LOADED POTATO AND BUFFALO CHICKEN CASSEROLE

tested

LOADED POTATO AND BUFFALO CHICKEN CASSEROLE

Note from Adam Cloete:  Ek moet hierdie met julle deel. Het dit gisteraand gemaak en dit is hemels. Enigste verskil, ek het die aartappels, na dit met die sous bedek is soos in die resep, eers vir 15 minute ge-mikrogolf op hoog en toe verder vir 15 minute in die warm oond gebak, om krag te spaar. Nog net so goed gewerk.
2 pounds boneless chicken breasts, cubed (1″)
8 – 10 medium potatoes, cut in ½” cubes
⅓ cup olive oil
1 ½ teaspoon salt
1 tablespoon black pepper
1 tablespoon paprika
2 tablespoons garlic powder
6 tablespoons hot sauce
Topping:
2 cups fiesta blend cheese
1 cup crumbled bacon
1 cup diced green onion

Preheat oven to 220 ºC. Spray a 9 x 13″ baking dish with cooking spray. In a large bowl mix together the olive oil, salt, pepper, paprika, garlic powder and hot sauce. Add the cubed potatoes and stir to coat. Carefully scoop the potatoes into the prepared baking dish, leaving behind as much of the olive oil/hot sauce mixture as possible.

Bake the potatoes for 45-50 minutes, stirring every 10-15 minutes, until cooked through and crispy and browned on the outside. While the potatoes are cooking, add the cubed chicken to the bowl with the left over olive oil/hot sauce mixture and stir to coat. Once the potatoes are fully cooked, remove from the oven and lower the oven temperature to 200 ºC.

Top the cooked potatoes with the raw marinated chicken. In a bowl ix together the cheese, bacon and green onion and top the raw chicken with the cheese mixture.

Return the casserole to the oven and bake for 15 minutes or until chicken is cooked through and the topping is bubbly delicious. Serve with extra hot sauce and/or ranch dressing.

Recipe posted by Adam Cloete
Photo:  Adam Cloete




BOEREWORS MET DROE VRUGTE

tested

BOEREWORS MET DROE VRUGTE

Lewer 4-6 porsies

250 g gemengde droë vrugte
25 ml suiker
250 ml water
6 aartappels, geskil en in dun skywe gesny
sout en peper
vars gerasperde neut
5 ml fyn koljander
500 ml beesvleisaftreksel
1 kg boerewors

Kook vrugte, suiker en water saam.
Rangskik aartappels in ‘n gesmeerde oondpan.Geur met sout, peper, neut en koljander.
Voeg aftreksel by en plaas wors bo-op.
Bak in ‘n voorverhitte oond (200°C) tot gaar.
Skep droë vrugte by en bedien.

Cecilia Bedser – Uit my resepteversameling van 40 jaar




AARTAPPELGEREG

aartappelgereg gerhardtested

AARTAPPELGEREG
Genoeg vir 2 persone
Kook 4 medium aartappels met skill tot sag. Terwyl dit kook braai in ‘n pan een fyn gekapte ui en een teelepel fyn knoffel. As uiemengsel mooi gebraai het, voeg gekerfde sampioene by en braai vir 2 tot 3 min.  Voeg 300 gr ham (enige tipe) by wat in ongeveer 1.5 x1.5 sentimeter blokkies gesny is, roer deur om alles te meng,
Maak 1 pakkie kits sampioen- en kaassous aan voeg by die hammengsel en meng goed. Aartappels behoort nou sag te wees. Plaas 2 aartappels in ‘n bord en sny dit in blokkies. Skep die ham mengsel bo-op en eet dadelik (skil kan verwyder word as so verkies en extra gerasperde kaas kan bo-oor gestrooi word)

Foto en resep geplaas deur Gerhard De Beer




HELENE SE MAC EN CHEESE MET KAASKRULLE

mac & cheese met kaaskrulletested
HELENE SE MAC EN CHEESE MET KAASKRULLE
Hier is my weergawe !
½ pak macaroni (half gaar gekook).
1 pak kaaskrulle geweek en opgelos in omtrent 2 koppies melk.
Bacon, uie en green pepper gebraai.
Aromat, peper, paprika en klein bietjie origanum.
Meng als deurmekaar. Vul melk aan tot so helfte van die bak.
Strooi gerasperde kaas oor en bak in oond. Is lekker sousig.
NB Onthou om sout of aromat by te sit na smaak anders is dit  laf!
Foto en resep geplaas deur Helene Garisch



