ERTJIES SE WORS EN AARTAPPEL PASTEI

Aartappel en wors pasteitested

ERTJIES SE WORS EN AARTAPPEL PASTEI
4-5 porsies wors
5 aartappels geskil en in skywe gesny. Bietjie sag gekook
Braai wors en sny in stukkies.
2 uie opgekerf
Braai die wors en uie in n mengsel blatjang en woustershire sous.
Plaas in n gesmeerde bak die aartappel skywe.
Gooi n dun lagie slap deeg oor die aartappel en plaas die wors en uie in die deeg. Plaas nog n lagie aartappel boop die vleis en gooi die laaste van die deeg oor. Gooi paprika oor die deeg en rasper feta kaas oor.
Bak in oond vir 30 min teen 180 grade
DIE DEEG
375 ml ongesifte koekkmeel
1 koppie melk
5 ml sout
7ml bak poeier
3 groot desertlepels mayonnaise
2 groot lepels blatjang
4 eiers
2 lepels gesmelte margarine of botter
Meng alles. Gebruik in die resep

Resep en foto:  Ertjies de Witt




UITHALER BOBOTIE

bobotie Joantested
UITHALER BOBOTIE
2 Uie – Sny fyn en braai in bietjie olie tot goud bruin
1 kg. maalvleis  – Voeg geleidelik by en roer met ‘n groot vurk sodat aan die einde die vleis lekker los is en effens gebraai.
Verwyder kastrol van die stoof af en voeg by die vleismengsel die volgende :
2 Snye brood wat in water geweek is. Druk die water uit en krummel in die vleis in.
3 piesangs in wieletjies gesny
½ koppie Sultanas
4 eetlepels blatjang
3 teelepels sout
8 eetlepels tamatiesous
8 eetlepels appelkooskonfyt
2 eetlepels kerrie ( 3 as sterker verlang )
3 eetlepels borrie gemeng met ½ koppie asyn

Meng alles goed
Sit mengsel in bak en klop 2 eiers en ‘n ¾ koppie melk met ‘n bietjie sout.
Gooi oor mengsel en bak tot gaar in ‘n matige oond 160°C tot gaar ( ± ½ uur tot ¾ uur
Bedien met geelrys, rosyne en met slaai

RESEP: Amanda Struwig
FOTO:  Joan Coetzee

 




BUNNY CHOW

2015-05-07-bunnychowtested

BUNNY CHOW
Braai uie, kerrie, borrie en speserye.
Braai die blokkies steak (goulash)
Gooi tamatiepasta in
Voeg aartappels en water by en laat kook
Voeg laaste gemengde blikkie kerrie groente in en 2eetlepels appelkoos kontfyt laat dit lekker prut

Hol die brood uit en skep vleismengsel in.
Sit Tamatie, uie en chillieslaai bo-op

Resep en foto:  Sonja Muller




BACON KIP HOENDERGEREG

tested

BACON KIP HOENDERGEREG
Vir al die hoender liefhebbers, ‘n lekker en maklike resep om te probeer. Een heel hoender in stukke gesny, of kan lekker “leg quarters” ook vat.
Meng saam:
1 koppie tamatiesous
1 koppie chutney
1 koppie mayonnaise
1 pakkie bacon kips
1 koppie wit wyn
en 1 eetlepel knoffel

Pak in ‘n bak: hoender, klein aartappeltjies, grof gekapte wortels en een ui grof gekap. Smeer sous mengsel oor hoender en bak in die oond vir so 2 ure op 180°C.
Resep geplaas deur Tanya Erasmus




LINGUINE ALA MINCE

 

Linguine-ala-mincetested

LINGUINE ALA MINCE
1 x 250 bacon bits
1 x hanfull coctail tomatoes, halved
1 x half baby cabbage ring sliced
1 x large onion roughly diced
1 x half green, red and yellow pepper julianed
1x 250 fresh mushrooms quartered
1 x tin of red kidney beans

Fry in Africa Peppa Oil
Add salt, pepper, thyme and bbq spice to taste.
For the adventures add cream

Prepare mince and pasta

Top off!!

