DIE LUI HUISVROU PASTEIDEEG-SLAPDEGIE

bokkie se maalvleis pasteitestedskons van slap degie
DIE LUI HUISVROU PASTEIDEEG-SLAPDEGIE
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
125 ml botter of margarien
¾ koppie melk
1 eier
2 ml sout

Vryf botter in meel.
Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ‘n slap deeg.
Drup bo-oor die hoender en bak by 180°C.
Wanneer die luivroudeeg gebruik word, moet die vleis lekker souserig wees. Die vleissous bak in die deeg in. Dit deug ewe goed op maalvleis of wildvleis wat ontbeen is.
RESEP: Kotie Wagenar

Nota: Rina Kleinhans
Ek het vandag ‘n lamspastei gemaak met die Lui huisvrou slapdegie, en toe bly daar bietjie deeg oor, ek sit toe net lekker vars kruie in en bak dit in ramekin bakkies, Dit is nou regtig lekker en ek sal dit beslis as broodjies by ‘n braaivleis of vinnge “skons” maak dit is heerlik bros en glad nie droog nie, bietjie kaas in die deeg kan ook lekker wees

PASTEI KORS MET OLIE
1 ½ koppie koekmeel
4 teelepels bakpoeier
2 eiers
1 koppie sonneblomolie
1 koppie melk
knippie sout

Klits melk, sonneblomolie en eier saam. Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Voeg melkmengsel by die meelmengsel en meng tot gladde beslag. Giet oor vulsel.
Bak ongeveer 20 minute tot kors verbruin.
(Die olie klink vreeslik baie, maar dit maak die kors heerlik bros)
Die kors kan ook gebruik word vir ‘n groente skottel in die oond
Resep: Annelize Otto Woest
Nota:  Jenett van der Merwe-Ek sit knippie rooi peper en mosterd by.




WENKE VIR “CHOUX” DEEG

CHOUX DEEG

WENKE VIR “CHOUX” DEEG
Kiti De Jager
Jy moet die meel en water kook tot dit begin wegtrek van die kante van die pot en ‘n bolletjie in die middel maak (resep se dit nie) Dan moet jou eiers net goed ingeklits word met houtlepel voor jy die volgende een ingooi.

Christine Oosthuizen
dis regtig maklik, ek was so bang daarvoor en toe ek dit eers probeer, kry ek dit met die eerste probeerslag reg! Peggy Devine praat van die eiers se bymeng, ja, dis waar die geheim le, ek gebruik my elektriese handklitser daarvoor… breek die eiers vooraf in ‘n maatbeker (die gele moet nie breek nie!) en tip hulle een eier op ‘n slag in terwyl jy die handklitser volspoed laat hardloop…

Leane Visser le Roux
Ek het natuurlik ook flops gehad met dit, maar die geheim is dat die water moet kook en die botter moet opgelos wees in die water. Ek gebruik ook my elektriese hand klitser en dit werk soos ‘n bom. Die bak waarin jy dit gaan bak moet ook net effens gespuit wees.




OUTYDSE AARTAPPELSUURDEEG

1385701_10202248410756631_128521146_n
OUTYDSE AARTAPPELSUURDEEG
Foto: Leilanie Claassens

Koop ‘n blokkie vars suurdeeg of gebruik een pakkie kits suurdeeg
1 medium aartappel, geskil en gerasper
1 eetlepel sout
2 eetlepels suiker
1 liter louwater

Meng alles en sit op ‘n warm plek. Soos bv. in lou-oond met deur effens oop. Wanneer dit gerys het, daar sal borreltjies in bottel wees en skuim bo-op, dan gebruik jy die vloeistof om te knie en die aartappel bedek jy weer met bietjie louwater. Dis jou plantjie – volgende keer, skep jy bietjie van die aartappel uit en voeg net aartappel, sout, suiker en louwater by.

Ria N. Pieterse
Julle kan die resep volg – brood en beskuit gebak met aartappelsuurdeeg is ‘n uitsonderlike smaak. Ek het nog die voorreg om dit soms in ‘n houtstoof te bak, dis ‘n smaaksensasie uit die boonste rakke. As jy die resep hierbo vat. Dis genoeg vir 1-2 kg meel vir brood. Ek sit alles in ‘n Liter consolbottel en sit net ‘n piering bo-op met die rysproses. Wanneer die suurdeeg gerys het, neem die vloeistof, halfkop kook/olyfolie en knie dit in 1 kg koekmeel tot die deeg glad en elasties is, ek gooi nie ekstra sout in nie. Maak die deeg toe in ‘n bak met plastiek en ‘n dik kombers, laat deeg rys tot dubbel in grootte, dit vat omtrent 8 ure. Knie af en vorm 2 -3 klein brode of 1 groot brood. Laat rys weer tot bokant pan rand. Stel oond op 180°C en bak brood 1 uur. Haal uit die pan en smeer botter of water oor korsie. Laat staan oop tot korsie hard is en afgekoel voor jy sny, of draai toe in brooddoek tot afgekoel en bêre tot benodig en daarna in plastiese sak.

