BROCCOLI EN SPEK QUICHE

2014-05-31-broccolibaconquichetested

BROCCOLI EN SPEK QUICHE
Ek het vanaand lus gekry vir ‘n broccoli & bacon quiche toe maak ek gou dit. Die resep is:
15 ml sunflower oil
250 g “lean diced bacon”
200 g broccoli blommetjies, kleiner gekap
4 eiers
1 pakkie murgpampoentjies, in wieletjies gesny
2 uie

Braai die fyngekapte uie en spek saam in bietjie olie.
Plaas die broccoli en murgpampoentjies in die oondbak en voeg die uie en spek by.
Meng goed deurmekaar. Klits die eiers en giet dit oor die mengsel.
Bak in die oond by 180ºC vir 30 tot 40 minute tot die eier gestol is.
Jy kan kaas oorstrooi voor dit oond toe gaan en net bietjie aan die einde rooster.
Foto en resep geplaas deur Kevin Steyn




PAKKIE KOS – ALLES IN EEN PAKKIE

10320608_792052250807066_300554207517322841_ntested

PAKKIE KOS – ALLES IN EEN PAKKIE

Ek het ‘n tydjie gelede ‘n program van Martha Stewart gekyk oor kos stoom. Sy het sulke pakkies uit bakpapier gemaak waarin sy vis en groente gestoom het. Toe doen ek gisteraand ‘n effense variasie.

Neem groot stuk foelie, vou dubbeld met blink kant na binne. Ek het lekker groot chunks groente, patat, butternut, uie, greenpepper, babymarrows en sampioene op die foelie gesit. Toe twee repies spek op die groente gesit, en daarna hoender wat ek met Portugese chicken spice gesprinkel het, daarop gesit. ‘n Paar cherrie tamaties en vars oreganum daarby. Toe so klein bietjie witwyn ingegooi, pakkie toegevou en al die pakkies teen 180 grade C vir ongeveer ‘n uur in die oond gesit. Plaas elkeen se pakkie op sy bord en laat elkeet dit oopmaak. Dit was heerlik! Die foto laat ongelukkig nie reg geskied aan hoe dit gesmaak het nie!

Geplaas deur:  Trix Arp Smit




EENSKOTTELGEREG MET BEESVLEIS EN RYS

FLR BB Template
EENSKOTTELGEREG MET BEESVLEIS EN RYS
olie vir braai
2 groot uie, in ringetjies gesny
sout en peper
500 g beesvleisblokkies
150 ml blatjang
250 ml ongekookte rys
1 blik (410 g) minestronesop
1 blik (250 g) room sampioene
350 ml kookwater
Voorverhit die oond tot 180°C.
Soteer die uie in die olie.
Geur die beesvleisblokkies en braai effens bruin in bietjie olie
Bespuit ‘n oondvaste bak met kossproei en pak die bestanddele in lae daarin, eers die uie, dan
beesvleisblokkies, blatjang, ongekookte rys, sop en sampioene. Giet laastens die kookwater oor.
Bak ongeveer ‘n uur lank of totdat die vleis sag en die rys gaar is.

BRON- Cecilia Bedser




LEKKERSTE RANDREKKER IN VELE GEWADE

tested

LEKKERSTE RANDREKKER IN VELE GEWADE
500 ml rou rys
12,5 ml olyfolie
1 groot ui, fyngekap
1 groenrissie, in fyn repies gesny
1 blik fyn pynappels (440 g)
sout
peper
vars tiemie
suurlemoensap
knippie borrie
Kook rys tot sag.
Verhit olie in pan, sorteer ui en soetrissie tot sag en deurskynend.
Voeg pynappel by, braai effens.
Voeg die nou by rys en voeg geurmiddels by.

NOU BEGIN DIE PRET!
Voeg by, wat ookal jou keuse
2 blikkies gerookte mossels of
2 blikkies gevlokte tuna of
Gaar spek stukkies of
Fyn gesnyde hoender of
Savoury maalvleis of
Skyfies gebraaide wors, vieena of
Skyfies frankfurters
Eintlik ENIGE iets waarvoor jy lus het!

