INTERESSANTE BESTANDDELE OM BY MACARONI EN KAAS TE SIT


INTERESSANTE BESTANDDELE OM BY MACARONI EN KAAS TE SIT
Tanya Godwich
Ek sit gebraaide bacon by, of ham as ek lui is. Ek wonder nou hoe ham en pynappel sal smaak.

Rina Kleinhans
Songedroogte tamatie maak dit heerlik.

Lizelle De Jager
Gemengde seekos en room, ham, bacon, mushrooms, anchovis, maalvleis, tamatie , balsamiek en olyfolie, jy kan enige iets bysit, dit sal werk.

Reinette Nieuwoudt-Hartzenberg
Wat van biltong stukkies,  ek het dit ook iewers gelees of Russians?

Marlene Minderon
Ek sit gewoonlike gebraaide mushrooms uie en mince by en meng dit dan en gooi dan so 4 geklitste eiers oor en dan die kaas.

Andrieshia Gray
Gaar hoender, stukkies russian!

Adri van Staden
Potato Bake.

Philfin Van Der Merwe
Wat ook lekker saam macaroni en kaas is is smoked hake wat gevlok is dan gebruik jy die melk waarin jy die hake gaar gekook het om die witsous te maak. Heerlik!

Laetitia Janse van Vuuren
Diced bacon, stukkies green peper, sampioene, uie. Braai alles saam en meng met gaar macaroni, gerasperde kaas oor, dan oond. Jy sal mal wees daaroor.

Elize Grobbelaar
Sit ‘n bietjie mosterd poeier in jou witsous.

Sharon Olivier
Gebraaide uie, sampioene, bacon of gerookte worsies, ek neem sommer sampioensop en meng met melk en gooi dan my eiers by. Die bak is altyd leeg.

Johan Vorster
Blou kaas, bacon, chillies. Klassieke kombinasie.




EASY PAELLA

1470091_181134972091783_1110209631_n

EASY PAELLA
30 ml olive oil
1 onion chopped
1 red pepper chopped
1 teaspoon garlic & ginger paste
1 cup raw rice
500 ml chicken stock (2 cubes)
1 chorizo sausage chopped and fried
1 cup frozen peas (defrosted)
Salt and Pepper

In a large pot, add olive oil, onion, pepper and garlic. Fry till glossy. Add rice and fry for 3 minutes. Add stock and cook on medium heat till moisture is absorbed. Mix in rest of ingredients and season with salt and pepper.




ANDERSE LASAGNE

 anderse lasagne
ANDERSE LASAGNE
1 pak spinasie lasagne velle
450 g spinasie – gekook, goed gedreineer en fyn gekerf
2 x 250 g pakkies gesnipperde sampioene
800 g cheddar kaas, gerasper
150 g botter
75 g koekmeel
800 ml tot 1 liter melk
1 groot ui grof gekap
500 g maalvleis
½ pakkie gesnipperde spek of ham as jy nie spek het
4 huisies knoffel, fyn gekap
50 g tamatiepasta
15 ml vars basiliekruid fyn gekap
klein bietjie vars pietersielie – fyn gekap
knypie nutmeg
sout en swart peper na smaak-

Verhit oond tot 200°C.
Spuit oonbak met Spray and Cook.
In ‘n diep pan, smelt 100 g botter en braai ui, knoffel en sampioene sag, voeg spek by en braai tot gaar en effe bros. Voeg maalvleis by en roerbraai vir ‘n paar minute tot vleis heeltemal opgebreek en los is. Voeg tamatiepasta, sout en peper by, maak seker dis nie sopperig nie, maar droog gebraai. Voeg dan spinasie by en roer goed deur, saam met 200 g kaas, voeg nutmeg en gekapte basiliekruid by, roer deur en laat eenkant staan.

Verhit die melk in ‘n beker in die mikrolf en hou eenkant.
Smelt die oorblywende botter, voeg koekmeel by en maak dik witsous deur die melk gelydelik bytevoeg. Voeg 100 g kaas by en roer goed deur tot al die kaas gesmelt is. Voeg sout en peper by na smaak.

Vat nou van die vleismengsel en skep ‘n laag in gesmeerde bak, gevolg deur ‘n laag spinasie Lasagne. Skep helfte van sous bo-oor en versprei egalig, herhaal met oorblywende produk tot opgebruik. Stooi oorblywende kaas bo-oor en bak in warm oond vir ongeveer 30 – 40min tot gaar.

