BLITSIGE VRUGTEKOEK-KERSKOEK

diabete vrugtekoek marietjietested

BLITSIGE VRUGTEKOEK-KERSKOEK
1 kg vrugtekoekmengsel
300 gr heel rooi glanskersies
250 ml appelsap
250 ml brandewyn/sjerrie
2 xtra groot eiers,geklits
750 ml semelverrykte bruismeel
5 ml fyn kaneel
2 ml sout
Ekstra brandewyn/sjerrie
Oond 180ºC.  Maak 1 ronde koek.
Plaas vrugte, glanskersies, appelsap en brandewyn/sjerrie oornag in groot mengbak.
Klits eiers saam en voeg by geweekte vrugtemengsel. Voeg bruismeel, kaneel en sout by vrugtemengsel en meng. Skep in ronde koekpan wat op bodem en kante goed gevoer is. Spuit met kossproei. Bak vir een en n half uur of tot toetspen skoon uitkom. Laat koek in pan afkoel en keer versigtig uit. Trek papier lae af en draai in foelie toe. Berg op koel plek tot benodig. Kan besprinkel word met ekstra brandewyn/sjerrie indien verkies.

Resep en foto geplaas en aangepas deur Marietjie Myburgh

Nota:  Omdat ek ‘n diabeet is het ek moes aanpas. Gewone bruismeel vervang met semelverrykte bruismeel en brandewyn vervang met sjerrie. Ek laat rooi glanskersies weg en voeg bietjie meer vrugte by.

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

SEWE MINUTE SJOKOLADE KOEK VIR DIABETE

SEWE MINUTE SJOKOLADE KOEK VIR DIABETE
1 koppie suiker – vervang met Xylitol of  Suki sweetner
1 koppie bruismeel – vervang met amandelmeel en 1 teel bakpoeier
4 eetlepels olie
3 eetlepels kakao
2 eiers
1 koppie kookwater
bietjie sout

Klits alles saam in bak in mikrogolf op hoog vir 7 minute.
Laat staan in mikrogolf vir 10 min.
Laat bietjie afkoel
Versier na smaak, smelt sugar free sjokolade met room, gooi bo-oor soos ganache.
Resep geplaas deur Christelle Louise Bester

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

TIPSY TERT VIR DIABETE

2015-10-29-tipsytertvirdiabetetested

TIPSY TERT VIR DIABETE
125 g dadels, gekap
100 ml kookwater
10 ml koeksoda
250 ml klein wit boontjies, fyn gemaak
1 groot appel, fyn gerasper
15 ml olyf/canola olie
200 ml sagte bruinsuiker
2 eiers, geklits
5 ml vanieljegeursel
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
knippie sout
125 ml oats, vasgedruk in die maatkoppie
125 ml All Bran, fyn gemaak
12 pekanneut halwes, gekap

SOUS
250 ml perske en lemoensap, gemeng
5 ml vanieljegeursel
65 ml brandewyn

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Gooi die kookwater oor die dadels. Laat staan vir n tydjie tot die dadels sag is, en maak fyn. Voeg die koeksoda by en roer tot die mengsel skuim.
Meng die boontjies en appel in die dadelmengsel en laat afkoel.
Roer die olie en suiker, en dan die geklitste eiers en vanieljegeursel by.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg die droe bestanddele by die dadelmengsel. Meng goed.
Gooi uit in lig gesmeerde tertbord en bak vir 50 minute. Sny terwyl nog warm.
Sous:
Kook al die bestanddele saam vir 5 minute en gooi oor warm tert.
Bedien met verkilde lae vet ingedampte melk.
Wanneer fyn boontjies by jou eie resepte gevoeg word, 250 ml is die meeste wat bygevoeg kan word, en onthou om 1 teelepel bakpoeier by te voeg. Dit maak die beslag lig, en verminder dan die vloeistof met 1/3.
Omdat die nagereg bestaan uit 2 stysels, moet daar nie stysel by jou ete wees nie.
1 porsie is gelykstaande aan ½ suiwel en 1 vrug
PHOTO: Petré Van Jaarsveld

