SPAGHETTI EN BOELIEBIEF
SPAGHETTI EN BOELIEBIEF
Resep: Tienie Botes
FOOD LOVERS RECIPES
1 pakkie spaghetti, in stukkies opgebreek
1 blik mieliepitte
1 blik Boeliebief, in blokkies gesny
1 tamatie, geskil en opgekap
1 ui, opgekap
1 groenrissie, in blokkies gesny
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas, gerasper
Kook die spaghetti gaar.
Klits die eiers, melk en soppoeier saam.
Meng alles goed deurmekaar.
Spuit ‘n oondbak met kleefweerder en skep die mengsel daarin.
Strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voor verhitte oond teen 180°C vir 1 uur.












