MACARONI EN KAAS MET MAALVLEIS

2014-07-12-mackaastested

MACARONI EN KAAS MET MAALVLEIS
Braai uie en knoffel dan die maalvleis saam, gooi ‘n blikke tamaties en uie by en braai nog n paar minute, gooi sout, peper, bbq en bietjie origanum en 1 teel suiker by. Gooi bietjie water by dat die vleis gaar kook. Kook jou macaroni tot amper gaar en dreineer.

Voeg dit dan by jou vleis mengsel en kook tot al die sous weg is. Sit dit in ‘n groot oond bak. Klits 1 koppie melk met 1 eier en gooi egalig oor die vleis, druk gaatjies met ‘n vurk dat dit deurloop tot onder. Rasper Cheddar kaas oor en bak 30/40 min op 180ºC en dan net vinnig onder die rooster sodat die kaas mooi bruin word en bedien!

Foto en resep geplaas deur Sheila Marsburg Troskie




GROENTEGEBAK MET HAM

groente gereg susantested
GROENTEGEBAK MET HAM
6 eiers
300 g fyn genipperde kool
1 groot wortel gerasper
1 klein uit fyn gekerf
2 preie – dun ringgetjies gesny
1 seldery stingel fyn gesnipper (blare ingesluit)
2 takkies vars pietersielie fyn gesnipper
1 koppie kaas
400 g gesnipperde ham
1 teelepel bakpoeier
knippie neutmuskaat
¼ teelepe sout
peper na smaak

Klits eier in mengbak, voeg neutmuskaat, sout, peper en bakpoeier by. Meng goed deur.
Voeg al die ander bestanddele by, roer liggies deur en skep in gesmeerde bak.
Bak teen 180ºC vir ongeveer 25 min tot gaar.
Laat effe afkoel voor jy dit sny.
Bedien saam met kapokaartappels en groenslaai.
(dit kan ook dien as heilsame happie in jou kind se kosblik skooltoe.)

resep en foto : Susan Katryn JV Rensburg




MARTIE SE MOUSSAKA

mousakatested
MARTIE SE MOUSSAKA
Foto en resep geplaas deur Martie Fourie Moolman
FOOD LOVERS RECIPES
1 groot eiervrug in skywe (moet nie skil nie)
30 ml olyfolie
1 groot ui gekap
2 huisies knoffel fyn
500 g maalvleis
10 ml koekmeel
250 ml bees-aftreksel
sout en peper
1 blik gekapte geskilde tamaties
1 teelepel tiemie
1 teelepel oreganum
Sous:
30 ml botter
30 ml koekmeel
300 ml melk
sout en peper
350 ml gerasperde cheddar kaas
2 geklitste eiers

Smelt botter roer meel by en kook vir so min of twee. Voeg melk by en roer tot dit kook, voeg sout en peper by. Voeg kaas by verwyder van die hitte af en voeg eiers by terwyl jy heeltyd roer.

Sprinkel sout oor die eiervrug en laat vir ten minste halfuur staan. Spoel af en maak droog met handoekpapier.
Braai uie en knoffel. Voeg vleis by en sprinkel meel oor, roerbraai paar min.
Voeg aftreksel, sout, peper en kruie by. Voeg tamaties by en kook vir paar min. Roer gedurig. Braai eiervrug in vlak olie tot bruin aan albei kante. Pak lae met eiervrug en vleismengsel in ‘n oondvaste bak.
Skep die sous oor en bak in die oond by 160ºC vir omtrent 35 min. Sprinkel parmasan kaas oor en bedien

 




LAMB KNUCKLE AND VEGETABLE HOT POT

2014-07-03-lambknucklehotpottested
LAMB KNUCKLE AND VEGETABLE HOT POT
Serves 4
100 gram butternut, cubed
450 gram baby potatoes, halved
400 ml water
500 gram lamb knuckles
15 ml oil
1 onion, chopped
1 KNORR Country Hot Pot Dry Cook-in-Sauce
75 gram broccoli florets
2 ml Chopped rosemary
Sauté chopped onion in oil, add lamb and brown.
Mix contents of the KNORR Country Hot Pot Dry Cook-in-Sauce with 400 ml cold water.
Pour sauce over browned meat, add potatoes and butternut and bring to the boil, stirring often.
Cover and simmer for an hour or until meat is tender.
15 min before the end of the cooking time, add the broccoli and rosemary and cook until tender.