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

SPEKVLEIS EN BROCCOLI QUICHE

spek en brocolli quichetested
SPEKVLEIS EN BROCCOLI QUICHE
Kors:-
250 ml (1 koppie) koekmeel, gesif voordat dit afgemeet is
125 ml (½ koppie) hawersemels
45 ml (3 eetlepels) lite margarien
1 ml (¼ teelepel) sout
1 eier
45 ml (3 eetlepels) yswater
Vulsel:-
1 x 410 g-blik klein wit boontjies, gedreineer 
250 ml (1 koppie) broccoli-blommetjies, in klein stukkies gesny
8 repe maer spekvleis, gekap
1 groot ui, fyn gekap
3 eiers
100 ml afgeroomde melk
150 ml ongegeurde laevet-jogurt
Sout en peper na smaak
2 ml (½ teelepel) mosterdpoeier
100 ml gerasperde mozzarellakaas (2 vuurhoutjiedosies)
5 ml (1 teelepel) gerasperde parmesaankaas
Vir die kors:-
Vryf die meel, hawersemels, margarien en sout saam tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
Meng die eier en water. Voeg n eetlepel eiermengsel op n slag by die meelmengsel en meng tot n sagte deeg. Voeg nog meel by indien dit klewerig raak. Bedek en verkil sowat 20 minute.
Rol uit en vier n gesmeerde pasteibak daarmee uit, of druk die deeg met jou vingers in die bak.
Vir die vulsel:-
Dreineer die boontjies en versprei dit egalig oor die kors. Strooi die broccoli egalig oor die boontjies.
Braai die spekvleis en ui sonder enige olie of ander vet in die pan. As dit vassit, voeg n bietjie water by en roer.
Klits eiers, melk en jogurt saam. Voeg sout en mosterd by. Voeg ui en spekvleis by, roer en giet oor quiche. Strooi kaas oor.
Bak 25 tot 30 minute teen 180ºC tot die vulsel gestol is
Let daarop dat die quiche steeds 12 g vet per porsie bevat, selfs al word daar min vet in die voorbereiding gebruik.
Voedingstowwe per porsie:- …. Glukemiese indeks 48 … Vet 10 g … Koolhidrate 30 g … Vesel 5 g … Proteien 14 g … kJ 1196 ….
Een porsie is gelyk aan 2 proteien, 1 ½ stysel, en 1 beperkte groente

Foto:  Petré Van Jaarsveld

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

GRANADILLA TERT VIR DIABETE

tested

GRANADILLA TERT VIR DIABETE
200 ml kookwater
1 x 80g pakkie jelliepoeier OF 3 x 10 g pakkies suikervrye jelliepoeier
250 ml vetvrye melk
2 ml vanieljegeursel
30 ml suiker (kan vervang word met ‘n suiker plaasvervanger)
30 ml vlapoeier
1 blik ingedampte melk, verkoel oornag in die yskas voor gebruik
200 g (1 pakkie) spysverteringkoekies (bv Bettasnack original)
1 klein blikkie granadillamoes

Los die jelliepoeier op in die kookwater en verkoel in die yskas tot dik maar nie heeltemal gestol nie.
Verhit die meeste van die melk tot kookpunt.
Gebruik die oorblywende melk en meng die vla poeier saam met die vanieljegeursel en suiker tot ‘n gladde pasta.
Gooi bietjie van die warm melk by die pasta, meng en verdik die res van die melk hiermee oor lae hitte.
Roer voortdurend tot dit verdik en plaas dan die vla in die yskas.
Klits die ingedampte melk styf.
Vou die halfgestolde jellie by die ingedampte melk in. Klop tot die volume verdubbel het.
Plaas die koekies in ‘n plastieksak en druk fyn met koekroller.
Sprinkel ‘n dun lagie krummels in ‘n reghoekige of vierkantige tertbak.
Meng die granadillamoes met die vlamengsel. Smeer oor die koekies.
Sprinkel nog ‘n laag koekies oor die vla laag. Giet nou die ingedampte melkmengsel (stadig en versigtig) oor die koekiekrummels.
Versier met oorblywende koekiekrummels en laat stol in yskas tot benodig.
Resep: Fred Zeelie

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

DIABETIESE SJOKOLADE KOEK

DIABETIESE SJOKOLADE KOEKtested

DIABETIESE SJOKOLADE KOEK
Diabetiese Sjokoladekoek gebak en dit versier met Sjokolade Mousse en gerasperde Canderell sjokolade. Dis ‘n lekker klam koek en Proe heerlik.