 

 




AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE

1385701_10202248410756631_128521146_n

AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE
2 koppies lou water
1 groot ongeskilde aartappel, in 8 blokkies gesny
3 teelepels suiker
1 koppie meel
½ teelepel sout

Plaas die aartappel, suiker en sout in die lou water.
Strooi die koppie meel liggies oor.
Roer dit twee keer.
Sit dit in ‘n houer wat twee keer die volume van die beslag kan neem.
Sit doekie oor, sit in plastieksak, en vou die houer toe in ‘n kombers.
Laat dit oornag staan.
Die volgende oggend kan jy vir jou ‘n halwe koppie uitskep om ‘n brood mee te bak.
Sit die res in ‘n glasfles in die yskas – jy kan dit tot 3 weke lank so hou.
Hierdie plantjie kan gebruik word vir enige suurdeegbeslag.
As die vloeistof klaar is, kan jy net weer die helfte van die water, suiker, sout en meel byvoeg.

Foto: Leilanie Claassens




HOENDERPASTEITJIES MET TUISGEMAAKTE SKILFERKORS

hoenderpasteitjies tracey

HOENDERPASTEITJIES MET TUISGEMAAKTE SKILFERKORS
2 kg hoender borsies met been en vel (ek gebruik dit, maar jul kan ander hoender ook gebruik)
Kook hoender gaar en sag in ‘n bietjie water en bietjie sout, met een hoender blokkie en bietjie hoender speserye.
Sodra gaar, skep onmiddelik uit die sous en laat afkoel en snipper. Skep gesnipperde hoender terug in die sous en verdik met cream of chicken soppoeier. Jy kan ook sampioen soppoeier gebruik of die 2 meng.
Pasop om die hoender met te veel sout te kook, aangesien die soppoeier en die hoender blokkie sout bevat.
Ek gebruik nie die hoendervelle in die pasteie nie, maar kook wel die hoender daarmee.

SKILFERKORS DEEG:
900 g koekmeel
400 ml water (yskoud)
15 ml asyn
3 eiergele (ek hou die eiers ook in die yskas, sodat dit lekker koud is)
500 g margarien( koud)
250 g margarien ( koud)

Meng die meel en die margarien. Ek rasper die koue 500 g margarien bo-op die meel en vryf dit met die vingers in tot dit soos growwe mieliemeel lyk.  As ek lui is, gooi ek dit in die klitser en laat hy die werk doen.
Meng die water, eiergele en asyn en voeg by die meelmengsel. Knie tot dit van jou hande loskom.
Ek hou gewoonlik ‘n bak yswater langs my en as ek voel dat my hande te warm word, druk ek dit daarin.
As dit klaar geknie is, sit in ‘n plastiek sak en sit in die vrieskas vir ‘n halfuur.

Dan kom die smeer proses. Strooi klein bietjie meel op werksoppervlak en rol die deeg ongeveer tot 1 cm dik uit
Gebruik nou die 250 g margarien en rasper die helfte daarvan op 2/3 van die deeg.
Hou die boonstste 1/3 oop. Vou nou die boonste gedeelte tot in die helfte van die deeg en dan die onderste helfte bo-oor die boonste gedeelte. Rol deeg effe plat en draai dit, sodat die naat wat oop was, teen die kant is.
Rasper die res van die margarien weer op 2/3 van die deeg en herhaal die vou proses.
Rol effe platter en laat die deeg oornag rus in die yskas of ongeveer ‘n uur en ‘n half in die vrieskas.
Daarna is deeg reg om gebruik te word.

Hoop jul kom reg.
Se maar as ek stap vir stap se fotos van die deeg moet opsit. Dit is nogal ‘n werk.