Variasie, strooi gerasperde kaas oor en smelt onder element.
Elke keer ‘n nuwe dis!
Rys kan met PASTA of
KORING of
AARTAPPEL blokkies
vervang word
Vir VEGETARIESE DIS:
Voeg by:
Pitmielies
Kerkerertjies
Bone
Blokkies gaar pampoen of patat
Brocholi
Blomkool
Spinasie
Eiervrugblokkies
Maak dun kaaswitsous by bogenoemde en gooi oor dis.
Variasies is eindeloos! Kom ons bou uit op resep, sit asb jou spesiale variasie vir ons op Food Lovers blad, met ‘n foto.
Dit gaan lekker pret wees en ons gaan BAIE lekker NUWE idees kry!
Ek begin sommer met ‘n lekker seekos toevoeging met tartare sous!
ENJOY!

Resep: Floraine Wasserman Venter




EINDE VAN DIE MAAND MAALVLEISGEREG

10371482_10203231894494774_2350757084095204594_ntested
EINDE VAN DIE MAAND MAALVLEISGEREG

Hierdie is nie soveel ‘n resep as net ‘n idee nie. Dis vir daardie dae wat jy inkopies gedoen het en wonder wat om met al die bietjies – bietjies te maak wat oorgebly het in die vrieskas en iets maklik wil voorberei. In die mengsel van my is daar:
2 koppies bevrore blomkool
2 koppies bevrore groenboontjies
1 koppie bevrore ertjies
1 koppie bevrore mielies
1 kg maalvleis
1 groot rooi ui (gekap)
2 toontjies knoffel (gekap)
200 g Cheddar kaas
4 eiers
500 ml melk
2 pakkies “3 Cheese Pasta Sauce” (onaangemaak)

Spuit groot oondpan met Spray ‘n Cook.
Laat groente eers ontdooi in ‘n vergiettes sodat oortollige vloeistof kan afdrup. Pak dit dan in lae in pan. Sprinkel met sout, peper en origanum. Volgende kom die gekapte uie en knoffel. En heel laaste die maalvleis. Sprinkel maalvleis met speserye (ek het sommer Ina Paarman se vleis speserye gebruik). Rasper kaas bo-oor. Meng eiers, melk en Pastasous saam.
Skep bo-oor alles. Bak teen 180ºC vir ongeveer 45 min.
Ek het toe heuning met net ‘n titseltjie appel asyn gemeng en op bord gedrup, net vir ‘n interesante smakie.

Foto en resep geplaas deur Elizabeth Margaret Hendrikz




GESTOOFDE BEES KORTRIB

gestoofde kortribtested

GESTOOFDE BEES KORTRIB

Ongeveer 1 kilogram bees kortrib
2 eetlepels olie
1 koppie water
1 blikkie gekapte tamaties
1 fyngemaakte knoffelhuisie
4 aartappels geskil en in blokkies gesny
1 groot gekapte ui
3 groot gekapte wortels
Ongeveer 1 koppie meel
Sout en peper na smaak

Meng die meel met die sout en peper en bedek die ribbetjies daarmee. Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die ribbetjies tot dit goed bruin is aan alle kante. Voeg 1 koppie kookwater, die tamaties en die knoffel by. Verlaag die hitte en laat prut vir ongeveer 1 uur. Voeg meer water by indien nodig.

Voeg die aartappels, uie en wortels nou by in die kastrol, saam met nog sout na smaak. Laat prut vir ongeveer nog 30 minute of tot die groente sag is. Verplaas die vleis en groente na ‘n opdienbak. Gebruik van die meel wat oorgebly het toe die vleis daarin gerol is en los 1 ½ eetlepel meel en 2 eetlepels water op vir elke koppie vloeistof wat oor is in die kastrol. Roer dit by die sous in die pot in tot dit verdik en giet oor die vleis en groente.