125 ml kakao
5 ml Nescafe Classic koffiepoeier
250 ml kookwater
5 eiers geskei
125 ml Selati versoetter
130 ml kookolie
5 ml vanielje geursel
425 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2 ml sout
100 ml koue water

Stel oond op 180º C. Maak die kakao en koffiepoeier aan met die kookwater. Daar moet geen klonte wees nie. Laat afkoel en gooi die kouewater by. Klits die eiers en die Versoetter saam tot sponserig. Voeg kakao-mengsel kookolie en vanieljegeursel by en meng goed. Sif die doeë bestandele saam en voeg ook by. Klits die eierwitte lekker styf en vou by die mengsel in. Skep in panne en bak vir +-30min tot gaar. Keer uit en versier soos verkies.

Sjokolade Mousse versiersel.
1 sakkie Tantalize Mousse poeier(daar is twee in die boksie)
300 ml volroom melk (baie koud)
Canderell Sjokolade en klein bietjie klapper vir versiering.

Klits die mousse-poeier en melk tot lekker styf en smeer tussen koek-lae en bo-op. Strooi sjokolade en klapper oor. Geniet.(Ek hou die koek in die yskas anders smelt die mousse)
BRON – Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

MAGDA SE ONTBYTSTAFIES

ONTBYTSTAFIEStested
MAGDA SE ONTBYTSTAFIES
Ek het gou heerlike ONTBYTSTAFIES maklik gebak , sommer in my beskuitpan
Lewer 60 x stafies.
300 g Oats
300 g All bran fyn gerol
150 g koekmeel
150 g wheat bran
1 eetl koeksoda
6 eiers
60 g botter/margarien
100 ml suiker
300 ml melk. (Suiker kan vermeerder word of stroop bygevoeg word na smaak vir soeter) Verhit oond op 200°c.
Meng al die bestanddele saam.
Druk deeg vas in beskuit pan.
Druk drukker stewig in.
Bak 15-20 min.
ontbytstafies 1ontbytstafies 2
*suiker kan vervang word met 60 g versoeter vir diabete.
*baie veselryk om gereeld te wees. Drink ook baie water.
*verskeie variasies is moontlik bv rosyne en bietjie sade. Selfs gedoop in n bietjie sjokolade vir die soettand.
*maklikste en gesondste nog vir die kosblik met n vrug of yogurt
*lae GI
Resep en Foto: Magda Nel

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

TAMATIEKONFYT VIR DIABETE

TAMATIEKONFYT VIR DIABETE
500 g ryp tamaties, ontvel en gekap
15 ml suurlemoensap
10 ml gelatienpoeier
75 ml koue water
10 ml vloeibare versoeter
Skil tamaties en kap fyn en voeg suurlemoensap by.
Plaas in 2,5 liter glasbak en mikrogolf 10-12 minute by 100% krag.
Roer elke 2 minute. Mikrogolf nog 5-8 minute by 100% krag. Laat 5 minute afkoel.
Week gelatien in die koue water.
Verhelder die gelatien oor kookwater of mikrogolf 20-30 sekonde teen 100% krag.
Roer gelatien en versoeter by gaar tamatiepasta.
Skep in gesteriliseerde flesse.

