HAM AND CHEESE EGG CASSEROLE

tested

Ek het die casserol al gemaak is baie lekker , ek kan ni onthou waar ek dit gekry het ni maar sal n foto by sit… Dit was n hele ruk terug wat ek dit gemaak het…

HAM AND CHEESE EGG CASSEROLE
10 eggs
1 cup cottage cheese
1 cup ham (diced)
1 cup cheddar cheese (grated)
1/4 cup jalapeno peppers (sliced)
2 green onions (chopped)
salt and pepper to taste
1. Mix everything in a bowl.
2. Pour into an 8 inch square baking pan.
3. Bake in a preheated 375°F (190°C) oven until the eggs are firmly set and golden brown on top, about 25-35 minutes.

Geplaas deur Charlene Lienkie Dames




SKAAPSTERTJIE EN SPRINGBOK KNIESKYWE

 

2015-06-04-skaapstertjieenspringbokknieskywetested

SKAAPSTERTJIE EN SPRINGBOK KNIESKYWE
500 g skaapstertjies
500 g knieskywe
1 eetlepel sout
1 teelepel swart peper
1 teelepel fyn neut
1 teelepel koljander
2 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels appel asyn
1 groot ui
1 groot aartappel
500 gram groenbone
100 ml vars room

Kook die vleis vir 30 minute in die drukpot saam met die speserye. Sny nou die ui, en aartappel in, saam met die boontjies en kook weer vir 30 minute. Meng nou die room by en laat staan so 5 minute voor dit opgeskep word saam met ‘n potjie rys en stampkoring mengsel.
DIE wat nou oorbly, raak môre lekker DIK VLEISSOP.

Resep en foto: Stefaans Blaauw




HOLLANDSE HUTSPOT

 

Hollandse Hutspottested

HOLLANDSE HUTSPOT
vir 6 persone
2 groot bossies wortels skoongemaakt en in stukkies (plakkies) gesny,
2.2 kg aardappels geskil en deur die helfte gensy
5 groot uie fyn gesny
sout, peper
egte botter
2 eetlepels melk
klein bietjie neutmuskaat/nutmeg
500 gram blokkies bacon lekker crispy gebak

Vir die vleis:
1KG ham/gammon,
5 eetlepels appelkoos konfyt
3 eetlepels heuning
2cm vars gemmer fyn gesny
en die sap van 1 vars lemoen

Meng die gemmer, lemoen sap, heuning en appelkoos konfyt in ‘n bakkie en sit dit oor die vleis, onthou nie alles nie maar verdeel dit oor 3 ure soos jy die ham in die oond bak op so 170 grade. Ek het die ham elke 15 a’ 20 minute gegalzae met die saus. As die ham vir so uur in die oond gebak het sit 1 koppie water onder in die bak sodat hy nie uitdroog nie. Elke keer as jy hom glaze skep bietjie van die water en saus bo oor die ham. Dit hou hom sappig smile emoticon Kook die wortels en die uie saam met bietjie sout, as hulle gaar is gier die water af en kook in dieselfde water die aardappels wat jy deur die helfte sny. As hulle gaar is giet die water af en sit lekker regte botter in, stamp dit fyn en sit 2 eetlepels melk by. Stamp/mash nou die wortels en uie saam met dit en hou dit op ‘n plaat warm. Sout en peper en nutmeg na smaak. Sit die gebakte bacon blokkies deur dit en hou dit warm op ‘n plaat. Sny die ham in dun skyfies en bedien saam met die Hutspot. Eet smakelijk
Foto en resep deur Claudia Bellink




GESONDE MACARONI EN KAAS

2015-06-03-macaronienkaastested

GESONDE MACARONI EN KAAS
200g (375 ml) macaronistukkies
500 ml vetvrye melk
2 eiers
2 ryp tamaties
250 ml gerasperde laevetkaas (ek gebruik altyd Cheddar)
Sout en gemaalde swartpeper

Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pak, dreineer en skep in ’n groterige bakskottel wat met ’n kleefwerende kossproei bespuit is.
Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
Bedek intussen die tamaties met kookwater, laat dit ’n minuut of twee daarin lê.
Klits die eiers en melk saam en voeg ’n bietjie sout en peper by. Giet die eiermelk oor die macaroni in die skottel.
Haal die tamaties uit die kookwater en trek die skille af. Sny die tamaties in skywe en rangskik dit op die macaron.
Strooi sout en peper na smaak oor.
Strooi die kaas bo-oor.
Bak die gereg sowat 40 minute of totdat dit gestol is.
Aangepas uit Gesonde gesinskos deur Christelle Erasmus.
Foto’s en resep geplaas deur Charmaine Timmerman




EENPOT MAALVLEISGEREG

2015-05-24-eenpottested

EENPOT MAALVLEISGEREG

½ teelepel droë pietersielie
1 teelepel vars knoffel, gekap
500 g bees maalvleis
1 pakkie potato bake (garlic en herb) Knorr
½ teelepels sout
2 koppies kook water
1 ¾ koppie volroom melk
2 koppies rou spiraal pasta

Verhit olie en soteer pietersielie en knoffel vir 2 minute. Voeg maalvleis by en braai tot gekleur. Roer potato bake en sout by. Voeg kookwater en melk by. Gooi pasta by en roer deur. Prut vir 25 minute sonder deksel oor matige hitte. Roer deur en plaas deksel op en laat prut vir nog ‘n verdere 10 minute. Sit warm voor met slaaitjie van eie keuse. Die is nie my resep vir my slaaitjie nie.
Foto: Elsie Jacobs Dreyer




VIS EN AARTAPPELGEREG

Vis en aartappelgereg
VIS EN AARTAPPELGEREG
5 groot aartappel in skywe gesny so 0,5 cm
aartappel skywe gekook in water met sout tot halfpad gaar
Ek het vis Hake fillet gevat en skywe gesny.
Pak die aartappels in ‘n oond bak een laag.
Gooi green onion speserye.
Pak een laag Hake fillets.
Gooi Vis speserye.

Pak die volgende laag tot alles klaar is maar eindig met aartappels laaste.
In die geval was dit 3 lae aartappels en 2 lae vis.
Die laaste ry aartappels kry pietersielie eintlik net vir die show.
Een eetlepel crushed garlic.
Sit die oond bak se deksel op en bak in die oond op 180ºC vir 30 minute.
Intussen het ek ‘n swart pepersous gemaak.
Haal die bak na 30 minute uit die oond en toets of alles mooi sag is.
Gooi die sous in my geval die pepersous oor alles en sit terug in die oond met die deksel op die bak vir nog 15 minute.
Haal uit en strooi gerasperde Cheddar kaas bo-op.
Plaas terug in die oond sonder die oond bak se deksel en bak tot kaas mooi in gesmelt het en bruin is.
Foto en resep deur Koos van der Merwe




SKAAPBLAD VAALPOT

2015-05-23-skaapbladvaalpottested

SKAAPBLAD VAALPOT

Met Blaarslaai, komkommer, en tamatie..
2 kg Skaapblad
1 eetlepel sout
1 teelepel peper
1/2 teelepel Gemmer
1/2 teelepel Neut
4 eetlepels bruin asyn
1 teelepel koljander..

Kook die vleis in die drukpot vir n uur, pak dan die blaarslaai bo op, die komkommer, en die tametie.
Gooi bietjie Garlic & Herb speserye in…
Gooi nou 150 ml Vars room in die pot, en kook vir nog 15 minute…
Dan eet mens lekker en suig daai murgbeentjies se murg alles uit..

Foto en resep deur Stefaans Blaauw




INDONESIAN BAMI GORENG

tested

 

INDONESIAN BAMI GORENG

500 gr Fettuchini! Or Mi-hoen as it is
Boil in salt water drain
Put in big bowl add 3-4 tbs ketjap manis. Stir set saside…

500 gr chicken or pork steak
2 big onions diced
2 big leeks sliced use all
Small punnet mushrooms sliced
1/4 cabbage shredded
1red and 1yellow paprika diced
Bunch springonions sliced
Use whole bunch
Thumbsize ginger diced fine
4 garlic cloves
Pepper/salt/paprika powder/chillies/sambal oelek optional

