ELSABIE SE VEELSYDIGE DEEG EN QUICHE

ELSABIE SE VEELSYDIGE DEEG EN QUICHE
Quiche vir aandete …. en ‘n glasie wyn vir die kok…
Veelsydige pastei deeg (druk in pan) {genoeg vir 3 foelie pannetjies}
2,5 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
250 g botter of margarien (Stork-to-Bake)
2 klein (of 1 groot) eier
Knippie sout


Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf margarien in die meelmengsel totdat dit krummelrig begin lyk. Klop eiers en gooi by die meel en margarien mengsel. Indien dit te slap is gooi bietjie meer meel by. Die deeg moet styf en nie pap wees nie. Sit in plastiek sakkie in yskas tot benodig (jy kan dit op hierdie stadium vries vir latere gebruik ook). Druk in pan en gooi vulsel bo-oor.
Nota: ek het al hierdie deeg gebruik om ‘n quiche pan mee uit te voer voordat ek die bestandele oorgooi. Dan sit ek ‘n koppie skerp Cheddar kaas by en ‘n knippie gerookte paprika of rooipepper.

Quiche vulsel:
Jy kan werklik enigiets gebruik. Ek het vanaand spek en kaas worsies, groen peper, sprietuitjies en sampioene geroerbraai. Skep op die bodem van die tertpannetjie wat reeds die deeg in het. Strooi halfkoppie skerp Cheddar of Parmesan kaas bo-oor. Klits 4 eiers in 375 ml room met 20 ml suurlemoensap daarby en gooi versigtig oor die vulsel. Bak by 160ºC vir ongeveer 45-60 minute of totdat die quiche liggies begin verkleur bo-op.
Main Photo:
Nota: I used a roast chicken that I cut into bite size pieces, about 1 cup of last night’s left over carrots and babymarrow spaghetti, 2 cups of fried mushrooms and 1 cup of fresh cream mixed with about 4 tablespoons of corn starch to make a sauce. Make the crust and bake the pie as per the recipe for quiche.
Resep en foto:  Elsabie Templeton

Vulsel
1 groot babymarrow
1 groen peper
1 rooi ui
3 eetlepels gekapte peppadews
400 g gerookte kaas en spek worsies opgesny.
Foto en vulsel: Elsabe Tempelton




DOPPIES IN KOLWYNTJIE PAN


DOPPIES IN KOLWYNTJIE PAN

750 ml meel
5 ml bakpoeier
3 ml sout
250 g botter (ongesout en bly maar by botter)
2 eiers
15 ml suiker

Voorverwarmd oond 190°C.
Sif droë bestanddele saam.
Vryf botter in.
Klits eiers en suiker tot skuim
Meng droë Bestandele by eiermengsel
Meng goed tot ‘n stywe deeg, maar moenie deeg te veel hanteer dat dit warm kan word nie.
Rol uit. Nie te dun nie!
Druk met koekievorm ronde sirkel of blom uit.
Gebruik kolwyntjie panne en druk degie in pannetje.
Jy hoef pannetje nie te smeer nie.
Bak vir 8-10 min ( hang af van grote van doppies wat jy maak.)

Bron: Elzetna De Bruin




MAKLIKE TERTJIE DEEG

MAKLIKE TERTJIE DEEG
2 koppies koekmeel
½ teelepel kremetart
¼ teelepel sout
250 g harde botter
Sodawater (genoeg om ‘n deeg mee te vorm+- 100 ml tot 125 ml)

Meng koekmeel, kremetart en sout. Vryf die harde botter in met jou vingerpunte tot lyk soos growwe mieliemeel. Maak aan met sodawater. Plaas rukkie in yskas. Rol uit en gebruik vir konfyt tertjies of vleis pasteitjies. Bak by 180 Grade C tot mooi bruin
Ek het ‘n glas gebruik om my deeg uit te druk dia van glas so 9 cm … het omtrent 30 uitgekry
Bron en Foto: Petro Van Genderen
Foto: Annelise Engelbrecht




LUCINDA SE SLAP PASTEIDEEG

1044656_10210959163844614_2219872391165850260_ntested
LUCINDA SE SLAP PASTEIDEEG
½ koppie melk
½ koppie olie
¾ koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier
1 eier
knyppie sout

Sif droë bestanddele in ‘n aparte bak.
Klits eier, melk en olie saam.
Meng die nat mengsel by die meelmengsel en meng alles saam.
Maak seker daar is geen klontjies, skep die deeg oor die vulsel.
Bak in oond  by 180°C tot goudbruin.
Dit lyk min, maar rys nogals baie.

