EENSKOTTEL HOENDERGEREG MET SIMBA SKYFIES

EENSKOTTEL HOENDERGEREG MET SIMBA SKYFIES
Foto: Sharon Matthyser
FOOD LOVERS RECIPES
*Ek het die resep iewers op ‘n blad gekry en gemaak en dis beslis ‘n wenner….heerlik!!
1 hoender (Ek het stukke hoender gebruik)
3 uie, grof gekap
500 g noedels (screws)
1 koppie mayonnaise
2 koppies gerasperde cheddarkaas
2 koppies melk
1 x 410 g sampioenroomsop
1 groot pak kaas en uie skyfies, fyngemaak

Kook hoender gaar met uie.
Laat afkoel, ontbeen en maak fyn.
Kook noedels tot sag maar nie pap.
Meng al jou bestanddele maar hou een koppie gerasperde kaas eenkant en die Simbaskyfies.
Stel oond op 180°C, spuit oondpan, skep bestanddele in die oondpan,
Meng die res van die koppie gerasperde kaas en pak Simba skyfies liggies deurmekaar en strooi oor die beslag.
Bak vir ongeveer 30 min of tot die kaas borrel en die gereg ligbruin is.




HOENDERBOBOTIE


HOENDERBOBOTIE
Vulsel:
1 heel hoender in porsies gesny
1 ui gekap
15 ml kerriepoeier
2,5 ml sout
60 ml blatjang
5 ml borrie
6 gekneusde suurlemoenblare
10 ml suurlemoensap
400 ml kookwater
2 knoffeltoontjies
1 blokkie hoenderaftreksel
5 ml hoenderspeseryeBolaag:
2 eiers
1 koppie melk
Meng al die bestanddele vir die bolaag saam in ‘n kastrol of stoompot en kook totdat die hoendervleis sag is. Verwyder die hoender, ontbeen en sny die vleis in klein stukkies. Meng dit weer met die sous. Skep die hoendervulsel in ‘n oondpan. Klits die eiers en melk saam en giet dit bo-oor die hoendervulsel en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC tot gestol.
Nota:
Die sous is nogal baie en kan die gereg waterig maak, ek het net die helfde van die vleissous gebruik. Bedien met gekookte rys of koring.
Resep: Lorma Naude
Foto:  Bianca Venter – ek het bietjie blatjang oorgesit voor ek dit gebak het…. baie lekker

 




BESONDERSE TUNA EN TAMATIE PASTAGEREG


BESONDERSE TUNA EN TAMATIE PASTAGEREG
1 groot ui gekap
1 knoffelhuisie gekneus of 5 ml gekapte knoffel
15 ml kookolie
1 x 410 g blik gekapte tamaties met knoffel, orego en basilkruid
½ x 60 g pakkie sampioensoppoeier
125 ml melk
1 x 185 g blikkie tuna gedreineer, ek gebruik die een in water
300 g skulpienoedels
sout en swartpeper na smaak

Soteer ui en knoffel in swaarboompan.
Voeg tamaties by en geur met sout en peper. Ek voeg so bietjie suiker ook by.
Maak soppoeier aan met melk en voeg saam met tuna by tamatiemengsel. Prut tot dik.
Kook skulpienoedels. Dreineer en meng met die tamatie/sop mengsel.
Rasper bietjie kaas bo-oor en sit vir paar min in warm oond totdat kaas gesmelt is. Bedien.
As dit tuna in olie is wat jy gebruik kan jy die ui en knoffel in die olie gaar braai.
Ek maak die resep dubbeld vir my huismense.
Resep: Cecilia De Beer
Foto:  Natascha Prinsloo




MACARONI AND TUNA BAKE


MACARONI AND TUNA BAKE
Recipe: Veronica Manter
FOOD LOVERS RECIPES
2 to 3 tins tuna
1 onion, finely chopped
1 green pepper, finely chopped
pinch of mixed herbs
macaroni, cooked and set aside
Mix the tuna, onion, green pepper and mixed herbs with the cooked macaroni.

Sauce:
1 packet of cream of mushroom soup
2 cups of water
½ cup mayonnaise
½ cup of grated cheese
Cook for 10 minutes, then add the mayonnaise and grate cheese.
Mix with the macaroni.
Cook for 5 minutes.
Put in a oven proof dish.
Add grated cheese on top and bake for 45 mins at 180 °C.

Note:
You can use the water from the tuna as part of the 2 cups of water for the sauce.




