MATHILDA SE PIZZA DEEG

deeg_ntested

MATHILDA SE PIZZA DEEG
800 ml koekmeel
sout
50 ml olie
15 ml bakpoeier
300 ml water en melk om die helfte

Meng droë bestanddele. Meng melk water en olie. Maak holte in droë mengsel en gooi vloeistof by. Meng goed deur. Werk op blad wat meel bestrooi is. Knie goed. Laat rus net paar min en rol uit. Ek maak sommer so lang rol, trek kante toe en werk dit met vingers pan vol. Heerlike degie!!!! Maak en geniet en sit bo-op waarvoor jy lus is. Bak so 25 min, ek loer altyd onder een hoekie of degi effe bruin raak.
Bron: Mathilda Van Tonder Leslie




BETS SE KITSKORS VIR PASTEIE

bets se kitskorstested
BETS SE KITSKORS VIR PASTEIE
1 eier
1/2 koppie olie
3/4 koppie melk
1 koppie koekmeel
knippie sout
1 teelepel bakpoeier
Klits eier, olie en melk saam.
Sif droe bestanddele en voeg by eiermengsel.
Klits goed.
Gooi stadig oor enige sout pastei vulsel.
Bak @ 180ºC vir 30 – 40 minute of tot mooi bruin bo-op.
NB: Vir hierdie groote pan het ek die resep dubbel aan gemaak.

Foto: Bets Lourens




EENVOUDIGE TERTKORS

tested

EENVOUDIGE TERTKORS
Klits tot glad en romerig:
125 g sagte botter
2 eetlepels suiker
1 eier
2 eetlepels olie
1 teelepel vanilla
‘n knippie sout
Sif by:
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier

Meng saggies tot dit groot krummels vorm.
Druk vas in tertbord in ‘n dun lagie.
Bak 12 min by 180 ºC.
Gebruik verder.
Die deeg is genoeg vir 2 ronde tertborde.
Res van die deeg kan vir tot ‘n maand gevries word.
Bron: Frikkie Jones




MARIETA SE FLOPVRYE PASTEI DEEG

Marieta se flop vrye pastei deegtested

MARIETA SE FLOPVRYE PASTEI DEEG
Resep: Marieta James
Foto: Tanya Erasmus‎
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is ‘n resep van my ma en kom al jaaare saam.
Pastei deeg (krimp glad nie)
Vryf 625 g margarien
in 6 koppies koekmeel
½ teelepel kremetart
en 1 ½ teelepel sout

Maak aan met:
3 eiergele
60 ml wit asyn (¼ koppie)
Klits saam in ¾ koppie yswater

Knie goed deur.
Maak toe in plastieksak en bêre vir 6 ure in yskas.
Die beste resultate word verkry wanneer deeg koud is.
Ek laat myne sommer oornag in yskas.
Ek gebruik hierdie kors vir my pasteie, Hertzogtertjies, quiches en vele meer.
Deeg wat oorbly vries ek en laat dit ontdooi in yskas wanneer ek dit benodig.




MINETTE SE PASTEITJIEDEEG

Minette se pasteitjiedeegtested
MINETTE SE PASTEITJIEDEEG

Ewe hoeveelheid botter en meel. Bv, 1kg meel en 1kg botter.
Jy kan sout byvoeg soos verlang.
Vryf saam gooi bietjie water by tot solide deeg vorm en plaas in yskas vir minstens ‘n uur.
Moenie te veel daarmee werk. (knie en so)

Minette Mirie Vd Westhuizen




AMANDA SE PIZZA EN BROOD DEEG

amanda se pizzasamanda se brood van pizza deegtested

AMANDA SE PIZZA EN BROOD DEEG

Na aanleiding van tuisgemaakte pizzas wil ek die volgende deel. By ons is dit tradisie om op n Saterdagaand pizza te maak. Ek knie self en maak my basis dun. Ek “pre bake” dit vir 5 min. Laat dit heeltemal afkoel. Gebruik tamatie as basis, dan die kaas
Daarna wat ons ookal voor lus is. Bak vir 8 min en geniet. Aangesien ons nou die meeste van die tyd net 2 is knie ek vier koppies meel en bak sommer ‘n broodjie ook vir Sondag oggend ontbyt.

4 – 6 kop meel
1 pakkie kitsgis
1 teelepel sout
3 teelepels suiker
2 eetlepels olyfolie
Genoeg lou water om hanteerbare deeg hê

Knie sommer met Kenwood.
Laat rys tot dubbel volume. Knie af. Maak balletjies vir pizza basis.
Vorm res in brood.