Resep: Lucinda Bosch Posthumus
Foto: Joyce Geers Minnaar
Tweede foto: Alida Siebert‎




HOMEMADE ICE CREAM CONES

cupcakes jenny
HOMEMADE ICE CREAM CONES
2 eggs
½ cup white sugar
¼ cup butter, melted and cooled
3 tablespoons milk
½ teaspoon vanilla extract
1/3 cup all-purpose flour
1/8 teaspoon salt
3 tablespoons vegetable oil, or as needed

Whisk together the eggs and sugar in a large bowl until frothy. Whisk in the butter, milk and vanilla. Gradually whisk in the flour and salt until smooth. The batter should be thin, you can stir in more milk if needed. Heat a small skillet or griddle over medium heat. Brush the pan lightly with oil. Pour about 1/4 cup of batter onto the skillet and turn to spread out the batter into a thin circle. When the underside is golden brown, flip over and cook until golden on the other side. Remove from the pan and form into a cone while it’s hot, squeezing the end to seal. Place on a wire rack to cool and harden completely. Repeat with the remaining batter.

Source and Photo: Jenny-Lynn De Ponselle




FRIKKIE SE SKILFERKORSDEEG

frikkie-se-pasteitested

FRIKKIE SE SKILFERKORSDEEG
500 g koekmeel
350 g botter,  gerasper en gevries
250 ml yskoue water gemeng met
15 ml suurlemoensap
10 ml sout

Meng die meel en sout.
Vryf 50g van die botter in die meel in.
Voeg die water bietjies, bietjies by en meng liggies tot die meel bymekaarkom en ‘n deeg vorm.  Knie goed tot elasties en rol uit.  Vou op en verkoel 25 min.
Rol weer en plaas ‘n strook botter in die middel van die deeg.  Vou een kant oor en sit weer ‘n laag botter  bo op die deeg bo oor die ingevoude kant. Vou die ander los kant oor.  Druk kante vas om lug in te seel en vou op in 3.  Bedek en verkoel weer 25 min.
Herhaal die boonste stap weer met die laaste botter en vou en verkoel weer 25 min. Teen die tyd het jy 729 lagies deeg wat heerlik vlokkig sal wees. Rol weer uit en gebruik soos nodig. Bak 20 tot 25 min by 200°C.
Vir groter terte bak 15 min by 200ºC en verlaag die hitte na 180°C en bak tot deurgebak en gaar.
Bron en foto: Frikkie Jones




ADELLE SE SKONDEEG VIR BROOD EN PIZZA’S

ADELLE SE SKONDEEG PIZZAADELLE SE SKONBROODtested

ADELLE SE SKONDEEG VIR BROOD EN PIZZA’S
Ek bak net met Golden Cloud Bruismeel.
3 koppies bruismeel (750 ml)
75 ml botter (nie margarien)
Vryf botter in meel in.
Dan 1 eier en bietjie water (so 50-100ml)

Roer in met vurk om sagte deeg te vorm. As dit ‘sticky’ is, sit nog meel by, as daar te veel meel los is, spat nog water by om al die meel op te tel. Moet dit nie te veel knie nie (dis nie ‘n brood nie). Druk plat met hande en druk skons uit. As jou skon dik en wyd is, bak dit so 20 min.
As jou skons klein is (so 5 cm deursnee + 2-2.5 cm rou), dan bak dit net 15 min op 190°C.
Ek gebruik hierdie deeg vir skons, skonbrood, boerepizza (plat soos pizza met pizza bolaag) en souttert kors. Skonbrood, boerepizza en souttert bak so 25 min. Soms gooi ek kakao by die meel om sjokolade skons te maak. Baie lekker met konfyt en sjokolade room. Vir die appeltert kan jy bietjie suiker by deeg gooi en baie dun uitrol.

