STEAMING MOCHA CACAO

STEAMING MOCHA CACAO
2 cups milk
2 tablespoons cocoa
2 tablespoons brown sugar
1 tablespoon ground coffee
1 teaspoon vanilla extract

Heat all ingredients in a small saucepan and whisk until steaming.
I have cook it 2 min in microwave, whisk and cook again 2 min, whisk and again cooked 1 min.
Photo: Meisie van der Colff




SUURLEMOEN LEMOENSTROOP IN DIE MIKROGOLF


SUURLEMOEN LEMOENSTROOP IN DIE MIKROGOLF
500 ml vars lemoensap
500 ml vars suurlemoensap
1.5 kg suiker

Meng alles saam. Sit in mikrogolf vir 5 min op hoog. Haal uit en roer tot suiker opgelos het. Laat afkoel.

Vir aanmaak:
Kwart koppie stroop en 3 kwart koppie water.
Foto en resep:  Ryno En Zelda Herridge




JAKKA – SHOOTERS

JAKKA – SHOOTERS
Maak koelerboks vol met ys. Sny baie suurlemoene en lemoene in skyfies.
Gooi 1 bottel vodka oor ys en 1 kg suiker of meer na smaak. Meng alles saam.
Los in koeler boks vir so 24 uur. Maak seker suiker is opgelos. Moet suurlemoen kan proe.
Proe soos Lemmoncello liquor.
Goedkoop en baie lekker.
Bedien yskoud in shooter glasies of by partytjie sommer uit soplepel.
Almal vra vir resep na partytjie.
Resep geplaas deur Karen Kellermann




“MEAD” DRANKIE

“MEAD” DRANKIE
Dit is binnekort May Day hier in Finland en traditioneel maak ons Mead wat geniet word met doughnuts. Dis ‘n baie verfrissende drankie en neem ongeveer ‘n week dan is hy reg om te drink. Die resep kan verdubbel word, en dit is nie nodig om bruin suiker te gebruik as jy nie het nie, wit suiker werk net so goed.
Vir 4 liter
4 liter water
250 g demerara suiker
250 g wit suiker
2 suurlemoene ( gebruik skiller om die zest te verwyder en druk dan die sap uit)…zest so 25 g
150 ml vars suurlemoen sap
2,5 ml kitsgis

Kook 2 liter water saam met die suiker totdat die suiker gesmelt het.
Haal van die stoof af en voeg die res van die water by, asook die suurlemoen skil en sap.
Dit temperatuur moet so 42 grade wees…voeg dan die gis by.
Laat oornag staan teen kamer temperatuur liggies toegemaak. ( so 24h)
Kry nou genoeg bottels…wat jy ookal het…bv koeldrank bottels ens. maak net seker hulle is skoon.
Gooi so 5 rosyntjies en 5 ml suiker in elke bottel.
Gooi die vloeistof deur ‘n sif in elke bottel. Maak so 3/4 vol.
Sit prop op…liggies toegedraai en plaas in die yskas. Dit neem so ‘n week vir die rosyntjies om bo te dryf dan is hy reg. Geniet 😊
Resep en Foto: Wilanda Räsänen




KOEJAWEL STROOP

KOEJAWEL STROOP
10 tot 12 koejawels
suiker na smaak
½ suurlemoen

Ek maak koejawelstroop maar met so 10 – 12 koejawels en dan suiker na smaak en so halwe suurlemoen se sap.
As jy hul deur die sif druk dan verloor mens baie van die vleis en pitte en dis harde werk, maar proe baie beter as die wat mens koop in die winkel.
En jy kan kies hoeveel suiker jy wil insit.
Foto en Resep: Ineke Steyn

KOEJAWEL STROOP
1 koejawel, met skil en al in stukke gesny
1 liter water
250 ml witsuiker
45 ml suurlemoensap

Verhit die koejawelstukke (met skil en al) en water tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 25-30 minute. Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute. Giet die mengsel deur ‘n sif of vergiettes wat met ‘n moeseliendoek uitgevoer is. Laat dit stadig deursyg. Gooi die koejawelstukkies en pitte weg en verhit die deurgesygte sap saam met die suiker en suurlemoensap tot die suiker goed opgelos is en die mengsel lyk of dit net-net wil begin kook. Verwyder van die hitte en bottel in gesteriliseerde bottels of flesse. Laat afkoel tot kamertemperatuur en bêre op ‘n koel, droë plek.
Verdun met koue water of sodawater en sit voor met ys en suurlemoenwiggies.
Lewer ongeveer 1 liter stroop.
Foto: Ineke Steyn
Resep geplaas deur Ineke Steyn




MAKLIKE SANGRIA

MAKLIKE SANGRIA
1 liter Rooi wyn
3 appels
2 liter Sprite

Spoel appels af en sny in klein blokkies.
Giet die wyn oor die appels en bere in yskas. Voeg die sprite by net voor bediening.
Resep en foto: Meisie van der Colff.




DRINK O POP GEMMERBIER

DRINK O POP GEMMERBIER
Jy sal verbaas wees hoe lekker dit is. Het die resep in 1972 by my skoonma gekry.
10 liter water
4 koppies suiker, meng deeglik
Voeg by:
200 ml gemmer drink o pop
1 pakkie suurdeeg
handvol rosyne
Bedek liggies vir 24 uur.
Skep rosyne af en bottel.
Stoor in die yskas.
Resep: Ans Nieuwoudt




LEMON, MINT AND HONEY ICED TEA

LEMON, MINT AND HONEY ICED TEA
5 Freshpack rooibos tea bags
950 ml boiling water
80 to 100 ml honey
freshly squeezed juice of 1 lemon
sliced lemon and mint leaves for garnish
ice as needed

Bring water and rooibos tea bags to the boil in a pot.
Remove from heat to brew for 5 minutes.
Add the lemon juice.
Place in fridge to chill.
Serve with crushed ice, garnished with lemon slices and mint.
Note: I add the mint whilst the tea is still hot, it aids in releasing the wonderful flavor.
Photo and Recipe: Tanya Lee Brink




DRAGON FRUIT DAICQUIRI


DRAGON FRUIT DAICQUIRI.
2 dragon fruits
koppie ys
½ koppie rooi druiwe sap
dubbel Vodka
Meng alles saam.
Dit maak 2 cocktails. Jy kan meer Vodka ook ingooi.
Foto en resep: Jacques Labuschagne




HOPSBIER

HOPSBIER
Resep was oorspronklik met orige brood krummels gemaak maar maklike een:
500 ml semels
13.5 liter water
250 ml rosyne
250 ml hops
1,5 kg suiker
5 ml droë brouersgis – nie die soort wat vir voeding gebruik word nie

Bring die semels tot kookpunt in 6,75 liter water.
Hou een koppie suiker eenkant en gooi die res by die semels, asook die hop.
Karamelliseer die koppie suiker in ’n pan en gooi dit by die kokende semels. Laat kook vir 5 minute. Verwyder van die hitte en voeg die rosyne en die res van die water by. Roer die gis by. Laat staan die mengsel vir 24 uur.
Gooi die bier deur ‘n klam doek. Gooi in bottels en kurk. Laat dit ten minste vir 7 dae staan voor gebruik.
Indien moontlik gebruik sjampanje gis, werk goed.
Bruin suiker of muscavado kan gebruik word as jy nie wil suiker karameliseer.
Resep verskaf deur: Punk Pompies