ELIZABETH SE HOENDER EN BOTTERSKORSIE LASANGE


ELIZABETH SE HOENDER EN BOTTERSKORSIE LASANGE
Bron en Foto: Elizabeth Frylinck Claassens
FOOD LOVERS RECIPES
4 hoenderborsies ontvel en beenloos
1 klein botterskorsie/ halwe groot botterskorsie geskil en in blokkies gesny
1 ui in blokkies gekap
2 eetlepels botter
1 pakkie vars sampioene gekerf of ñ blikkie sampioene gekerf en gedreineer
Speserye na smaak
2 hoenderaftreksel blokkies
Knypie gedroogde roosmaryn
3-5 ml Ina Paarman knoffel & kruie speserye
1 pakkie hoenderroomsoppoeier
2 eetlepels koekmeel
1 L melk
Sout en peper na smaak
100 -150g mozarella kaas
200 g cheddar kaas
1 houer roomkaas (ek het knoffel and kruie gebruik)
100 ml melk
Lasagne velle (ek het 1 pakkie gebruik)
Kook hoender in ‘n pot met water en aftreksel en speserye van keuse tot hoender sag is. Skep hoender uit en pluis fyn met ñ vurk. Hou hoenderaftreksel.
Smelt botter in ‘n groot pan of pot en voeg ui en botterskorsie by. Braai tot ui deurskynend begin raak, maar nie bruin nie. Voeg sampioene by en krummel die knypie roosmaryn by die mengsel in. Voeg ook die Ina Paarman se knoffel en kruie speserye by en braai oor stadige hitte. Voeg 2 soplepels vol van die hoenderaftreksel by en prut oor lae hitte tot botterskorsie net gaar is, maar nie pap nie. Gooi dan by hoender en roer deur. Voeg nog 1-2 soplepels vol hoenderaftreksel by die mengsel en roer goed deur. Sit nou sout en peper na smaak by.
In ‘n maatbeker meng die soppoeier en die meel met die melk. Gooi in die pot/pan waarin die uie en botterskorsie gebraai het. Roer oor lae hitte tot sous verdik het.
Meng roomkaas en 100ml melk in ‘n bak en rasper die kaas by. Roer goed deur.
In ‘n gesmeerde oondvaste bak, pak die lae as volg: sous, rou lasagne velle, hoender, lasagne velle, sous, hoender, sous, lasagne velle en roomkaas mengsel. Maak seker dat die lasagne velle nie oormekaar vleuel nie en dat die sous elke keer die lasagne heeltemal bedek. So ook die roomkaas mengsel. Laat staan vir ‘n uur(of langer), bak dan by 180° vir 45-60minute.
Dit is genoeg vir 6-8 persone.
Wenk: maak seker die vulsel en die sous is warm wanneer die lae gepak word. Dit help dat die lasagne velle sag word sonder om dit vooraf te kook.




TUNA SPAGHETTI


TUNA SPAGHETTI
Halwe pak rou spaghetti
600 ml melk
1 pakkie sampioensoppoeier
1 blikkie tuna gedreineer
375 ml gerasperde kaas
Kook spaghetti in soutwater tot sag. Dreineer en hou dit warm.
Berei die sous terwyl die spaghettie kook. Verhit die melk en soppoeier oor marige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt en roer aanhoudend tot dit kook. Roer die gedreineerde tuna saam met 250ml van die kaas by.
Voeg die sous by die spaghetti en meng. Skep dit in ‘n oondvaste bak. Strooi die oorblywende kaas oor. Plaas dit ‘n paar minute lank onder ‘n warm oondrooster tot die kaas gesmelt het.

Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis

Nota: Lekker! en super vinnig om te maak.




