MAALVLEIS BOLLETJIES PAN GEREG

Mince bolletjies pan dis
MAALVLEIS BOLLETJIES PAN GEREG
…..Lekker maklik en hemels…
Maak maalvleis aan soos vir jou gunsteling frikkadelle
Maak bolletjies
Voer ‘n diep oondskottel met bolletjies
Plaas gekookte blokkies aartappels oral tussen in die bolletjies
Maak genoeg wit kaassous om alles te bedek
Giet bo-oor aartappels en bolletjies
Strooi gerasperde kaas bo-oor
Bak by voorverhitte oond 180C vir so 45 min tot gaar

Resep geplaas deur:  Marieta James




GEVULDE BOTTERSKORSIE EN SLAAI

 

gestopte botterskorsie en slaaitested

GEVULDE BOTTERSKORSIE EN SLAAI
Hi mensies, ek het ‘n groot huisgesin, so ek het 2 oondpanne gebruik vir die resep.
4 botterskorsies, gehalveer en pitte uitgeskep
olyfolie
groente speserye – Ina Paarman
gaar maalvleis, volgens keuse voorberei
swartpepersous, volgens smaak aangemaak
gerasperde kaas vir oorsprinkel
Plaas die botterskorsie halwes in die oondpanne en smeer met olyf olie aan die bo-kant en in die holte. Sprinkel met die groente speserye, bedek die botterskorsie met foelie en plaas in ‘n voorverhitte oond by 190ºC, bak vir 1 uur.Verwyder die foelie en laat die botterskorsie ‘n rukkie oop bak. Verwyder die botterkorsies uit die oond, skep die maalvleis in die holte van die botterskorsies, skep die pepersous oor die maalvleis en sprinkel kaas bo-oor. Plaas die botterskorsies terug in die oond en bak tot die kaas gesmelt is. Bedien saam met ‘n slaai.
Tamatie-, wortel- en kersieslaai:
3 groot wortels, gerasper
6 tamaties, opgesny
kersies, opgesny
Fetakaas, soveel sooos verkies
Meng die wortel, tamaties, kersies en Fetakaas.
Bedien die slaai met ‘n Griekse vinaigrette slaaisous. Jy kan komkommer en blaarslaai ook byvoeg. dis net so lekker.
Resep en foto: Lindie Viljoen Yates




BULLY BEEF STEW

bully beef stew johantested

BULLY BEEF STEW

1 fyn gekapte ui
1 blikkie bullie-beef
250 gr bacon, gesnipper of opgesny
1 teelepel gekapte knoffel (die wat jy by die supermarkte in houertjies koop)
1 teelepel Colman’s Traditional Dijon Mostert (nie die poeier)
250 gr Mix Veggies (Die in die verpakte pakke, hoeveelheid kan wissel na smaak)

Bestanddele vir die sousie:
200 ml Tamatiesous (All Gold)
150 ml Mrs Ball’s Origanal Recipe Chutney
100 ml wit suiker
50 ml Maggie Original Worcestershire sous
50 ml Brooks Tru-Lem Unsweetened lemon juice
100 ml Wit Maskadel (opsioneel)

Voorbereiding:

Braai die volgende bestanddele in n warm pan met olie (extra virgin olyf olie) in:
1 gekapte ui
1 teelepel gekapte knoffel
1 teelepel Dijon mostert
250 gr bacon

Meng die sousie se bestanddele in n maat of meng beker saam.

Voeg die volgende bestanddele by, sodra die bacon bruin en ui glaserig is:

1 blikkie bullie-beef (fyn gemaak met n “masher”)
250 gr gemengde groente
Die sousie in die maat of meng beker

Roer goed deur en verlaag die hitte van die pan sodat die sous nie aanbrand nie en lekker prit.
Roer gereeld die bestandele deur todat die groente na smaak gaar is en dien dan op.

Onthou bestanddele kan wissel en aangepas word na gelang van smaak.

Resep en foto:  Johan Jansen




OUVROU ONDER DIE KOMBERS MET STUKKIES WORS

Ouvrou onder die komberstested

OUVROU ONDER DIE KOMBERS MET STUKKIES WORS
Ons aandete. Ouvrou onder die kombers met n uie basis met klein stukkie wors
500 g wors (of meer)
2 koppies bruismeel
1 teelepel sout
Hoogvol eetlepel botter, gesmelt
250 ml creme fraîche
1 koppie melk
2 eetlepels mosterdpoeier
15 ml gedroogde gemengde kruie.
Braai 2 uie tot bruin.

