WATERBLOMMETJIE BREDIE

2014-07-25-waterblommetjies1tested

WATERBLOMMETJIE BREDIE

600 g – 1 kg waterblommetjies
500 g – 1 kg bredie vleis van jou keuse (ek het varkvleis gebruik)
2 mediumgrootte uie grofgekap
4 medium grootte aartappels in blokkies gesny (min of meer kwarte)
200 ml suurlemoensap
200 ml wit wyn
500 ml bees, skaap of hoederekstrak (vir die vark het ek skaapekstrak gebruik)
300 g sampioene in helftes gesny.
(hoeveelhede hang af van jou hoeveelheid vleis en waterblommetjies. Ek het op 600 g van elk gewerk)

Braai die vleis in warm olie tot goed bruin en voeg dan die uie by. Braai die uie saam met die vleis tot die uie begin sag word. Voeg die suurlemoensap, wyn en aftreksel by en laat prut die vleis tot dit goed sag is. Daar behoort genoeg vloeisof te wees, maar indien dit begin droogkook, kan bietjie kookwater bygevoeg word.

Voeg die aartappels by en laat dit vir 5 minute kook voor jy die waterblommetjies bo-op die aartappels plaas. Geur met sout en peper, maar onthou dat die aftreksel reeds sout is Bedek en laat verder sag prut vir ongeveer 30 minute. Die waterblommetjies moet sag wees, maar nie pap nie. Voeg die sampioene by en meng nou alles baie versigtig deurmekaar. Laat vir nog 5 minute prut oor lae hitte. Bedien met rys.

Foto en resep geplaas deur ADAM CLOETE




CINDIE SE WORSPOT

2014-07-25-worspottested
CINDIE SE WORSPOT
Ek het basies net een ui grof gekap, een tamatie grof gekap in olie gebraai, dan die boerewors saam die gebraaide tamatie en uie gebraai tot begin gaar word, water by gesit en ‘n ½ koppie pasta by gevoeg, deksel op gesit en laat kook.
Toe het ek die Rich Hearty Beef sop en Curry Vegetables sop poeier helfte/helfte gemeng en op gelos tot ‘n pasta en 100 g Caramel jogurt by die pasta gevoeg en gemeng tot roomerig. By pasta en wors gevoeg, deur gemeng en laat stadig kook tot heeltemal gaar. Mens kan maalvleis ook gebruik in plaas van wors.

Foto en resep geplaas deur  Cindie Lubbe




GRIEKSE MOUSSAKA

moussaka adamtested
GRIEKSE MOUSSAKA

’n Lekker moussaka verg tyd en moeite omdat jy ’n hele paar goed moet doen: eers die maalvleis, dan die béchamel-sous én jy moet ook die aartappels en eiervrug braai. Maar dis die moeite werd. Gebruik ’n goeie rooiwyn in die gereg.

Jy het nodig vir 6 mense:

±1 koppie olyfolie
1 groot ui, gekap
500 g maalvleis
4 rooiryp tamaties, geskil en gekap
1 x 50 g-sakkie tamatiepasta
1 koppie rooiwyn
2 teelepels gemaalde kaneel
1 teelepel gemaalde wonderpeper (Allspice)
1 teelepel droë origanum (of 1 eetlepel gekapte, vars origanum)
1 teelepel droë pietersielie (of 1 eetlepel gekapte, vars pietersielie)
1 teelepel sout
gemaalde swartpeper
2 middelslag-eiervrugte, punte afgesny en in die lengte in skywe gesny
2 aartappels, geskil en in baie dun skyfies gesny

Béchamel-sous:

3 eetlepels botter
4 eetlepels koekmeel
4 koppies melk
½ teelepel sout
2 eiergele
4 eetlepels gerasperde parmesaankaas (of gerasperde cheddar)

Om oor te strooi:

ekstra gerasperde parmesaankaas (of gerasperde cheddar)

Vir die maalvleis. Verhit 3 eetlepels olie in ’n kastrol en braai die uie daarin tot sag. Voeg die maalvleis by en braai dit tot bruin. Roer heeltyd sodat dit los is. Voeg nou al die bestanddele by die vleis, behalwe die eiervrug en aartappel, en prut dit met die deksel op oor lae hitte vir minstens ’n uur. Roer die maalvleis af en toe om seker te maak dat dit nie droogkook nie.

Vir die groente. Braai die eiervrugskyfies in diep olie tot sag en bruin en skep dit op kombuispapier om te dreineer. Doen dieselfde met die aartappelskyfies. Hou dit heeltyd dop, want dit brand maklik. (As jy die gereg by die huis maak, kan jy die eiervrug en aartappels met olie bestryk en dit in die oond onder die rooster gaarmaak. Só gebruik jy minder olie.)