FRIKKADELLE OP PASTA


FRIKKADELLE OP PASTA

Kook pasta van jou keuse tot gaar maar nie pap, dreineer goed en skep onderin oondbak.
Maak frikkadelle:
500 g maalvleis
1 groot gebraaide uie
2 snye geweekte brood (bietjie melk)
1 koppie rou oats
1 eier
2 eetlepel gekapte pietersielie
1 fyngekapte knoffelhuisie
1 teelepel fyn koljander
1 eetlepel asyn
1 teelepel sout
Pak (rou) bo-op pasta en skep 1 blik matige chakalaka oor gevolg met 1 blik tamatie, uie en knoffel smoor. Bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur by 180ºC.
Rasper mozzarella kaas bo-oor en sit terug in oond tot gesmelt.
Bedien met mengelslaai.

Foto en resep geplaas deur Michelle Pottage

Pasta cooked of your choice. Then to make the mince balls it’s
500 g mince
1 onion
2 sliced bread soaked in milk
3 weetbix broken into pieces
1 egg
2 tablespoons parsley
1 garlic glove crushed
1 tablespoon white vinegar
salt and pepper.
Mix it all together. Make the mince balls. In a oven proof dish put the pasta first then the meat balls then take a tin of tomato and onion mix and 1 tin chakalaka and pour it over. Cover with foil and bake for an hour at 180. degrees C.
Then take it out sprinkle grated cheese over and bake for another 20 minutes.




ALTA SE VAALKOS BREDIE

ALTA SE VAALKOS BREDIE
Kookbraai beesvleis tot net sag, geur na smaak, dan halwe aartapels en halwe klein koolkoppies, bo-op vleis, daar moet genoeg sousie wees vir rys. Patats het ek klein heel patats geneem, so 6 en 2 eetlepels stroop, 2 eetlepels suiker en n stuk botter, knippie sout en paar kassia stokkies, kook patats in sous en braai dan stadig, moenie roer nie, draai patats met spaan tot mooi egalig bruin en effens sous lekker karamel kleur het.

Bron en Foto: Alta Gunter Van Dyk
2de foto:  Ronell Muller Boshoff –  Ek het vanaand weer die Vaalkos met soetpatats en gemengde groente met kaassous gemaak.




CHICKEN ALA KING


CHICKEN ALA KING
2 onions diced and cooked slowly with 2 cloves crushed garlic.
500 grams chicken breast sliced small and added to onions.
Turn up heat a bit.
Add a green and red pepper sliced and a punnet of sliced mushrooms.
Add black pepper, half a tsp mixed herbs and chicken stock.
Once chicken is cooked, turn down heat and add 500ml double cream and thicken the sauce with a tsp cornflour mixed to a paste with a little water.
Cook through and serve.

Photo and recipe posted by Jennifer Weir




MAKLIKE AANDETE – WORS EN RYSGEREG

MAKLIKE AANDETE – WORS EN RYSGEREG
1 koppie rou rys
1 groen soetrissie, gesnipper
1 ui, gesnipper
15 ml blatjang
5 ml kerriepoeier
2,5 ml borrie
1 koppie water
1 blikkie appelkooshelftes
rou boerewors (genoeg vir 4 mense)

Braai die ui en soetrissie in ‘n pot tot sag.
Voeg kerriepoeier en borrie by en braai vir sowat 1 minuut.
Voeg blatjang en water by en kook die mengsel vir 5 minuut.
Plaas rys in gesmeerde oondvaste bak.
Sny boerewors in happie groottes en pak dit op die rys.
Giet die sous oor die wors en rys.
Giet laastens die appelkose met sous oor die mengsel in die bak.
Bak dit vir 45 minute in die oond of tot die mengsel gaar is en al die sous ingetrek het.
Bedien met ‘n groenslaai.




MAALVLEIS EN PAP TERT


MAALVLEIS EN PAP TERT
Bron: My vriendin -Sarie Labuschagne
Foto:  Sarie Labuschagne
FOOD LOVERS RECIPES
1 Klein potjie pap klaar gemaak
250 ml plein jogurt
1 groot uie
250 ml sampioene
1 blikkie room mielies
1 groot groen soetrissie
4 tamaties  gekap
blatjang na smaak
BBQ sous na smaak
Baie gerasperde kaas
Maalvleis hoeveelheid eie keuse
Braai uie, tamaties, sampioene en soetrissie in olie.
Voeg die maalvleis by  en braai tot gaar,  plaas al die ander groente,  souse en jogurt by.
Meng goed,  plaas ‘n lagie pap in gesmeerde glas bak. Dan kaas lagie, dan vleis lagie. Herhaal tot alles klaar is. Laaste laag kaas, bak tot kaas gesmelt het. Onthou alles is gaar bedien met n slaai.