Foto posted by May van der Merwe‎




MACARONI EN KAAS MET ‘N KINKEL

2014-07-03-macaronienkaastested

MACARONI EN KAAS MET ‘N KINKEL
Vir die vleis:
500 g maalvleis
2 lourierblare
250 ml beesekstrak (blokkie) gemeng met 2 eetlepels tamatiepasta
2 fyngekapte uie
½ fyngekapte groenrissie
2 teelepels oreganum
150 g bacon stukkies
sout en peper na smaak.
2 lourierblare.
Vir die macaroni
250 g gaar kort macaroni stukkies
Bechamelsous met baie kaas. (witsous)
Ekstra kaas om bo-oor te strooi

Braai die uie en bacon en groenrissie in bietjie olie tot die uie deurskynend is. Voeg die vleis en lourierblare by, geur met oreganum, sout en peper en braai verder tot die vleis verbruin het. Voeg die beesekstrak en tamatiepasta by en kook liggies vir 15 minute. Skep oor in ‘n oondbak. Meng die macaroni met die bechamelsous en skep dit bo-op die vleis. Strooi nog kaas bo-oor. Ek het die mikrogolf en rooster kombinasie gebruik om die gereg vir 35 minute te bak en daarna vir nog 10 minute op hoog net gemikrogolf tot die sous dikker was.
Resep deur ADRIAN OLIVIER
Foto:  Adam Cloete




DOLORES SE HERDERSPASTEI

herderspastei lettietested
DOLORES SE HERDERSPASTEI

4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 eetlepel botter
1 eetlepel fyngekapte ui
¼ koppie gerasperde cheddarkaas
Sout en peper na smaak
5 wortels, gekap
½ kop bevrore ertjies (opsioneel)
1 eetlepel olie
1 ui, gekap
500gr maalvleis
2 eetlepels meel
1 eetlepel tamatiesous
¾ koppie vleis aftreksel (beesblokkie aangemaak in ¾ kop water)
¼ koppie gekerfde cheddarkaas
Verhit die oond tot 180 C. Kook die aartappels vir sowat 15 minute of tot die aartappels gaar. Dreineer en mash die aartappels. Meng die botter, 1 eetlepel fyngekapte ui, en ¼ koppie gerasperde kaas by. Voeg sout en peper by na smaak. Hou eenkant
Kook wortels vir ongeveer 15 minute of tot sag en maak fyn. In ‘n groot pan, braai uie tot sag Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Gooi die oortollige vet af , en voeg dan meel by en braai vir ‘n verdere minuut of so . Voeg die tamatiesous, ertjies en vleisaftreksel by. Bring die mengsel tot kookpunt, verminder dan die hitte en prut vir 10 minute. Die mengsel moet ‘n lekker dikkerige mengsel wees. Indien nie, verdik ‘n bietjie.
Gooi die maalvleismengsel in ‘n plat bak. Skep die fyn wortels bo-oor en dan die lag fyn aartappels. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin.
Opsioneel: Jy kan koppie veggie mix ook byvoeg indien verkies (aanpassing van oorspronklike resep)

Resepgeplaas deur Dolores Potgieter
Foto: Lettie Martyniuk




ALICE SE SOUTTERT

2014-06-20-alicesesoutterttested

ALICE SE SOUTTERT
Foto en resep geplaas deur Sheila Marsburg Troskie
Ons eet vanaand net ‘n lekker souttert wat vullend is saam met slaai! Dit het heerlik uit gekom. As iemand die resep wil hê, hier is hy.
9 snye brood, in blokkies gesny
500 ml melk
6 eiers
1 koppie koue vleis (ek het ‘n halwe blikke Bully beef en 4 vieinnas van die in ‘n blik in gerasper)
2 koppies gerasperde kaas
60 g gesmelte botter/margarien
1 ui, rou en fyn gesny
bietjie pietersielie
1 teelepel mosterdpoeier
sout en peper na smaak

Laat die brood in die melk week en druk dit fyn.
Klits die eiers goed en meng alles saam.
Skep in ‘n gespuite oondbak en bak vir 30 minute op 180ºC.




