VINNIGE HOENDER EN BLOMKOOL PILAF

VINNIGE HOENDER EN BLOMKOOL PILAF

45 ml olie
450 g hoenderfillette in blokke gesny
1 medium ui, gekap
375 ml basmati rys
5 ml borrie
7,5 ml komynsaadtjies
7,5 ml mosterdsaadtjies
5 ml rissievlolkies
625 ml hoenderaftreksel
400 g blomkool in klein stukkies gebreek
sout
Verhit olie in groot pan oor meduim hoë hitte. Braai hoender bruin, skep uit. Draai hitte na medium. In dieselfde pan braai ui tot sag. Voeg rys en speserye by en roer goed deur en braai vir 3 minute. Voeg aftreksel, hoender en kool by en kook stadig met deksel vir 25 minute tot rys gaar is. Geur met sout. Bedien met suurlemoen, vars koljander en mint en coriander relish:
1/2 koppie mint blare
1/2 koppie koljanderblare
1 teelepel komyn saad
1 koppie suurroom
Meng in voedselverwerker.

Foto en resep geplaas deur Ivanda Venter




BROCCOLI CHICKEN DIVAN

BROCCOLI CHICKEN DIVAN

Ingredients

1 pound chopped fresh broccoli
1 1/2 cups cubed, cooked chicken meat
1 (10.75 ounce) can condensed cream of broccoli soup
1/3 cup milk
1/2 cup shredded Cheddar cheese
1 tablespoon butter, melted
2 tablespoons dried bread crumbs

Directions

Preheat oven to 450 degrees F (230 degrees C).
Place the broccoli in a saucepan with enough water to cover. Bring to a boil, and cook 5 minutes, or until tender. Drain.
Place the cooked broccoli in a 9 inch pie plate. Top with the chicken. In a bowl, mix the soup and milk, and pour over the chicken. Sprinkle with Cheddar cheese. Mix the melted butter with the bread crumbs, and sprinkle over the cheese.
Bake in the preheated oven for 15 minutes, or until bubbly and lightly brown.
Photo: Marika Tegmann  – Ek kon nie broccoli sop in ‘n blikkie kry nie. So toe het ek besluit om Hoender en Sampioen blikkie sop gebruik. Dit was nogsteeds lekker. Ons hou van warm kos ek sal volgende keer net bietjie chilli by sit vir bietjie byt in die gereg.

Photo and recipe posted by Marika Tegmann




ANNETTE SE LASAGNE GESTOPTE KOOLKOP


ANNETTE SE LASAGNE GESTOPTE KOOLKOP
Resep en foto: Annette Schutte
FOOD LOVERS RECIPES
Medium koolkop uitgehol en deksel gevorm
500 g maalvleis
1 medium ui gekap
5 velle lasagne gehalveer en sag gekook
Sout
4 gekneusde knoffelhuisies
Peper
Maalvleis spesery na smaak
1 koppie kaas gerasper
3 eetlepels Bisto poeier
1 koppie aangemaakte witsous

Braai uie en maalvleis tot halfgaar, geur met smaakmiddels.
Voer binnekant van kool met lagie saggekookte lasagne velle.
Lagie maalvleis.
Herhaal lagies en eindig met maalvleis.
Plaas ringe wortels bo op en sit kool deksel op.
Plaas in bak sakkie of foelie en bak in voor verhitte oond 180 grade C +- 2 ure of tot kool sag is as jy aan hom druk.
Haal uit oond, verwyder sakkie of foelie.
Strooi kaas oor en druk terug in oond vir 15 min.
Meng Bisto met koppie koue water en roer by pansappe in, kook goed deur en bedien apart as ‘n lekker sous.
6 ruim porsies
Voor en na foto
Smaaklik verby, kool is stroop soet.
O ja, ek het baksakkie ipv foelie gebruik




ADAM SE GEBAKTE CHAKALAKA BULLY BEEF TERT

ADAM SE GEBAKTE CHAKALAKA BULLY BEEF TERT
Bestanddele
1 blikkie soutvleis (boeliebief) in klein stukkies gesny
1 blikkie chakalaka (sterkte van jou keuse)
1 blikkie Kerkerertjies (chick peas) gedreineer
1 medium gekapte ui
1 pakkie potato bake van jou keuse
¾ koppie melk
2 eiers
Metode:
Braai die uie tot amper sag in ‘n kastrol en voeg die soutvleis daarby. Braai vir nog ‘n paar minute en roer nou en dan. Voeg dan die kerkerertjies en die chakalaka by en laat prut vir ongeveer 15 minute tot die vloeistof aansienlik verminder het. Skep die mengsel oor in ‘n oondbak.
Meng die melk, eiers en potato bake deeglik en giet oor die soutvleismengsel. Bak by 180ºC vir 30 minute.
Bron en foto: Adam Cloete
2de Foto: Johan Steyn
Soos julle kan sien het hy gemengde groente bygevoeg wat demonstreer hoe mens lekker kan improviseer met die gereg.




