VINNIGE DOPPIES VAN GEMMERKOEKIES

doppiestested
VINNIGE DOPPIES VAN GEMMERKOEKIES

Vir die doppies gebruik gekoopte koekies, maak effens warm in mikrogolf, buig in handpalm of sit binne in vlak cupcake pannetjie om bakkie te maak.

Jy kan ‘n klapper koekie of ‘n oats koekie en soos bogenoem ‘n gemmerkoekie probeer.
Ek sit die koekies in ‘n sirkel op ‘n bord in die mikro vir so 40 sekondes. Jy moet vinnig werk wat dit koel gou af. Party koekies is vinnig sag en warm, ander kort nog ‘n paar sekondes. Dit verskil tussen tipe koekies ook.

Koekie doppies met soetvulsels: botterneut koekie met banofee (snytjie piesang karamelkondensmelk en room bo-op), gemmer koekies met suurlemoen en botterneut koekies met sjokolade haselneut.

Idee geplaas deur Brunhilda Venter




SKUD DEEG VIR DOPPIES

DOPPIEStested

SKUD DEEG VIR DOPPIES

Kors:
500 ml bruismeel
150 ml kookwater
125 ml kookolie

Plaas die bruismeel, kookwater, kookolie en sout in ‘n plastiekhouer met ‘n deksel wat seël. Skud die houer heen en weer totdat ‘n sagte deeg gevorm het. Rol uit druk vormpies en bak. Voorverhit die oond tot 180º C.

Lieza Engelbrecht




DEEGSKULPE


DEEGSKULPE
1 ½ koppie koekmeel
½ koppie Maizena
3 eetlepels growwe mieliemeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel uiesout
1 teelepel fondor
1 teelepel sout
3 eetlepels botter
½ koppie water

Sif droë bestanddele.
Frummel botter in.
Meng met water tot stywe deeg.
Maak balletjies en rol papierdun uit. (nie te groot nie)
Gooi in warm olie.
Druk steel van houtlepel in middel en bak tot gaar.
Die deeg sal om die houtlepel “skulp”.
Dreineer op bakpapier. Bedien vis of iets dergeliks op dit as voorgereg.

Geniet dit………xxxx

Foto en resep:  Heather Strumpher




MA ALTA SE DOPPIES

DOPPIES
MA ALTA SE DOPPIES
3 koppies koekmeel
1 teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
250 g magerien
2 eetlepel melk
2 eiers
Sif droë bestanddele goed saam, vryf magerien in die meelmengsel in.
Klits eiers en melksaam en meng liggies by die meelmengsel in.
Dis reg vir rol. Rol dun uit en plaas in klein kolwyntjie pannetjies, prik paar plekke met ‘n vurk. Bak 220ºC vir 15 min
Resep: Nicoliende de Waal

 




SNACKEL DOPPIE DEEG

snackel doppiestestedsnackle doppies leeg

SNACKEL DOPPIE DEEG
1 eier
3/4 kop melk
3/4 kop water
knippie sout
rooipeper vir so klein brandsmaak
1 kop meel
genoeg kookolie

Meng mens net alles en sie daar. 
Dis amper soos pannekoek deeg. Ek sit partykeer pepperdew sout by en los die rooipeper.
Jou olie moet lekker warm wees, maar ook nie te warm en dan sit jy die snackle vorms in die olie sodat die vormpies lekker warm kan word. Ek het altyd ‘n vadoek aan die eenkant sodat ek die snackle vorm net so bietjie droogmaak aan die onderkant en dan druk ek dit in die mengsel, maar jou snackle vorm moet goed warm wees. As dit reg is val dit sommer self van snackle vorm af.

Marlene Minderon

Foto: Zelda Fouche en Magda Pieterse

 




SNACKLE RESEP (OUTYDSE WAFEL YSTER)

SNACKLE

SNACKLE RESEP (OUTYDSE WAFEL YSTER)

1½ kop koekmeel
1 eier
1 tl bakpoeier
½ kop melk
1 kop water
sout en peper
Meng al die bestanddele saam.
MAAK YSTERTJIE BAIE WARM IN OLIE.
Druk in meelmengsel (bietjie dikker as pannekoek deeg) en dan weer terug in warm olie.
Braai tot ligbruin en dreineer op papier.

