PASTORIE HOENDER MET VARIASIE

pastorie hoender

PASTORIE HOENDER MET VARIASIE
1 pak hoenderstukke
hoenderspeserye en sout na smaak
naeltjies en hoender aftreksel (Stock) poeier by is ook heerlik
opsioneel.
500 ml rou rys
1 pakkie beesvleis en groete sop poeier
2 uie
2 tamaties
500 ml kookwater (lees nota)

Neem ‘n oondpan of oondkasserol en gooi die rys onderin.
Strooi die soppoeier oor die rys.
Braai die tamaties en uie en smeer bo oor.
Pak die hoender stukke bo op en geur.
Gooi die water oor.
Maak toe met foelie of deksel.
Bak tot gaar teen 180ºC.
Haal die foelie of deksel af en maak die hoenderstukke bruin.
Wenke:
Die water volgens die resep was te min om die rys mooi gaar te kry.
Ek gooi water op totdat die rys amper bedek is.
Die rys en hoender kan vermeeder of verminder word net soos wat jy wil.
Feitlik enige tipe rys kan gebruik word.
Bruinrys is gesonder.

Variasie:
Gebruik ander sop mengsels.
Gebruik geblikte tamaties en uie.
Gebruik klein tamatietjies.
Smeer 1 of 2 blikke kerrie groente oor die rys in plaas van sop.
As jy die groente of soppoeier effens deur roer deur die rou rys, gee dit die rys meer smaak en kleur.
Die oorskiet rys maak `n lekker koue (of kamertemperatuur) “slaai“




GEREG MET RYS SPINASIE MAALVLEIS EN FETA

 

2015-06-29-eenskottelmetrysspinasiemaalvleisenfetatested

GEREG MET RYS SPINASIE MAALVLEIS EN FETA
Ek het spinasie gekook tot gaar.
Braai toe tamatie en uie met mushrooms saam met gaar spinasie.
Braai die maalvleis apart ook tot gaar, het lekker pasta sous by gegooi met spices, die rys het ek ook ‘n rukkie gekook.
Toe sit ek rys onder dan maalvleis, bietjie water oor gegooi dan gooi ek spinasie en ‘n halwe pakkie bruin uie sop oor dan feta en gouda kaas en in die oond gebak op 180°C vir 30 minute tot rys helemaal gaar is en kaas gesmelt is.
RESEP EN FOTO: Natashia Klopper van Tonder




EENSKOTTEL HOENDER EN RYS GEREG

EENSKOTTEL HOENDER EN RYS GEREG
Gebruik ‘n oondskottel met deksel.
1 kop rou rys
1 ½ – 2 kop gemengde gevriesde groente (klein blokkies wortels, mielies, ertjies en boontjies mengsel)
1 pak hoenderporsies
1 groot ui in ringe gesny
1 klein blik perskeskyfies met sous
¼ kop blatjang
1 pakkie sampioen of wit uiesoppoeier aangemaak met
500 ml water
Sout en peper na smaak
Metode:
Gooi 1 kop rou rys onder in ‘n gesmeerde oondbak wat sy eie deksel het.
Gooi die koppie gemengde groente –eweredig oor die rys.
Pak vervolgens die ontdooide hoender porsies bo-op.
Versprei die uie ringe bo-op en rond af met die blikkie perskeskyfies in stroop.
Maak die pakkie sampioen- of wit uiesop aan met 500ml water, voeg die kwart koppie blatjang hierby en meng goed deur en gooi die sous bo-oor die bestanddele in die oondskottel.
Geur met nog ‘n bietjie sout en peper na smaak indien nodig. Hou ingedagte dat die soppoeier reeds geurmiddels by het wat gewoonlik genoeg is vir die gereg.
Bak vir 1 en half uur tot 2 ure by 160 grade C met die deksel op. Kyk na uur en ‘n half of die vleis sag en gaar is, en die rys uitgepof is.
Verwyder dan die deksel, plaas terug in die oond, verhoog die grade na 180°C. Hou die gereg dop sodat die hoenderporsies nie brand nie, maar net mooi verbruin en die velletjie bros bak.
Aangesien hier reeds rys asook ‘n spatsel groente in die gereg is, kan u net ‘n slaai of twee hiermee saam bedien.

Foto: Adam Cloete

Foto:  Madie Janse van Rensburg Ek het dit in die slow cooker gemaak — Dit het 100% gewerk! Ek het net 1.5kp water gebruik en hom vir 5 ure in gehad en die verstelling was op hoog.




