GIDEON SE KOOLBREDIE

2014-06-20-koolbredietested

GIDEON SE KOOLBREDIE
Braai ongeveer 1 kg vleis en uie lekker bruin in ‘n bietjie water.
Voeg dan aartappels en ½ kleinerige kool opgekerf by asook witpeper en sout, o ja en 2 tamaties(ontvel en in stukkies gesny).
Laat stadig prut vir ongeveer ‘n uur en ‘n half. Voeg dan so 3 teelepels suiker, ‘n bietjie asyn en ‘n bietjie sampioen sopppoeier by en prut nog ‘n bietjie. Laat die bredie so ‘n bietjie rus voordat jy dit opdien.

Daar issit Rina Kleinhans eerlik uit vroulief se pen !
Foto en resep geplaas deur Gideon en Rinie Louw
2de foto:  Petra Nel ….dit is heerlik.




WORS EN GROENTEPASTEI MET MAKLIKE KORS

2014-06-20-worsengroentemetmaklikekorstested

WORS EN GROENTEPASTEI MET MAKLIKE KORS
Hiermee my aandeel vir die eenskottel geregte

Stel oond op 200ºC.
Bietjie olie
1 kg boerewors, in skyfies gesny
2 uie
2 knoffelhuisies, gekneus
1 groenrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 pak sampioene, in skywe gesny
410 g gekapte tamaties
1 eetlepel pietersielie
125 ml rooiwyn
2 eetlepel tamatiesous
Sout en peper na smaak
125 ml dik room

Kors:
2 koppies koekmeel
2 teelepel bakpoeier
6 eetlepels botter
2 eiers
5 eetlepels melk
1 eetlepel droë gemengde kruie

Verhit olie in kastrol en braai wors tot bruin! Skep uit!
Braai uie, knoffel en soetrissie en sampioene tot sag
Skep wors bo op
Voeg tamaties, pietersielie, wyn en tamatiesous by. Geur met sout en peper, prut 20 min. Verwyder van ditte en roer room by.
Skep in gesmeerde oondskottel

Kors:
Sit meel en bakpoeier saam, vryf botter in. Klits eiers, melk en kruie saam en voeg by meel mengsel. Meng tot deeg en vorm balletjies en pak bo op wors mengsel!
Bak 25 min
Geniet
Baie lekker!!!

Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis




MAALVLEIS OONDGEBAK

2014-06-20-maalvleisoongebaktested

MAALVLEIS OONDGEBAK
Ek het hierdie resep op Zip list gekry maar hom toe verwerk met wat ek in die huis gehad het. Dit was ons aandete en die manne se response was “HEERLIK”! Die zip list resep was met chilli Italian sausages maar ek het dit met maalvleis gemaak.
Dis n ontbyt casserol maar het ons aandete geword so nou herdoop ons hom na: MAALVLEIS OONDGEBAK

1 kg maalvleis
1 medium wit ui, gekap
2 teelepels rissiepoeier, of na smaak
1 eetlepel blatjang
sout na smaak
1 botteljie winkelgekoopte rooi capsicum of vars gekap
3 knoffelhuisies, gekap
2 koppies gerasperde Cheddar kaas
6 eiers
½ koppie melk
1 groot pak gevriesde Hashbrowns ontvries

Braai die maalvleis in die speserye in ‘n bietjie olyfolie tot bruin en skep uit.
Braai die ui en knoffel en rooi capsicum (as jy vars gebruik) in dieselfde pan tot gaar.
Skep die maalvleis mengsel terug by die uie, en voeg die bottel rooi capsicum en die blatjang (as jy gekooptes gebruik) terug by die uie. Klits die eiers en melk saam en gooi saam met die helfte van die kaas by die maalvleis. Breek die Hashbrowns in stukkies en gooi by. Roer deur en skep in ‘n gesmeerde oondbak en gooi die res van die kaas oor. Bak vir 30-40 minute of tot gaar en gestol en goudbruin. (myne was amper te lank in)
Bedien met suurroom, gekapte groen uitjies en advodado.
Foto en resep geplaas deur Hettie Bezuidenhout‎




TOULOUSE CASSOULET

2014-06-14-toulousecassoulettested
TOULOUSE CASSOULET
500 g droë bone, geweek oornag en gedreineer
tiemie en lourierblare
1 kg beef roast
1 groot gesoute eisbein
4 lams-skouer chops
1 Chorizo worsie
1 stuk gerookte varkspek
1 gesoute beestong, apart gaar gemaak
sout en pepper
1 glas rooi wyn

Sit alles saam in prutpot.
Kook vir 4 ure op auto.
Eet saam met korserige brood.
Foto en resep geplaas deur Martie Fourie Moolman




ANNE SE KORTPAD VISVINGERS

tested
ANNE SE KORTPAD VISVINGERS
1 pakkie visvingers
1 blikkie tamatie en uiesmoor
1 eetlepel suiker
1 pakkie sampioenroomsop
1 koppie melk
1 koppie water
kaas, gerasper
pietersiele, gekap

Plaas visvingers in ‘n oondbak.
Skep die tamatie en uiesmoor oor die visvingers.
Sprinkel die suiker bo-op die smoor.
Maak die sop aan met die melk en water.
Giet dit bo-oor die visvingers en smoor.
Bak teen 180ºC vir 20 – 30 min.
Rasper kaas bo-oor voor opdiening en versier met pietersielie.
Bedien met slaai of groente.
Foto en resep geplaas deur Sonja Young




