EASY TWO INGREDIENTS PANCAKES

EASY TWO INGREDIENTS PANCAKES
(Diabetic and weight-loss friendly)
2 eggs
60 g cream cheese

Soften the cream cheese slightly in the microwave. Add the eggs and beat with a whisk until well blended. Using a pancake pan, spray with Spray ‘n Cook and add a little butter. Melt on a medium heat. Add some mixture to the pan swirling to make sure the pan is covered. Let the pancake set properly until it is slightly brown before turning with a spatula to brown the other side. This mixture makes 2 pancakes.
NOTES
Serve with any fillings of choice. There are so many, sweet or savoury.
Photo and recipe: Petra Pretorius Seaton

WILMA SE DIABETIESE SKONS MET GEWONE MEEL

WILMA SE DIABETIESE SKONS MET GEWONE MEEL
2 koppies koekmeel
150 g botter
3.5 teelepels bakpoeier (gelykvol)
100 ml xylitol
2 ml sout
4 ekstra groot eiers
280 ml melk

Sif die droë bestanddele saam. Frummel die botter by die droë bestanddele in. Klits die melk en eiers saam en voeg by die meelmengsel. Sny die mengsel tot gemeng met ‘n slaplemmes. Moenie te veel meng nie. Druk plat op ‘n meelbestrooide bord tot so 3 cm dik en druk sirkels/hartjies uit met ‘n drukkertjie. Bak in ‘n warm oond op 180°C vir omtrent 15 minute tot goudbruin en gaar. Bedien met lekker tuisgemaakte konfyt en botter.
Resep en foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

WILMA SE DIABETIESE 4-VRUG MARMELADE

WILMA SE DIABETIESE 4-VRUG MARMELADE
6 nartjies
6 lemoene
4 geelskil pomelos
4 suurlemoene
2.5 kg xylitol
2 liter gesteriliseerde water

Sny en kerf al die vrugte baie fyn op. Plaas die vrugte en water in ‘n groot pot en kook vir ‘n uur. Voeg nou die xylitol by en kook op medium hitte tot die vrugteskille sag is en meeste water weggekook het. Dit neem so 3 ure. PASOP VIR AANBRAND!!! Skep in skoon gesteriliseerde flesse, seël en bêre. Ek het 14.5 flesse marmelade uitgekry.
Resep en foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

DIABETIESE MAKETAANKONFYT

DIABETIESE MAKETAANKONFYT
4 kg maketaan skil skywe (nie witvleis nie)
1.5 kg xylitol
5 ml sout
3 duimpie grootte stukkies vars gemmer, opgesny in klein stukkies.
4.5 liter gesuiwerde water (still)
2 eetlepels huishoudelike kalk

Skil die waatlemoenskywe baie dun af (ek het my aartappelskiller gebruik). Prik goed aan beide kante en laat lê in gewone kraanwater waarby die kalk gevoeg is, vir 2 dae. Spoel baie baie goed af, sny in happie-grootte stukkies en hou eenkant.
In ‘n groot pot; gooi water, sout en xylitol in die pot en laat borrel-kook op baie hoë hitte. Voeg nou die maketaanstukkies bietjie vir bietjie by terwyl die water aanhou kook. Voeg die gemmer by, roer deur en kook op medium hitte tot die stroop begin verdik en jy ‘n vuurhoutjie se agterkant deur die maketaanstukkies kan druk.
Skep die vrugte in skoon gesteriliseerde bottels en gooi van die stroop in die bottels tot die vrugte bedek is. Indien daar lugborrels gevorm het, druk ‘n skoon sosatiestokkie teen die kant van die bottel om die lugborrels op te breek en seël dadelik. Laat heeltmal afkoel, merk en bêre
Resep en foto: Wilma Josey Venter.

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

WILMA SE CHILLIE EN DIABETIESE MAKETAAN BLATJANG

WILMA SE CHILLIE EN DIABETIESE MAKETAAN BLATJANG
1 liter water
250 ml xyitol (of ander versoetter)
250 ml asyn
2.5 kg sagte witvleis van ‘n maketaan (pitte verwyder)
2 groot uie gekap
6 rissies opgekap
20 ml rissiepitte
20 ml tamatiepuree
10 ml sout
10 ml gemaalde swartpeper
20 ml kerriepoeier (lekker sterk poeier is reg)

Kook die water, asyn en xylitol tot dit borrel. Voeg nou die res van die bestanddele van die resep by en kook tot meeste van die watermengsel weggekook het en die maketaanstukke deurskynend is. Kap fyn met ‘n “Blitzer” (Indien nodig, verdik met 15 ml maizena opgelos in water, en laat deurkook vir ‘n paar minute).
Skep in skoon gesteriliseerde flesse en seël. Die blatjang het ‘n skerp smaak en is heerlik saam met ‘n lekker kerrie gereg.
Resep en foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

WILMA SE DIABETIESE RONDE RISSIES-BELL PEPPERS

WILMA SE DIABETIESE RONDE RISSIES-BELL PEPPERS
5 kg rissies
2 kg Xylitol
4 liter water
1 liter wit druiwe asyn
paar peperkorrels (36)

