DIABETIESE INGELEGTE PERSKES

DIABETIESE INGELEGTE PERSKES
2 kg geelperskes  geskil en op gesny
500 ml Xylitol
15 ml suurlemoensap

Kook alles saam tot perskes sag en stroop dikkerig is.
Skep perskes in skoon gesteriliseerde bottels, druk ‘n sosatiestokkie langs die kant van die bottel in om lugblasies te verwyder, skep nog stroop in, seël en bêre.
Foto: Wilma Josey Venter
Resep: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

GERASPERDE GEELPERSKE KONFYT VIR DIABETE

2 kg geelperskes, gerasper
250 g Xylitol
250 g Fruktose
15 ml suurlemoensap
5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil
3 ml fyn gemmer

Plaas al die bestanddele behalwe die gemmer in’ ‘n swaarboom kastrol en kook vinnig vir 45 min. Die konfyt sal sulke lang druppels trek as dit van die lepel afval. Voeg die gemmer by en kook weer vir op vinnige hitte vir 5 minute.
Haal af van die stoof en bottel warm in skoon gesteriliseerde bottels.
Bron en foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

BLATJANG VIR DIABETE

BLATJANG VIR DIABETE
Ek het Karin se Perskeblatjangresep, opi Blog, aangepas tot hierdie een….
2,5 kg geelperskes, geskil
5 medium uie
5 knoffeltone
4 rissies (opsioneel)
500 g rosyne
10 ml sout
10 ml peper
15 ml mosterdpoeier
30 ml koljander
200 ml xylitol
1 liter bruin asyn

Week die rosyne oornag in die asyn waarby Xylitol, sout, peper, koljander en mosterdpoeier gevoeg is.
Verwerk die perskes, uie, knoffel en rissies (indien gebruik) in ‘n voedselverwerker tot growwerige stukkies.
Plaas die rosyne- en perskemengsel in ‘n groterige kastrol en kook oor matige hitte tot meeste van die asyn verdamp het. Roer aanhoudend. Verdik indien nodig met 30ml maizena wat met asyn gemeng is.
Skep in skoon gesteriliseerde bottels.
FOTO EN RESEP AANPASSING:  Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

WILMA SE DIABETIESE SKONS

WILMA SE DIABETIESE SKONS
500 g bruismeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
15 ml Xylitol
250 ml melk
100 ml kookolie
2 eiers

Meng die droee bestandele saam. Klits die eiers. Voeg die melk en kookolie by en klits goed saam.
Maak ‘n holte in meelmengsel en gooi die melkmengsel daarin. Meng met ‘n mes tot ‘n sagte deegbal gevorm is. (Ek sit 3 messe in die vrieskas en werk om die beurt daarmee). Gooi deeg op ‘n meelbestuifde houtbord uit.
Druk met jou vingers die deeg plat (omtrent 2 cm). Druk sirkels met ‘n koekiedrukker uit. Smeer geklitste eier oor en bak in ‘n warm oond (160gºC) vir 15min tot goudbruin en gaar.
Bron en Foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

DIABETIESE BLOUBESSIEKONFYT

DIABETIESE BLOUBESSIEKONFYT
375 g (3 koppies) vars bloubessies
250 ml Xylitol
5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil
50 ml suurlemoensap

Druk die bessies bietjie papper met ‘n vurk in ‘n pot
Voeg die res van die bestandele by en kook oor baie lae hitte vir omtrent 30-45min. Skep die skuim gereeld af.
Skep in skoon gesteriliseerde flesse.
Bron en Foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

DIABETIESE BESSIE TRIFLE

DIABETIESE BESSIE TRIFLE
Dit is die heel eerste keer in my lewe dat ek ‘n triffle maak wat VERSLIND was
Hierdie een is sommer uit my kop uit gemaak en was verfrissend lekker
Diabetiese “Very Berry” triffle
2 pakkies Simply Delish Diabetiese Aarbei Jellie
2 pakkies van 10g elk gelatien
2 bakkies vars bloubessies
2 bakkies vars aarbeie in skyfies gesny
2 bakkies vars “gooseberries”
2 bakkies vars raspberries
3 kiwi vrugte opgesny in skyfies
2 koppies vla
250ml room styf geklits
10 volgraan Provita beskuitjies fyngemaak
150 ml selati versoetter
50 ml gesmelte botter
Neute vir versiering