MAALVLEIS EN BROOD GEBAK

maalvleis en brood gebak 1testedmaalvleis en brood gebak opgeskep 2

MAALVLEIS EN BROOD GEBAK
500 g maalvleis
1 ui, gekap (opsioneel)
½ bakkie knoppies sampioene, gekap
bietjie olyf olie of kookolie
45 ml tamatiesous
15 ml blatjang
20 ml suiker / versoeter
250 ml water
1 pakkie sampioensoppoeier
sout en peper na smaak
bietjie fyn naeltjies
gemengde kruie na smaak

Witsous
30 ml botter/margarien
30 ml koekmeel
300 ml melk
ongeveer 8-10 snye brood sonder korsies en deurgesny in driehoeke
genoeg gerasperde Cheddar kaas

Verhit die oond tot 180°C.
Indien jy die gekap ui gebruik, braai die ui bietjie in die olie, en voeg die maalvleis by, braai tot die vleis lekker los is, gooi die gekapte sampioene by, braai lekker deur. Meng die pakkie soppoeier met die water, tamatiesous, blatjang, sout, peper, suiker en kruie en gooi oor die maalvleis, draai die plaat af en prut vir ongeveer 10 min.
Maak die witsous deur die bestanddele te meng en dit dan in die mikrogolf te kook vir ongeveer 5 min, roer gereeld en pasop dit kook maklik oor, so hou dit dop. Dit moet lekker dik wees.
Gebruik ‘n klein brood pannetjie, bespuit, sit die helfte van die maalvleis mengsel onder in, pak nou ‘n lagie brood bo-op, dat die punte van die driehoeke op die vorige een lê. Skep nou die res van die maalvleis bo-op die brood, en gooi die wit sous oor die laaste laag brood. Rasper genoeg kaas oor en bak in die oond vir ongeveer ‘n half uur of tot mooi bruin en deur gebak. Bedien saam met ‘n lekker slaai.
Nota: Ek het ‘n broodjie gebak van glutenvrye meel en dit gebruik en dit was net so lekker.
Foto’s en resep geplaas deur Rina Kleinhans




VINNIGE SPAGHETTI BOLOGNAISE

2014-06-08-vinnigespaghettibolognaisetested
VINNIGE SPAGHETTI BOLOGNAISE

(met 4 bestanddele)

500g maalvleis
1 pakkie Minestrone with Herbs (Royco)
1 klein blikkie tamato paste
half pak spaghetti.

Braai maalvleis tot lekker los. Meng Minestrone met 500ml water en voeg tamato paste by. Meng alles by maalvleis; bring tot kookpunt terwyl heel tyd geroer word. Verlaag hitte en laat prut terwyl spaghetti gaar gemaak word. Skep maalvleis oor spaghetti en sprinkle bietjie gerasperde kaas oor (opsioneel).

Foto en resep geplaas deur Lynette Jacobs Wasserman‎




PORK HAWAIAN STIR-FRY

2014-06-08-chickenhawaianstir-frytested
PORK HAWAIAN STIR-FRY

4 Ingredient

Tri colour spiral noodles
Sweet n sour sauce with pineapple pieces
pork stirfry
frozen stirfry veggies
(salt n pepper)
fry meat in large pan, salt n pepper…. till slightly brown.
Add frozen veggies and saute a bit.
Add sweet n sour sauce and let it simmer a while
While simmering… boil pasta.
Add meat to drained pasta
Enjoy.
Photo and recipe posted by Katrina Hentze Sivori




PORK AND BEAN STEW

2014-06-08-varkboneresep

PORK AND BEAN STEW
800 g pork cubed
2 sliced onion
Brown meat and onions in a little oil in saucepan
Add the following to meat:
400 ml water and 1 beef stock cube,
2 tomatoes peeled and diced
4 sticks celery sliced
2 cups shredded cabbage (optional)
Simmer covered on low heat for 1 ½ hours or until meat is tender
Add 1 can of drained butter beans and warm through.
Taste, add seasoning if necessary

Photo and recipe posted by Elize de Kock




HOENDERFILLETTE EN PRAWN SKOTTEL

2014-06-07-hoenderprawntested

4 Hoenderfillette opgesny
1 pak ontskulpte prawn sterte
4 Spriet uie
2 ringe Feta
1 blik Coco melk
1 knypie paprika
1 knypie cyanne peper
1 skoot braaivleis speserye
4 Vars Basiliekruid blare
2 takkies vars pietersielie
10 ml Avokado Olie
Sny hoenderfillette 2 cm dik stukkies, braai in avokado olie, skep uit
Braai prawn sterte bruin – gooi skoot braaivleis speserye oor skep hoender by en meng.
Gooi cocomelk oor asook cayaan peper
Krummel Feta, en gooi oor geneusde basieliekruid blare en pietersielie. Sny spriet uit en gooi bo oor – maal lekker swart vars peper bo op!

Druk in die oond – 180 grade – 45 minute! Whalaah! Njummies!!!
Skep bo-op basmati rys …

Foto en resep geplaas deur Lizbe Vorster