PANNEKOEK LASAGNEPOT

PANNEKOEK LASAGNEPOT
12 pannekoeke
Vir die vulsel
olie vir panbraai
1 groot ui, fyngekap
1 wortel, geskil en gerasper
1 knoffelhuisie, fyngedruk
500 g maalvleis
1 blik (410 g) heel tamaties (of maak jou eie)
1 eetlepel tamatiepasta
sout en peper na smaak
’n knippie suiker
’n hand vol vars pietersielie, gekap

Vir die kaassous
3 eetlepels botter
6 eetlepels koekmeel
3 koppies melk
½ koppie kaas van jou keuse, gerasper (ek het sterk cheddar of wit cheddar gebruik)

Maak eers die vulsel. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die wortel en knoffel by en braai dit vir nog ’n paar minute. Voeg dan die maalvleis bietjies-bietjies by en braai dit tot goudbruin. Maak die klonte met ’n vurk fyn sodat die vleis eweredig verbruin.

Roer die tamatie by en geur dit met sout en peper na smaak. Proe aan die vleis en geur dit verder met ’n knippie suiker en die pietersielie. Prut alles vir 10 minute en hou dit eenkant.

Maak die kaassous. Smelt die botter in ’n pot oor matige kole (of gebruik ’n gasbraai). Roer die meel by en braai dit vir ’n minuut. Gooi nou die melk bietjies-bietjies by die meelmengsel en roer dit aanhoudend. Prut die sous vir 15 minute en roer dit die heeltyd om te keer dat klonte vorm. Voeg die kaas by en geur dit met sout en peper voordat jy dit vir oulaas deurroer.

Maak die pannekoek lasagne. Skep 2 eetlepels vleis in die middel van elke pannekoek, gevolg deur 1 eetlepel kaassous. Vou dit toe in ’n driehoek, pak dit in ’n stapel en sit dit dadelik voor.

Vir n variasiw kan jy meer sous maak en gebraaide sampioene by sit en as almal klaar opgekep het die oortolige sous oor die pannekoek skep.

Resep geplaas deur Gerhard De Beer




GEORGINA SE HOENDERGEREG

tested

GEORGINA SE HOENDERGEREG
1 hoender
2 blokkies hoenderekstrak, en hoender speserye
250 ml skulpie noedels
100 ml mayonaise
150 g hoender skyfies fyn gebreek, omtrent 2 pakke
600 ml witsous
50 ml gekapte pietersielie
2 eiers geklits
sampioene, spek
Kook hoender sag en ontbeen, sny vleis in stukkies.
Kook noedels sag en dreineer.
Maak witsous en klits eiers vinnig in warm witsous in.
Meng hoender, noedels, sampioene, spek, mayonnaise en die helfte van die witsous en skyfies en pietersielie saam.
Skep in ‘ gesmeerde oondskottel.
Los die ekstak op in ‘n koppie kookwater en giet oor mengsel in oondskottel.
Skep die res van die witsous oor.
Sprinkel res van aartappelskyfies oor.
Bak by 190ºC vir plus minus 25 minute. Ek hoop julle hou daarvan, dis baie lekker

Resep: Georgina Van Rensburg
Foto: Adam Cloete




TUNA OF HOENDER OONGEBAK

1493181_608802129175718_55297638_ntested

TUNA OF HOENDER OONGEBAK
Ek werk nie op mates en met resep nie, ek werk op gevoel so die hoeveelhede is so by benadering.
2 blikke tuna gedreineer
3 koppies gaar rys omtrent
750 ml witsous
1 groot pak chips fyngemaak,enige geur wat jy van hou, ek gebruik sour cream and chives
3 eetlepels mayonnaise opgehoop
smaakmiddels van jou keuse.

Meng alles goed deur, skep in gespuite oondbak, strooi kaas oor en bak by 180ºC vir 30min.
Ek gebruik meeste van die kere sommer oorskiet hoender wat ek net fyner stukkies maak, maar vandag tuna gebruik.
Resep en foto:  Naudéa Visser




GROENBOONTJIEBREDIE IN DIE DRUKKOKER

 

groenboontjie bredietested
GROENBOONTJIE BREDIE IN DIE DRUKKOKER
Die resep is vir die oond, maar ek het dit in die automatiese elektriese drukkkoker gemaak.
45 ml olyfolie
800 g lamsnek
1 ui
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik gekapte tamaties
5 ml gemengde droë kruie
1 kg groenbone
sout en swartpeper
250 ml kookwater
2 aartappels, geskil en in kwarte gesny
Ek het die vleis 30 min in die drukkoker gesit met die speserye en toe die groenboontjies 30min met die aartappels en die blik tamaties. Ek is n groentjie met die drukkoker en het meer as die 250ml water ingesit en ek moes toe sous afskep. Dus is ek nie 100% seker oor die hoeveelheid water nie. Ek het ook meer aartappels ingesit. Ek het ook die olie uitgelaat.

