BêREMENGSELS VIR OORSTROOI KORS

beremengsels

BêREMENGSELS VIR OORSTROOI KORS
KAAS OORSTROOI KORS:
500 g koekmeel
7 ml sout
250 g botter
375 g grofgerasperde cheddar
10 ml gedroogde salie
Sif droë bestanddele saam, vryf botter in, roer kaas en salie met vurk in. Skep in ligdigte houer en hou in yskas. Strooi van die mengsel dik oor souserige warm vleisbasis. Bak @ 200C tot goudbruin.

GROWWE NEUT OORSTROOI KORS (OOR GESTOOFDE VRUGTE):
500 g volkoringmeel
15 ml kaneel
7 ml sout
200 g botter
200 g melasse-suiker (die een wat lyk of hy rondloop)
150 g fyngekapte neute
Bewaar soos bo in yskas. Strooi dik oor warm gestoofde vrugte met baie stroop. Bak by 180C tot goudbruin.

BRUISMEEL:
Sif 4 x saam:
1 kg koekmeelblom
45 ml kremetart
20 ml koeksoda
OF
voeg 30 ml bakpoeier by vir elke 140 g meelblom en sif. Bewaar in lugdigte houer.




LEKKER KORS IDEE

tested

LEKKER KORS IDEE
Jy het nie koekies nie en wil graag ‘n vinnige kors maak vir ‘n yskas tert, hier is ‘n lekker idee.

Weetbix, fyn in kaplem, klapper, strooisuiker, 3 ml kaneel, botter, enjoy!
Floraine Wasserman Venter




PUFF PASTRY


PUFF PASTRY
500 ml (280g) cake flour
2 ml salt
250 g cold butter
125 ml iced water
5 ml lemon juice

Sift flour and salt together. Roll butter into a flat 15cm square and keep chilled.
Mix water with lemon juice, pour over flour and cut in with a knife. Mix until smooth and forming a stiff dough.
Flour surface and roll pastry to a thickness of 5mm keeping it rectangular.
Place butter on centre of dough and fold corners to the middle to make an envelope, enclosing butter.
Roll out the pastry on a floured surface. Fold into three by turning bottom third up and top third down. Seal edges and chill.
Repeat rolling and folding in three. Chill for 30 min.
Repeat rolling and folding pastry seven times, chilling when necessary.
Roll out and refrigerate for at least 30 min.
Bake in a preheated oven at 200°C (400°F) for 20-25min or until golden brown.

Tip: left over pieces can be rolled out again for later use. NEVER form into a ball or the layers will be lost.

POSTED BY Elsabie Templeton




KOOKWATER PASTEIDEEG

tested

KOOKWATER PASTEIDEEG
Bros deeg wat perfek werk vir die onderkant van pasteitjies omdat dit ordentlik deur bak sonder om taai te wees. Ek vind dit die beste deeg vir wildspasteitjies wat ek sommer in my medium grootte muffin panne maak.
125 ml kookwater
125 g botter of margarine (ek gebruik botter dit smaak ook lekkerder)
500 ml (280 g) bruismeel (of koekmeel + 2 teelepels bakpoeier)
2 ml sout
Smelt die botter of margarine in die kookwater. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en meng die kookwater mengsel by tot ‘n sagte deeg vorm. Ek gebruik my deeghak in my menger.
Gooi in ‘n plastiek sakkie en sit in die yskas vir ten minste ‘n uur of tot yskoud. {*op hiedie stadium kan jy dit ook vries vir latere gebruik}.
Op ‘n meelbestrooide oppervlak, druk die deeg plat en rol uit tot 3 mm dik. Sny vorms soos verlang, voer pannetjies of oondbak uit met die deeg. Sny dekseltjies vir die bo-kante, maak ‘n gaatjie in sodat die stoom kan ontsnap. Sit die koue vleis vulsel in en maak toe met die dekseltjie. Smeer die kante nat met bietjie water op jou vinger, knyp die deeg toe en verf met geklitste eier of melk met bietjie suiker in.
Bak by voorverhitte oond by 200ºC vir vanaf 20 min tot 40 min afhangende van hoe groot die pasteie is. Hulle moet mooi goudbruin bo-op wees.
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Foto:  Adam Cloete
2de Foto: Rio Canovi Brand

 




MAKLIKE PASTEIDEEG

pizza deeg
MAKLIKE PASTEIDEEG
4 kop meel,
500 gr margarine(nie lite)
1 kop kookwater en
1 eetl sout.
Rasper driekwart van die margarine en gooi kop kookwater daarop.
Laat effens afkoel en gooi margarine mengsel by die meel.
Knie liggies – dis so sagte deeg.Sit in yskas tot afgekoel.
Rol uit en rasper oorblywende kwart margarine daaroor.Vou toe en bere in ys of vrieskas.
Sny af soos nodig.  Rol uit, sny ronde sirkels vir jou pastei en sit in jou pannetjie.  Sit jou vulsel in en bak teen 180 grade tot gaar en bruin.