Laat staan vir so 10 min voor opdiening. Bedien saam met slaai of soet groente

Resep en foto: Susan Katryn JV Rensburg




VARKWORSGEBAK

VARKWORSGEBAK
12 Eskort Gold Medal pork sausages (omhulsel verwyder en gehalveer)
300 g macaroni (gekook en gedreineer)
45 ml olie
225 ml gladde roomkaas / gerasperde cheddarkaas
260 ml bulgaarse jogurt
300 ml room / melk
15 ml engelse mosterd
1 groot bos sprietuie, (fyngekap)
3 eiers (geklits)
45 ml Parmesankaas (gerasper)
Sout en swartpeper
Gesoute meel vir ‘n deegomhulsel

Verhit oond tot 180 ºC.
Skep macaroni in ‘n lig ge-oliede oondvaste skottel en plaas eenkant.
Rol worsies in gesoute meel en braai in warm olie tot alkante bruin.
Voeg sprietuie by en braai ‘n paar minute.
Roer nou en dan. Skep die worsies en sprietuie op die macaroni.
Meng die res van die bestanddele, behalwe die parmesan kaas en klits deeglik.
Skep die mengsel oor die worsies en macaroni, strooi parmesankaas oor en bak 30 minute tot bruin en gaar.
Resep geplaas deur Joanie Vermaak Schutte
Foto:  Alletta Burgess




OORSKIET SLAP CHIPS GEREG


OORSKIET SLAP CHIPS GEREG
Maak “slap chips” sit dit in n gesmeerde bak.Vat rou visvingers en pak dit op die skyfies. Maak witsous en meng dit met Relish. Gooi bo-oor en bak in oond tot visvingers gaar is, sprinkel kaas oor, laat dit smelt en skep op. Charlotte Verwey da Silva

Ek pak dit onder in ‘n bak, maak lekker geurige maalvleis, gooi dit bo-op chips, maak kaassous, gooi oor en laastens gerasperde kaas. Bak tot kaas lekker gesmelt en bruin is.




SJOE SJOE DURBAN CURRY BUNNY

bunny chow leanne
SJOE SJOE DURBAN CURRY BUNNY
Ek het begin deur uie en knoffel te braai. Ek kook maar op gevoel so jy kan soveel of min insit soos waarvan jy hou. Dan sit ek Durban Curry in, vriende van my bring dit altyd vir ons van Durban af, dis soos ‘n mengsel van masalas en alles wat daarin moet gaan. Ons hou van brand kos so ek is nie skaam met die kerrie nie.
Ek koop ook ‘n breyani mengsel wat bay leaves, cumin seeds, naeltjies, star anise en cardanom en cinnamon sticks inhet, hulle gooi ek sommer baie in en braai dit saam met die uie en knoffel. Dan voeg ek bietjie asyn en suiker by en braai die spesery vir ‘n rukkie.
Voeg dan tenderised steak blokkies by en prut stadig vir so uur of wat. Sit dan net aartappel en wortels in blokkies gesny in en prut tot alles lekker sag is. op die einde sit ek Mrs Balls chutney na smaak by, dit rond dit net mooi af.
Resep en foto:  Leanne Thurston Coetzer
2de foto:  Lekker warm kerrie in roti gerol met nog kerrie sous bo oor…ietsie anders as die gewone kerrie en rys.




VLEIS- EN PASTAPASTEI

vleis en pastapastei

VLEIS- EN PASTAPASTEI
500 g maalvleis
250 g noedels (enige pasta)
1 groot ui, gekap
1 groot aartappel
1 eier
150 ml melk
10 ml fyn knoffel
250 ml gerasperde cheddarkaas
sout en peper

Kook die pasta tot net-net sag, dreineer en laat afkoel.
Braai ui en knoffel tot deurskynend. Voeg vleis by en braai tot ligbruin. Bedek met water, voeg sout en peper by en kook tot gaar. Voeg gekookte, geskilde en fyngemaakte aartappel by.
Klits eier en melk en sout en peper en kaas en voeg by pasta. Meng versigtig sodat pasta nie fyngedruk word nie.
Skep vleismengsel in ‘n oondbak en skep pastamengsel bo-oor. Strooi ‘n bietjie gerasperde kaas bo-oor. ‘n Bietjie paprika kan ook oorgestrooi word. Bak teen 180°C vir 20 minute of totdat die kaas lekker gesmelt is.Ek verkies Aromat bo gewone sout en gooi graag so ‘n paar skudde “Gunsmoke Grill” by my vleisgeregte.

