ARM-MAN SPAGHETTI


ARM-MAN SPAGHETTI
Lewer 6 – 8 porsies
(behalwe as jy ‘n tienerseun in die huis het)
500 g spekvleis, in blokkies gesny
2 middelslag uie, gekap
4 middelslag tamaties, geskil en in blokkies gesny
1 blik (300 g) soutbeesvleis
sout en peper na smaak
250 g gaar, gedreineerde spaghetti
bietjie gerasperde Cheddar kaas
MAAK DAN SO:
Braai die spek sonder olie oor ‘n lae hitte in ‘n groot braaipan en roer dit af en toe met ‘n houtlepel.
Wanneer die stukkies begin verbruin, voeg die uie by en braai dit saam met die spek tot bruin.
Voeg die tamaties by en prut die mengsel ‘n rukkie.
Sny die soutbeesvleis in klein blokkies. Voeg by die spekmengsel en geur met sout en peper.
Meng hierdie mengsel met spaghetti en skep dit in ‘n oondvaste bak.
Strooi kaas bo-oor en bak dit ‘n rukkie in ‘n warm oond totdat dit begin verbruin.
Sit warm voor.
Foto en resep deur Vida Nell











