BLESBOKNEK POT

 

2014-01-16-blesboknekpottested

BLESBOKNEK POT

Sommer my eie mengsel gemaak!!!
Bietjie kort pad gevat en vleisie gestoompot vir n uur!
Toe in swartpot uie gebraai en vleisie gebraai!
Vleisatreksel by gegooi! Sout, peper, bietjie aromat en balsamic asyn! Aartappels in gesny, worteltjie en boontjies!! Deksel op en nog n uur geprut!! Sousie dik gemaak en nog n halfuur baie stadig gesit!!!

Lip Lekker!!!!!!!

BRON- Benhet Nieuwenhuis




GROENBOONTJIEBREDIE IN DIE DRUKKOKER

 

groenboontjie bredietested
GROENBOONTJIE BREDIE IN DIE DRUKKOKER
Die resep is vir die oond, maar ek het dit in die automatiese elektriese drukkkoker gemaak.
45 ml olyfolie
800 g lamsnek
1 ui
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik gekapte tamaties
5 ml gemengde droë kruie
1 kg groenbone
sout en swartpeper
250 ml kookwater
2 aartappels, geskil en in kwarte gesny
Ek het die vleis 30 min in die drukkoker gesit met die speserye en toe die groenboontjies 30min met die aartappels en die blik tamaties. Ek is n groentjie met die drukkoker en het meer as die 250ml water ingesit en ek moes toe sous afskep. Dus is ek nie 100% seker oor die hoeveelheid water nie. Ek het ook meer aartappels ingesit. Ek het ook die olie uitgelaat.

Foto: Lelane Van Der Walt




SANSHA SE SKAAPSTERTJIES

skaapstertjiestested
SANSHA SE SKAAPSTERTJIES

Stoom die stertjies alleen vir 40 minute met net sout, peper, bietjie knoffel en ‘n gekapte ui. Sit dan die aartappeltjies by en stoom verdere 15 minute. Pak die stertjies en aartappels oop op ‘n draadrakkie en bak teen 200°C vir ongeveer 30 minute (draai na 15minute om) tot goudbruin. My man hou van varsgebakte brood met appelkooskonfyt saam met die stertjies en aartappels – maar daar is genoeg sousies in die stoompot vir stampmielies of iets dergeliks

Resep en foto: Sansha Meyer




SOET “THAI” HOENDER KERRIE

tested

SOET “THAI” HOENDER KERRIE
RESEP- Minouise Vd Merwe
Foto: Susan Burger –  het net ‘n greenpepper bygesit, maar was heerlik!
FOOD LOVERS RECIPES
2 pakkies hoender borsies, skoon gemaak en in blokkies gesny (genoeg vir ‘n gesin van 6)
1 eetlepel knoffel
4 eetlepels margarien
2 wit uie, fyn gesny
4 eetlepels “kerrie paste”
4 eetlepels grondboontjie botter
250 ml (1 koppie) melk
1 blikkie tamatie en uie smoor
4 eetlepels tamatiesous
wortels
aartappels

Smelt die margarien. Braai knoffel en uie en verbruin. Sodra gekarameliseer, braai die hoender blokkies. Strooi ‘n bietjie, Mixed Spice, Mixed Herbs, Paprika (‘n MOET in enige kerrie ) tot ‘n lekker bruin kleur.
Skil die aartappels en sny in kwarte, was die wortels en sny hulle in redelike groot stukke. Voeg by die gebraaide bestanddele, bedek met water (in ‘n stoompot) en stoom vir so 20min.

Kerriesous:
Skep ‘n bietjie van die water in die pot af en begin dan met die kerrie sous in ‘n maatbeker.
Voeg die kerrie paste, grondbootjie botter, melk, tamatie en uie smoor en tamatie sous in die maatbeker en meng met ‘n “hand blender” om seker te maak die bestanddele is deeglik saam gemeng. Giet oor die gebraaide bestanddele en laat prut tot die sous lekker deurgetrek het (ongeveer so half uur).

Bedien met lekker “rustic” broodrolletjies, French loaf, rys, pap of couscous.

Let Wel: Jy kan self jou “hitte” van die kerrie bepaal met die hoeveelheid lepels kerrie paste jy in sit. Gebruik ook suiker om die tamatie en kerrie smake te balanseer.

