TAMATIEWORSPASTA MET ZUCCHINI

2015-03-21-tamatiewors(1)tested
250g gaar pasta
500 gram wors van jou keuse in stukkies gesny
1 gekapte ui
5 medium groot babymarrows in lengtes gesny
1 blikkie room van tamatiesop
krummels en gerasperde kaas.
Braai die uie en wors in ‘n pan tot die wors gaar is. Voeg die inhoud van die blikkie sop by asook ‘n halwe blikkie water. Ek spoel sommer die oorblyfsels in die blikkie in die pan uit. Kook tot die sop begin verdik. Roer gereeld. Kook intussen die babymarrows tot dit net begin sag word. Meng dan alle bestanddele deurmekaar en skep in ‘n oondvaste bak. Meng genoeg krummels en kaas om bo-oor te strooi om die gereg te bedek. Bak in die oond by 180ºC vir ongeveer 30 minute tot die vloeistof goed borrel en die kaas deur die krummels gesmelt het. Indien jy verkies om dit ‘n meer krakerige kors te gee, kan jy dit vir ‘n paar minute onder die rooster sit.

Foto en resep geplaas deur Adam Cloete




SMAAKLIKE LASAGNE

smaaklike lasagne 2tested
SMAAKLIKE LASAGNE
Hierdie resep is genoeg vir drie bakke en vries uitstekend.
Stap 1:
25 ml kookolie
500 ml gekapte ui
750 ml gerasperde wortels
1 kg maalvleis
250 ml hoenderaftreksel
1 blik (410 g) tamatiepuree (ek gebruik sommer tamatiesous)
1 pakkie oxtail soppoeier
250 ml kookwater
5 ml knoffelflokkies
5 ml orego
5 ml gemengde kruie
5 ml paprika
10 ml sout
6 lourierblare,
5 ml tabasco sous (opsioneel)
Verhit kookolie in kastrol en braaie uit en vleis tot bruin, voeg res van bestanddele by.
Stap 2: 500 g pasta enige tipe, kook tot sag maar nie pap nie.
Stap 3: Sous: Kook saam tot gaar.
50 ml margarien
75 ml koekmeel
1 pakkie sampioensop poeier
750 ml melk
1 ml rooipeper
sout

Kook vleismengsel vir 1 uur, haal lourierblare uit. Pak dan in lagies in bakke, eers bietjie sous, dan pasta en dan vleis. Heelbo weer sous en sprinkel gerasperde kaas oor. Bak in oond tot kaas gesmelt is. Die sous kan dubbeld gemaak word vir meer souserige lasagne.

Foto en resep geplaas deur Marietjie van der Merwe




SPICY CHICKEN WITH RICE

 

2015-03-09-spicychickentested
SPICY CHICKEN WITH RICE
½ kg chicken breast sliced
1 roasted peppers(red) then sliced
1 onion sliced into wedges
¼ teaspoon of garlic powder
1 teaspoon paprika
1 teaspoon pepper
1 teaspoon mixed spice
1 chilli( optional)
A squeeze of lemon
A handful of parsley
Marinade the chicken in all of the above and leave in the fridge for a few hours

Use a non stick pan and fry the chicken with everything in it.
I used no oil or anything.
Add a cup of basmati rice and water and cook over low heat.
Photo and recipe posted by Di Bo




RYS EN MAALVLEISGEREG

rys en maalvleis geregtested
RYS EN MAALVLEISGEREG
Ek weet nie of die resep op ons blog was of waar ek dit afgeskryf het nie, maar kan dit beslis aanbeveel.  Plaas 1 ½ koppie gaar rys in oondvaste bak.
Braai 250 g bacon en voeg by rys.
Braai 500g maalvleis met uie en green pepper tot bruin sonder enige sout en sprinkel oor rys.
Verhit 1 houer room en voeg daarby n pakkie wit uiesoppoeier. Kook tot begin verdik en giet oor maalvleis mengsel.
Rasper kaas oor en bak by 180ºC vir 25 min.

RESEP EN FOTO 1: Annelise Engelbrecht
FOTO 2: Adam Cloete




TUNA CASSEROLE

 

2015-02-13-tunacasseroletested

Source: A Friend – Margaret , and modified by Esmé

Ingredients:
1 pkg chow mein noodles (approx. 250-300g)
1 cup finely diced celery
2 cans cream of mushroom soup
1-2 bunches of spring onions
¼ cup water
2 cans mushrooms
3 cans (240oz) tuna
salt and fresh ground pepper to taste
Grated or shredded cheese to sprinkle on top

Method:
1. In a bowel combine all the ingredients except the noodles and mix well.
2. Now put the noodles with the rest of the ingredients in the bowl and mix again.
3. In a greased casserole scoop all the above and gently press down. Spread the cheese on top – I use a lot
4. Freeze and take out when in a hurry and do not have time to do an entire meal from scratch.
4. Bake at 350 degrees for ±40 minutes till hot, bubbly and toasted.
5. Enjoy!!