Vir die sous. Smelt die botter in ’n skoon kastrol. Voeg die melk, meel en sout by en verhit dit oor lae hitte. Roer heeltyd met ’n draadklitser. Hou die hitte laag, anders brand die melk aan. Laat prut die sous vir 2 tot 3 minute en haal dit van die plaat af. Roer die eiergele by en laastens die gerasperde kaas.

Nou alles saam. Gebruik ’n plat, reghoekige opdienbak. Pak die eiervrug onderin, dan ’n lagie maalvleis, daarna die aartappels en dan nog ’n laag maalvleis. Gooi die sous en ekstra gerasperde kaas bo-oor. By die huis kan jy die gereg vir ’n halfuur bak teen 180 °C, maar in die bos kan jy dit bloot vir ’n kwartier laat staan.

VARIASIE: Jy kan net
eiervrug of net aartappel gebruik, maar dis die heel lekkerste as jy albei gebruik.

Foto: Adam Cloete – Adrian Olivier
Nota:  Almal maak egter maar sy eie aanpassings. Ek het gevind deur die eiervrug en aartappels in die mikrogolf gaar te maak in plaas van in olie te braai, maak die gereg minder olierig en dus nie so ryk nie en definitief gesonder. Dit is ook vinnig en baie minder moeite en dit was die geval met hierdie een. Adrian ook gekerfde sampioene en soetrissies in gesit.




EENSKOTTEL KOESKOES

tested
EENSKOTTEL KOESKOES
Eenskottel koeskoes, kook in hoenderaftreksel, dan meng
1 blikkie tuna
1 blikkie mossels
5 ml fyn knoffel
10 ml fyn pietesielie
250 ml vooraf geroerbraaide murgpampoenskyfies
100 ml room
sout, swartpeper
Bedien warm met rogbrood en mango atjar, enjoy

Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter




TAMATIEBREDIE IN DIE DRUKKOKER

2014-07-17-10511324_710533055650238_987006517471851276_ntested

TAMATIEBREDIE IN DIE DRUKKOKER
Foto en resep geplaas deur Wilma Britz
FOOD LOVERS RECIPES
Tamatie bredie gemaak in my stoompot.
Stowe beesvleis genoeg vir so 4 tot 6 mense
2 uie fyngekap
1 knoffelhuisie fyngekap
4 groot aartappels in groterige blokke gesny
1 blik gesnyde tamaties sowel as 3 groot vars tamatie en die velletjies verwyder en opgesny in stukkies,
hoender sousblokkie opgelos in kook water
3 eetlepels bruin of gewone suiker
vleis speserye
sout en swart gemaalde peper
Braai vleis en uie in olyfolie tot lekker bruin, voeg speserye sout en peper by. Voeg die opgeloste hoendersousblokkie by die vleis net genoeg water om mooi toe te maak. Stoom die vleis vir 25 min, maak die stoompot oop en voeg die tamaties, suiker en aartappels by. Stoom weer vir 12 min. Maak die pot oop, as sousie bietjie dun is kan dit bietjie dikker gemaak word met mielieblom pasta(maizena). Skep uit in casserole bak. LEKKER EET.

 




MAC AND CHEESE ALA TESSA

2014-07-16-tessa1tested
MAC AND CHEESE ALA TESSA
500 g cooked macaroni
500 g mince
1 medium onion chopped
1 spring onion chopped
1 clove garlic chopped
(those that like a bit of hot – add 1 small red chilli chopped)
1 large tomato sliced
1 cup cheddar cheese grated
Salt, pepper and spices to taste for mince
Olive oil for frying
400 ml milk
¼ cup dry white wine
1 egg
¼ cup cake flour
Salt, pepper and parsley to taste

Fry onion, spring onion and garlic in olive oil.
Add mince and spices to taste.
(I like worchester, tomato and chutney sauce also – just a dollop of each).
Mix mince and macaroni together and pour into oven proof dish.
Whisk milk, wine, egg, flour, salt, pepper and parsley together.
Pour milk mixture over mince and mac in dish.
Placed sliced tomatoes in a layer on top.
Top with cheese.
Bake in oven at 200ºC for about 20 – 25 minutes.
Stand for 5 minutes before serving.

Recipe and photo: Tessa Nel




STOOF POTJIEKOS

stoof potjietested
STOOF POTJIEKOS
Het ‘n paar skaap tjoppies sag gekook.
Ongeveer vyf heel wortels op gesny, aartapels so veel as wat jy van hou.
Uie en gemengde groente saam gekook en ek is lief vir speserye, so voeg n bietjie van alles in.
As alles sag is, plaas kool bo-op en voeg enige pakkie sop saam met bisto gemeng bo oor.
Laat dit deur kook tot kool sag en smaaklik gegeur is.
Bedien saam met rys.