Heidi Rowe




HEERLIKE KORS VIR VLEIS EN GROENTE

SWEET CORN
HEERLIKE KORS VIR VLEIS EN GROENTE
250 ml koekmeel
100 ml Jungle Oats
10 ml bakpoeier
3 ml sout
5 ml mosterdpoeier
100 ml olie
1 eier
100 ml melk
1 blikkie Sweetcorn

Meng alles lekker saam en skep oor jou vleis of groente.
Bak teen 180ºC tot die kors gaar is en mooi kleur gekry het.

Resep:  Martha de Lange




VOLMAAKTE DEEG VIR DUN KORS VIR QUICHE


VOLMAAKTE DEEG VIR DUN KORS VIR QUICHE
400 g koekmeel
200 g botter, gesout (moet koud wees)
net minder as 100 ml water

Plaas in blender en sit aan totdat die tekstuur soos fyn krummels lyk.
Maak ‘n holte in die middel van die mengsel en gooi 2 derdes water in. Gebruik jou vingers as ‘n ‘whisk’ en meng die water deur.
Voeg dan res van water by en meng goed in met hande totdat dit ‘n bal vorm. Bietjie meel op die tafel en druk dit bymekaar tot ‘n bal wat mooi rond is. Laat rus in die yskas sommer toegedraai in glad wrap sodat dit kan koel word. Sit weer op die tafel. Strooi meel op tafel deeg bal bo op. Vat deeg roller en druk die deeg platter met ligte drukkies. Draai deeg en druk weer platter. Sal krake op die kante maak, maar druk dit net weer in plek met vingers. Begin dan rol. Rol lekker dun uit en gebruik as kors in die quiche pan.

Resep geplaas deur Jaco Bester




WHOLE WHEAT PIZZA BASE

wholewheat pizza Anita
WHOLE WHEAT PIZZA BASE
1 package yeast
¼ cup warm water
1 cup bread flour
1¼ cups whole wheat flour
1 tsp salt
⅔ cup milk

Dissolve yeast in warm water, set aside to proof.
Combine flours and salt and mix.
If using a mixer add proofed yeast water and milk to flours and knead until dough is soft and smooth and a golf ball sized piece can be stretched without tearing.
If kneading by hand make a well in centre of flour and add proofed yeast water and milk.
Stir until a ball forms.
Stir dough out of bowl with a wooden soiin and knead on a floured surface until golf ball sized piece can be stretched without tearing.
Dough will be soft and smooth in either process.
Put dough in lightly oiled bowl and cover with a towel
Set aside in warm place and let rise until doubled.
Punch down and turn out of bowl and knead by hand for two minutes.
Roll out dough with rolling pin until you have a circle about 30 cm in diameter and 3 mm thick.
Place on oiled flat pizza pan.
Crimp edges of crust all the way around to form a lip to hold sauce.
Set aside in warm place and let rise slightly.
For a thin crust- let rise only for a few minutes.
For a thicker – crust let rise a little longer.
Remember crust will rise in oven.
Bake in 220 * Celsius oven top rack until crust is lightly brown.

Resep en foto:  Heiner Lange en Martha De Lange




PIZZA DEEG

frikkie se pizza bolaag
PIZZA DEEG

Ek maak die pizza vreeslik baie en is werklik lekker!
5 koppies koekmeel
10 ml sout
1 pers pakkie Anchor kits gis
Meng bogenoemde goed saam.
1 koppie kookwater
50 ml suiker
80 ml olyfolie

Voorverhitte oond tot 200°C.
Klits saam en voeg een koppie koue water by.
Voeg die lou warm oplossing by die droë bestandele.
Meng goed deur en knie tot dit nie meer aan hande vassit.
Sny in 4 ewe groot balle en rol uit op meelbestrooide oppervlak tot sirkels (dis jumbo) groot pitzas.
Meng een blikkie tamatie en uiesmoor met ‘n pakkie garlic and redwine.
Mikrogolf vir 2 minute tot dik. Smeer oor pizza en bak in meelbestrooide pizza pan.
Ek bak dit net so sonder ‘n vulsel. Bak eers al die basisse klaar.
Dan as hulle mooi liggeroosterde kleur kry, haal ek uit sit vulsel van keuse op en bak net tot die kaas gesmelt het.
Ek gebruik baie graag Tussers kaas eerder as mozzerella. Dis baie smaakliker en is ook n wit kaas.

BRON: Ancoise Strydom