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

WENKE VIR DIABETE-KEN JOU GI

DIABETES
WENKE !!Hou jou Bloedsuiker reg!!
Alida Fourie Visagie
Wenk 1 Eet sowat drie maaltye en drie tussenin-happies per dag. Jou liggaam skei dan net klein hoeveelhede insulien af. As jy groot maaltye verorber, stel jou liggaam meer insulien vry om die glukose “op te ruim“. En insulien speel ’n rol in hoe jou liggaamvet “berg“. As daar dikwels baie insulien in die bloed sirkuleer, word oortollige suiker makliker as vet geberg. En die liggaam wil dan nie die opgegaarde vet “los“ nie. Jy voel maklik pê en is altyd aan die eet, en verloor nie gewig nie.
Wenk 2
Sluit lae- GI-koolhidrate by elke maaltyd of tussenin-happie in. Koolhidrate is die voedingstof wat energie gee. As jy koolhidrate vermy, begin jy na soetgoed hunker – en peusel jy dalk aan hoëvet-kos (soos sjokolade, oliebolle, aartappelskyfies). En jy kan nie gewig verloor nie. Vermy dus hoëproteïen-, lae-koolhidraat-diëte – dit hou boonop gesondheidsrisiko’s in. Plaaslike navorsing toon mense wat ’n dieet met lae-GI-kos gevolg het, het in 12 weke sowat 2 kg méér verloor. Dis nou teenoor die kontrolegroep wat hoë-GI-kos geëet het. Albei groepe het dieselfde hoeveelheid vet, kilojoules, proteïene, vet en vesel geëet. Met ’n lae-GI-dieet word egter minder insulien afgeskei en jou bloedsuikervlak bly stabiel. Dit help jou liggaam omvet te verloor. Terwyl hoë insulienvlakke dit teenwerk.

Moet jy nou sekere kos uitsny? Beslis nie.Daar is nie iets soos “regte” of “verkeerde” kos nie. Jy kan ’n maaltyd met ’n lae GI bymekaar sit: deur net die regte soort en hoeveelheid kos te kombineer. Gewone bruinbrood het bv. ’n hoë GI. Eet die helfte minder (een in plaas van twee snye) en kombineer dit met ’n halwe koppie sousbone (baked beans) (lae GI). Die gekombineerde GI is nou heelwat laer. Ontbytgraankos is dikwels verfyn en het dus ’n hoë GI. Maar omdat jy dit saam met melk of jogurt (lae GI) eet, is die gesamentlike GI laer. Veral as jy die porsie graankos met die helfte verminder en ’n lae-GI-vrug byvoeg.
Wenk 3
Moenie alle vet uit jou dieet sny nie, maar hou jou porsies dop! Kies “goeie“ vette, nl. mono- en poli-onversadigde vette: avokado’s, neute, grondboontjiebotter, ekstra suiwer olyfolie, sade en vet vis (salm, makriel en sardyne).
Wenk 4
Dis belangrik om nie te min te eet nie: Dit gaan jou metabolisme stadiger maak. Jou liggaam verbrand nie vet as jy jouself uithonger nie.
Wenk 5
Eet hoë-GI koolhidrate as jy langer as ’n uur geoefen het. As jy ’n diabeet is of ’n sensitiewe bloedsuikervlak het, kies intermediêre (“tussenin”) GI-kos. Die GI-dieet is ook nommerpas vir diabete. Diabetes is ’n toestand waar die liggaam nie genoeg insulien (of ’n swakker gehalte) vervaardig nie. Of dit nie behoorlik kan
gebruik nie.
Onthou: Insulien is die hormoon wat die verspreiding van glukose in die liggaamreguleer. As jy ’n diabeet is, begin suiker in jou bloedstroom ophoop. Jou behandeling is daarop gemik om jou bloedsuikervlak te normaliseer en stabiel te hou.

