MACARONI EN KAAS MET HOENDER

1620735_640132142719520_1180447655_ntested

MACARONI EN KAAS MET HOENDER
3 gaar hoenderborsies in stukkies gesny
250 g gaar kort macaroni
Cheddarkaas en Mozzarella kaas (soveel as wat jy lus het om te gebruik)
Bechamelsous. http://www.foodloversrecipes.com/2017/09/witsous-gemaak-met-koekmeel/
250 g gaar ontbytspekstukkies
1 soetrissie

Ek kook die hoender saam met ‘n ui wat net geskil en deurgesny is en 2 knoffelhuisies, ook net geskil en deurgesny, sout en peper en geursel van my keuse. Dan het ek sommer ‘n lekker aftreksel wat ek kan vries vir latere gebruik. Meng die gaar macaroni, hoenderstukkies, ontbytspek en soetrissie deeglik deurmekaar. Maak die béchamel/ kaassous met ‘n goeie klomp kaas daarby (onthou dit is ‘n kaasgereg) en meng deur die macaronimengsel. Strooi nog bietjie Cheddarkaas bo-oor en bak in die oond by 180ºC vir 30 minute.
Foto en resep: ADAM CLOETE




ADAM SE TAMATIEBREDIE

1779188_639678142764920_992386792_ntested
ADAM SE TAMATIEBREDIE
Omdat hierdie ‘n kop resep is gebruik ek so min moontlik afgemete hoeveelhede. Elkeen moet die hoeveelheid kies soos dit benodig word vir hul behoeftes.
Goedkoop skaap en vark stukkies – soveel as wat jy nodig het.
1 groot ui gekap (of 2)
2 knoffelhuisies, fyn gekap
paar gekapte tamaties
‘n stingel of wat gekapte selderystingel
Soetrissie in stukkies gesny
Aartappels volgens behoefte, in blokkies gesny
Paar wortels in stukkies gesny
2 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels worchestershiresous
1 blikkie tamatie en uie smoor
paar takkies vars tiemie of 1 teelelpel gedroog.
So ‘n bakhandjie oreganum
Sout en peper na smaak
1 teelepel borrie
2 teelepels gemengde koljander en jeera (cumin) poeier.

Braai die uie en knoffel en seldery in bietjie olie. Voeg vleis by en braai verder tot bruin. Meng gekapte tamaties en die blikkie tamatie en uie met ‘n kwart blikkie water, roer die borrie daarby in en voeg by vleis. Voeg die tiemie, oreganum, worchestershiresous en tamatiesous by en laat kook tot vleis begin sag raak. Voeg nou die aartappels en wortels by en kook tot aartappels sag raak en voeg die soetrissie by. My pot het altyd genoeg vleissous en as die spul eers aan die kook is, hou ek die hitte medium tot laag (op gasvlam). Roer egter nou en dan om te keer dat dit aanbrand want die sous begin dik raak na die einde toe. Kook tot die aartappels sag is, plaas op die tafel en geniet jou gate uit.

Resep en foto:  Adam Cloete 




GESONDE MAALVLEIS EN LENSIE BOBOTIE

bobotie met lensiestested
GESONDE MAALVLEIS EN LENSIE BOBOTIE
olie
1 gekap ui
gekapte knoffel
600 g ektra maer beesmaalvleis
15 ml kerriepoeier
5 ml borrie
knypie koljander
10 ml asyn
45 ml lite blatjang
sout en peper
125 g bruin lensies, gaar gekook
Bolaag:
2 eiers
375 ml laevet melk

Braai ui en knoffel sag in bietjie olie.
Voeg maalvleis by en braai gaar.
Voeg res van die bestanddele, behalwe eiers en melk, by en prut stadig vir 10 min.
Skep in gesmeerde oondbak.
Klits eiers en melk en giet bo oor.
Bak 35 min by 180ºC tot gestol.
Porsies 4

Foto en resep geplaas deur Gillian Logan Bredenhann




MAC EN KAAS MET VIENNAS

mac en cheese met vieanas

MAC EN KAAS MET VIENNAS

Kook genoeg macaroni vir die aantal mense wat jy wil voed, kook macaroni soos gewoonlik tot amper sag, voeg nou jou blikkie mushroom sop by en laat prut vir die laaste 5 minute tot sag en sodat die sop die macaroni kan geur. kerf so 4 to 5 vieannas in klein skuiwe (Kan kaasgrillers / banger / of varkworsie ook gebruik) skep nou die macaroni in n plat of ronde bak in lae en tussen elke laag voeg jy die vieanna by, boonste laag moet natuurlik macaroni wees, besprinkle met kaas en bak in oond tot kaas gesmelt het…..dan is jy reg om wel teval.