VARIASIE OP HOENDERPASTEI
Ek gebruik die hoendervulsel en voeg gerasperde kaas by en bak soos gewoon weg of ek maak ‘n hoender mayo vulsel aan en bak dit daarmee

Foto en resep: Tracey van Zyl




WARMWATER SUURDEEG

warmwater suurdeeg dawie

WARMWATER SUURDEEG
Dis n lang proses.Wees gewaarsku.
Die aand voor jy bak, moet jy jou suurdeeg begin maak.
Kook so 2L water.
Skil 2 groterige aartappels en sny in kwarte, of rasper die aartappel.
Laat water afkoel sodat jy nie brand as jy jou hand daarin steek nie.
Giet in ‘n groot kastrol met ‘n deksel.
Hy moet omtrent 5L vloeistof kan vat, nie ‘n aluminium kastrol. Hy slaan aan.
Giet die water daarin saam met 1 eetlepel sout, 1 eetlepel suiker en 1 eetlepel koeksoda.
Strooi so 2 koppies witbroodmeel bo-op die water met so ‘n hopie meel in die middel.
Sit die kastrol in ‘n plastiekskottel met warm water en maak die hele konkoksie toe en sit ‘n warmwatersak of elektriese kombers by hom aan om warm te bly deur die nag.

Die volgende oggend roer jy die hele storie deurmekaar.
Voeg nog ‘n bietjie sterk warm water by en strooi weer meel so bo-op in die kastrol.
Hou weer warm. Kyk so na ‘n uur. Die inhoud moet omtrent lyk soos die foto hierbo.
As hy nog nie so lyk nie, hou hom nog warm vir ‘n uur en kyk weer.
Sterkte
Resep:  Dawie Vd Heever




VINNIGE SKILFERKORSDEEG VIR HORINKIES

joey se horingkies

VINNIGE SKILFERKORSDEEG VIR HORINKIES
My weergawe van “quick puff pastry”
250 g + 2 koppies koekmeel (450 g)
250 g botter
Sif die meel, voeg botter by en verkrummel die meel en botter met jou hande.
Jy sal nog baie stukkie botter sien.
Maak ‘n gat in die middel van die meelmengsel.
Voeg 100 ml koue water by en maak aan sodat die deeg elasties is.
Rol die deeg uit op gemeelde oppervlakte in ‘n reghoek.
Vou dit soos ‘n brief op in langwerpige manier soos jy dit vanaf die onderkant af vou dan vou jy dit van links na regs weer. Draai dit weer 90º.
Rol dit dan weer uit soos voorheen en herhaal die hele porses nog twee keer. Sit in yskas vir 30 minute.
Rol die deeg uit, sny in stroke en draai om die horinkie metaal vorms.
Bak in die oond teen 180 ºC tot net mooi verkleur.
Haal uit laat effens afkoel en verwyder van die vorms. 
Ek het die resep aangepas soos ek van dit gehou het .
Vulsel:
1 koppie room styf geklop
1 blikkie gekookte kondensmelk
Klits  die kondensmelk goed en vou bymekaar in.
Vul die horingkies daarmee.

Resep en foto: Joey Krüger




CHOUX PASTRY THE QUICK AND EASY WAY


CHOUX PASTRY THE QUICK AND EASY WAY
120 gram butter or margarine
1 cup cake flour
pinch salt
1 cup boiling water
3 eggs

Boil butter and water in pot on the stove, switch off heat. Add flour stirring continuously until mixture clings together and leaves the sides of the pot. Transfer mixture to a mix-master. Add eggs one at a time beating well after each addition……batter must shine after each addition. Drop spoonfuls for round eclairs on a tray, or pipe for the ‘hotdog’ shape eclair. Bake 10 minutes at 220°C. Turn down heat to 180°C and bake further for 10-15 mins. Slit or prick for air, fill when cool.

Posted by Sharon Gien-Cambier




TERTDOPPIES

DOPPIES
TERTDOPPIES
250g botter
3 koppies koekmeel
1 koppie suiker
2 teelepel bakpoeier
2 eiers
½ teelepel soutKlits botter, suiker en eiers tot room.
Sif droë bestanddele en meng met eiermengsel.
Druk uit en plaas in die klein muffin pannetjie. (sien foto)
Prik elke een paar keer met ‘n vurk.
Bak 10 – 12 min by 180°C.
Nota:
Vervang suiker met kaas of kaaspoeier vir soutdoppies.

Resep: Dalene Brits




BROSDEEG VIR DOPPIES

DOPPIEStested

BROSDEEG VIR DOPPIES
6 koppies koekmeel
1 teelepel sout
1 teelepel kremetart
500 g margarien
Vryg margarien in die droë bestandele in.
250 ml yswater
50 ml asyn
Meng yswater en asyn en meng met droë bestanddele.
Druk uit en plaas in klein muffin pannetjie, druk paar gaatjies in met ‘n vurk.
Bak in klein muffin pannetjies op 180ºC tot gaar.

Resep:  Koekies Voster