Volgens Liesbet het die GI-konsep ’n hele omwenteling in diabete se dieet veroorsaak: Daar bestaan inderwaarheid nie meer iets soos ’n “diabetiese dieet“ nie. Jy moet net gesond eet – dieselfde riglyne wat vir alle mense geld. Dus ’n dieet met min versadigde vette, geen transvetsure (plantaardige olies waarvan die chemiese samestelling verander is weens die hoë temperatuur waarby dit vervaardig is, bv. sommige margariens), ’n matige inname van mono- en polionversadigde vet, baie veselryke kos, matige proteïene, lae-GI-koolhidrate en volop vrugte en groente. Navorsing toon dat baie kos wat tradisioneel as “veilig“ vir diabete beskou is, jou bloedsuikervlak die hoogte laat inskiet. Ander kos wat weer in die verlede vermy is, veroorsaak nie noodwendig drastiese bloedsuikerskommelinge nie. Aartappels, wat eens die stapelvoedsel van diabete was, het byvoorbeeld ’n hoë GI. (Gekookte baba-aartappels met die skil s’n is laer.) Versoete vrugte-jogurt het ’n lae GI.

Voorheen is geglo ’n hoë suikerinname is die hoofoorsaak van tipe 2- (of nie-insulienafhanklike) diabetes. Hoewel daar nog onsekerheid oor die presiese oorsaak is, speel oorerwing en vetsug ’n rol. As jy te veel eet en te min beweeg, raak jou selle insulienweerstandig. Die liggaam kan dan toenemend nie die insulien gebruik wat dit vervaardig nie. Dis dus belangrik om meer aktief te wees.

Diabeet of net gesondheidsbewus: Hou jou oë oop vir GIFSA se groen logo (lae GI). Dit verskyn reeds op sowat 100 produkte. (Gewoonlik saam met Diabetes SA se logo.) As jy jouself wil bederf, kies kos met die oranje logo (of intermediêre GI). Maar kos met ’n rooi logo (hoë GI), moet jy “verdien” – dus langer as ’n uur oefen.♥

LEER KEN JOU”GI”
Alida Fourie Visagie
Lae GI: Volgraan- en “original” ProNutro, mieliepap (afgekoel), ProVita, saadbrood, volgraan-rogbrood en ander lae-GI-brode, pasta (durumkoring), wilderys, bruinrys, appelkose, vars kersies, perskes, pruime, pere, appels, aarbeie, alle sitrusvrugte, druiwe (hou porsie dop!), geblikte perskes, appelkose en pere (in vrugtesap), alle bone.
•Intermediêre GI: Ryvita, rogbrood (verfyn), tropiese vrugte (pynappel, mango, piesang, lietsjie, koejawel), tafelsuiker (sukrose), suikermielies (geblik), koeskoes, geblikte perskes in stroop, vars uitgedrukte lemoensap, beet, wortels.
•Hoë GI: Kommersiële heuning, wit-, bruin- en volkoringbrood (met geen of min korrels of sade), aartappels: gebak, mikrogolfoond, gebraai, slaptjips, kapokaartappels, ryskoekies, waatlemoen, gegeurde kits-hawermout, groenbone met aartappels, energiedrankies.♥

CLOUD BREAD

CLOUD BREADtested
CLOUD BREAD
The next time you make a sandwich, a hamburger, or any other meal that involves slices of bread, try it on Cloud Bread. Cloud Bread is a totally gluten-free, low-carb, low-calorie, and low-fat bread alternative. It’s a healthier choice that looks like a fluffy cloud and tastes so good!
Yields: 10
Serving Size: 2
What You’ll Need:
3 eggs, separated
3 tablespoons cream cheese, softened
1 teaspoon sugar
¼ teaspoon cream of tartar
Preheat oven to 160 ºC. Coat 2 baking sheets with cooking spray.
In a small bowl, mix egg yolks, cream cheese, and sugar until smooth.
In a medium bowl, combine cream of tartar with egg whites; beat with an electric mixer on high speed until fluffy and stiff peaks form. Gently fold egg yolk mixture into egg white mixture until well combined. Spoon mixture into 10 even rounds on baking sheets.
Bake 25 to 30 minutes, or until golden brown. Let cool 5 minutes, then remove to a wire rack to cool completely.

Notes
The best way to store this low-carb Cloud bread is in an airtight container.
If you’d like your bread a little firmer, allow it to sit overnigh
Photo: – Zani de Beer