Foto en resep geplaas deur Adri van Staden



LAMSVLEIS EN BOONTJIEBREDIE

lamsvleis bredie regtested

LAMSVLEIS EN BOONTJIEBREDIE

Omdat bredies dikwels hoog in vet is, kan jy gerus jou bredie die dag vooraf maak; sodoende kan jy die vet afskep sodra dit afgekoel het. Die boontjies in dié resep neem die heerlike vleisgeur op en is ‘n gesonde bestanddeel wat sorg vir ekstra proteïen en volop vesel.

Genoeg vir 4-6
1 kg maer lamstowevleisblokkies (met die bene)
2 groot uie, gekap
3 heel wonderpeperkorrels
4 naeltjies
45 ml olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngedruk
4 kaneelstokkies
1 stuk gemmer van 5 cm, gerasper
2 blikke tamaties
250 g groenboontjies, gekerf
1 blik niertjieboontjies, gedreineer
gaar bruinrys om voor te sit

Sny enige sigbare vet van die vleis af. Gooi 250 ml water in ‘n groot kastrol, verhit dit tot kookpunt en voeg dan die ui, wonderpeperkorrels en naeltjies by. Laat dit prut totdat die water verdamp het. Gooi die olyfolie by en braai die mengsel totdat die ui goudbruin verkleur. Voeg dan die vleisblokkies, knoffel, kaneelstokkies en gemmer by. Kook die mengsel en roer dit die heeltyd totdat die vleis begin verbruin.

Voeg die tamaties by, sit die deksel op en laat dit vir een uur prut. Haal die pot van die plaat af en laat dit eenkant afkoel. Sodra dit heeltemal koud is, skep al die vet af wat bo-op die bredie gevorm het.

Verhit die mengsel weer en laat dit vir 30 minute prut. Voeg die boontjies by en laat dit prut vir nog 20 minute of tot die boontjies sag is. Sit dit saam met bruinrys voor

Foto: Engela Olckers




HOENDER EN RYS GEREG

1391521_10202351457017347_2092911728_n
HOENDER EN RYS GEREG
1 koppie rys (rou)
1 koppie bevrore mielies, ontdooi en gedreineer (jy kan ertjies ook gebruik)
1 koppie salsa (enige tamatie salsa sal doen)
1 ½ koppies hoenderaftreksel

Hoender spesery mengsel
1 kg hoenderdye
½ koppie gerasperde cheddarkaas
½ bakkie roomkaas (in blokkies gesny) Opsioneel
1 groen ui, gesny
Sout en peper na smaak

Verhit die oond tot 200 grade C. Spuit ‘n oondbak met spray and cook.
Gooi die laag rys, dan mielies, salsa, en hoenderaftreksel in daardie volgorde in oondbak.
Gooi sout en peper oor na smaak
Smeer hoenderdye met die hoender speserye en vryf dit in
Plaas die hoenderdye bo-op die rysmengsel
Bak bedek vir 1 uur.
Verwyder die deksel van die gereg, gooi roomkaas oor (indien gebruik) en bak ‘n verdere 10 minute. Gooi cheddar kaas bo-oor en los tot kaas gesmelt
Strooi gesnyde groen uie bo-oor en bedien.
Foto: Karen Weinrebe Coetzee




KASERIGE VISGEBAK ALA ADRI

2013-10-15-cheesyfishbaketested

KASERIGE VISGEBAK ALA ADRI
Foto en resep geplaas deur Adri van Staden
FOOD LOVERS RECIPES
Ons was gisteraand lus vir iets visserig, toe pas ek ‘n resep (wat ek waarskynlik hier gekry het) effens aan, ons het lekker geëet!

1 blik sardyne in tamatiesous
1 blikkie tuna, gedreineer
1 pak (500 g) macaroni
1 ui, gekap
1 teelepel gekapte knoffel
± 10 gekapte spinasieblare
1 koppie water
1 pakkie Floyd’s “cheesy vegetable bake cook in sauce”
½ koppie gerasperde cheddar

Kook die pasta. Braai die ui en knoffel tot deurskynend. Meng die pakkie sous met die water en voeg saam met al die bestanddele (behalwe die pasta) by die ui en knoffel. Kook vir 10 minute. Skep alles oor die pasta in ‘n oondbak, strooi die kaas oor en bak teen 180° vir 15 minute.