AARTAPPEL EN WORS GEREG

AARTAPPEL EN WORS GEREGtested

AARTAPPEL EN WORS GEREG

Ons aandete! Het aartappels in kwarte gesny en onder in oondbak gepak! 2 pk Bruin uiesoppoeier oorgestrooi. Boerewors bo op gesit. Het uitgebraaide beesvet gehad en dit bo op gesit in die oond gebak met n toe bak. As aartrappels, wors gaar is verwyder uit vet. Gooi van die vet af. Gooi nou 1 blik tamatie en uie mengsel by met halwe blik tamatie puree. Kook die sous verder en proe maar vir nog sout. Het aartappels, wors bo op krummelpap geskep en sous bo – oor gegooi.

Foto en resep geplaas deur Ronel Muller Thoma




PAN FRIED PORK FILLET WITH ZUCCHINI AND ONIONS

2015-01-21-mangovarkfillet(1)tested
PAN FRIED PORK FILLET WITH ZUCCHINI AND ONIONS
1 smallish pork fillet
1 onion roughly cut in pieces
3 sliced zucchinis
few lettuce leaves
salt and spices to taste

Spice the pork fillet to your liking. I used only ready mixed braai sea salt with which I gave the fillet a good rubbing. Fry the fillet for about 8 minutes till almost done in a little bit of olive oil. Add roughly cut onion to the pan and fry further till the fillet is done. Remove the fillet from the pan and add the sliced zucchini. Stir fry further over low heat till the zucchini is tender.

In the mean time, add lettuce leafs to boiling water and blanch for one minute. Slice the fillet and serve it on a bed of blanched lettuce with the zucchini and onions and pickled mango.

Photo and recipe by Adam Cloete




Hoender en Kool Surprise

Hoender en Kool Suprisetested

Ons aandete:
Het 3 hoederborsies sonder been op gesny en dit saam met knoffel gepraai, toe het ek halwe klein kool grof gekap en saam gebraai en toe sout, peper en lemon en rosemary by gegooi. Daarna het ek 1 blikkie Tamatie en uie, 1/2 blikkie rooiwyn, 1/2 blikkie tamatie puree en 2 blikkies water bygevoeg en klaar gekoop. Dit op Spaghetti gesit! Lekker

Foto en resep geplaas deur Ronel Muller Thoma




PANNEKOEKGEREG

tested

PANNEKOEKGEREG
Resep en fotos: Rindi Becker Goosen
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het 6 lae pannekoeke gepak in ‘n bak, boonste laag is bedek met ‘n dun witsous met gerasperde kaas en ‘n bietjie gekapte rissies bo-op. So 12 minute teen 180°C gebak.
Ek het nie witsous tussen-in gesit nie, anders is dit dalk te ryk.
Vulsels op verskillende lae, is:
maalvleis, herhaal
gebraaide spek
gaar sampioene in knoffel gebraai
gekapte soetrissies met vars tamatie en pietersielie
‘n lagie tamatiesmoor (Ina Paarman)
Genoeg vir 4 – 6 mense.
My man het baie van dit gehou.




BULLY BEEF RESEPTE

tested

BULLY BEEF RESEPTE
Braai bullybeef twee blikke met 2 uie voeg peper, worchestersous. bake beans en chutney by.
Kook spaghetti soos op pakkie aangedui.
Maak witsous,  meng alles plaas in glasbak met bietjie gerasperde cheddar kaas bo-oor.
Heerlik

Vat ‘n pak gevriesde deeg rol bietjie uit en sit in glasbak.
Smeer tamatie puree op deeg.  Braai 2 uie, 2 blikkies boelie beef.
Voeg peper en chutney na smaak.(Jy kan sampioee en green pepper ook opsioneel bysit._
Meng koppie gerasperde cheddar kaas by boelie beef en plaas op deeg.
Jy kan hom oop bak teen 180ºC of repies rou deeg bo op sit.
Heerlik saam ‘n slaaitjie