Meng die botter en beskuitjies goed saam en druk op die boom van tertbak met ‘n volume van 2liter vas. Sit in die yskas tot benodig.
Was die bessies en aarbeie onder lopende water af en sit in ‘n groot bak. Strooi die Versoetter oor, meng deur en hou eenkant. Meng die jellie en gelatien goed saam. Los die mengsel nou op in 150ml warm water. Voeg 50ml koue water by en hou eenkant. Pak Kiwivrug-skyfies in die rondte van die tertbak. Strooi die bessies oor die tertkors. Gooi die gelatien en jelliemengsel oor die bessies. Sit in die yskas tot gestol. (Verkieslik oornag)
Bedek die vrugte met vla, strooi neute oor sit terug in die yskas tot benodig. Klop room styf en bedien apart.
Geniet
FOTO EN RESEP:  Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

DIABETIESE PYNAPPEL EN LEMMETJIE YSKASTERT

Resep en foto: Wilma Josey Venter
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie pynappelstukke in vrugtesap
1 blikkie onversoete Ideal Melk, baie koud
1 pakkie Simply Delish lemmetjie geur jelliepoeier
2 sakkies (10 g elk) gelatien
10 volgraan Provita beskuitjies
50 g gesmelte botter
4 sakkies Selati versoetter

Kap die beskuitjies fyn, meng met die botter en druk onder in ‘n tertbak vas. Plaas in die yskas tot benodig.
Dreineer die pynappelstukke. Behou die stroop.
Kap die pynappelstukke tot growwerig stukke.
Meng die jelliepoeier, selativersoetter en gelatien goed saam.
Verhit die pynappelstroop, voeg nog 100 ml louwarmwater by en roer die jelliepoeier, Selati en gelatien daarin tot opgelos. Klits die Idealmelk tot sponserig. Voeg die stroopmengsel in ‘n dun straaltjie by terwyl jy aanhou klits. Skep die mengsel op die kors, strooi fyngekapte neute oor en plaas in die yskas tot gestol.

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

KORSLOSE SOUTTERT/QUICHE

korsloesouttertquichebettietested
KORSLOSE SOUTTERT/QUICHE
(geskik vir Diabete)
Spek en kaas quiche
4 eiers
¾ koppie room
¾ koppie melk
½ koppie kaas
¾ koppie spekvleis, gaar of koue hoender of ham blokkies
1 teelepel vars gekapte pietersielie
sout en peper
1 meduim ui, fyngekap
1 eetlepel fyngekapte groen soetrissie, opsioneel

Klits jou eiers goed en voeg al die ander bestanddele by.
Gooi in jou tertpan en bak vir 35 – 40min. op 180ºC.
Ek gebruik dit as ‘n basis vir enige vulsel, enige groente is ook baie lekker in.
Geplaas deur Petra Pretorius Seaton
Foto:  Bettie Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

SUGAR FREE CREAMSODA

creamsodatested

SUGAR FREE CREAMSODA
DIABEET EN VERSLANKER VRIENDELIK
Sugar Free Cream Soda DIY – Lekker Suikervrye Groen Ambulans —- YAY !!
1 bottle sparkling water
1 tablespoon vanilla essence, or vanilla extract for the more authentic flavour
1 drop rose extract, or rose water to taste
Sweetener to taste
1 drop green colouring
Mix the ingredients, making sure to keep on tasting all the way. The vanilla is the most important and don’t overdo the rose extract. It might take experimenting to get it right, but even my failures were satisfying enough🙂

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

VERKILDE TUNASLAAI – DIABETE

VERKILDE TUNASLAAI – DIABETE
250 ml (1 koppie rou stampkoring of 750 ml (3 koppies gaar stampkoring)
½ groen soetrissie, fyn gekap
½ ui, fyngekap
2x 170 g blikke tunastukke in soutwater, gedreineer en gevlok
10 swart olywe
3 groot tamaties in blokkies gesny
125 ml lite mayonnaise
25 ml tamatiesous
2 ml marjolein
25 ml gekapte pietersielie
Vars gemaalde swartpeper

Kook die stampkoring sag in baie water… Dreineer
Voeg die soetrissie, ui, tuna, olywe en tamaties by. Roer liggies deur tot goed gemeng.
Meng die mayonnaise en tamatiesous met die marjolein en giet oor die slaai. Meng die pietersielie laaste in.
Geur met swartpeper na smaak. Verkil.
Een porsie is gelyk aan….. 1 stysel en 2 proteïen….
Geplaas deur Petré Van Jaarsveld