

SUURLEMOENSTROOP
Met al die suurlemoene in voorraad is dit nou die kans om n lekker stroop te maak vir die somer.Die stroop maak 4.5 liter en kan tot 6 maande op die rak gebere word.
Maak aan 1 deel stroop en 3 dele water. Met sodawater is dit heerlik.
10 koppies vars uitgedrukte suurlemoensap
8 koppies suiker
Gooi die suiker en sap in kastrol en verhit to suiker gesmelt is en roer met houtlepel.Wanneer die stroop net begin borrel haal van plaat af en laat dit afkoel.Syg die stroop deur n doek en gooi in bottels. kurk toe.Maak die rand van die glas nat met stroop en doop in suiker en versier met n skyf suurlemoen. Heeeeeerlik
Resep: JOEY KRUGER
Fienie van Wyk –
N lekker dorslesser is n skyfie suurlemoen, 2 snytjies komkommer en n dun skyfie gemmer in n bierbeker, voeg ys en water by en top jou beker heeldag op! No suger needed!
Rina Kleinhans –
8 glase water en sap van 5 suurlemoene en dan sit jy heuning by tot dit net bietjie minder suur is, ek gebruik versoeter.. drink sommer lekker koud met ysblokkies.. jy kan mint en gemmerwortel ook insit as jy daarvan hou
Petro Borchard –
Hierdie is hoe ek myne maak : Vir elke 1 liter suurlemoensap (gefiltreer as jy nie die vliesies in wil hê nie) meng met 750 ml tot 1 kg suiker afhangend van hoe soet jy dit wil hê. Los suiker op, bring net tot kookpunt en bottel. Dit hou vir maande so op die rak. Meng met water of sodawater en gooi ‘n skyfie suurlemoen in vir die mooi. Dis selfs nog lekkerder met ‘n skoot bitters.
Munir Husan –
Ek vat n een liter jug vul met water een suurlemoen uitgedruk in die water en 3 eetlepels bruinsuiker dan sit ek ysblokkies in en bere in yskas vir gebruik. Dis regtig lekker en breuk dadelik die hite van binne