Foto en resep geplaas deur Karl Marius du Preez




PAP EN BOEREWORSGEBAK

 pap en wors geregtested
PAP EN BOEREWORSGEBAK
Hier sal ek sommer die tamatie smoor ook oor die pap en wors sit voor hy oond toe gaan, Yummies
Maak dié ou gunsteling ’n slag op ’n ander manier gaar.Pap
900 ml warm water
60 ml sagte botter
Sout na smaak
250 g mieliemeel
250 ml gerasperde cheddarkaas
Vars gemaalde swartpeper na smaak

Tamatiesmoor
1 ui, fyn gekap
15 ml olie
1-2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
1 x 410 g blik gekapte tamaties
125 ml water
30 ml tamatiepasta
3 ml sout
5 ml suiker
3 ml vars gemaalde swartpeper
10 ml gekapte, vars oreganum
1 x 500 g medium-dikte boerewors, in agt porsies gedraai en geknip

Pap: Gooi die warm water in ’n groot kastrol en voeg die helfte van die botter en die sout by. Roer tot die botter gesmelt is. Gooi die mieliemeel by en klits tot glad. Verhit oor lae hitte tot kookpunt terwyl geroer word en laat die pap prut tot dit gaar is. Haal van die hitte af, voeg die res van die botter, die cheddarkaas en die swartpeper by. Roer deur en sit die deksel op. Hou warm tot die wors gaar is.Wors: Sit die stukkies wors in ’n groot pan en giet ’n bietjie kookwater bo-oor. Verhit tot kookpunt. Bedek die pan en prut tot die wors amper gaar is. Verwyder die deksel, voeg nog ’n bietjie water by indien nodig en draai die worsies om. Braai nou oop tot die wors mooi bruin is. Hou aan om bietjies water by te voeg sodat die wors nie droog braai nie en sodat daar genoeg pansouse vorm. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter of olie. Skep die pap in die voorbereide oondbak en skep die worsies bo-op. Druk die worsies effens in die pap. Skep die pansouse oor en geur met sout en peper. Bedek en bak vir 20 minute tot die pap deurwarm is. Maak die tamatiesous terwyl die pap en wors in die oond is.

Tamatiesmoor: Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die knoffel by en braai vir ’n paar minute. Voeg die tamaties, water, tamatiepasta, sout, suiker en swartpeper by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute tot die sous geurig en afgekook is. Roer die oreganum by. Jy kan nou die tamatiesmoor oor die pap en wors skep en so verder bak vir sowat 15 minute of jy kan die sous afsonderlik saam met die pap-en-worsgebak bedien. Lewer ses porsies.
Foto: Adam Cloete




CHICKEN ALA RINA

chicken ala rinatested

CHICKEN ALA RINA
1 ui, opgekap
4 hoenderborsies, in blokkies gesny
½ pakkie sampioene, opgesny (meer indien verkies)
250 ml gebreekte broccoli blommetjies
1 eetlepel gesnyde songedroogte tamaties
1 wortel (gillian)
1 pakkie Royco Chicken ala King cook in sauce

Ek het die uie, songedroogte tamaties en die hoenderblokkies saam gebraai tot bietjie bruin, toe gooi ek die sampioene en broccoli in en braai dit ook saam, dan die gillian wortels, lekker deur gebraai, maak ‘n pakkie chicken ala king aan met melk, gooi oor en kook stadig vir 10 min. Bedien op Basmatie rys.
Foto en resep: Rina Kleinhans




RANDREKKER RYSPASTEI

155456_10152272805628083_714198332_n
RANDREKKER RYSPASTEI

Braai 1 ui en knoffel in botter.
Maak ‘n dik witsous in die ui, knoffel en botter mengsel.
Voeg 4 koppies gaar rys by.
Voeg enige gaar vleis, groente, kaas of wat jy ookal wil by.
Skep in ‘n oondbak.
Strooi kaas oor en bak tot die kaas bruin is en borrel.
Bedien met slaai.

Foto en resep geplaas deur Corne Liebenberg




ROMERIGE OONDHOENDER

oond hoendertested

ROMERIGE OONDHOENDER
6 hoenderporsies
sout en peper na smaak
olie
2 groot aartappels, geskil en in stukke gesny
2 wortels, geskil en in stukke gesny
300 g blomkool en broccoli stukkies
1 ui, in wiggies gesny
10 ml geroosterde kerriepoeier
250 ml room

Geur die hoender met sout en peper en braai in bietjie olie tot bruin. Pak in oondvaste bak.
Pak al die groente behalwe die ui bo-op en geur met sout en peper.
Braai die ui in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die kerrie by en roerbraai effens. Voeg die room by en bring tot kookpunt. Geur met sout en peper.
Giet die kerriesous oor die hoender en groentes, bedek en bak tot gaar. Verwyder die deksel vir die laaste 10 min.

Foto en resep geplaas deur Dulcken Dwyer




KAPSALON

 

2014-01-24-kapsalontested

KAPSALON
Wat is kapsalon?

Nicolette Abrahams:
Dis slapchips onder, shoarma vlees böop, slaai mix, Turkse knoffelsous en Chili sous en dan kaas en dan word dit gesmelt onder die gril.

BRON- Nicolette Abrahams




MAALVLEIS, RYS EN TAMATIE PUREE GEREG

tested
MAALVLEIS, RYS EN TAMATIE PUREE GEREG
500 g maalvleis
1 koppie rou rys
1 koppie tamatie puree
Sout en peper na smaak
1 ui fyngekap
3 koppies kookwater

Meng maalvleis, rys en ui.
Voeg tamatie puree, sout en peper by.
Meng goed. Skep in gesmeerde skottel met deksel. Giet die kookwater bo-oor en plaas deksel op. Bak by 200ºC vir 1 uur of tot droog.
Baie lekker. My kleinseun mal daaroor.

Resep: Martha Muller