 




SKENKELS IN DIE ELEKTRIESE STOOMPOT

SKENKELS PATRICIAtested

SKENKELS IN DIE ELEKTRIESE STOOMPOT
1 kg skaapskenkels
60 ml olie vir braai
1 gekapte ui
1 fyn gekapte knoffel
30 ml fyn gekapte roosmaryn (½ teelepel gedroogte)
1 blik Italianse tamaties.
500 ml lam of bief vleisaftreksel (stock)
250 ml Port of Sherrie
sout en peper na smaak

Verbruin vleis in pan met olie.
Sauteer ui in bietjie olie tot lig voeg roosmaryn, gekapte knoffel, tamaties met sous, vleisaftreksel en Port by en prut saam.
Voeg vleis by sous, stel op high pressure vir 25 min, voeg aartappels by stel 10 min.

Foto:  Patricia Rust Strydom




BOONTJIESOP IN DIE STOOMPOT

BOONTJIESOP - RETHA

BOONTJIESOP IN DIE STOOMPOT

Ek week myne nooit. Spoel dit net af nadat ek dit deurgegaan het vir swak bone,
gooi in die stoompot saam met die sopbene, en wanneer dit sag is, sit ek die uie, spek/bacon snippers en aartappelblokkies in, stoom dit weer ‘n tydjie, sommer gou gou!

Retha-Jane Duvenhage Buys




PAPRIKA VARK EN BONE POT

PAPRIKA VARK EN BONE POT
Week oornag:
½  pakkie klein wit boontjies
½ pakkie spikkel droë boontjies
Braai in stioompot:
2 groot uie, gekerf
1 pakkie “bacon bits”
Voeg by:
± 1 kg varkvleis, in blokkies gesny (ek het varkrib gebruik)
2 lourierblare
2 teelepels hot smoked paprika
1 teelepel sweet paprika
Voeg later by:
1 blikkie gekapte tamaties
1 chorizo wors, geskil en in skyfies gesny
sout en peper na smaak

Plaas alles in stoompot met genoeg water om boontjies net toe te maak.  Stoom tot sag.
Voeg die tamaties en chorizo wors by.
Sout en peper na smaak en prut alles tot geure gemeng het en jy ‘n lekker dik bredie het.
Bedien saam met rys of vars brood en groen slaai.
Nota:
Die dis smaak natuurlik die volgende dag nog beter!
Resep en foto:  Alida Siebert




WILDSBOUD IDEES


WILDSBOUD IDEES
Oppi Plaas Komatipoort
HI kry vir jou ‘n lekker stuk varkspek
2 stuk knoffel
½ koppie olyfolie
bietjie worcestershire sous
sout en peper
Kook vir 3 ure of 45 min in stoompot.
As jy dit wil bruin bak kan jy na die tyd dit in die oond onder die rooster doen, maar sprinkel olyfolie oor dat dit nie uit droog nie.

Jaco Bester
Ek maak altyd snye in die boud en dan vul ek die boud met skaapstert wat ek opsny. Sit op ‘n paar plekke knoffel in en gebruik die olyf olie. Dit werk.




SEEKOS SOP IN ELEKTRIESE STOOMPOT

seekos sop in stoompot

SEEKOS SOP IN ELEKTRIESE STOOMPOT
Ek nie resep gehad nie – ek het net uie gebraai in die pot – greenpepper bygegooi en toe mushrooms – als fyn ge”chop” knoffel – tamatie – toe gooi ek klein blikkie tamatiepasta by en bietjie suiker – braai als lekker saam

– toe gooi ek my prawns by en 2 koppies chicken stock en so 5 crabsticks – bietjie sout – vars gemaalde swartpeper en “rooi peper” toe laat stoom ek dit vir 10 min en toe roer ek bietjie vars room in – die crabsticks het soos spagetti gelyk toe dit klaar is – die tamatie was ook fyngekerf
MARIETJIE NEL



KRUIE-HOENDER IN DIE STOOMPOT


KRUIE-HOENDER IN DIE STOOMPOT
30 g botter
8 hoenderstukke
basiliekruid
origanum
tiemie
sout en peper
35 ml suurlemoensap
250 ml droë witwyn
250 ml warm hoenderaftreksel
12, 5 ml sjerrie
100 ml room
mielieblom
Sprinkel die kruie oor die hoender en braai bruin in die stoompot. Giet die suurlemoensap, wyn en aftreksel in, bedek, bring tot hoog en kook vir 15 minute.
Verminder die drukking en haal die deksel af, meng die sjerrie, room en mielieblom en roer by die hoendermengsel. Laat die sous verdik en bedien.