar tamatiesen suiker. Prut vir 15 minute sonder deksel, moet redelik droog wees, nie te souserig nie.
Maak die béchamel sous
Smelt botter oor lae temperatuur. Met n balklitser voeg die meel by om n sagte paste te verkry- moenie laat bruin word nie
Voeg die warm melk by en klits voortdurend. Prut oor lae hitte tot sous verdik.
Verwyder van die hitte af en voeg die eiergeel een vir een by, klits aanhoudend, voeg nutmeg by.
Sit terug op die plaat en kook tot sous dik is.
Samestelling.
Smeer in lasagne oondpan liggies; strooi liggies broodkrummels
Pak nou die lae, begin met die aartappelskywe, laat n effense opening vd rand, sodat sous later kan inloop
Lae: aartappel; eiervrug; beesmaalvleis; kaas; béchamel sous en dan die res van die kaas.
In die Aga se boonste oond gebak vir 30 minute [ sterk warm] toe vir verdure 15 minute in die koeler onderste oond. [Elektrise stoof 180°C]
Rus vir 15-20 minute voor jy bedien. Dan sien jy die lae mooi. Maar as jy honger is eet maar dadelik, hehe.
Sit voor saam met n mengelslaai en die res van die goeie rooiwyn.

Bron: Rene Truter Wessels

 




VINNIGE PASTABAKE

tested

VINNIGE PASTABAKE
1 pak pasta van keuse
250 g baconbits
1 groot ui, gekap
250 g sampioene, gesny
1 paprika, enige kleur
250 g gerasperde kaas, enige kaas maar pizzakaas is die lekkerste of cheddar
1 sakkie sampioenroomsop
sout en pepper

Kook pasta en braai spek, uie, paprika en sampioene. Meng by pasta en gooi ¾ kaas by.
Sit alles in oondvasta bak en maak sop aan met die aftreksel van pasta en roer sout en pepper by en roer tot glad.
Gooi oor pasta en strooi res van kaas oor en bak in oond vir 15 – 20 min tot kaas lekker bruin is.
Eet en geniet met mengelslaai.
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot
Tweede foto: Rheda Vreken‎




GEBAKTE BROCCOLI-HOENDER

2015-06-25-gebaktebroccoli-hoendertested

GEBAKTE BROCCOLI-HOENDER
PHOTO: Lisinda Blaauw
FOOD LOVERS RECIPES
1 klaar gaar hoender, gepluis en vel verwyder of 4 ontbeende hoender borsies klaar gaar gemaak en opgesny
250 g broccoli
15 ml (1 eetleepel) olyfolie
250 g sampioene, gehalveer
sout en vars gemaalde swartpeper
Sous:
1 blik (415 g) sampioenroomsop
125 ml (½ koppie) mayonnaise
15 ml (1 eetlepel) kerriepoeier
sout en vars gemaalde peper
125 ml (½ koppie) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Stoom die broccoli tot net gaar en hou eenkant.
Verhit die olyfolie in ‘n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met sout en peper.
Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
SOUS
Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier saam. Geur met sout en peper.
Sit die hoendermengsel in ‘n groot oondbak en giet die sous oor.
Sprinkel die kaas oor en bak 15-20 minute tot goudbruin en gaar
NOTE: I used one pkt brown onion soup with 700 ml milk instead of the mushroom soup.




HOENDER PASTAGEREG

hoenderpaste gereg Diane
HOENDER PASTAGEREG
Resep en foto:  Diane Roode Hancox
FOOD LOVERS RECIPES
1 heel hoender in water met sout en hoender ekstrak gekook tot sag, hou water eenkant (Genoeg water)
1 pak elbow macaroni (Ek gebruik altyd elbow)
Braai saam:
2 soetrissies, gekap
3 groot uie, gekap
2 pakke sampioene, gesny
2 pakke spek, gesnipper
2 tamaties, fyngemaak
crushed garlic, sommer baie

Kook die macaroni sag, dreineer en hou eenkant.
Voeg by gebraaide mengsel 1 pakkie sampioensoppoeier en vloeistof (ten minste 3 koppies) waarin hoender gekook is en kook deur.
Sny die hoender in blokkies en skep dit saam met die paste in die oondskottel.
Voeg 2 teelepels Robertsons kruie by en roer deur.
Skep die gebraaide mengsel bo-oor en roer deur.
Giet 250 ml Ultraroom oor.
Sprinkel dik laag gerasperde kaas bo-oor.
Bak ¾ uur teen 180°C in die oond.