Photo and recipe posted by Esme Slabbert




HAM, PEAS CREAM RISOTTO

HAM PEAS CREAM RISOTTOtested
In a pot add 30ml olive oil and 30g butter let the butter start to bubble
Add 1/2 chopped medium onion, let it become transparent in colour, add 250g uncooked rice and let the rice absorb the oil butter mixture, stirring continuously then add 1/4 glass dry white wine and let it evaporate.
Add cooked ham (must be big one thick solid slice cut into little squares), peas and 1/2 packet of portobellini mushrooms sliced (should be dried porcini soaked in water)
Let all ingredients cook for a few minutes stirring continuously or it will stick to pot.
Prepare a chicken broth or make it with a chicken stock and gradually add it to your rice mixture a couple of ladles at a time until rice is cooked approx 20mins
At the end add 50ml of fresh cream and let it thicken.
Grate Parmesan cheese onto risotto when served.

Photo and recipe posted by Sabrina Merli




SARDYNE MET RYS

2015-02-09-sardynemetrystested

1 pakkie hoender sop
500 ml kook water (50ml koue water en 450ml kookwater)
125 ml rys
1 blik sardyne in tamatiesous
1 eier geklits
10ml asyn
1 ui fyn gesny
1 tamatie fyn gesny
Knippie droë timie
125 ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond op 180
Roer die sopmengsel in die koue water, maak aan en roer by kook water en laat 5 min lank kook!
Kook rys gewoon
Verwyder die grate van die vis en maak fyn
Meng nou Al die Bestandele! !!
Giet in bak en bak 30 min

Foto: Benhet Niewenhuys
Posted: Amanda Conradie

Rina Kleinhans:  Ek het eers my sop aangemaak met die koue water en toe met die kookwater om klonte te voorkom, en ek sal nog ‘n eier insit vir ‘n stywer eindproduk, maar baie baie lekker




PASTA TERT

 

pasta tert Philliptested

Jy braai uie, knoffel, greenpepper, mushrooms en maalvleis saam in n pan en kook jou macaroni tot sag, Kook n halwe pot of minder melk en klits in n aparte bak ook saam met melk, Sout, Peper, Koekmeel en eiers, roer die fulsel by die melk in en kook tot dat dit reg is, roer alles saam en gooi in n oond pan met kaas bo oor en bak vir n halfuur op 100 Grade C.
Resep en foto:  Phillip Snyman




CHICKEN AND SPINACH CASSEROLE

2015-02-07-chickentested

Ingredients
1 red pepper, chopped…
1 bunch of spring onions, chopped
± 250g mushrooms, chopped
600g cubed cooked chicken
1½ cups shredded cheese
2 cans condensed cream of chicken soup, undiluted
3 eggs
300 – 350g frozen chopped spinach, thawed and squeezed dry
2 cups shredded cheese

2 artichoke hearts – chopped

Instructions
Cut up all ingredients, and mix well. Spoon in casserole or as I did this time, in smaller containers to freeze and will bake as needed.
Bake uncovered, at 350F for 25-30 minutes or until bubbly. Let stand for 5 minutes before serving.

Photo and recipe by Esmé (My own creation)

 




ELSABIE SE SLAP DEGIE TERT

2015-02-05-elsabetested

ELSABIE SE SLAP DEGIE VIR PASTEI OF TERT
Sif saam:
250 ml koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
Meng:
¼ koppie olie
1 eier
melk
Gebuik ‘n 250 ml maatkoppie om die vloeistowwe bymekaar te voeg.
Giet die olie en 1 eier in die koppie en vul die koppie verder met melk tot ‘n vol 250 ml.
Meng die vloeistof by die gesifde meelmengsel en meng tot dit ‘n slapdeeg vorm, maak seker daar is geen klonte (gebruik ‘n eierklitser of draadklitser).Giet die beslag in ‘n gesmeerde oondbak (inhoud van 2 liter is groot genoeg).
Dit mag min lyk maar dit gaan uitrys.
Skep nou enige gaar koue oorskietvleis (opgesnyde braaivleis of wors, fyn gaar wildsvleis, maalvleis, stowe vleis in stukkies gesny, blikkies vleis of vis (bully beef, kerrievis, tuna), groente (veral gaar gemengde groente is baie lekker en ‘n manier om die kinders te kry om dit te eet) bo-op die deeg en strooi 1 koppie Cheddar kaas oor.
Bak die pastei by 200ºC in ‘n voorverhitte oond vir 20 – 25 min.
In my gasoond bak dit nog songeveer 5 minute langer.
Variasie – Heerlik vir kosblikke, ook aangesien dit soos ‘n souttert is.
Ek het al mieliepitte of versuikerde mielies by die deeg ingeroer en dan net gerasperde kaas en gerookte paprika oorgestrooi.
Jy kan self ‘n soet weergawe maak, deur geblikte appelkose bo-op te plaas en dan die perskestroop oorskep wanneer dit uit die oond kom.
Ek het al een met groente, oorskiet braaivleis en wors gemaak met kaas en paprika oorgestrooi. Hierdie resep net dubbel aangemaak en in my oond se pan gebak.
Ek hou ook daarvan om versuikerde mielies of mielie pitte by die deeg te voeg.
Tradisioneel het my Mamma boeliebief bo-op geskep wat met ‘n blikkie tamatie- en uiesmoor opgekook was tot die vloeistof alles weggekook is. So het die resep die naam “Bully Beef Bake” gekry in ons familie en is so in ‘n resepteboek in Zimbabwe vasgevang onder my naam.
Resep en foto: Elsabie Templeton