Stir fry in hot wok seperatly in rama as follows.
Meat add spices till cooked
Add to pasta
Onions till done add paprika powder for nice collor add to pasta
Leeks till half done
Mushrooms till cooked
Paprika bite soft both red/yell
Cabage till soft add all to pasta mix well!!
Springonions uncooked to pasta mix all together! Check for seosoning!!! Add sambals etc to taste!!
Serve with fried eggs. Cucumbers pickels. Peanut sauce. Sausaties pork/chicken spiced.
Can add prawns in the bami or as side dish optional extra!!!
Source: Elisabeth Kruk Burger




ADRIAN SE ROMERIGE SPINASIE LASAGNE

 

2015-05-21-adrianseromerigespinasielasagnetested

ADRIAN SE ROMERIGE SPINASIE LASAGNE

500g maalvleis
1 fyngekapte ui
1 fyngemaakte knoffelhuisie
2 Lourierblare
2 eetlepels tamatiepasta
1 vleisekstrakblokkie
sout en peper na smaak
Olie of botter om in te braai
500g spinasie
Spinasie lasagna stroke (sheets)
Kaas om bo-oor te sprinkel
Bechamelsous (sien link hieronder)

Verhit die olie of botter saam met die lourierblare en braai die uie daarin tot sag. Voeg dan die knoffel by en braai vir een minuut. Voeg die vleis by en braai saam met die uie en knoffel verder tot dit goed verbruin het. Los die vleisblokkie op in ongeveer 100ml kookwater en voeg die tamatiepasta daarby. Voeg dit by die vleis en geur met sout en peper na smaak. Onthou die vleisblokkie is ook sout. Roer goed deur en prut liggies tot die meeste vloeistof uitgekook is. Haal van die hitte af en hou eenkant.
Kook die spinasie tot sag, dreineer en maak dit fyn in ‘n voedselverwerker of sny dit baie fyn op. Maak die Bechamel sous (witsous) en roer die spinasie daarby in. Spuit ‘n oondvaste bak met nie-klewende sprei en pak ‘n laag lasagna velle onder. Skep ‘n laag witsous bo-oor en volg dan op met ‘n laag vleis. Herhaal die lae maar eindig met ‘n laag witsous bo-oor die laaste laag vleis. Sprinkel kaas van jou keuse bo-oor. Laat vir ‘n halfuur staan en bak dan in ‘n voorafverhitte oond vir ongeveer 35 minute by 180ºC tot goudbruin bo-op.

http://foodloversrecipes.com/bechamel-sauce-white-sauce/

Bron: Adrian Olivier.
Foto: Adam Cloete.

 

 




SAVOURY MINCE AND BEAN COBBLER

2015-05-20-savouryminceandbeancobbler

SAVOURY MINCE AND BEAN COBBLER

Recipe serves 4-5 Preparation time 25 minutes Cooking time 60 minutes
Share on email
INGREDIENTS
500 Gram Beef mince
30 Millilitre oil
1 red onion, chopped
1 Red pepper, diced
1 Green pepper, diced
425 Gram Tin red kidney beans, drained
10 Millilitre Worcestershire sauce
½ Teaspoon Thyme
½ Teaspoon Marjoram
2 Millilitre Sugar
Salt and pepper
150 Gram Self raising flour
30 Gram Stork Margarine
1 sachet KNORR Spaghetti Bolognaise Dry Cook-in-Sauce
50 Gram cheddar cheese, grated
1 Egg, beaten
10 Millilitre Worcestershire sauce
25 Millilitre Water
Milk to glaze
METHOD
Heat the oil and fry the mince and onion until well browned.
Add the peppers and fry for 2 minutes.
Pour in KNORR Spaghetti Bolognaise Dry Cook-in-Sauce, beans, Worcestershire sauce, thyme, marjoram, sugar and seasonings.
Bring to the boil and pour into a casserole dish.
Cover and bake at 180°C for 20 mins.
While waiting, make the topping by sifting the self raising flour and rubbing it into the margarine and stirring in the cheese.
Blend the egg with water and Worcestershire sauce, add to flour mixture and using a knife, stir to form a soft dough.
Roll dough to 1cm thickness and cut into circles using a scone cutter.
Brush the top with a little milk and arrange around the edge of the casserole dish and bake uncovered for 35 minutes until golden brown.

Photo and recipe posted by Beverley-Ann Botha‎