POF MACARONI

tested

POF MACARONI
Nog ‘n maklike een om te maak wanneer jy gaar macaroni het.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie gaar macaroni
1 ½ koppie broodkrummels
4 eiers
1 koppie warm melk
1 ½ koppie gerasperde kaas
sout

Meng krummels en eiergele.
Sit kaas, macaroni en sout by en meng.
Vou laaste styfgeklopte eierwitte by, moenie te veel roer en klits nie, die eierwitte moet net goed ingemeng wees met ‘n lepel.
Skep in vuurvaste skottel.
Bak tot gaar en mooi gekeur.
Stukkies spek of vleis van jou keuse kan ook ingesit word.




ITALIAN PORK SAUSAGE CASSOULET

 

2015-06-22-italianporksausagecassoulettested

ITALIAN PORK SAUSAGE CASSOULET

600gr Italian Pork Sausage (my butcher makes it) Cut into halves
1 Onion Chopped
2 Cloves of Garlic Chopped
8 Tablespoon Olive Oil
1/2 Teaspoon Chillie Infused Olive Oil
200/300ml of Hot Water
1/2 Glass of Wine I used Dry White
1 Tin Italian Chopped Tomatoes
2 Tins Butter Beans
pinch of Thyme
splash of Wortcheshire Sauce

Put Olive Oil into a pot and add your Onion and chopped Garlic let them caramalise or until transparent then add your sausage and let them brown. Add your wine let it evaporate then add your tin of chopped tomatoes let is cook for a couple minutes then add your thyme and chillie infused oil and Wortcheshire .Add your hot water till it covers your sausage. Let is cook for about an Hour on med/high heat until the sauce starts to thicken after that add your two tins of Butter Beans Rinsed and let it cook for another 10/15 mins.
Recipe and Photo: Sabrina Merli




BEESTONG EN BRUSSELSPRUIT GEREG

BEESTONG EN BRUSSELSPRUIT GEREGtested

BEESTONG EN BRUSSELSPRUIT GEREG
Week 1/2 koppie rosyne in kookwater waarby 1 teelepel mosterd poeier en 1 eetlepel maynnaise gevoeg is.
Kook 1 beestong wat klaar gepekel is saam met:
1 wortel in ringe gesny,
1 gekerfde ui
omtrent 10 cm stukkie selderystingel fyn gekap
Die tong moet bedek wees met water wanneer jy begin en voeg water by indien nodig. Verwyder tong wanneer gaar en kook dan so 2 groot aartappels in dieselfde water tot gaar saam met 1 teelepel Ina Paarman aarsappel spice.  Skep aartappels en wortels uit met gaatjielepel. Voeg nou rosyntjiemengsel by en prut.Sny nou so 5 swart sampioene in die helfte en prut in dieselfde sous. Kook handvol brusselsprouts net so 5 min in die mikrogolf en voeg by sampioene in die sous.
Gooi 1 pakkie “lui huisvrou sous vir roasted chicken” se poeier by en roer goed deur.
Voeg ongeveer 1/2 teelepel growwe swartpeper by en prut so 5 min.

Sny nou die tong en aartappels in skywe en pak in oondvaste bak om die beurt met die sampioene ook by, skep wortelstukkies en brussel sprouts bo oor.
Gooi nou sous oor en bak in die oond by 180 ºC vir so halfuur.
Skep meeste rosyne af en meng met kaapse mosterd en bedien saam met die tonggereg.
FOTO EN RESEP: Jacques Marianne Van Niekerk




DALE SE KAASWORSIEPASTA

DALE SE KAASWORSIE PASTAtested

DALE SE KAASWORSIEPASTA
Lekkerste pasta vir middagete gemaak. Herinner my aan die goeie ou dae toe my ma nog vir my gesorg het. Hoeveelhede van die bestanddele is na eie smaak.
pastaskulpes
kaasworsies, opgesny
spek, opgesny
botter vir braai
sampioene, opgesny
knoffel
Worcestersous
Cujan speserye
1 blikkie mieliepitte
sout en peper na smaak
1 blik pynappel stukkies
braaivleis speserye
blatjang
gerasperde kaas vir bo–oor

Al die bestanddele moet apart gaar gemaak word. Kook die pasta gaar volgens die aanwysings op die pak en spoel goed af, plaas dit weer terug in die pot, want al die bestanddele word uiteindelik daarin gemeng.
Braai die kaasworsies in ‘n warm pan tot die kaas lekker gesmelt is.
Panbraai die spek tot heerlik krakerig.
Braai die sampioene met plaasbotter, knoffel, Worcestersous en cajun speserye tot gaar en effe taai.
Mieliepitte word ook met plaasbotter en sout gepanbraai tot die pitte begin verkleur, dis lekker as so paar van die pitte bietjie brand, laat dit soos braaimielies proe.
Voegdie blikkie pynappelstukkies in die pan, sap en al, laat dit braai tot die sap met die helfte verminder en ook half taai raak. Voeg die braaivleis speserye en blatjang by die pasta en roer deur. Meng die ander bestanddele een vir een by die pasta en roer deur. Rasper ekstra kaas bo-op. Lekker verby!!
Resep en foto: dale van Staden




TUNA EN RYS GEBAK

TUNA EN RYS GEBAKtestedTUNA EN RYS GEBAK

TUNA EN RYS GEBAK
Ek het bietjie oorskiet rys gehad van gistraand wat ek sommer omgetower het in die dis – nogal lekker gekom!