FOTO EN RESEP:  Amanda Theunissen




ELSABE SE FLATERVRYE BLAARDEEG

Elsabie se Flatervrye Blaardeegtested

ELSABE SE FLATERVRYE BLAARDEEG
Elsabe Jordaan
FOOD LOVERS RECIPES
500 g botter/margarien
500 g meelblom (3.5 koppies)
1. 5 teelepel kremetart
250 ml yswater
1 eiergeel
knypie of 2 sout

Rasper ¾ van die yskoue botter/margarien.
Sif alle droë bestanddele saam.
Klits water en eiergeel goed saam.
Sny botter/margarien in meelmengsel met ‘n mes.
Voeg vloeistof stadig by wyl jy meng.
Plaas deeg in yskas vir ongeveer ‘n uur
Rol deeg op n koue oppervlak verkieslik uit, en SMEER res van die botter bo-oor.
Vou deeg op in 4 voue.
Rol weer goed uit, vou op en laat weer in yskas rus vir 1 uur.
Rol uit en gebruik soos nodig.
Resep: Elsabe Jordaan




KLAAS SE TUISGEMAAKTE PIZZA

tuisgemaakte pizza klaastested
KLAAS SE TUISGEMAAKTE PIZZA
PIZZADEEG:
500 gr witbrooddeeg/koekmeel
1 pakkie gis
1tl sout
Italian spices en herbs
2 tl olyfolie
300/350ml lou water
Meng al die droe bestandele en voeg water by -Meng tot sagte deeg
Rol deeg in balvorm . Smeer die olie om die deeg, Sit in bak en maak toe met gladwrap om te rys. (dit moet omtrent dubbel die grootte rys)
Rol dun uit en gebruik
TAMATIESOUS VIR PIZZAS
2 E fyn knoffel
1x410g gekapte tamaties OF 6 vars tamaties
1x115gm tamatie puree
2 E vars basiliekruid
2 E Suiker
sout en swart peper na smaak
Gooi alles saam met ‘n gekapte ui in die voedselverwerker en kook dan tot lekker dik. Vries ook baie lekker
Jy kan ook enige toppings by op sit
Voorverhit oond tot 220 C
Bak pizza 25 to 30 minute tot goudbruin op die middelste oondrak.
Laat dit effens afkoel, sny in vierkante en sit warm voor.

Foto en resep:  Klaas Kingma




“CHOUXPASTA” VIR ECLAIRS

chouxdeeg martinustested

“CHOUXPASTA” VIR ECLAIRS
125 ml kookwater
125 ml koekmeel
62.5 ml margarien
1 ml sout
2 eiers
125 ml room, (styf geklop)
50 g Sjokolade (gesmelt)
Smelt margarien in kookwater en bring tot kookpunt.
Verwyder kastrol en voeg meel en sout gelyktydig by en roer vining totdat mengsel los raak van kante en bal vorm en glad vertoon.
Laat afkoel. (15 min)
Voeg eiers bietjie vir bietjie by. Klop goed na elke byvoeging. Die mengsel moet styf en blink wees.
Spuit mer versiersak “poffertjies” of “eclairs” op gesmeerde bakplaat.
Bak vir 15 min by 220°C. Verlaag temp na 180°C en bak vir verdere 15 min tot goudbruin en uitgedroog.
Haal poffertjies uit en prik met toetspen.
Laat afkoel op afkoelrak. Sny in die lengte oop.
Vul met styfgeklopte room.
Garneer met gesmelte sjokolade.

Resep en foto:  Marthinus Terblanche
Die resep kom uit haar Verbruikerstudies Boek, Graad 11 by Hoërskool Centurion




DUITSE PASTEIKORS


DUITSE PASTEIKORS
60 mℓ koekmeel
15 mℓ bakpoeier
15 mℓ botter
15 – 20 mℓ melk
1 eier
Sout

Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Smelt die botter en klits dit dan saam met die eier.
Voeg die melk by.
Roer die bottermengsel by die meelmengsel om ’n dun beslag te maak.
Skep die beslag uit met ’n lepel en gooi dit oor ’n kokende pastei, of bak dit in ’n gesmeerde pan.
As jy dit saam met ’n soet vulsel gebruik kan jy 15 mℓ suiker by die mengsel voeg.