Hoendersop gemaak met Skonbrood en kluitjies (skondeeg in die sop gekook). Dit was so lekker my man sê skonbrood is nou sy gunsteling brood. 🙂
HOENDERSOP MET SKONDEEG

RESEPTE EN FOTO’S: Adelle Gascoyne




ADRI SE SKUIMPIES UIT KNUPPELDIK

adri se skuimpie vormtested

ADRI SE SKUIMPIES UIT KNUPPELDIK

1 eierwit
250 ml strooisuiker
30 ml kookwater
15 ml asyn
2 ml bakpoeier

Metode:
Gooi eierwitte, strooisuiker, kookwater en asyn in ‘n mengbak en klits vinnig totdat meringue stywe puntjies vorm as jy die klitser optel.
Vou bakpoeier liggies in. (Ek het dit sommer bietjie geklits).

Bak vir 2 ure in ‘n 100 grade oond. Laat koud word in die oond sonder om oop te maak. Ek het dit laat aand gebak en oornag laat koud word.

Moet net nooit skuimpies probeer bak as dit onweer is of reën nie – dit flop dan GEWOONLIK!

Ek het ‘n ronde vorm gesny van my waspapier en met die “icingbag gepipe” om ‘n tert vorm te maak. Daarna het ek dit gevul.
Ek het die vulsel gemaak van kondensmelk en creamcheese met bietjie van my pulp by en vars perskes bo op gesny. Ongelukkig het ek nie ‘n foto daarvan geneem nie.

RESEP GEPLAAS EN FOTO:  Adri Liebenberg




TERTKORS VAN GRAANVLOKKIES OF ALL BRAN

corn flake korstested

TERTKORS VAN GRAANVLOKKIES OF ALL BRAN
Neem so 2k droe corn flakes, kap dit fyn in die voedselverwerker, voeg dan so halwe handjie vol “chocolate drops” en so opgehoopte teelepel suiker by en laat die masjien loop tot alles mooi fyn, dan gooi ek so eetlepel melk by en  meng weer, druk met my hand die krummels teen die kant vas en as dit nie mooi bly sit, nog bietjie melk.
Gaan so aan tot die krummels mooi teen die kant klou as jy met jou vingers vasdruk, as mens van klapper hou kan mens dit ook bysit, ek hou nie daarvan, maar vandag gedink dit sal werk en omtrent die smaak van tennis koekies gee. Dan druk ek dit net met lepel in tertbak vas.
Toe ek die all bran gebruik het kon mens n neutsmaak kry maar ek het vandag die gewone graanflokkies gebruik

Resep ne foto: Marianne de Beer




ES’S ALMOND MILK ARABIC DOUGH WITH BACON BITS AND CHEESE

ESlabs Arabictested

ES’S ALMOND MILK ARABIC DOUGH WITH BACON BITS AND CHEESE

True to my nature, that is 99.9% of the time, I will use a recipe as a starting point and modify as I go along.
As I wanted to see if this famous Arabic dough will work and can be modified to “Vegan” I decided to use almond milk and omit the milk powder.
As my vegan family members, will unfortunately not be able to share in this batch, I then decided to add some bacon and cheese to the mix as another part of my experiment. You can keep it vegan by omitting the bacon and using vegan cheese if you like.
500 ml (2 cups) warm almond milk
60 ml (4 tablespoons) sugar
30 ml (2 tablespoons) yeast (2 x 8 g packets)
500 ml (2 cups) cake flour
1.25 ml (¼ tsp) salt
Mix together and set aside for 15 minutes to form a nice foam head.

Then add:
125 ml (½ cup) oil
750 ml (3 cups) cake flour
5 ml (1 teaspoon) baking powder (optional, I did add it)
Mix well and knead with dough attachment in stand mixer for 7 minutes. Yeah, for a stand mixer!!!

After 6 minutes kneading, add the following without stopping your mixer:
40 g bacon bits (you can add more if you prefer, unfortunately that’s all I had available)
60 g grated cheddar cheese – or any sharp yellow cheese
100 g grated mozzarella cheese
Continue to knead for the last 1 minute till well mixed.

Oil your hands and prepare shapes as you like.
Let proof/rise for 30 minutes.

Before baking, egg wash dough and sprinkle with sesame or poppy seeds, or dust with flour.
Bake at 180ºC / 350ºF for about 20-25 minutes or baked through and have a nice brown head.

Recipe credit: Gail Haselsteiner
Modified, prepared, tried and tested by: Es Slabs