SKILFERDEEG

KORSE

SKILFERDEEG
4 koppies koekmeel
500 g margarien
2,5 ml sout
2 eiergeel
1 eet suurlemoensap
1 teelepels kremetart en ½ koppie koekmeel
450 ml koue yswater


Rasper 1/8 van die margarien in meel en sout mengsel en vryf liggies in
Klop eiergeel in water tot skuim en voeg suurlemoensap by.
Maak deeg aan met lepel tot goed gemeng.
Knie so liggies deur en gooi op tafel ongeveer 30 keer keer om lugblasies te vorm.
Begin uitrol. Die margarien word op 2/3 van die uitgerolde deeg gerasper
Na elke byvoeging van 1/3 van die res van die margarien word 1/3 van die halwe.
Koppie meel en kremetart mengsel oor gesif. Vou nou die deeg toe

(Ek moet byse dit is moeilik om te verduidelik hoe, want mens moet dit eintlik sien)
Onthou om altyd deeg in dieselfde rigting te draai as wat jy begin het
Laat deeg oornag in yskas afkoel
Bak in warm oond

Hannah Frauendorf Langenhoven




KOOKWATER KORS DEEG

KORSE

KOOKWATER KORS DEEG
500 g botter
250 ml kookwater
500 g koekmeel
knippie sout


Rasper botter in meng bak, giet kookwater oor en roer tot botter gesmelt het.
Voeg koekmeel en sout by en roer goed deur mekaar. Mengsel is pap.
Plaas mengsel op botterpapier of in ‘n toe houer en verkoel in yskas tot koud en gebruik soos benodig.
Hierdie een is ‘n ware wenner.|
Resep:  Tiana Botes




DOPPIES VIR TERTJIES

DOPPIES

DOPPIES VIR TERTJIES
1 koppie botter
3 koppies koekmeel
1 koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
½ teelepels sout

Room botter en suiker en voeg eiers geleidelik by en klits tot romerig. Sif droë bestanddele bymekaar. Meng roommengsel en droë bestanddele saam. Maak balletjies en druk in kolwyntjie pannetjie (kleintjies) en maak holte met jou duim. Kan albasters of rosyntjies in die holtes sit om te voorkom dat dit “toe” bak. 180ºC vir so 15min.
Resep: Petra Pretorius -ma se handgeskrewe resepte boek




SHORT CRUST PASTRY

elsa se kors blind gebaksouvery tart

SHORT CRUST PASTRY

This is the most popular and basic pastry. It’s easy to make and is used mainly as a tart or quiche base.
150 g cold butter cubes
250 g cake flour
5 ml salt
1 beaten egg yolk
60 ml cold water

Rub the cold butter cubes into the cake flour and salt.
Stir in the beaten egg yolk and about cold water to make a soft, but not sticky, dough.
Wrap in plastic wrap and refrigerate for at least 30 minutes before rolling out to use.
Line the pan, use a fork to prick 4 – 5 times.
Blind bake the base for 15 min at 160 – 170°C.
Add filling of any kind, savoury or sweet… and enjoy.
For a simpler pastry, leave out the egg and use a little extra water.
Add 80 ml castor sugar to the flour for a sweet pastry.

Diane Roode Hancox




VINNIGE SKILFERKORSDEEG

VINNIGE SKILFERKORSDEEG
Maak pasteitjie of groot tert
1½ pd koekmeel ( 6 koppies)
1 pd botter, (450  g)
1½ koppies suurroom
1 eetlepels Brandewyn of suurlemoensap
½ koppies yskoue water
1 eiergeel

Klits eiergeel en water tot skuim. Rasper botter in meel.
Maak gaatjie in die middel.
Giet die room, suurlemoen of Brandewyn in die middel, roer goed deur.
Voeg die eiergeel en water bietjie, bietjie by en meng goed.
Rol uit, vou op, herhaal dit vir 3-4 keer. Dit is nou reg vir gebruik,
Rol uit en plaas vulsel van jou keuse in.
Nota:
Ek het kaasworsies, spekvleis, uie, sampioene en green-peper(al drie kleure) saam gebraai
Sprinkel dan die gerasperde-kaas op deeg
Feta kaas gekrummel, worsmengsel oor gegooi, weer kaas en fetakaas bo-op gesit, die deeg oorgevou en geseel
Maak in foil toe en sit op draadrakkie in oond by 160ºC vir 30 min.
Haal foil af en bak oop vir nog 10 min.
Ek sal dit nooit weer buite op rooster maak nie, dit kom lekker los en sappig binne in die stoof.
Bron: Tiana Botes

 




SAMOOSA-DEEG

SAMOOSAS
SAMOOSA-DEEG
3 koppies meel
1 teelepel sout
4 eetlepels gesmelte botter
¾ koppie koue water, meer as dit nodig is

Voeg gesmelte botter, sout en meel bymekaar, meng goed.
Gooi die helfte van die water stadig in en meng met jou hande.
Hou die res van die water, of om meer by te voeg, totdat ‘n sagte, gladde deeg vorm.
Knie die deeg vir 10 minute, of in ‘n menger vir 5 minute.
Laat staan in ‘n liggies geoliede bak, bedek, totdat gereed vir gebruik. Breek golf bal grootte rondes van die deeg, rol in ‘n 6 “sirkel in die helfte gesny, die lengte met jou vinger liggies vee die reguit rand van die half-sirkel met water en vou oor, druk plat kante saam versigtig lig, hou in die een hand en vul met ander. Gebruik water om kante versigtig te seël.