Sny wors in stukkies en sprei saam met gebraaide uie in bak.

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sif die bruismeel en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die botter, creme fraîche , melk en mosterd saam en gooi by die meel.
Meng goed sodat daar geen klonte in die beslag is nie. Gooi die beslag in ’n groot, ronde oondbak
Bak die gereg 40-50 minute of tot dit gaar en goudbruin is.
Foto en resep geplaas deur Ertjies De Witt




TAMATIEBREDIE MET KRUIEKLUITJIES

tested

TAMATIEBREDIE MET KRUIEKLUITJIES
750 g beesstowevleis (met been), in kleiner stukkies gesny
sout en vars gemaalde peper
15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
50 g tamatiepasta
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
4 x 250 ml beesvleisafreksel

KLUITJIES
375 ml (1½ k) bruismeel
30 ml (2 e) gemengde gedroogde kruie
125 g botter, in blokkies gesny

Geur die vleis met sout en peper.
Verhit die olie en braai die vleis tot bruin.
Voeg die uie, knoffel en tamatiepasta by en roerbraai ’n paar minute.
Voeg die tamaties en aftreksel by en laat prut 45 min. of tot sag. Voeg nog water by, indien nodig; die bredie moet taamlik souserig wees.
Skep die bredie in ’n diep oondbak. Verhit die oond tot 200 °C.

Kluitjies Meng die bruismeel en kruie en vryf die botter daarby in. Voeg ’n bietjie water by sodat ’n stywe deeg vorm.
Breek stukkies van die deeg af en rol balletjies. Pak op die bredie, bedek met foelie en bak 20-25 min. of tot die kluitjies gaar is. Sit voor saam met rys.
Dié kluitjies is ook baie lekker op potjiekos. Sit die deegballetjies op die gaar potjiekos, sit die deksel op en laat prut tot die kluitjies gaar is.
Foto en resep geplaas deur Adam Cloete
Ek het gisteraand die idee van hierdie resep gebruik, hoofsaaklik agter die kluitjies aan. Ek het maar meer eie kop gevolg met die bredie en vir die kluitjies het ek gedroogde basil, tiemie, cumin en neutmuskaat poeier ingesit. Dit was soooooo lekker




Green Pepper Pesto Cottage Pie

tested

Genoeg  gaar maalvleis met groente

Kry 10 green peppers,
1.kook in pot met water tot hulle lekker sag is.
2.trek die skill af
3.krap al die green pepper mash bymekaar

maak n mash met soveel Aartapels nodig vir gesin

vat suurlemoen sap in pan op stoof
meng met brandewyn
olyf olie en gerasperde maas kaas
(nie n sekere hoeveelheid nodig nie maak soos jy die smaak wil he)
los op plaat vir 10 minute

meng mash en Green Pepper Pesto saam gooi oor jou cottage pie mince mengsel(met baie gemengde groente) met die dik maaskaas sous oor dit en maak n heerlike Green Pepper Pesto Cottage Pie

Resep deur Jan Swanepoel




ANEEN SE MOUSSAKA

tested

ANEEN SE MOUSSAKA
1 groot ui,
45 ml margarien,
500 g maalvleis,
125 ml koekmeelblom,
30 ml tamatiepasta,
10 ml suiker,
125 ml koue water,
10 ml gekapte pietersielie,
sout en peper,
1 middelslag eiervrug,
30 ml kookolie,
375 ml melk,
5 ml suurlemoensap,
250 ml gerasperde sterk cheddarkaas,
1 eier.
Voorverhit oond tot 180 grade C. Braai die gekapte ui in 15 ml margarien in ‘n kastrol tot deurskynend. Voeg vleis by, roer en braai sowat 5 minute. Roer 15 tot 30 ml koekmeelblom by en kook nog 2 minute. Meng tamatiepasta, suiker, water en pietersielie en voeg by vleis. Geur met sout en peper na smaak, Sit deksel op en kook 15 minute lank stadig. Skil en sny eiervrug in skywe en braai dit 10 minute in die warm kookolie. Skep vleis en eiervrug in lae in ‘n oondskottel. Maak ‘n witsous van die orige koekmeel, margarien en melk en geur dit met sout en peper. Voeg die suurlemoensap en 190ml van die gerasperde kaas by. Klits eier en voeg ook by. Giet kaassous oor vleis en strooi res van kaas bo-oor. Bak 30 tot 35 minute tot mooi bruin.
Wenk: Voordat eiervrugskywe gebraai word, sprinkel eers sout daaroor en laat sowat ‘n halfuur staan om te ontwater.