Foto en resep geplaas deur Adam Cloete




MEXIKAANSE VARKDIS

2014-05-24-mexikaansevarkdistestedvarkdis martie

MEXIKAANSE VARKDIS
Een van ons gesin se gunsteling geregte in die winter.
1 kg vark vleis sonder been in blokkies
groen, rooi en geelpepers in repies (so kwart van elk)
rissies so twee of drie
1 groot ui gekap
4 knoffel toontjies
2 teelepels gemaalde komyn
takkie tiemie en heelwat vars gekapte marjolien
2 suurlemoene se sap
1 blikkie tamatiepasta
1 blik gekapte tamaties
sout en peper na smaak
1 blik botterbone gedreineer
1 blik rooi boontjies gedreineer ( Kan ook boontjies in tamatiesous of swart bekkie boontjies gebruik)
1 beef blokkie
1 koppie kookwater
1 eetlpele suiker
1 glasie rooiwyn

Pak alles in lae in oondvaste bak met deksel
Bak stadig in oond 150 ºC vir so 2 en half na drie ure. Bedien met bietjie gewone yogurt. Saam kapok aartappels, rys of net ‘n lekker korserige brood. Die geure deur die huis as dit bak is ongelooflik!

Foto en resep geplaas deur Martie Fourie Moolman




VARKVLEIS BROOD BREDIE

2014-05-24-varkvleisbroodstewtested
VARKVLEIS BROOD BREDIE
Dit is my bydrae tot die Varkvleis week.
Ek het varkvleis stew gemaak met tuis gebakte garlic en rosemary rolletjies wat ek bo-op die vleis gesit het. Die vleis het stroopsag uitgekom!
Broodresep is soos volg:
5 x 250ml koekmeel
10 ml sout
15 ml suiker
10 g droë gis
25 ml olyfolie
250-300 ml louwarm water om te meng

Meng die droë bestanddele in ‘n bak. Voeg die olie en genoeg warm water by om ‘n deeg te vorm wat sag is, maar nie klewerig nie. Knie goed. Laat rys vir sowat 45 min.
Knie af en maak balletjies en laat weer rys. Die varkvleis het ek skenkels en boud gevat en eers bruin gebraai en toe stadig laat prut tot lekker sag. Ek het al die bene verwyder en aartappels en gemengde groente bygevoeg. Bietjie knoffel, sout en peper.
Sousie gemaak met die doodgewone bisto. In oond bak geskep en brooddeeg op gesit, en bo op die deeg bietjie knoffel en roosmaryn gevryf.
Hoop jul hou daarvan, want my man het hom trommel geëet.
Foto en resep geplaas deur Elizabeth Haupt




EIERVRUG BREDIE

2014-05-16-brinjalbredietested

EIERVRUG BREDIE

2 groot eiervrug (brinjals) geskil, in blokkies gesny en gesweet
2 uie, gekerf
4 toontjies knoffel, gekerf
2 murgpampoentjies, in blokkies gesny
2 wortels, in ringe gesny
1 blikkie tamaties
250 g maalvleis
1 koppie rou rys
1 eetlepel blatjang
20 ml Worcestersous
2 teelepels kerrie
sout en peper

Braai die uie, knoffel en maalvleis tot die maalvleis verbruin.
Braai die rou rys in ‘n bietjie olie tot die rys begin skiet.
Voeg die eiervrug by die rys en braai liggies deur.
Voeg die res van die groente en vleis by die rys en brinjal mengse.
Voeg die geurmiddels by.
Bedek met water en prut tot al die water geabsorbeer is.
Indien jy van meer brand hou kan jy vars rissies byvoeg.

Foto en resep geplaas deur Corne Liebenberg




LEANNE SE MOUSSAKA

2014-05-16-moussakatested

LEANNE SE MOUSSAKA
Braai ‘n fyngekapte ui en green pepper met knoffel. Voeg maalvleis by. Wanneer dit mooi bruingebraai is voeg tamatie pasta by. Geur met sout, peper en spesery, ek sit paprika by is heerlik hierin. Voeg ‘n blik heel gekapte tamaties in en laat prut tot dik en geurig. Sny die eiervrugte in skywe en braai in olyfolie, geur met sout en peper.

Sit nou ‘n laag maalvleis en dan ‘n laag eiervrug en dan weer ‘n laag maalvleis in ‘n oondbak. Maak nou ‘n lekker dik kaassous met korrelmosterd. Voeg ‘n eiergeel by nadat jy dit van die stoof afgehaal het en klits deeglik. Gooi bo oor die maalveis laag en bak iof 180ºC totdat goudbruin en borrelend. Laat staan vir so 15 minute voor jy dit opdien
Foto en resep geplaas deur Leanne Thurston Coetzer‎