MACARONI EN KAAS EN BOELIEBIEF GEBAK:
500 g macaroni (1 pak)
2 groot uie, geskil en gekap
3 eetlepels hoogvol koekmeel
2 koppies melk
2 groot tamaties, geskil/en gekap
300-g-blik soutbeesvleis, losgebreek
2 eetlepels vars pietersielie, gekap
4 eetlepels sterk blatjang
2 teelepels gemengde, groen, droë kruie
sout en peper na smaak
1 koppie gerasperde cheddarkaas

Kook macaroni soos op pak aangedui, dreineer. Braai die uie in die botter tot gaar. Voeg die meel by en roer, voeg die melk by en roer totdat die mengsel dik word en kook. Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die kaas. Bring tot kookpunt, laat prut en roer sodat die mengsel nie brand nie. Meng nou die sous van die macaroni en skep in ‘n oondvaste bak wat gesmeer is. Strooi laaste die kaas oor, en bak by 180C vir 20 minute tot gaar. Die resep lewer sowat ses tot agt porsies.

Ek braai uie, gooi bully beef in saam met 1blikkie tamatie en uie
Kook bietjiedeur en sit sout en peper na smaak by.
Meng 1 blikkie baked beans in… Op brood… Ons noem dit cowboy special.. Hahahaha, dis baie lekker.

Bully Beef poffertjies
1 blikkie bully beef
2 koppies meel
1/2 kop water of melk
2 eiers
2 teelepel bakpoeier
Knippie sout
Peper/geurmiddels na smaak

Druk Bully Beef goed fyn.  Gooi in bak.  Sif meel, bakpoeier en geurmiddels by en meng goed deur.  Gooi eiers een vir een by en meng goed.  Gooi water/melk by en meng goed.  Bak lepelsvol in olie tot gaar en goud bruin.
Geplaas deur Corinne Moore Gelderblom




FANTASTIESE PAELLA

2015-01-13-paellatested

FANTASTIESE PAELLA
1 kg mossels in hulle doppe
150 ml droë wit wyn (en ‘n glasie vir die kok!)
1 bossie seldery gekap (blare en stingels)
3 groot uie gesny in ringetjies
200 g kalamari ringe
30 ml olyf olie
24 garnale skoongemaak maar met doppe aan
30 ml knoffel gekneus of opgekap
8 hoender porsies (boudjies en dye werk goed)
400 g salami in blokkies gesny
2 groen pepers opgekap
4 tamaties opgekap
750 ml hoender ekstrak
10 ml paprika (hier gebruik ek bietjie meer en ek gebruik gerookte paprika)
5 ml borrie
15 ml suurlemoen sap
500 ml rou rys
250 ml ertjies (bevrore werk goed)
Vars pietersielie (vir garnering)
Sout en peper

Stoom die mossels, wyn, seldery en ‘n derde van die uie vir ‘n paar minute. Gooi die mossels wat nie oopgemaak het nie weg en behou die res. Braai die kalamari vinnig vir net 2 minute in die olie en verwyder van die pan. Braai die garnale en knoffel vir 3 minute en verwyder van die pan. Braai die hoender porsies oor hoe hitte tot bruin en dan stadiger tot gaar. Voeg die salami, groen peper, die res van die uie, tamaties, hoender ekstrak en die helfte van die paprika en suurlemoensap by en laat kook. Voeg die rys en res van paprika by en prut vir omtrent 15 minute. Voeg dan al die seekos behalwe die mossels by en prut tot die rys gaar is. Voeg die ertjies by en garneer met die mossels. Sprinkel mildelik met vars gekapte pietersielie en bedien met suurlemoen wiggies.

NS: Ek volg hierdie resep naastenby, ek verkies om my rys en paprika effens te braai voordat ek die nat bestandele en vloeistof begin bysit. Ek hou ook daarvan om suurlemoen skil te rasper en oor te strooi wanneer die rys braai. Jy kan ook Spaanse Chorizio wors bysit vir daai egte Spaanse geur. Paella is baie veelsydig, jy kan net met hoender stukke maak of net met seekos. Ek het dit al met kreef sterte ook gemaak en dis baie spesiaal!

Baie belangrik!! Wanneer dit gaar is moet die rys moet effens vassit onder in die pot, paella is nie ‘n souserige besigheid wanneer dit gaar is nie.