AMPER “COTTAGE PIE”

AMPER “COTTAGE PIE”
1 blikkie baked beans
1 ui, opgesny
1 groen soetrissie
1 pakkie spek

Braai spek, ui en soetrissie in bietjie olie tot sag en gaar.
Meng die baked beans by.
Gooi bietjie Maggi chilli sauce by na smaak.
Kook aartappels en maak mash.
Skep mengsel in ‘n oondbak met mash bo-oor.
Plaas in ‘n voorverhitte oond 180°C tot mooi bruin.
Bron en foto: Petro Van Genderen




ERIKA SE HERDERSPASTEI MET ‘N VERSKIL


ERIKA SE HERDERSPASTEI MET ‘N VERSKIL
Resep en foto:  Erika Foot
FOOD LOVERS RECIPES
baba aartappels
gevriesde gemengde groente
500 g maalvleis (ek het wildsmaalvleis gebruik)
gerasperde kaas
Creme Fraiche (optioneel)
Robertson rustic garlic and herb speserye
½ pakkie Knorrox soya mince (ek het die oxtail, tomato and onion gebruik)
knoffel en pietersielie botter
gedroogde tiemie
Sout en peper
Water
15 – 20 ml Worcestershire
15 – 20 ml Asyn
Voorbereiding:
Ek het aartappeltjies oorgehad van gister se braai wat ek sommer gebruik het maar hier is wat ek gedoen het.
Kook aartappeltjies in water waarby bietjie sout gevoeg is. Sodra gaar dreineer. Plaas aartappels terug in pot en braai met die garlic & parsley botter, Robertson speserye en tiemie.
Sny in skyfies/ringetjies
Groente:
Kook gemengde groente tot gaar in water met knypie sout. Dreineer.
Maalvleis:
Braai maalvleis in knoffel en pietersielie botter, Robertson speserye en tiemie. Voeg bietjie asyn by en worcestershire. Sout en peper na smaak, maar passop om nie te veel sout in te sit nie aangesien die ander bestanddele ook souterig is. Braai tot amper gaar en vloeistof min is. Strooi dan soya maalvleis oor, roer goed en voeg bietjie, bietjie water by. Kook tot gaar. Ek het my beslag lekker dik laat kook.
Nou om alles bymekaar te bring:
Neem ‘n oondvaste bak en skep maalvleis daarin. Volgende skep die groente oor. Dis opsioneel, maar u kan lepels vol creme fraiche oor warm groente skep. Die volgende lagie is dan die skyfies aartappel en word dan afgerond met gerasperde kaas.
Dit kan in oond geplaas word vir kaas om te smelt maar ek het myne net so gelos.
Lekker eet!
Wenk: behalwe vir soya maalvleis kan ‘n blikkie lensies ook bygevoeg word om maalvleis bietjie te rek;-)

 




SMASH EN BLOKKIES VLEIS

SMASH EN BLOKKIES VLEIS
600 gr blokkies vleis
1 medium ui
2 medium tamaties by uie tot gaar sny tamaties in blokkies en voeg by
Braai blokkies vleis tot bruin gooi tamatie en uie by
Gooi speserye na smaak ek het braai speserye gebruik
Maak so 1 1/2 kop rou rys gaar
Maak ook so 8 med aartapels gaar en mash
gooi die rys in n langwerpige oondvaste bak
gooi dan die blokkies vleis met die tamatie en uie sous eweredig oor die rys, smeer dan die smash ook eweredig oor die rys en blokkies vleis
smelt bietjie margarine in mikrogolf oond en smeer oor. Sprinkel speserye van jou keuse oor bak in oond tot lekker bruin.
Bron en Foto: Johanna Viljoen Zwiegelaar