Recipe and Photo: Sonja Beatrix Coetzer‎




TUNA, BACON EN SPINASIE QUICHE MET ‘N AARTAPPEL KORS

 

2015-04-23-quichetested

TUNA, BACON EN SPINASIE QUICHE MET ‘N AARTAPPEL KORS
2 blikkies fyn tuna in water gedreineer
ongeveer 50 g opgekapte spinasie, goed gedreineer
ongeveer 125 g opgekapte bacon
ongeveer 125 g opgekapte sampioene
2 eiers
125 ml melk
2 wiele Fetakaas, in blokkies gebreek
2 eetlepels bruismeel
Sout en peper na smaak.
Gerasperde Cheddarkaas om bo-oor te strooi.
Genoeg aartappels in dun ringe gesny om die bodem en kante van die bak te bedek
Braai die aartappelringe in diep olie tot gaar en krisp en geur liggies met sout. Voer ‘n quiche of tertbak daarmee uit op die bodem en teen die kante. Klits die eiers, melk en meel in ‘n mengbak tot dit glad is. Vou die tuna, rou spinasie, rou bacon, rou sampioene en Fetakaas in die mengsel in sodat dit goed versprei is. Geur met sout en peper en strooi Cheddarkaas bo-oor. Skep die mengsel bo-op die aartappel basis. Bak in ‘n vooraf verhitte oond teen 180ºC vir 30 tot 35 minute of tot ‘n mes wat in die middel ingedruk word, skoon uitkom.
Bron: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete.




HOENDER ALA HANLIE

 

hoender ala hanlietested

8-10 stukke hoender
1 uie fyngekap
1 tamatie fyngekap
4 medium aartappels in skywe gesny
125ml room
125ml melk
1 pakkie bruin uie soppoeier
1 blikkie “creamed mushrooms”
1/2 teelepel fyn knoffel.
Pak aartappelskywe in oondvaste bak. Strooi uie oor en dan die tamaties. Pak hoenderporsies bo-op. Meng res van bestanddele goed saam en skep eweredig oor hoebder stukke. Maak toe met foelie en bak tot hooender deurgaar is by 180*C. Bedien met rys en groente.

Resep en foto:  Hanlie Schneigansz




WORSIE-GEREG

Worskostested
WORSIE-GEREG
Ek wil graag ‘n resep met julle deel. Dit is ‘n groot gunsteling in my huis en maak dit nogal gereeld. Ons noem dit sommer “Worsie Gereg”
WORSIE GEREG
500 – 600 g boerewors, in ringetjie gesny
1 groot ui, gekap
1 teelepel knoffel
2 eetlepels medium kerrie poeier
2 eetlepels blatjang
1 eetlepel bruinsuiker
1 blik tamatie en ui mix
115g tamatie pasta
sout en peper na smaak

Tip: Dit is makliker om die wors in ringetjies te sny as dit nog gevries is, anders skeur die velletjie van die wors af en dan kook die wors pap.
Braai wors, ui en knoffel in ‘n kastrol tot mooi bruin en gaar.
Voeg dan die res van al die bestanddele by, roer goed deur en laat prut totdat alles goed deur gekook het en kerrie gaar is.
Bedien gereg op mash.
Baie lekker!

Resep en foto: Natasja Bekker




STEW WITH KALE (PRAKKIE)

2015-03-28-jacotested

STEW WITH KALE (PRAKKIE)

Good old-fashioned prakkie , or stew with kale.
Boil potatoes and cook the chopped kale separately in a little water . When the potatoes are cooked, they should be drained . Spoon with a skimmer the kale in the mashed potatoes. Add salt, pepper and whipping cream until it is creamy and delicious. Keep everything warm.
Bake 6 sliced ​​onions with chipolata sausages into pieces and chorizo ​​sausage. Add beefstock to taste and the cooking liquid from the kale.
Ladle the stew into the bowl and make a well in the center . Pour the onion gravy with sausage in it and garnish with chopped red pepper. Originally we insert Holland lumps of butter to the mashed potatoes, but that is so unhealthy that I chose cream , because it has less fat and use less of it .

The stew can be made with other vegetables, though. Raw endive , green beans, carrots, lettuce, cabbage, etc. Also can be used any meat, like leftovers from a braai, the onions are fried golden brown , before you add it

Resep en foto:  Jaco van Baalen




SPAGETTI BOLOGNAISE MET ‘N TWIST

hannelie se bolognaisetested

500g maalvleis
2 eiers
koppie brood krummels
speserye
eetl tamatie sous
eetl worcestersous
groot blok cheddar kaas
knorr bolognaise sous
50g tamatie paste
pak spaghetti

meng vir frikkedelle

maalvleis
speserye
broodkrummels
eiers
tamatie en worcester sous
maak bolletjies en plaas in ‘n oond pan bak op 180 grade C tot gaar.

maak sousie met die knorr bolognaise sous en tamatie paste.
kook spaghetti en plaas in oond bak.
plaas frikkedele bo op spaghetti en druk half binne in . gooi die sous bo oor
Rasper kaas en sprinkel bo oor .
Bak in ‘n matige oond op 180’C vir so +/- 20 – 30 min.
Net tot die kaas lekker gesmelt het.
geniet!!!
Foto en Resep: Hannelie Bezuidenhout