NOTA:
Die wonderlike ding van paella is dat dit so veelsydig is. Jy kan enige seekos, hoender en vark gebruik. Vandag het ek hoender stukke, spek stukkies en garnale gebruik. Die belangrikste is egter om nie te roer nadat jy die vloeistof begin bygooi nie. Jy wil daai krakerige gekarameliseer kors “socarrat” op die bodem vorm. Dis ‘n gesogde lekkerny in Spanje. Nog iets, ek gebruik net wyn wat ek sal drink in my kos.
Vanaand met hoender, pangasius vis EN calamari.

Resep en foto: Elsabie Templeton

 




HOMEMADE BAKED BEANS WITH CHUNKS OF LAMB

2015-01-13-beanstested
HOMEMADE BAKED BEANS WITH CHUNKS OF LAMB
1 cup of dried white beans
250g diced lamb( you can use whatever meat u like)
2 onions diced
3 tablespoons of tomato paste( if u find u like it a little thicker just add more)
1L of water
I tsp of ghee or butter

Soak the beans overnight in water
On a pot melt the ghee and fry ur meat. Once ur meat has browned add ur onion. Don’t forget to add salt and pepper.
The add ur tomato paste and stir it to cook it off a little for about 1-2 min.
Add ur litre of water and cover return to the boil and then simmer on low for about 45 min for the meat to become tender.

In the pot that u soaked ur beans in, put it on heat and bring to the boil. Keep ur lid on but slightly uncovered from one side. Boil on high then simmer on low for about 40 min. Touch the bean to see if it is soft but not mushy!
Once it has cooked, drain and add to the meat and tomato.

Return to the boil and let it cook for about 5 more min then is done

If u like u can add some chilli which makes it more yummy. So about 1 bullet chilli

Photo and recipe posted by Di Bo




JUST DELICIOUS BEEF STEW

adam se beef stewtested

JUST DELICIOUS BEEF STEW
Serves 6

2-3 pounds beef chuck
salt and pepper
1 medium onion, chopped
5 fresh shitake mushrooms
3 garlic cloves
4 tablespoons sweet rice wine (or sherry)
1 14 oz can chopped tomato or 2-3 fresh tomatoes
1 tablespoon brown sugar
5 carrots cut into 1 in pieces
3 cups chicken stock (homemade if possible, beef stock is okay too)
1 cabbage, coarsely cut
½ pound potatoes (waxy, like a yukon gold or red, peeled and cut into 1 inch pieces)

Salt and pepper the beef.
Brown both sides of beef. Pour off excess oil. Take the meat out of the pan.
Saute the onions and mushrooms with some salt. When the onion is soft, add the garlic (don’t burn it).
Return the beef. Add wine, carrots, and stock and check seasoning. Add salt and pepper if needed
Add tomatoes. Check for seasoning again. If it tastes a little sour, add the brown sugar. Bring to a boil.
Put into a slow cooker on low for 6 hours.
Add potatoes and cabbage. Leave for another hour.
Check seasoning. When ready to serve, the meat should be soft enough to pull apart into chunks.
Serve with hot white rice. You can also leave out the potatoes and serve with buttery mashed potatoes.

Photo and recipe posted by Adam Cloete




Peas with mince meat and rice

 

peas and mince meat ricetested

1/2kg mince meat
250g of peas
2 cups of rice(basmati)
3 cups of water
2 onions finely
chopped
2 tbs of vegeta
Salt and pepper to taste.

Fry the meat in oil. Add the onion and allow to cook but not brown.
Add the peas and add the water. Once the water is boiling add the rice and salt and pepper and the vegeta. Cook until all the water is absorbed.

Recipe and pictures from Di Bo




Worsgereg

Worsgeregtested

Maak kapokaartappels van 8 aartappels, gooi bietjie melk, sout en peper, botter en halwe K gerasperde cheddar by. Draai intussen 1kg wors in duim grootte porsies en pak in gesmeerde bak.

Gooi 2 blikke gebakte bone in tamatiesous bo-oor. Skep die aartappels bo-op en bak by 180 grade vir 40 minute. Saam n groenslaai n heerlike ete!

Foto en resep geplaas deur Annemarie Roelofse