KORTPAD SKILFERKORS DEEG

KORSE
KORTPAD SKILFERKORS DEEG
4 x 250 ml koekmeel
10 ml kremetart
1 ml sout
390 ml (360 g) botter (Let wel: nie margarien nie)
3 eiergele
ongeveer 200 ml yskoue sodawater
olie
260 ml (240 g) botter, gerasper

Sif die meel, kremetart en sout saam.
Vryf die 360 g botter in die meelmengsel tot dit krummelrig is.
Klits die eiergele liggies en meng dit met die sodawater. Sny die eierwater in die meelmengsel en meng tot ‘n hanteerbare deeg. Draai die deeg in botterpapier/cling wrap toe en sit ongeveer 15 min. lank in die yskas.
Smeer die olie liggies op die werksoppervlak en rol die verkoelde deeg dun in ‘n reghoek daarop uit. Let wel : Werk liggies met die deep – moenie dit rek deur te hard op die koekroller te druk nie).
Strooi die helfte van die gerasperde botter oor die deegreghoek. Vou die vier hoeke van die reghoek na mekaar toe soos die agterkant van ‘n koevert . Draai die deeg in botterpapier/cling wrap toe en sit dit vir 30 min. in die yskas.
Rol die deeg weer uit tot ‘n reghoek en strooi die orige botter oor. Vou die deegreghoek weer toe soos ‘n koevert, draai weer toe en plaas in yskas tot benodig.

Resep geplaas deur Louise Groenewald
(Henna Steyn)




BISCUIT PASTRY

melktert - liz
BISCUIT PASTRY
This pastry is ideal for fruit tarts and a “melktert” base
200 ml castor sugar
30 ml sunflower oil
250 g butter or margarine
2 eggs
5 ml vanilla or lemon essence
500 ml cake flour sifted
500 ml self raising flour
Cream sugar, oil and butter together until well blended.
Add eggs and essence and stir to blend.
Fold in flours and mix to a soft dough.
Use as a crust for pies and tarts.

Recipe and photo: Riana du Plessis




BASIESE PIZZA-DEEG

pizza deeg

BASIESE PIZZA-DEEG
Genoeg vir 6 pizzas
2 pakkies kitsgis (10g elk)
60 ml heuning
600 ml louwarm water (meer mag nodig wees)
1 kg witbroodmeel
60 ml olyfolie
10 ml sout
Los die gis en heuning op in ‘n klein bakkie louwarm water.
Plaas die meel op ‘n skoon oppervlak en maak ‘n holte in die middel.
Voeg die gis en heuningmengsel in die holte met ‘n vurk. Voeg sout by.
Meng goed om ‘n taai deeg te vorm.
Sprinkel meel oor jou hande en hou aan meng. Voeg water by indien nodig.
Maak seker dat al die meel in die deeg in gemeng is.
Knie die deeg vir vyf minute tot jy ‘n gladde, elastiese deeg het.
Vorm die deeg in ‘n bal, sprinkel dit bo-kant met meel en plaas in ‘n skoon bak.
Bedek die bak met ‘n nat vadoek en sit dit op ‘n warm plek om te rys.
Wanner dit in grootte verdubbel het, klop die lug uit deur dit te knie.
Rol in 25cm -sirkels uit en garneer na smaak

Resep gepplaas deur Joey Badenhorst Lotter




BROODKRUMMELKORS

BROODKRUMMELKORS
3 knoffelhuisies (gekap)
30 ml vars pietersielie
50 ml gesmelte botter
500 ml vars bruin- of volkoringbroodkrummels
Braai knoffel en pietersielie in 10 ml van die botter.
Voeg res van botter en broodkrummels by en meng goed.
Druk vas in tertbord of quiche-pan en bak by 160 ºC vir 5 -7 minute.

Resep: Carin Ras Wilson




VOLKORINGKORS

quiche dough

250g volkoringmeel of
125g hawermout en 125g volkoringmeel
2ml sout
100g botter of margarien, gerasper
koue water om deeg mee aan te maak
Metode
Meng die meel en die sout.
Vryf die botter of margarien liggies in die meel in met die vingerpunte.
Meng met koue water tot ’n stywe deeg vorm.
Druk met die hand vas in ’n quiche-pan.
Aangesien die kors heelwat minder smeer bevat, kan die vulsel direk op die ongebakte kors gegooi en dan gebak word.

Carin Ras Wilson




BROSKORSDEEG

KORSE

BROSKORSDEEG
500 ml koekmeel
Knippie sout
190 g botter
15 ml strooisuiker
1 Eiergeel
75 ml yswater
5 ml suurlemoensap


Sif meel en sout saam. Vryf botter met jou vingerpunte by die meel in tot dit soos broodkrummels lyk en voeg die suiker by. Klits eiergeel, water en suurlemoensap saam en voeg by meelmengsel tot dit n deeg vorm. Bedek met kleefplasiek en verkoel 1h in yskas. Rol deeg ongeveer 4mm dik uit en voer jou pan daarmee. Bak kors “BLIND”vir 10min. verwyder bakpapier en jou bone. Bak die kors vir nog 5 min. sodat die bobem kan droog word….

Oond op 180 grade C voorverhit!!




SODAWATER PIE CRUST

SODAWATER PIE CRUST
500 g flour
1 ml salt
500 g margarin
250 ml sodawater
5 ml cream of tartare

Rub the margarine in the flour,salt and cream of tartare
Handle with care
Add the sodawater to the flour mixture
Leave in fridge for 1 hour
Roll out, and you can bake.
Recipe:  Joey Badenhorst Lotter




MAKLIKE PASTEIKORS

MAKLIKE PASTEIKORS
500ml ongesifte koekmeelblom
15ml bakpoeier
5ml sout
250ml melk
125ml sonneblomolie
2 eiers
Stel oond op 180°C. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits eiers, melk en sonneblomolie saam. Maak holte in die meelmengsel en gooi die vloeistof stadig daarin. Meng baie goed met houtlepel tot slap deeg. Smeer groterige oondvaste bak en smeer die helfte van die deeg met ‘n houtlepel op die boom van die bak. Skep enige gaar vleis, vis of groentevulsel bo-op en bedek met die res van die deegbeslag. Bak pastei sowat 30 minute tot goudbruin.

SA Jagtersboek*




BO-LAAG VIR MAALVLEISGEREG

BO-LAAG VIR MAALVLEIS GEREG
Hier is nog ‘n bo-laag vir ‘n maalvleisgereg.
Maak maalvleis gaar soos verkies, Skep in oondskottel.
Sny 4 groot aartappels in blokkies en kook tot gaar, nie te sag.
Kap 1 ui fyn.
Smelt 90 g margarien of botter in ‘n pan en braai ui tot sag.
Voeg aartappelblokkies by en braai tot bruin, geur met sout.
Skep aartappelmengsel bo-op gaar maalvleis in ‘n oondbak en bak vir 20 minute tot bruin.

Resep:  Marie Dumas Jennings




SNACKEL RECIPE WITH VARIATION

SNACKLE
SNACKEL RECIPE WITH VARIATION
1 egg
½ cup milk
½ cup water
Pinch salt and pepper
1 cup flour

Beat egg and water well together. Add flour salt and pepper. Beat very well preferably with electric mixer until well blended. If the dough is too thick a little water can be added.
This dough is enough for 2 – 3 doz
VARIATION
You can also add ½ teaspoon Marmite dissolved in a little cold water or meat extract to the dough for extra taste. You can also add a little curry to the dough if you are going to make a spicy filling.
For sweet fillings leave out the pepper and add a little sugar. In this case the dough might become too thin. Just add a little flour.