ROMERIGE EENPOTHOENDER


ROMERIGE EENPOTHOENDER
Ek deel graag die resep. Romerige eenpothoender, rys en groente. Maklik, vinnig en min skottelgoed (net reg vir ‘n Maandagaand, die eerste aand van die week).
½ klein prei, gewas en gesny
2 hoenderborsies, in blokkies gesny
3 wortels, gewas en in blokkies gesny
1½ koppies rou rys
1 liter kookwater
2 hoenderekstrakblokkies, gekrummel
1 teelepel droë tiemie
1 teelepel vars gemaalde peper
½ teelepel fyn witpeper
¾ koppie bevrore ertjies
¾ koppie bevrore mieliepitte/blikkie gedreineer
100 ml room
2 eetlepels suurroom
sout/peper/aromat na smaak
1 koppie kaas, gerasper

Braai hoender in olie tot ligbruin. Voeg preie by en braai nog 3-4 minute.
Voeg wortels, rys, kookwater, hoenderekstrakblokkies en geurmiddels by.
Prut tot rys gaar is en ongeveer al die vloeistof ge-absorbeer is.
Roer gevriesde groente, room, sout, peper, aromat en suurroom by, prut nog 2 – 3 minute en gooi kaas oor.
Bak by 140 °C in die oond totdat kaas gesmelt is.
Bedien net soos jy wil!
4 – 6 porsies (afhangend hoe honger die mense is)
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs




ANGIE SE STAMPMIELIE-EN-MAALVLEISGEREG


ANGIE SE STAMPMIELIE-EN-MAALVLEISGEREG
Vir die stampmielie-liefhebbers hierdie is nie ‘n gebak nie, net n lekker eenpot-aandete. Gemaak met oorskietstampmielies (of twee blikkies stampmielies indien dit beskikbaar is!) Ek kan hierdie resep aanbeveel – en omdat Angie vir my die resep gegee het, is dit Angie se stampmielie-en-maalvleisgereg. Sit dit voor met ‘n slaai en/of knoffelbrood.
30 ml olie
1 groot ui, gekap
1 groensoetrissie, ontpit en in blokkies gesny
4 knoffelhuisies, gekap
500 g maalvleis
30 ml kerriepoeier
30 ml breyani masala
6 kerrieblare
1 blik gekapte tamaties
2½ koppies gekookte stampmielies (of 2 blikkkies stampmielies, indien beskikbaar)
1 blik sousbone (“baked beans”)
1 blik pinto-/niertjiebone
500 ml beesvleisaftreksel
sout en peper na smaak
10 ml suiker
Braai ui en soetrissie in olie. Voeg knoffel by en braai nog een minuut. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Voeg speserye en geurmiddels by (behalwe sout, peper en suiker) en braai twee minute. Voeg tamaties, bone, gaar stampmielies en vleisaftreksel by, en kook totdat meeste van die vloeistof weggekook het. Voeg sout, peper en suiker by, Kook nog vyf minute en bedien met slaai en/of knoffelbrood.
Porsies: ±6.
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs.




RINIE SE HERDERSPASTEI


RIENIE SE HERDERSPASTEI
500 g maalvleis
1 ½ koppie gemengde groente wat ontdooi is (gevriesde groente)
1 blik (410 g) tamatiesmoor
1 ui, geskil en fyn gekerf
1 eetlepel “crushed garlic”
½ teelepel “chillie flakes”
1 teelepel “Italian herbs”
4 eetlepels suiker
2 teelepels sout
peper na smaak
4 eetlepels balsamiese asyn

Kapokaartappels:
4 aartappels
½ koppie botter
1 koppie warm melk
witpeper na smaak
1 teelepel sout

Braai ui en voeg knoffel, chillie flakes, sout en peper na smaak, Italian herbs en balsamiese asyn by. Voeg  vleis by en meng. Kook mengsel tot vog weg is, indien daar vog is. Voeg tamatiesmoor en groente asook suiker by en laat prut vir omtrent 10 minute.