Foto: Lelane Van Der Walt




PASTORIE HOENDER

pastoriehoendertested

PASTORIE HOENDER
1 hoender of so 9/10 stukke
hoenderspeserye en sout na smaak
500 ml rou rys
1 pakkie sampioen of beesvleis en groentesop
blikkie uie-en-tamatie smoor
500 ml kookwater

Sny hoender in porsies en geur deeglik met speserye en sout.
Strooi rys in groot oondskottel en strooi soppoeier bo-oor.
Smoor uie en tamaties, voeg die kookwater by en meng. Giet oor rys en soppoeier. Druk gate of roer bietjie.
Pak hoenderstukke bo-op. Sit deksel op en plaas in oond. Bak teen 180°C vir minstens ± 90 min toe en dan nog so 15 min oop.
Lewer 6 – 8 porsies.

PASTORIE HOENDER
Baie lekker! Ek’t net my eie tamatie en uie gemaak nie ‘n blikkie gebruik nie. En volgende keer sal ek so halwe koppie water by sit! Hou van baie sous!

Resep:  Benhet Nieuwenhuis
Foto:  Leonie Overbeek

Elza Kemp
My weergawe van ‘Pastorie hoender’: 1 koppie rou rys onder in oondbak. Volg dan op met ‘n lagie dun gesnyde aartappel skywe, lagie wortelrepies en lagie ertjies. Pak hoenderporsies bo-op en geur met hoenderspeserye.
Meng saam:
1 pakkie groentesoppoeier
500 ml kookwater
½ koppie tamatiesous
½ koppie blatjang
½ koppie mayonnaise

Giet oor die hoender, plaas deksel op en plaas in oond tot gaar.
Haal deksel net voor opdiening af sodat hoender effens kan verbruin.
Voeg gereeld bietjie water by sous sodat gereg nie droog raak nie, anders word rys nie mooi gaar nie.
elza se pastorie hoender

Variasie: Nicole Venter
Sit 1 koppie wit basmati rys onder in diep bak, strooi ‘n ½ koppie heel pit mielies (gevries, gestoom) bo oor asook ½ pakkie “cream of chicken” sop.

Marineer “starpack” hoender vir so 2 ure in mengsel van – paar takkies coriander (fyn gesny), paar takkies tiemie (fyn gesny), 2 knoffelhuisies (fyn gekap), 1 eetlepel gerookte paprike, 1 groot suurlemoen (in kwarte gesny, sap uitgedruk in mengsel), 2 eetlepels olyfolie.

Braai die hoender in ‘n pan. Skep uit wanneer lekker bruin.

Voeg 1 blikkie fyn gekapte tamaties in die pan wat gebruik is om hoender te bruin. Sit ook die oorblywende marinade by asook 1 koppie kook water. Meng goed – krap al die “juices” van die pan bodem los.
Skep die tamatiemengsel oor die rysmengsel, meng lekker. Pak hoender stukke bo op, en maak toe met foelie of deksel. Plaas in voorverhitte oond (180°C) vir 70 – 90 minute. Kan heel aan einde die hoender bietjie “grill” in oond.




ADRIANA SE “RANDREKKER” HOENDER

randrekker hoendertested

ADRIANA SE “RANDREKKER” HOENDER
Het gisteraand my eie randrekker resep gemaak en daar het nie ‘n krieseltjie oorgebly nie en ek het 2 grooot seuns.

3 Hoender borsies, kook van die been af met een groot ui opgesny, speserye na smaak, ek gebruik garlic en herb en rosemary en olive sowel as hoender speserye en 2 stock blokkies.
Apart braai jy sampieoene en rooi of groen soetrissie gekerf. As hoender fyn en van been af is, skep jy die sampieonmengsel by en kook nog so paar minute saam.

In groot oondbak sit jy gaar bruin rys, lekker dik laag, dan skep jy die hoendermengsel bo-op.
Maak ‘n witsous, vervang die helfde van die meel met pakkie sampioensoppoeier, giet oor die hoendermengsel en rasper klein bietjie kaas bo-oor, sit in oond vir so 20 minute.

Foto en resep geplaas deur Adriana Wait Louw