ELSABIE SE DEEG VIR WILDSVLEIS PASTEITJIES

Elsabie se wilidsvleis tertjiestested

ELSABIE SE DEEG VIR WILDSVLEIS PASTEITJIES

Kookwater-pastei deeg
Bros deeg wat perfek werk vir die onderkant van pasteitjies omdat dit ordentlik deur bak sonder om taai te wees. Ek vind dit die beste deeg vir wildspasteitjies wat ek sommer in my medium grootte muffin panne maak.

125 ml kookwater
125 g botter of margarine (ek gebruik botter dit smaak ook lekkerder)
500 ml (280 g) bruismeel (of koekmeel + 2 t bakpoeier)
2 ml sout

Smelt die botter of margarine in die kookwater. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng die kookwater mengsel by tot ‘n sagte deeg vorm. Ek gebruik my deeghak in my menger.
Gooi in ‘n plastiek sakkie en sit in die yskas vir ten minste ‘n uur of tot yskoud. {*op hiedie stadium kan jy dit ook vries vir latere gebruik}.

Op ‘n meelbestrooide oppervlak, druk die deeg plat en rol uit tot 3mm dik. Sny vorms soos verlang, voer pannetjies of oondbak uit met die deeg. Sny dekseltjies vir die bo-kante, maak ‘n gaatjie in sodat die stoom kan ontsnap. Sit die koue vleis vulsel in en maak toe met die dekseltjie. Smeer die kante nat met bietjie water op jou vinger, knyp die deeg toe en verf met geklitste eier of melk met bietjie suiker in.

OF

Maak dit soos ‘n wasgoedbondeltjie met die koue vleis vulsel binnekant en bak in gesmeerde muffin pannetjies soos onder.
Bak by voorverhitte oond by 200°C vir vanaf 20min tot 40min afhangende van hoe groot die pasteie is. Hulle moet mooi goudbruin bo-op wees.
Foto: Elsabie Templeton




MIKROGOLF LUI-HUIS-VROU-DEGIE

Lui huisvrou hoenderpastei
MIKROGOLF LUI-HUIS-VROU-DEGIE
Hier is myne:
ek vat een eier en meng dit met meel en bakpoeier meel hoeveelheid hang af hoe groot jou bak vleis is.
Meng dit en gooi dan water by roer alles dit moet loperig wees want ek gooi dit oor met maatbeker oor vleis.
Strooi gerasperde kaas bo oor en bak in mikrogolf of oond tot degie bruin is, dis heerlik!

RESEP: Estelle Coetzee
FOTO: Benhet Nieuwenhuis




LEKKER MAKLIKE MELKTERTKORS

Maklike melktertkorstested
LEKKER MAKLIKE MELKTERTKORS

125 g botter kamer temperatuur
100 g suiker
1 eier
275 g koekmeel
10 ml bakpoeier
knypie sout
melk om deeg aan te maak indien nodig

Meng botter en suiker deeglik.
Voeg eier by.
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Meng my eiermensel tot deeg bal en druk vas in die gespuite tertbak.

Verhit oond na 200 ºC bak vir 10 tot 12 min of tot ligbruin.

Resep: Rita Janse van Vuuren




MAKLIKE TERTKORS

Krummeltertkorstested

MAKLIKE TERTKORS

Hierdie is ‘n vinnige tertkors wat vir meer as net terte gebruik kan word, wat nie uitgerol word nie. Indien daar deeg oorbly kan dit gevries word tot later.
125 g sagte botter
30 ml (2 eetlepels) suiker
30 ml (2 eetlepels) olie
5 ml (1 teelepel) vanielje of ‘n skraapsel vanieljepitte
1 eier
knippie sout

Klits bogenoemde bestanddele tot lig en glad.
Sif bo-oor:
500 ml (2 koppies) koekmeel
10 ml (2 teelepels) bakpoeier

Klits dit liggies tot die deeg bymekaarkom en growwe krummels maak.
Druk die krummels in ‘n ongesmeerde tertbord vas en bak by 180°C (voorverhit) vir 12 tot 13 minute tot dit strooikleurig is.

Nota:  Ek gebruik dit vir soet vulsels en dis soos vir lemon meringue, melktert, Hertzoggievierkante, konfytvierkante, ‘n kors vir koeke, kaaskoeke ens ens.