Maak nou kapokaartappels:
Kook vier aartappels tot gaar en dreineer en trek skille af. Voeg by sout en witpeper asook botter en warm melk en druk fyn en meng alles saam. Skep vleis-en-groentemengsel in oondvaste bak en maak gelyk. Skep  kapokaartappel bo-op en maak gelyk en krap strepies met ‘n vurk daarop. Bak in voorverhitte oond op 180°C vir 45 minute, en as dit klaar is “grill” dit vir ‘n paar minute net om aartappel effens te verbruin. Geniet!
Resep en foto: Gideon Louw




MURGPAMPOENTJIE LASAGNE


MURGPAMPOENTJIE LASAGNE
Bestanddele na gelang van aantal mense:
maalvleis met 1 ui, gaar gebraai
sout, peper en speserye na smaak
sampioene braai by, opsioneel
1 pak murgpampoentjies, in repe gesny of ringetjies of soos verkies, braai liggies vir paar min, nie pap nie
Smeer geskikte grootte bak liggies. Pak laag murgpampoentjies, dan vleis en herhaal. Gebruik een houer smooth maaskaas gemeng met bietjie room om meer loperig te maak.
Anders skep lepels vol maaskaas oral bo-op. Sprinkel gerasperde Cheddarkaas bo-oor en bak vir 30 min by 180° C tot deurgaar en kaas gesmelt en bruin is.
NOta: Dieselfde mengsel kan saam met gaar pasta bedien word. Pak ‘n laag gaar pasta in bak en herhaal groente en vleislaag. Dan die kaas mengsel as bolaag. Geniet!
Resep en foto: Daleen Terblanche

Alfreda De Villiers  – Ek maak myne so – Lekker kaassous onder in gespuite bak so die helfte
Skywe marrow nie te dun nie, gekook maar nie pap nie. Druk met die lap al die vog uit,anders is die gebak te watering.
Dan laag lekker gaar geurige maalvleis,  weer marrows em weer maalvleis.  Laaste kaassous bo oor. Strooi kaas oor en bak 170 ºC so 45 min .Maalvleis moet nie droog wees nie. Ek sit altyd so teelelep of so meel by die maalvleis dat die sousie nie waterig is nie




SUENELL SE MAALVLEIS GEREG


SUENELL SE MAALVLEIS GEREG
6 medium aartappels, gaar gekook en in skywe gesny
500 g gaar maalvleis (selfs oorskiet vleis sal werk)
1 pak sampioene, gesny en gebraai
1 ui, fyn gekerf en gebraai met bietjie knoffel
1 pakkie “cream of mushroom” soppoeier aangemaak met 2 koppies water en 1 koppie melk
½ houer smooth maaskaas (opsioneel – ek het oorgehad in yskas)
2 koppies gerasperde kaas

Plaas skywe aartappel onder in oondvaste bak. Strooi bietjie kaas oor.
Meng maalvleis, uie, sampioene saam.
Skep oor die aartappels en kaas.
Klits maaskaas by soppoeier tot glad.
Gooi soppoeier mengsel oor vleis.
Bak in voor verhitte oond by 180°C vir omtrent 30 min tot mooi bruin.
Strooi res van die kaas oor en bak vir nog 5 minute tot kaas gesmelt is.
Resep en Foto: Suenell Liebenberg




MOUSSAKA AND MERLOT COMFORT FOOD


MOUSSAKA AND MERLOT COMFORT FOOD
500 g lean mince
1 large brinjal, peeled and sliced in 1,5 cm slices
1 tin chopped tomatoes
1 tin tomato puree
1 clove garlic, finely grated
1 large onion, chopped
2 teaspoons brown sugar
salt

Fry the onions and mince in a large pan until lightly browned. Cook the tomatoes, puree & garlic for about 30 minutes until a thick sauce in a different pot. Stir the sugar through and add salt to taste. Add the mince mixture to the tomato sauce.
Fry the slices of brinjal in the same pan that you used for the mince. Once slightly browned and cooked, remove from pan.

Cheese sauce:
500 ml litre milk
80 g butter
80 g cake flour
125 ml grated Cheddar cheese

Garnish:
250 ml coarsely grated mature Cheddar cheese
Melt the butter in a 1 liter sized microwave safe jug and stir the flour into butter until smooth. Heat the milk to just about boiling point. Pour the milk into butter and flour mixture and stir until smooth and no lumps. Put the jug into microwave and cook on full power until thick and cooked through while stirring every 30 seconds. Once ready, stir the cheese through.
Method for assembly:
Spray a 2 liter ovenproof dish lightly with C&S. Layer the brinjal on the bottom. Spoon the tomato mince sauce over. Pour the cheese sauce over the meaty layer. Sprinkle the mature Cheddar cheese over the top. Bake in preheated oven at 180°C for 25 mins or until the cheese melted and golden.
Serve with crusty ciabatta and a green salad.
Recipe and photo: Elsabie Templeton