Foto en resep geplaas deur Renee van Eyk




VARKVLEIS POTJIE MET DUMPLINGS IN DIE STOOMPOT

varkvleis potjie met kluitjiestested

VARKVLEIS POTJIE MET DUMPLINGS IN DIE STOOMPOT
Ek is een van daai kokke wat ingooi wat ek wil. Maar hier is soos ek vanaand gemaak het. Dit was vark potjiekos vleis gekoop by checkers  x 2 pakkies. Braai uie en groen, geel en rooi soetrissies saam in olie. Ek braai vleis in olyfolie en stoom dan sag in stoompot.

Speserye was gemmer, kaneel, cumin, curry, swart peper, sout, garlic en herb spice. Tamatiesous, 2 eetlepels appelkoos konfyt, splash worcestersous en dan gooi ek by butternut, aartappel, gemengde groente, baby carrots en weer stoompot. Dan maak ek dumplings aan skep lepels vol op potjie en laat gaar word met deksel op. Moenie loer nie so 15 min yummy!!!! Dumplings resep 1 koppie koekmeel, 1 eier,  knippie sout en 1 teelepel bakpoeier. Ek maak resep dubbel aan. Maak aan met melk nie te slap!!! Skep lepels vol op vleis maak seker jy genoeg vloeistof in pot.

Foto en resep:  Elmarie Snyman




BOEREWORS EN RYSGEREG

boerewors en rys geregtested

BOEREWORS EN RYSGEREG
Vanaand se boerewors en rys gereg. Plaas die volgende in ‘n oondvaste bak.
1 ½ handvol rou rys per persoon, groente van jou keuse, vanaand is ons keuse wortels, botterskorsie,  broccoli en pietersielie.
Meng 1 pakkie bruin uiesop poeier en ½ bottel witwyn in ‘n 1 liter beker.
Vul die res van die 1 liter beker met kookwater. Giet bo oor rys en groente.
Sit rou wors bo op.
Sit ‘n deksel op en bak in doe oond teen 180 ºC vir 1 ½ uur.

Foto en resep deur Suzette Beetge ッ Pretorius




MEDITEREENSE HERDERSPASTEI

tested
MEDITEREENSE HERDERSPASTEI
1 ui
½ groen soetrissie
1 groot wortel gerapser
500 g maalvleis
1 blikkie gekapte tamaties (ek gebruik graag die Italiaanse geur)
1 eetlepel lam- of maalvleis speserye
3 aartappels
½ pakkie Easy to Cook soup, stew and casserole thickener” Lamb Flavor
1 blikkie of klein pakkie gevriesde, gemengde groente (nie met blomkool of brokkolie nie)
25 ml margarine
60 ml melk
3 ml bakpoeier
Parmesan of Cheddar kaas
olie of margarien vir braai

Braai ‘n medium gesnipperde ui in gesmelte margarien of bietjie olie tot ligbruin en deurskynend, voeg ‘n soetrissie en ‘n geraperde wortel by en braai vir paar minute tot die soetrissie sag is.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot maalvleis bruin verkleur het. Voeg ‘n blikkie gekapte tamaties by en kook vir so 5 – 8 minute tot tamaties se ergste waterigheid weggekook het.
Strooi 30 ml koekmeel oor die maalvleis en roer deur.
Meng ‘n ½ pakkie “Easy to Cook soup, stew and casserole thickener” Lamb Flavor van Woolworhts met 250 ml water en voeg by maalvleis. Voeg die lam- of maalvleis speserye ook by. Roer deur en kook vir so 2 minute. Voeg ‘n klein pakkie gevriesde (of ‘n blikkie afgewaterde) gemengde groente by en kook tot die maalvleis mengsel verdik.

Intussen kook ongeveer 3 groot aartappels wat ek geskil en in blokkies gesny het, in die mikrogolf in soutwater vir 12 minute.

Skep die maalvleis in ‘n vierkantige vuurvaste glasbak of in 4 individuele lasagne bakkies.

Druk die aartappels fyn en meng met die margarine, melk en bakpoeier. Voeg 50 ml fyn parmesan of so 150 ml gerasperde Cheddar kaas by. Meng goed en skep op maalvleis. Maak mooi met ‘n vurk. Strooi paprika oor en bak 20 minute of tot goudbruin in oond by 180ºC.

Resep geplaas deur Steph  Kirchner