Dit is baie lekker en baie maklik!Ek het altyd deeg in my vrieskas!
Resep geplaas deur Karin Kleinhans.




MAKLIKE SKILFERKORSDEEG

tested

MAKLIKE SKILFERKORSDEEG
500 g margarien in blokkies gesny,
550 g koekmeel,
5 ml kremetart,
250 ml kookwater en knippie sout.
Meng meel, sout en kremetart. Plaas margarien in ‘n aparte bak, voeg kookwater by en laat botter smelt, maar dit moet nog klonterig wees.
Voeg bottermengsel by die meelmengsel en meng goed, sonder om te veel te meng.
Gooi uit op ‘n bord, bedek en laat in yskas oornag.
Rol deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en gebruik soos vir jou eie pasteie.
Hierdie deeg vries besonder goed.

Resep en foto: Annerise Augustyn




FATIMA’S ROTI’S

Rotis

FATIMA’S ROTI’S
Made by Aunty Fatima Sydow
Recipe from: Salwaa Smith
Makes 10 roti’s

800 g cake flour
1 teaspoon salt
500 ml (2 cups) cold water
250 g soft butter or margarine
oil

Combine flour and salt in a bowl.
Add water and mix to a soft dough.
Knead, adding extra water or flour to make an even textured, pliable dough.
Leave to rest for 30 minutes.
Roll out on a very lightly floured surface.
Smear butter all over the surface of the dough, sprinkle with flour.
Roll up and stretch into a thick rope of dough.
Cover the rope of dough with a hand full of oil to prevent it drying out.
Leave to rest for 30 minutes. (leaving the dough to rest is important, it ensures the dough is soft and pliable)
Stretch the dough into a longer rope.
Divide into 10 pieces.
Roll and stretch into individual ropes of dough.
Roll up both ends of the ropes, one side clockwise, one anti- clockwise. and fold one half flat on top of the other.
Allow to rest for about 20 minutes, covered.
Roll out on a lightly floured surface to circles about 20 cm in diameter.
Heat a heavy based frying pan and fry rotis one at a time, turning occasionally and brushing with little oil.
Fry until golden brown.
Remove from pan and pat between your palms to fluff surface.
Serve warm.




SOET VULSELS VIR DOPPIES

 

melktert doppies riatestedkaramel tertjies

SOET VULSELS VIR DOPPIES
CARAMEL EN FLAKE VULSEL :
1 Blik caramel kondensmelk
3 Flake sjokolade
Meng caramel en gekrummelde flake
Vul horinkies OF doppies met die vulsel
Baie lekker
Bron: Magda Helberg
CREMORA VULSEL:
1 koppie cremora
¼ kop kookwater
Meng b.g
Voeg by ½ blikkie kondensmelk en
¼ kop suurlemoensap
KONDENSMELK VULSEL:
1 blikkie caramel treat
Peppermint sjokolade (gerasper)
Styfgeklopte room
Gesnipperde kersie
Skep ½ teelepel sjokolade onder in bakkie, dan kondensmelk, dan geklopte room en kersie bo-op
LEMON CURD:
2 eetlepel botter
1 koppie suiker
2 eiers
2 suurlemoene – skil gerasper en sap uitgedruk
Smelt suiker en botter, voeg suiker en suurlemoensap en skil by
Klits eiers en GOOI WARM MENGSEL by eiers.
Laat prut en roer die heeltyd tot dik. Koel af en sit in doppies.
Bron: Kreatiewe Kos Idees
DADEL VULSEL:
1 blik kondensmelk
250 gr dadels (fyn gesnipper)
400 ml klapper
Meng alles goed en skep in doppies.
PYNAPPEL VULSEL:
1 pynappel (gerasper)
1 teelepel botter
2 eiers
½ koppie suiker
½ koppie water
4 teelepel vlapoeier
Kook pynappel water en suiker tot gaar. Klits eiergele en roer vlapoeier by – voeg by pynappel –
Kook tot gaar.
Haal van stoof af. Klits eierwitte tot styf en vou in by mengsel. Moenie mengsel weer kook nie, skep direk in doppies
MELTERT VULSEL:
3 eetlepel koekmeel
4 kop melk
½ koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
3 eetlepel maizina
4 eiers
1 eetlepel botter en knippie sout
Meng maizina en meel met bietjie van die melk.
Klits eiergele goed en klits die suiker by, voeg vanilla en sout by.
Verhit melk tot kookpunt en roer meelmengsel mengsel by. Kook tot gaar.
Roer nou die eiermengsel in en laat stadig opkook. Haal af van hitte en roer botter in.
Klits eierwitte tot styf en vou in. Skep of spuit in doppies en strooi kaneelsuiker bo-oor
PLASING: Lorraine – RESEPTE, WENKE EN IDEES