BRON: Carol Elliott Claassen




SKILFERKORSDEEG

skilferkors deeg

SKILFERKORSDEEG
Hoewel tydrowend, bly dit maar lekker. Dit vertoon ook baie aantreklik as dit op ‘n pastei gebruik word. Dit is uiters belangrik om die bestanddele en die werkvlak koel te hou en om die deeg egalig uit te rol sonder dat dit gerek word. Maak die deeg ‘n dag voor die tyd sodat dit voor gebruik goed kan rus.
280 g (500 ml) koekmeel
2,5 ml sout
250 g koue botter
125 – 150 ml yskoue water
5 ml vars suurlemoensap

Stap vir stap skilferkors
Stap 1: Sif die meel en sout saam in ‘n groot mengbak. Vryf 30 ml van die koue botter in meel. Voeg net genoeg yswater, gemeng met suurlemoensap, by om bestanddele te laat kleef.
Stap 2: Knie en vorm in ‘n vierkantige, plat stuk deeg. Draai toe in kleefplastiek en plaas in die yskas vir 1 uur.
Stap 3: Verwyder die res van die koue botter uit yskas. Plaas botter tussen twee lae kleefplastiek of in ‘n plastieksakkie. Druk dit met rolstok platter, en rol dit dan met ‘n meelbestrooide rolstok uit tot ‘n vierkant van 150 mm x 150 mm.
Stap 4: Rol deeg uit tot ‘n vierkant van 250 mm x 250 mm. Maak seker die vorm is netjies om jou taak later te vergemaklik.
Stap 5: Plaas botter in die middel van die deeg en vou die deeg bo-oor die botter om dit “toe te draai”. Rol deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Stap 6: Vou in drie: Vou die onderste derde van deeg boontoe, en die boonste derde ondertoe. Seel rande, draai toe in kleefplastiek, en verkoel vir 30 minute.
Stap 7: Rol weer uit. Vou weer eens in drie, soos hierbo beskryf. Herhaal die uitrol-en-vou-proses sewe keer.
Stap 8: Verkoel deeg tot benodig. Rol deeg uit, bedek pastei en plaas terug in die yskas vir 30 minute voor dit gebak word.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200° C vir 20 – 25 minute tot goudbruin en uitgerys.

 




MAAK JOU EIE PASTA DEEG


MAAK JOU EIE PASTA DEEG
Wit pasta (basiese resep)
500 ml koekmeel
3 groot eiers
2 ml sout
15 ml olie
15 – 30 ml water

Plaas die meel, sout, eiers en olie in voedselverwerker. Pols net tot goed gemeng, voeg bietjies water by tot bal vorm en sag en elasties is. Sit deeg in plastieksak en laat rus vir 30 min tot’n uur. Rol met hand uit of pastamasjien.
Bruin growwe pasta
Vervang koekmeel met volgraan soos nutty wheat of bruinmbroodmeel. Onthou weens growigheid rol dit net bietjie moeiliker uit.
Rooi pasta
Voeg 30-40 ml tamatiepasta by basiese resep (nie water).
Pepper pasta
Voeg 30 ml vars grof gekapte pepper by die basiese resep.

BRON: Hettie Blignaut Lubbe




SNACKLE DOPPIES SOET EN SOUT – TIMBAALTJIE

snackles
SNACKLE DOPPIES SOET EN SOUT – TIMBAALTJIE
Deegbeslag vir sout snackle
1 eier
½ koppie melk
½ koppie water
knippie sout en peper
1 hoogvol koppie koekmeel

Klits eier en melk en water goed saam, voeg meel sout en peper by. Klits verkieslik met eierklitser of elektriese klitser totdat mengsel goed gemeng is. Indien gevind word dat mengsel te dik is kan nog bietjie water bygevoeg word. Bogenoemde hoeveelheid kan ongeveer 2 tot 3 dosyn houertjies vervaardig
Deegbeslag vir soet snackles
1 eier
½ koppie melk
½ koppie water
knippie sout
suiker na smaak
1 hoogvol koppie koekmeel

Klits die eier, melk en water en suiker saam, voeg die meel en sout by klits goed

Om die snackle yster te gebruik neem kastrol wyd genoeg vir snackle yster om in te pas vul half met olie sit yster in olie om warm te word skud olie af druk in deeg deeg moet aan yster vasklou bak in olie vir so 20 tot 30 sekondes tot ligbruin en bros as vormpie aan yster vassit neem vurk en druk dit liggies af van yster.
LW Deeg moet nie oor rante van yster se vorms loop nie.Wanneer deeg te min word gooi in koppie en skroef middelste vormpie af en druk dan om die beurt die vormpies voor en agter in die koppie deeg PASOP DIE VORMS IS WARM. Hoertjies kan vir week lank ongevul gebêre word vul so na as moontlik aan opdien met vulsel

Timbaaltjies
250 ml (140g) koekmeel
2,5 ml sout
12,5 ml olie
5 ml wit suiker
2 eiergele
250 ml melk
olie om in te bak
Sif koekmeelblom en sout saam. Klits olie en suiker saam voeg eiergele by en klits goed. Roer die meelmengsel om die beurt met die melk by die eiermengsel . Meng tot ‘n gladde deeg, maar moenie lug inklop nie. Laat staan die deeg ongeveer vir ‘n uur lank op ‘n koel plek. Maak ‘n kastrol halfvol olie verhit tot goed warm verhit yster in olie skud olie af en druk in deegmengsel moenie oor die rant van yster deeg laat kom nie bak tot goudbruin en bros vul met stroop/ heuning en room rosies deeg kan ook vir wafelyster gebruik word

Resep: Stompie Theron Borman
Foto: Heidi Rowe