POFFERTJIES (SOOS KOEKSISTERS)


POFFERTJIES (SOOS KOEKSISTERS)
Maak eerste die stroop sodat dit goed koud kan word in die yskas.
STROOP: ( maak dubbel aan indien verkies)
2 koppies water
4 koppies suiker
½ teelepel kremetart
Smelt en kook 3 min lank. Laat koud word en hou koud deur die bak stroop in ‘n bak ysblokkies te plaas terwyl jy werk.
DEEG:
1 koppie room
1 ½ koppies melk
2 eiers
4 koppies koekmeel
4 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
Sif koekmeel, bakpoeier en sout. Klits room, melk en eiers saam. Meng deur die vleoistof bydie meelmengsel te voeg en goed deur te roer. Skep teelepels vol in warm olie tot goudbruin en plaas dadelik in yskoue stroop. Skep uit en laat afkoel, plaas in die yskas voor opdiening.
Resep: Rina Kleinhans
Foto: Jeanné Le Roux Syson