Resep:
1 pakkie sampioene opgesny
Oorskiet rys (myne was ongeveer 2-3 koppies gaar jasmine rys)
250 ml melk
125 ml mayonnaise
4 eetlepels maizena/corn starch
1/2 teelepel sout
2 blikkies tuna
1 eetlepel botter
2 koppies gerasperede kaas (ek het mature cheddar gebruik)
1/4 teelepel crushed garlic
1 teelepel onion powder (koop dit by woolies se spices, maar ‘n baie fyn gesnyde uitjie sal ook werk)
1 sakkie fish stock (hoender stock sal ook lekker werk)
1 eier

Metode
Smelt botter in ‘n pan, braai sampioene tot gaar (as jy ‘n ui gebruik braai dit saam die sampioene) wanneer sampioene gaar is gooi die oorskiet rys daarby en braai dit liggies, gooi garlic by asook fish stock en tuna (gooi water of olie af voor jy dit by die rys mengsel gooi) braai nog bietjie en haal van die plaat af … Meng helfte van die kaas by die rys mengsel …. In ‘n mengbak gooi jou melk en sout en maizena saam en roer goed om seker te maak maizene is mooi opgelos, gooi mayonnaise by die melk, gooi eier by en meng deeglik.
Gooi rys-tuna mengsel by die melk mengsel en roer als goed saam, smeer glasbak met bietjie botter of spray met spray n cook en gooi jou mengsel daarin en bak by 180C vir ongeveer 25-30 min lank

RESEP EN 1STE FOTO:  Sunette Shepperson
TWEEDE FOTO: Adam Cloete




MA SE LEKKER HOENDERPASTA

2015-06-09-maselekkerhoendertestedma se lekker hoender pasta

MA SE LEKKER HOENDERPASTA
1 pakkie klein skulpie noedels
1 pakkie spek gesnipper
2 koppies cheddar kaas
2 pakkies dik sampioen soppoeier
1 bakkie sampioene
1 ui opgesny
1 klein greenpepper
1 heel hoender gekook en gevlok

Braai ui, bakkie sampioene, greenpepper en spek in so bietjie olie, tot sag, voeg gevlokte hoender by en braai nog so bietjie. Hou een kant.
Maak die 2 pakkies soppoeier aan met 3 koppies koue water en kook op stoof tot gaar en lekker dik. Kook noedels soos normaal en spoel af.
Skep noedels in ‘n oond pan, meng die hoender en spek mengsel by, roer lekker deur, gskep die aangemaakte sop oor van hoek tot kant, roer weer lekker deur.
Sprinkel die kaas bo-oor en bak vir so 10 min op 180ºC, dan grill tot kaas goud bruin is.
Geen sout word by gevoeg die sop is sout en die spek ook.
Dis ‘n lekker dis glo my en jy eet net ‘n bietjie dan is jy versadig, bedien met ‘n slaai ek maak sommer ‘n mengel slaai.
Geniet dit en laat weet wat julle dink, my ma dit altyd Saterdae vir ons gemaak.
Foto en resep: Belinda Minnie en Adam Cloete




BOEREWORS BREDIE

2015-06-08-boereworsbredietested
BOEREWORS BREDIE
(7-10persone)

1 blikkie chakalaka
1 groot ui
2 eetlepel olyfolie
1 groot pak wors (1kg)
6/7 kleinerige tamaties
4 medium aartappels
6 baby marrows
sout en peper
Bbq speserye
1 pakkie Beef and Onion soppoeier
Bietjie Castle BBQ sous

Braai gekapte ui in olyfolie vir so 3min op medium/hoog hitte. Sny tamaties in kwarte en voeg by. Snipper wors in duim lengte stukkies, gooi speserye oor en voeg by om te braai vir nog so 5min.
Skil en sny aartappels en babymarrows in blokkies en voeg by.
Maak soppoeier aan in koppie met water tot vol. Voeg by pot saam met Castle BBQ sous.
Roer deur en laat prut op lae/medium hitte tot alles gaar is.
Bedien met rys/pap.
Voila!
Resep en foto: Dedrei Venter