Resep geplaas deur Aneen Graupe




EENSKOTTEL STAMPMIELIEGEREG

 

2015-01-28-stamptested

Was lus vir lekker samp toe maak ek een skottel gereg.
ek het 2kop samp gebruik, maar ek het ook halfgaar gekook toe sit ek dit in bak. Dit is waarom water min is. En die botter is so 5eetlepels wat bo-op is.
Samp onder gepak, skaapskenkels bo-op,
dik snye uie en tamatie,
baie aromat en weer samp.
Laaste sommer skorsies en lekker botter.
Ek het net sowat 500ml water bygegooi. Net dop gehou sodat dit nie uit droog nie, want die vleis se sap gee ook vloeistof. En dit is bedek sodat dit kan stoom.
Oond teen 150•C ongeveer 6 ure lank.
Ja, dit vat tyd maar finger licking good!
Resep en foto: Elizabeth Haupt‎




OUVROU-ONDER-DIE KOMBERS OF KOOL FRIKKADELLE

 

ouvrou onder die komberstested

OUVROU-ONDER-DIE KOMBERS OF KOOL FRIKKADELLE
Nuwe resep vir Ouvrou-onder- die kombers wat ek vir aandete gemaak het. Bietjie anders as die gewone. Die resep in Kuier tydskrif gekry. Gaan net rys daarmee saam bedien.
8 koolblare
1 groot ui, gekap
2 huisies knoffel, gekap
4 aartappels, in kwarte gesny
2 wortels, in lengte deurgesny
sout, peper en vargemaalde neutmuskaat
‘n bietjie rooibostee

Frikkadelle:
500 g maalvleis
1 ui, gerasper
2 snye brood, gekrummel
100 ml vars pietersielie, gekap
25 ml tamatiesous
25 ml blatjang
25 ml oats
15 ml mayonaise
2 eiers, geklits
2 ml fyn neutmuskaat
5 ml gemengde kruie
sout en peper
koekmeel
olie

Frikkies:
Meng al die bestanddele (behalwe die meel en olie) en vorm klein balletjies, rol in meel en bak liggies in pan
KOOL:
Blansjeer die kool deur dit te bedek met kookwater. Dreineer die blare en rol ‘n frikkadel in elk toe. Braai ui en knoffel in pan tot ligbruin. Voeg die aartappels en wortels by en prut tot halfgaar. Plaas nou die toegevoude koolblare bo-op die aartappels en wortels in oondvaste bak. Geur met sout peper en gerasperde neutmuskaat. Voeg bietjie rooibostee oor en bedek en bak in oond tot gaar. Ek het ‘n blikkie gekapte tamaties met knypie suiker bo-oor gegooi voor dit oond toe gaan. Net rys daarmee saam gemaak.

Foto en resep geplaas deur Martie Fourie Moolman




GEBAKTE BROCCOLIHOENDER

2015-09-23-broccolihoendertested

GEBAKTE BROCCOLIHOENDER

Die romerige sous toor met gister se oorskiethoender (en die kinders kry broccoli in)

Bedien 4-6
Bereiding: 10 min
Gaarmaak: 20 min

250 g broccoli
15 ml (1 eetlepel) olyfolie
250 g sampioene, gehalveer
sout en vars gemaalde swartpeper
6 gaar hoenderborsies, in stukke gesny
SOUS:
1 blik (415 g) sampioenroomsop
125 ml (½ k) mayonnaise
15 ml (1 eetlepel) kerriepoeier
sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml (½ koppie) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Stoom die broccoli tot net gaar en hou eenkant.
Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met die sout en peper.
Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
SOUS:
Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier. Geur met sout en peper.
Sit die hoendermengsel in ’n groot oondbak en giet die sous oor.
Sprinkel die kaas oor en bak 15 – 20 min tot goudbruin en gaar.

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Nicolette Van Jaarsveld