Bron: Frikkie Jones
Foto: Geleen




PIZZA DEEG GEMAAK MET BIER

pizza deeg met biertested

PIZZA DEEG GEMAAK MET BIER

1 kg bruismeel
2 blikkies bier
Knippie sout

Meng en rol uit vir pizza’s dit maak ongeveer 7 pizza’s
Dis nie nodig om deeg te laat reis nie. Ons het dit net gemeng en uit gerol in die grootte wat elke persoon wou he. Sit op wat jou hart begeer em bak in die oond vir so 25 minute. Baie lekker resep en die pizza proe glad nie soos deeg nie.

Resep en foto:  Francois Champ Lotriet




PIZZA WITH BEER DOUGH

Pizza with Beer Doughtested
PIZZA WITH BEER DOUGH

My fianceé just made the most amazing pizza. And the dough was so easy to make. I couldn’t believe it.

1kg self raising flour and two cans of beer.
The dough is sorted.
And toppings of your choice. Pizza perfect eat your heart out.

Bake on 180 for about 25 mins.
The recipe made 7 pizza’s.

Recipe and Photo: Francois Champ Lotriet




SAMOOSA PASTRY

samoosa pastrysamoosa pastrytested
SAMOOSA PASTRY
3 cups of flour
cold water
pinch of salt
1 teaspoon of lemon juice
12 teaspoons of ghee (clarified butter)
Substitute:
Ghee can be substituted for margarine or butter but this does alter the taste.

Sift flour and salt together.
Combine the lemon juice and water. Add this liquid mixture to the dry ingredients.
Mix well to form a dough. Knead the dough to remove any air bubbles.
Divide the dough into 12 portions.
Roll each portion into a ball and flatten it between the palms of your hand.
Roll the portions on a floured board into Roti circles.
Using only 6 circles, brush each side with 1 teaspoon of ghee.
Pile the each disc on top of each other with a sprinkling of flour between each Roti disc. Do not grease the underneath of the last disc and the surface of the top roti disc.
Roll out the pile of 6 disc’s into a single large circle.
Trim of the edges of the circle to form a square.
Toast the dough circle on both sides on a non stick frying pan or a flat grill.
Toss and turn lightly several times to separate the layers.
As soon as the layers begin to separate remove from heat and set aside. This is now samoosa pastry or pur.
Repeat the steps with the remainder of the 6 portions.
When the pur is cooled, cut the pur into two inch wide long strips.
The strips can be filled with the filling of your choice and deep fried until golden brown in colour.
Source: Leyla Randera




THE BEST TART CRUST EVER

the best tart crust evertested

THE BEST TART CRUST EVER
125 g butter, melted
5ml vanilla
30ml golden syrup
125ml sugar (raw)
1.25 cup flour (175g)
125 ml oats
100 ml coconut
1 block weetbix, crumbled
Melt together the butter, vanilla and syrup. Add rest of ingredients. Mix well. It will be very crumbly. Press into a large pie dish (or two smaller) and bake for 15 minutes at 180 degrees.
Cool down completely, add filling of choice, set and serve.
This is so good I eat it without filling!
Alternative: Caramel bars.
Double the recipe. Bake. Mix the following:
1 can of condensed milk
60g butter
45ml golden syrup
Cook until well mixed and bubbly. Add to crust. Set. When completely cold, coat with a thin coating of chocolate.
Source and photo: Kiti De Jager




MARIETJIE SE PASTY DEEG

piesntested

MARIETJIE SE PASTY DEEG
Deeg resep
2/3 koppies kookwater
500 g margarien
knippie sout
4 koppies meel
Sny margarien in klein blokkies en gooi kookwater oor om sag te maak. Gooi nou sout en meel by en meng goed. Laat oornag in yskas voor gebruik. Ek bak by 240°C die pasteie wat met eier gesmeer is. vries goed.
Bron: Marietjie van der Merwe




MAKLIK EN BAIE LEKKER PIZZA DEEG

2015-11-15-maklikeskuddegievirpizzatestedpizza deeg rina smit

MAKLIK EN BAIE LEKKER PIZZA DEEG

2 kop bruismeel
½ kop + 2 eetl kook water
½ kop olie
knippie sout

Plaas alles in ‘n bak en meng tot deeg gevorm is. Druk deeg uit in ‘n rolkoek pan en bedek met ‘n klam vadoek tot nodig.

Smeer basis met tamatiepaste en sit vulsel op, strooi genoeg kaas oor.

Voorverhit die oond tot 180°C en bak die pizza 30 min op die middelste rak van die oond.

Die degie spring nie terug nie en is baie lekker.

Kom uit Knippeldik aan koningskos.
Geplaas deur Rina Smit