ALET SE ROOMKOOL GEREG

ALET SE ROOMKOOL GEREG

1 koolkop
250ml room en
1 koppie melk
1 koppie gerasperde broodkrummels
1.5 koppie kaas enige kaas van jou keuse
1 pakkie Wit uie sop.
1 Ui opgesny.
Sout of en peper na smaak.
Kerf koolkop op in redelike klein stukkies en die ui. Kook dit saam tot sag. Dreineer. Gooi in n ronde bak om te meng. Vat jou room, melk en wit uie sop en meng saam. Gooi jou broodkrummels intussin oor die kool, meng dan die room, melk en uie mengsel in.
Gooi in pan strooi kaas oor en n klontjie botter as u wil.
Bak dan eers onder so ongeveer 15 min BY 180 grqade C en dan bo tot goud bruin. (grill)
As daar geen vleis bedien word saam met die gereg nie, kan jy gemengde koue vleis se afval stukkies koop gewoonlik by checkers se deli. Jul kan dit insit as jy dit so verkies dan is dit basies een ete op sy eie of n vleisie aan die kant enige van jou keuse.
genoeg vir 4 tot 6 mense.
Jy kan dit verdubbel ook soos ons het.
Resep en foto:  Alet Van Wyk Weitsz




LAMS PERI PERI POT


LAMS PERI PERI POT
Braai 3 groot uie in bietjie olie tot sag, voeg 5 geskilde, opgekapte tamaties by die uie en braai tot tamaties lekker gaar is.
Gooi mespunt peri-peri, eetlepel medium kerriepoeier, 4 teelepels suiker en ‘n eetlepel Paco curry paste by die tamaties en uie en braai lekker.
Gooi so 3 koppies water op en sout na smaak. Sit so 9 of meer stukke lam nek en skenkels in die tamatie en uie en kook vir so 2 ure tot sag.
Voeg aartappels by ek kook tot amper sag, gooi water soos nodig dat dit nie brand nie. Maak seker daar is genoeg vloeistof op die kos, vleis en aartappels moet net toe wees on die water.
Gooi nou 2 tot 3 koppies rys bo oor en laat stadig prut in sous tot rys gaar is. Lekker eet!

FOT EN RESEP:  Loraine Peyper Viljoen




ONE POT CHEESY CHICKEN PASTA

ONE POT CHEESY CHICKEN PASTA
Recipe posted by Rina Kleinhans
Photo: Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
2 cups shredded or diced chicken
2 tablespoons minced green onion
2 tablespoons minced garlic
1 can Manwich Bold + 1 can water
2 cups chicken broth
½ pound of small dry pasta (I used penne)
2 cups shredded cheddar cheese

Heat a small amount of oil in a large pot. Add onion and garlic and saute for one minute, then add cooked chicken* and saute for a couple of minutes.
(*Tip: I happened to have cooked, shredded chicken on hand so I used that, but I think I would start with raw chicken next time and cook the diced chicken and in the pot).
Add chicken broth, Manwich Bold Sloppy Joe Sauce, water and pasta to the pot. Bring to a boil. Reduce heat to simmer for about 25-25 minutes.
Remove from heat and stir in shredded cheddar until well incorporated, reserving a handful to sprinkle on the top. Cover for a few minutes to allow the cheese to melt, and stir.
Serve.
Note: You can easily replace Manwich sauce by mixing ketchup, tomato sauce, and Worcestershire sauce with basic seasonings.

 




LEKKER HOENDER BRIYANI

LEKKER HOENDER BRIJANI

1 birjani pack ( het by Checkers gekoop )
1,3 kg hoender boudjies
2 groot tamaties
175 g yogurt plain
1/4 koppie olie sonneblom
1 potjie garlic and ginger paste … die helfte
8 aartappels geskil , en opgesny ( ek bak my aartappels in warm olie op stadige hitte sag te kry maar nie bruin nie … en nee jou aartappels kom nie olie rig uit nie )
Dan in n groot genoeg bak vir vleis , rasper tamaties ( ek sny in helfte en rasper dit ) Dan gooi yogurt in , masala , garlic en ginger , food colour en olie meng alles goed saam … sit vleis in en bedek marinate vir n paar uur … In die tussen tyd bak aartappels en kook lentil tot sag maar nie pap nie … my rys kook ek net n rukkie dit moet nog hard wees .
Ek het n Indiese pot … Skep helfte van die lentils in pot gevolg met vleis en aartappels ek gebruik so halwe koppie water en gooi dit oor vleis gevolg met ander helfte lentils en dan al die rys … Sprinkel cumin seeds oor en dan dot met stukkies botter … voor ek deksel op sit seel ek pot met n stuk foil … In. Voorverhit oond 180 C kook ek my pot … dit vat net so bietjie meer dan n uur vir hoender … na n uur check ek deur n skep messier in.vleis te druk as vloeistof skoon uit kom gaar … maar nog pienk dan terug vir nog n rukkie … kyk net uit hoender kan baie gou uit droog … hoop alles onthou !
Jy kan uie In sit , ek verkies nie uie in myne nie . Soos ek gese het dit is nie n resep nie dis maar hoe ek myne maak !
Bron en Foto: Petro Van Genderen




BOELIEBEEF MET KAASSOUS

BOELIEBEEF MET KAASSOUS

2 blikkies boeliebeef
4 groot aartappels, sag gekook
1 ui
2 tamaties
1 pakkie sampioene
1 pakkie spek
500g kaassous
1 koppie gerasperde kaas

Braai ui, tamaties, spek en sampioene saam,.
Voeg boeliebeef by. Maak aartappels fyn, sit boeliebeef bo-op en bedek met kaassous en gerasperde kaas.
Bak oop in oond teen 180 grade C vir 30 min

Foto en resep geplaas deur Maralize Van Winsen




PETRO SE EENSKOTTEL PLAT GROENBONE GEREG


PETRO SE EENSKOTTEL PLAT GROENBONE GEREG
300 g plat groenbone, opgesny
4 medium groot aartappels, opgesny
1 ui, opgesny
½ pak ontbyt spek, in groot stukke gesny
Sout en swartpeper
Kook bone in sout water doen dieselfde met aartappels … wanneer gaar water af sit terug op warm plaat om seker te maak dis lekker droog .
Warm bietjie olie in n pan, braai ui tot mooi goudbruin skep uit dan spek, bone en aartappels … Skep alles terug in pan en laat deur warm word … lae hitte om dit nie te laat brand nie .. geur met sout en swartpeper .

Bron en foto: Petro van Genderen