Sny die rissies oop by die stingeltjies en verwyder die pitte. Probeer om die rissie heel te hou.
Kook die water en asyn tot dit borrel. Voeg die Xylitol stadig by terwyl die water aanhou kook.
Roer tot die Xylitol heeltemal opgelos is.
Voeg nou die rissies ‘n paar op ‘n keer by die borrelende water.
Toets of die rissies sag maar nie pap gekook is nie, met ‘n sosatiestokkie.
Haal uit die kokende stroop, skep in skoon gesteriliseerde flesse. Gooi van die stroop oor, so paar peperkorrels en seël.
Heerlik wanneer gevul met maas-/room-/enige sagte kaas saam met soutbeskuitjies.
Bron en foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

ONWERKLIKE TERT / IMPOSSIBLE PIE VIR DIABETE

ONWERKLIKE TERT / IMPOSSIBLE PIE VIR DIABETE
Aangepas vir DIABETE en VERSLANKERS
All the ingredients are mixed together and poured into a pie dish, but when it cooks it forms its own crust with filling This has a coconut vanilla taste like a coconut cream pie.
2 cups milk
1 cup shredded coconut
4 eggs
1 teaspoon vanilla extract
1/2 cup almond flour
8 Tablespoon butter
3/4 cup sweetener
1/4 teaspoon ground nutmeg

Place milk, coconut, eggs, vanilla, almond flour, butter and sugar in blender. Mix well. MENG GOED, NIE KLITS NIE.
Pour into a greased and floured pie dish. Sprinkle nutmeg on top.
Bake at 160°C for 45 minutes.
Photo: Petra Nel
Recipe posted by Petra Pretorius Seaton

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

WILMA SE DIABETIESE LEMOENPATATS

WILMA SE DIABETIESE LEMOENPATATS
Ek het al baie in my lewe patats gaargemaak op verskillende maniere en dit ook al by baie geleenthede geniet wanneer iemand anders dit voorberei het maar nog NOOIT het ek patats so geniet soos vandag saammet ons middagete nie.
Hier is my weergawe van Lemoen Patats

Skrop 1 kg rooi patats skoon en sny in skywe. (Los die skil aan, dis goed vir jou!)
Was en sny 2 Valencia lemoene in skywe.
100 ml Xylitol
20 ml botter
250 ml lemoensap (ek’t lemoene uitgedruk en van die pulp ook gebruik)
250 ml gekookte warm water
5 ml kaneel
3 ml gemmer
3 ml (Himalya) sout
varsgemaalde swart peper
Smelt die botter en Xylitol saam. Pak die lemoenskyfies in ‘n enkellagie in die mengsel. Pak nou ‘n lekker dik laag patatskyfies bo-op die lemoenskywe. Strooi 2,5 ml kaneel, 1,5ml gemmer, bietjie sout en varsgemaalde peper oor. Herhaal weer die lae en eindig met patats. Strooi die res van die kaneel, gemmer, sout en varsgemaalde peper oor.
Meng die lemoensap en water en gooi oor die patats. Sit die deksel dig op en kook oor lae hitte tot die vloeistof amper weggekook het. Moenie meng nie.
Ek het nog bietjie kaneel en Xylitol gemeng (soos vir pannekoek en liggies oorgestrooi) en dit net vir ‘n paar minute laat vinning kook tot die Xylitol gesmelt het.
Bedien Warm as bykos!
Resep en foto:  Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

WILMA SE DRIE SOET GROENTE MENGSEL VIR DIABETE

WILMA SE DRIE SOET GROENTE MENGSEL VIR DIABETE
Hoeveelhede van groente volgens jou eie behoefte
Ek kook botter en 2 hoogvol eetlepels Xylitol met bietje kookwater (250ml) tot die Xylitol opgelos is en voeg dan die patatblokkies eerste by. Kook dit op medum hitte tot sag, voeg dan die pampoenblokkies, en dan die gevriesde ertjies by en indien nodig, nog ‘n bietjie water.. Kook alles tot gaar. (Daar is baie baie min water in die pot. Pasop vir aanbrand)
Ek het daarmee saam net bruin Basmatirys bedien.

Bron en foto: Wilma Josey Venter

All people with any type of diabetes who wish to use our recipes, should do so in consultation with their diabetes healthcare team. If you have diabetes it is important to know your risk factors.

Persone met enige tipe diabetes wat ons resepte wil gebruik, moet dit in oorleg met hul diabetes-gesondheidsorgspan doen. As jy diabetes het, is dit belangrik om jou risikofaktore te ken.

WILMA SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK VIR DIABETE

WILMA SE MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK VIR DIABETE
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
30 ml kakao
15 ml sterk koffiepoeier
150 ml xylitol
2 groot eiers
100 ml Kookolie
250 ml melk
25 ml kookwater
Versiering:
2 plakke (85 g) Canderell sjokolade

Sif die droë bestanddele saam. Maak die koffiepoeier aan met die kookwater en meng met die bogenoemde (nat) bestanddele.
Meng alle bestanddele goed saam.
Smeer ‘n ronde glasbak met botter en bespuit met Cook and Spray.
Skep beslag daarin en bak vir 9 minute op hoog in die mikrogolfoond.
Toets of die koek gaar is met ‘n tandestokkie. Laat heeltemal afkoel in die bak.
Sny die koek in die helfte deur, smeer een helfte met Diabetiese Perskekonfyt (resep op die blog)
Sit die ander helfte bo-op.
Smelt sjokolade in die mikrgolfoond.
Smeer sjokolade bo-oor en versier verder soos verkies.
Resep en foto’s: Wilma Josey Venter