BRUSSELSE SPRUITE GEREG


BRUSSELSE SPRUITE GEREG
(Die wat nie Brusselse spruite eet nie probeer gerus die een)
1 pakkie brusselse spruite
1 groot ui fyn gekap
200 g bacon bits
1 pakkie sampioene
1 teelepels knoffel
1 koppie kaas
1 groen soetrissie (opsioneel)
1 pakkie sampioensop
250 ml room of melk

Braai ui in pan tot lekker bruin, voeg soetrissie en sampioen in en voeg die Brusselse spruite by en braai rukkie saam.
Voeg dan 1-2 koppies water by dat brusselse spruite kan sag kook, voeg sout en peper by na smaak.
As Brusselse spruite sag is kan jy helfte van die water af dreineer, vat dan soppoeier en meng met die room of melk en voeg by die Brusselse spruite, laat prut oor lae hitte tot sous verdik.
As sous lekker geprut, voeg die kaas by, dit sal hom ook dikker maak.
Bedien warm of koud ewe lekker saam met braai vleis.
Of skep in oondbak met nog ‘n laag kaas en bak op 180ºC to kaas bruin is!




LAMS TAGINE

2014-06-20-eenpotgereglamstaginetested
LAMS TAGINE
1 kg gemengde lamsvleis, in stukkies
3 knoffelhuisies
1 ui, gekap
1 kaneelstok
3 ml komyn
3 ml gemmer
3 ml borrie
3 repe ingelegde suurlemoen repe
2 cardomom sade
30 ml heuning
1 blik gekapte tamaties
200 gr droë appelkose, geweek
125 ml geroosterde amandels
30 ml gekapte vars koljander blare
sout en peper
koeskoes

Braai vleis met uie, knoffel en speserye, voeg res van bestanddele plus water by en prut vir ongeveer twee en half uur tot sag. Bedien met koeskoes en sprinkel geroosterde seseme saad oor.
Resep en foto: deur Martie Fourie Moolman




FRIKKADELLE EN RISOTTO

2014-06-20-frikadelletested

FRIKKADELLE EN RISOTTO
Hierie is die Louws se bydrae tot die weeklikse eenskottelgereg

Verhit 15 ml botter in n pan en braai 1 gekapte ui en 2 fyn knoffelhuisies vir 5 min.
Voeg by 10 ml koljanderpoeier en 30 ml kerriepoeier.
Braai nog 5 min. Voeg gebraaide mengsel by 500 g rou mince.
Voeg handvol vars gekapte koljander, 1 eier en sout/peper by (stadig met die sout hier, ander bestanddele wat later bykom is ook souterig).
Vorm klein frikadelle. Verhit 30 ml olyfolie in ‘n pot en braai frikadelle tot gaar vir ongeveer 8 min. Hou eenkant.

Risotto:
Verhit 30 ml olyfolie.
Voeg gekapte ui en 2 fyn knoffelhuisies by en braai.
Voeg by 1 koppie risotto/arborio rys en braai nog 2 min.
Voeg 125 ml witwyn by en laat wegkook.
Meng 750 ml hoendraftreksel (ekt 3 knorr chicken stockpots gebruik maar Ina Paarman se stock sachets is eintlik nog geuriger…). sit by risottomengsel en bring tot kookpunt en verlaag hitte tot prut. Roer heeltyd met houtlepel vir ongeveer 25 min. Voeg dan 125 ml room en 50 g gerasperde parmesaan by en prut/roer nog 3 min. Skep frikadelle bo op risotto en garneer (ekt rooi ui, vars koljander, gerasperde mozarella en growwe swart peper gebruik).
Liezl Louw. ekt ook vergeet om te se dat die stock wat aangemaak word by die risottomengsel moet kom….maar dis seker vanselfsprekend
Foto en resep deur Die Louw’s (Gideon en kie)