Ria Jacobs
Soetvulsels
1 blikkie kondensmelk
¼ blikkie suurlemoensap.
½ koppie styfgeklopte room
Meng alles saam en gebruik versiersak met punt en spuit in doppies.
Dieselfde vulsel kan gebruik word vir aarbeiterjies gooi net aarbeiekonfyt by en meng goed
Dreineer pynappels en skep fyn pynappels in skep in doppies
Granadillamoes kan ook in vulsel gemeng word. Marshmallows kan fyngesny word en gemeng word met fyn kersies in die basiese suurlemoenvulsel vir marshmallow tertjies.
Karamel met kersie bo op in doppie
Karamel met gerasperde peppermint.

Amani Essop
Ek het top deck chocolate gerasper en in die caramel gemeng. Piesang in gesit en dan die caramel.
karamel tertjies




100 % SUURDEEG-SOURDOUGH

 

2014-05-14-suurtested

100 % SUURDEEG-SOURDOUGH

Broodmeel

Water

Metode:

Dis wat ek gedoen het, in kort…. Ek het dieselfde hoeveelhede broodmeel en water (1x halwe koppie) geneem en dit goed gemeng. Na 12 ure het ek weer dieselfde proses herhaal, eers die mengsel afgeroer (stir down) en dan die water ingemeng en daarna die meel, hierdie proses het ek herhaal op dag2, op dag3 het ek die water bygevoeg en toe die helfte van die mengsel afgegooi.

Jy kan dit of weggooi of gebruik vir ‘n 2de plantjie… en daarna die meel bygevoeg. Van dag4 af het ek begin merk dat daar “lewe” was!! Ek skat dat afhangende van jou houer se grootte kan jy bepaal hoeveel jy wil afgooi, maar daar is ‘n tegniese aspek daaromtrent rakende die “hydration” van jou mengsel, maar dit is HG vir my:-) Ek het bloot verder die mengsel of dan plantjie elke 12uur “gevoed” tot en met dag7 (vandag) waarvan ek toe n gedeelte van die mensel gebruik het vir bak en die res net weer gevoed het en gebêre het. Daar is heelwat “dinge” wat ‘n invloed het op jou suurdeeg se ontwikkeling, onder andere temperatuur, waterkwaliteit, en dan natuurlik die “goggas” wat jy “vang”! Dit is belangrik dat wanneer jy die mensel roer, jy dit ORDENTLIK doen sodat jy soveel moontlik lug kan inkry. Ek het ‘n whisk gebruik en dit met ‘n klop beweging geroer. Wanneer jou plantjie klaar gevoer is moet dit die tekstuur hê van lekker dik room of ‘n dik pannekoek beslag, moenie bekommerd wees nie, ten tyde van die gisting word dit weer dunner. Jou houer moet ook nie dig toegemaak word nie, ek het net ‘n doek oor gegooi sodat daar steeds ‘n mate van lugvloei kon wees.

Pieta van der Walt




SKAAPSKENKELPASTEI MET LOOP PASTEIDEEG

 

degietestedlamskenkelpastei martie
SKAAPSKENKELPASTEI MET LOOP PASTEIDEEG
VULSEL:
sowat 1,5 kg skaapskenkels
25 ml sonneblomolie
1 middelslag ui, gekap
50 ml koekmeelblom
25 ml sampioensoppoeier
250 ml melk
1 blik sampioene (Ek het ‘n pakkie vars sampioene, opgekap gebruik )
10 ml aangemaakte mosterd
125 ml gerasperde kaas
sout en peper
Kook die skenkels in genoeg water tot sag. Deineer en hou 200 ml van die aftreksel.
Ontbeen en sny die vleis in stukkies. Braai die vleis liggies in swaarboompot in die olie.
Skep dit uit en braai die uie in dieselfde kastrol tot effens bruin.
Skep die vleis terug in die kastrol en meng dit met die ui. Voeg die aftreksel by.
Meng die meel, soppoeier en melk en roer by die vleismengsel.
Voeg die sampioene en mosterd by en stowe tot tot sous verdik.
Haal kastrol van die plaat af en roer die kaas by, Geur met sout en peper.
Skep uit in gesmeerde bak. van nagenoeg 2 liter. Giet die deeg en bak in matige oond vir so 20 min.

LOOP PASTEIDEEG 

Kors:
125 ml melk
125 ml sonneblomolie
1 eier
110 g (200 ml) koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
2 uie, in ringe gesny

Roer al die bestanddele behalwe die uie ringe van die kors.
Giet dit oor die vulsel.
Rangskik jou uie bo-op en bak… oond is op 200°C of 400°F.

Foto’s:  Chantelle Geldenhuys en Martie Fourie Moolman